Geluk

Geluk is vir my ‘n vae begrip, FlippieFanus  dit is dus nie so eenvoudig om aan jou versoek te voldoen oor wat my gelukkig maak nie. Ek kan aan baie dinge dink, wat ek glo my dalk sou gelukkig maak, maar is dit omdat ek dit nie het nie, dat ek dit koppel aan geluk?

Maak iets, iemand, gebeure of dinge ‘n mens gelukkig? Doen jy dit self, of is dit die afskeiding van bepaalde chemiese elemente in jou brein? Kan ‘n mens dit meet en vasvang? Kan ek my vlak of peil van gelukkigheid of ervaring van geluk meet aan die van ‘n ander?

Geluk is ‘n gevoel. Maar hoe weet ons dit, net uit die beskrywing deur middel van taal aan mekaar. Tog weet ons diere ervaar ook geluk.

Maar soos hulle sê in geen volgorde nie, hier is van die dinge:

Boeke: Ek kan nie ‘n oomblik in my lewe onthou dat ek nie genot uit goeie boeke geput het nie. As ek nie kan lees nie, sien ek nie die nut in die lewe nie. Regtig.

Ons 3 honde: Ek het maar altyd wanneer ek by die huis is ‘n hand op ‘n hond. Ek het my eerste hond op 4 gekry en sal een hê tot die dag van my dood.

My lief: Is net daar vir my, verstaan my kompleksiteite en behoeftes. Aanvaar my vir wie ek is.

Stilte: As ek nie stil, alleen kan wees nie, word ek siek.

Ruimte: Die ruimte om anders te wees, omdat dit is wie ek is. Die ruimte om net te wees.

Museums: Ek wil alles weet en ervaar. Ek wil sien, ruik, droom, voel, proe en sensasies indrink. Ek wil wees waar ander eens was, sodat ek weet waar ek vandaan kom.

Reis: Nuwe plekke is heerlik, ek het net nie altyd soveel geld nie. Ek hou die meeste van treinry, die ritmiese gesus van die wiele maak my rustig. Dit wieg my soos in die baarmoeder.

Ek dink dis al


  1. Mefri

    Rooskindjie, dis verstommend hoe mens iemand leer ken dmv hoe en wat hulle skryf. Voordat ek jou antwoorde gelees het, het ek geweet – behalwe die treinry. My ‘behoeftes’ loop hand-aan-hand met joune, solank die hondkinders klein is.

  2. reisiger

    Wat vir my verstommend is, is dat dit min of meer dieselfde dinge is wat ons almal gelukkig maak. En van treinry gepraat… ek stem saam, dit is ‘n lekker gevoel. Net jammer dat ons meer nie soos vroeër jare hier in SA kan trein ry sonder om onveilig te voel nie.

  3. flippiefanus

    Dankie Rosalind. Jy het vir ons so klein venstertjie oopgemaak op hoe jy dinge ervaar. Ek dink tog die gevoel van geluk is meer as net chemiese reaksies, want ek glo ‘n mens het ‘n siel en dat dit iets met gelukkig wees te doen het.

  4. Dit is altyd die eenvoudige dinge wat ons gelukkig maak.

  5. Ja dis definitief die klein dingetjies wat mens gelukkig maak. Dis darem lekker om gelukkig te wees! 🙂

  6. Rosalind ek kan my die lewe sonder ‘n hond (of honde) nie voorstel nie. Hulle sal ook altyd deel wees van my lewe.

  7. Geluk vind ek in myself, nie in materiele dinge nie. Rosalind ek stem egter saam met jou lysie en myne sou min of meer dieselfde gelyk het! Jy’s nie dalk my tweeling sussie nie?

  8. Ek sou natuurlik soos almal baie meer geld wou he. Maar ek dink nie ek sou ding koop nie. Daar is baie bepaalde goed wat ek sou doen. Maar ek is nie seker of dit gekoppel is aan geluk nie.

    Mefri: Jong daar is baie dinge. Ek dink net my raadgewer ken my regtig, en dit is ‘n mens.

    Reisiger: Treinry op ‘n veilige manier is deesdae bitter duur. Daar is eintlik net Rovos Rail en die Blou Trein in SA en soortgelyke luukse treine oorsee.

    Flippie. Plesier en dankie vir die tag. Ek sien dinge altyd maar as ‘n holistiese eenheid en sleep maar die biologiese ook by (as jou neurotransmitters soos dopamien nie werk nie, sal jy minder geluk “voel”)

    Rustig: Jy weet dit is vreemd hoe ons geluk najaag…

    Wippie: Ek wonder soms is mens gelukkig (lucky) om geluk te ervaar?

    Eendjie: Ek stem honde maak ‘n mens humble. My een hond spring elke dag uit haar bed op en af. Sy is so gelukkgi om te lewe. Ek leer baie by haar.

    Blixer: Ek stem mens moet hard werk aan geluk in jouself, dit kom nie sommer nie. As sy super-sexy is, dan moet jy my tweeling sussie wees😉

  9. Mefri

    Rooskind; jou raadgewer is ʼn baie bevoorregte mens om jou te mag ken – die ligstrale wat jy hier en elders tentoonstel skep ʼn lieflike prentjie – natuurlik besef ek dat ons almal ook ʼn donkerkant het.

  10. Whahahaha “super-sexy” tweeling sussie!😆

  11. Ansophie Van Wyk

    shoe jy klink soos my soulmate… aldaais maak my ook gelukkig, eks egter soms b ongelukkig oor ek nie by my liefie kan wees nie…life!
    mar eintlik is ek ‘n gelukige mens
    op geluk!
    x
    liefde
    ansi

  12. Ansophie Van Wyk

    shoe ja ‘n trein is die ownderlikste ding dit sus mes in ‘n beswyming van vrede in

  13. Ansophie Van Wyk

    ek sien hiert baie speelmaatjies bygekom, wens ek kon saam kuier hmmm. miskien een vannie goeie dae visit ek hulle almla
    mar vi nou het ek nie eers tyd vi tee nie
    lekker blog!
    luv to all

  14. Ons deel ‘n liefde vir boeke! Wie sou dit nou kon raai😉

    Die treinry is nogals iets unieks. Dit het nou nie in Suid Afrika dieselfde aantrekkingskrag nie (mits mens seker met die meer eksklusiewe treine ry), maar gewis in Europa. Mens kan feitlik die hele Europa vanuit ‘n trein aanskou. En mens lees al te lekker saam daardie ritmiese gesuis!

  15. Dis die lekkerste gevoel om op ‘n trein te slaap. Toe ek klein was, het ons baie treinvakansies gehad. Ek het dit gelief. Die rit was lekkerder as die vakansie self!😉

    Lekker naweek, Rosa.

  16. Mefri

    My mooiste herinnering van ‘n treinrit was deur die berge al langs ʼn meer verby, vanaf Oostenryk tot anderkant Switzerland gewees

  17. reisiger

    Rosalind, daar’s vir jou ‘n ietsie op my ander blog by http://teatimewiththea.blogspot.com

  18. flippiefanus

    Ek hou ook baie van treinry, maar nie hier in SA nie. Die lekkerste treinry is seker maar daar in Europa. Ooo so deur die Alpe met ‘n lekker storieboek. Mens maak die storieboek oop op ‘n bladsy en na die rit maak jy hom op dieselfde bladsy weer toe.😉

  19. Wippie: natuurlik hoe anders? :):)

    Emil: Ja een van my redes vir treinry is oor ek heerlik kan lees en nou en dan by die venter, stil kan uitstaar en verlore kan raak. En boeke ja..dis my verslawing.

    Dellie: Ek stem, slaap op ‘n trein is die heerlikste slaap op aarde.

    Mefri: Dit moes ongelooflik mooi gewees het.

    Flippie: Vir my is dit soos ‘n magiese reis…

    Zee, Reisiger en Carina: Baie, baie dankie, dis spesiaal.

    Ansophie: Ja treine bring vrede.

  20. Zee

    En nou eers lees ek jou inskrywing. Ek kan dink hoe genot jy uit boeke kan put Rosie, as dit my ook net so gelukkig maak!

  21. maxie

    Mooi inskrywing Roos! Dis altyd lekker om die persoon agter die blog beter te leer ken deur tags soos dié.
    Dis sonder twyfel die klein dingetjies wat tel.
    Vrydagmiddag het ek onder ons lapa gesit met ‘n boek op die skoot, ‘n hond by my voete en ‘n kat op die tafel voor my.
    ‘n Geelvink was besig om ‘n nessie te bou.
    ‘n Naaldekoker het aanhoudend oor die swembad gevlieg.
    Die son het geskyn.
    In die verte het kinders gelag.

    Dis geluk.

  22. Hallo Rosa, het ook nie jou lysie van dinge wat jou gelukkig maak vreemd gevind nie, beide omdat dit jou pas, en omdat sommige daarvan my ook gelukkig maak. Hondjies is altyd vir my sulke vreemde wonderwerkies. Om te dink ‘n mens kan ‘n speeldingetjie wat lewe besit (in eenvoud gesien).🙂

  23. Mefri

    Rooskindjie, ek hoop die belofte van ‘alles nuut’ bring vir jou nuwe vreugde uit ‘n onuitputbare bron op hierdie lieflike Lentedag! ((((Rosatjie))))

  24. Zee: ja boeke is wonderlike dinge.

    Maxie: mooi beskrywing van jou middag.

    Annerkant; speeldingetjie wat lewe besit, dis nou mooi beskryf!!!

    Mefri: wonderlike lente vir jou ook!!

  25. Dit is nogal ‘n wetenskaplike filsofie oor “geluk”
    Iemand het eendag vir my gese “geluk is ‘n keuse”
    Ek het hom amper aangerand want hy was een van die redes hoekom ek nie gelukkig was nie en heeltemaal te verwyders gewees om agter te kom hy pis my af…..

    Die punt is dit, as jou omgewing gebalanseerd is en niks pla jou nie is jy uiteraard gelukkig.

    As jy in harmonie beweeg met dit wat jou omgewing “beinvloed” leef jy gebalanseerd en is jy uit die aard van die saak gelukkig..

  26. nokkie

    hm ek voel gelukkig vandag, lekker.

  27. BB

    “Three grand essentials to happiness in this life are: something to do, something to love, and something to hope for.”

  28. Jasper: Ek sou ook so gevoel het, persoonlik voel ek die stelling “geluk is ‘n keuse” is maar stupid😉
    ek dink nie dit is so eenvoudig nie. wetenskaplike siening se jy, dit laat my nou dink.

    nokkie: nou dan is ek bly.

    BB: inderdaad.

  29. Mefri

    Rooskind, noudat ek orals gelees en geluister het na almal se beskrywings van geluk en wat dit veroorsaak,vra ek myself af; wat is die eending in my lewe wat soos ʼn paal bo water uitstaan wat my uit my nate laat bars het van rou naakte volmaakte sielsgeluk? Die een ding wat alles omarm, wat alles wat ek nog ooit ervaar het oortref het, die een gebeurtenis wat die kern van alle honger na vervulling gestil het? ‘My sielsgenoot’ – as complicated and as simple as that.

  30. alta

    Ek probeer altyd gelukkig wees. Maak nie saak wat gebeur nie ek soek altyd na iets wat my gelukkig maak!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: