Posts Tagged ‘tyd’

Wat doen jy hier?

Wat dink jy doen jy hier op aarde?

Hoekom is die mens op aarde?

Maar wag net ‘n oomblik voor jy antwoord, dink aan die tyd wat ons hier is, byvoorbeeld.

En die feit:

Die mens en sy huishoudelike diere het 10 000 jaar gelede net 0,1% uitgemaak van die gewerwelde biomassa wat op land gebly het, terwyl dié persentasie vandag 98% is.

Die mens het dermate gegroei dat hy ’n geweldige magsposisie beklee waar hy die verfkwas vashou, want die toekoms van lewe op aarde is in ons hande. Danksy kultuur het dié ontploffing van die mensdom en sy huishoudelike diere net 500 geslagte geneem.

Die mens as ’n spesie het die vermoë om vooruit te beplan en begrip te hê vir wat in die toekoms kan gebeur, maar hy het ’n gebrek aan motiveringstelsels in die hede, het Dan Dennett, wetenskap-filosoof, gesê toe hy in Maart vanjaar hier was.

Ek stem, ons sal sien hoe alles vergaan, maar niks doen nie.

Nou lees weer die twee vrae daarbo. Dit is hoekom ek die mens, my eie spesie, eintlik verag.

Ek dink die mens is hier om die verruklike lewe op die aarde wat 4,5 miljard jaar oud is, binne Homo sapiens se bestaan van 200 000 jaar, totaal te verwoes. Die mens is niks en daar is niks goddelik aan hom nie (om my eie 2de vraag te beantwoord). Hoewel die mens dink hy is besonders.

Ek is hier omdat my voorsate tot hier evolve het. Niks meer niks minder. (my eie antwoord op my 1ste vraag). Ek lewe vir ‘n beperkte tyd. Ek probeer goed lewe en dan gaan ek sterf.

So hoekom dink julle is jy en die mensdom hier?

My Oom se Scopes

Ek is tog so bang ek mis iets – miskien is dit my motto in die lewe.

Toe ek klein was, het ek die aand voor my verjaardag nooit geslaap nie, want ek was bang ek gaan dalk in my slaap dood. Op Oukersaand sou ek so gejaag het na die kersboom, dat ek baie keer geval het, netnou mis ek iets.

Selfs vandag wil ek al die nuwe boek in die hele wereld lees, ek wil alles sien, alles eet en voel hoe voel daai nuwe ding.

Toe my oom army toe is, het my ouma (die ander een) sy kamer binnegevaar – op soek na die vieslike Scopes wat hy so lees. Sy het hulle opgespoor en korte mette van hulle gemaak – in die koolstoof.

Hy het baie suur van die army teruggekeer. Maar my ouma het volgehou “dis sonde”.

So paar maande daarna is my oom saam met ons op vakansie en ek hoor hoe hy vir my pa vertel van sy verlore Scopes. Ek het eintlik grootoor gesit en afluister.

My pa het met hom gesimpatiseer. My oom het gese, ‘n paar van die Scopes het die slagting oorleef en is nog in sy kamer.

Ek was 7 jaar oud en het glad nie geweet wat dit is nie, maar wel dat dit ‘n tydskrif is en baie, baie lekker klink. Ek moet een sien. Ek moet net.

Woerts is ek in my oom se kamer in toe ons weer een Sondag by my ouma-hulle gaan eet. Vinnig met krappende vingers tussen sy klere en in sy laaie.

En sowaar, daar kry ek een. SCOPE, se dit. 😀

En daar is ‘n kaal vrou met sterretjies op haar tieties. Wow.

Ek het die boek daar weg, kombuis toe. Nou moet ek die sterretjies afkry om te sien wat is daar onder. Krap-krap met die mes – regdeur die bladsy.

Okay ander ene. Krap-krap. Oeps.

Sal ek nou die Scope weggooi in die “asgat” en laat my ouma die skuld kry, sal ek die boek heelonder terugsit, of  wat?

Ek het maar die boek teruggesit. Ek wonder wat het my oom gedink toe hy dit kry. Ek moet hom tog vra eendag.

Ruimte en tyd is soos ‘n twee kante van ‘n lemoen, jy kan dit nie skei nie. En dit is hoekom die drome om terug of vorentoe in tyd te reis, so moeilik is.

Vandag besluit Rosalind sy gaan ons naaste ster Proxima Centauri besoek (4 ligjaar weg). Volgens Einstein is die vinnigste manier wat ek daar kan kom teen die spoed van lig – as ek so rit kan oorleef. Dit sal my 8 jaar neem, heen en weer.

Sou ek besluit om na die middel van die Melkweg te reis, sal dit my 100 000 jaar neem. Vir julle wat sit en wag mag dit lank voel, maar indien ek terugkom hier, is ek dalk net ‘n paar jaar ouer. (Dit is danksy die tweeling-paradoks, wat beteken dat daar nie so iets soos absolute tyd is nie. Elke individu het volgens die teorie van relatiwiteit sy eie maatstaf van tyd afhangend van waar hy is en hoe hy beweeg.)

So om die reis nou lewensvatbaar te maak volgens fiksie moet ek vinniger as die spoed van lig reis. Dit sou beteken dat ek ook terug in tyd sal kan gaan. Die probleem is: Die krag wat benodig word om my skippie so te versnel word meer en meer hoe nader ek aan die spoed van lig kom.

Ons weet dit nou juis uit die eksperiment wat tans aan die gang is by Cern in die Groot Hadron Versneller. Die protonbundels gaan al hoe vinniger en vinniger in hulle sirkelbaan. En maak nie saak wat die wetenskaplikes daar doen nie, hulle kan die deeltjies nie vinniger as 99,99% van die spoed van lig versnel nie.

‘n Reis deur tyd is net moontlik indien jy die sogenaamde ligspoed-grens kan breek. Die enigste manier is om van punt A na punt B te gaan – nie om die lemoen nie – maar deur die lemoen. In die denkbeeldige wurmtonnel. Die dun tonnel in ruimte-tyd wat twee plat areas wat ver van mekaar is kan konnekteer. Daarvoor het mens ook ‘n area van ruimte nodig met negative ruimtekromming.

As dit dan moontlik is om na die verlede te reis, hoekom het niemand nog teruggekom om ons te vertel hoe om dit te doen nie? Hier is nie mense van die toekoms of verlede met ons nie.

Of natuurlik jy reis “verkeerd” tot so ‘n mate dat jy na ‘n plek reis wat nog nie daar is nie, soos dat jy 5 miljard jaar gelede na die Aarde reis en hy was toe nog nie hier nie.

Al is ruimte-tyd so gekrom sodat ons kon teruggaan, is dit so dat wat in ruimte-tyd gebeur ooreen moet kom met die wette van fisika. Mens kan nie teruggaan in tyd as die geskiedenis nie in die hier en nou wys dat jy reeds daar was nie! Byvoorbeeld, jy kan nie teruggaan en jou oupa doodmaak voordat jou pa gebore was nie, want dan kon jy nie hier gewees het nie.

Of nog erger iemand anders maak jou ouers dood. Waar plaas dit jou dan?

En sou jy teruggaan kan jy nie die reeds opgetekende geskiedenis verander nie, jy kan dit slegs volg. Dus ‘n tydreisiger het nie vrye wil nie.

Of gaan ‘n tydreisiger en teken alternatiewe geskiedenis aan? Soos wat Richard Feynman sy kwantumteorie uitdruk.

Of werk die wette van fisika so dat dit keer dat makroskopiese liggame inligting na die verlede dra?

Dalk wil ek eerder onsigbaar wees . . .

Bron: A Briefer History of Time; Stephen Hawking

Voorwaarts Mars

Briljante mense word onthou vir dit wat hulle doen, uitvind, verrig en met akkuraatheid kan se oor veral die toekoms. Hulle is mense wat die vermoe het om, een van die grootste aspekte wat ander mense in hulle daaglikse bestaan belemmer, te oorkom: die manier hoe daar na tyd gekyk word.

Maak nie saak in watter veld die betrokke slim mens goed in is nie, hulle staar hulle nie vas in die wurgende en verkeerde idee wat die gewonde sterfling oor tyd het nie. Dit is uit hierdie volwasse denke waaruit ‘n visie vir die toekoms gebore word, of dit nou ‘n fiets, ‘n mikrogolfoond, ‘n motor, balpuntpen of satelliet is.

Hierdie is mense wat dink: Ja, dit is moontlik.

Byna 51 jaar gelede is die eerste satelliet in ‘n wentelbaan buite die aarde se atmosfeer ingestuur, Spoetnik. Vandag is daar meer as ‘n 1000 in die ruimte.

In 1920 is in die New York Times van Robert Goddard ’n gek gemaak omdat hy voorspel het die mens sal die Maan met ’n vuurpyl kan bereik. Daar is gesê Goddard ken nie die verband tussen aksie en reaksie nie en besef nie dat ’n vuurpyl nooit in ’n vakuum sal kan funksioneer nie.
Daar is ook gesê hy beskik nie eens oor die kennis wat daagliks in hoërskole uitgedeel word nie.
Dit was eers in 1969, drie dae voordat Neil Armstrong sy voet op die Maan gesit het, dat die koerant droog verskoning gevra het – hoewel Goddard toe reeds dood was.
Vir baie mense het Goddard die onmoontlike voorspel. Vandag is dit prof. Stephen Hawking die bekende astrofisikus en wiskundige, wat soms uitsprake maak wat die mensdom laat regop sit. Hy het verlede jaar gesê die mens se oorlewing hang af van sy sukses om binne die volgende 100 jaar ander planete te koloniseer, omdat die mens die Aarde as tuiste verwoes. Indien nie, sal die mensdom nie oorleef nie. Leke lag vir hom maar Nasa (wat vanjaar 50 jaar oud word) neem hom ernstig op.
Hawking meen dit is moontlik om binne 20 jaar ’n kolonie op die Maan te hê en binne 40 jaar op Mars – en dat dit belangrik vir die oorlewing van die mens is.

Met Nasa se nuwe Konstellasie-program, met sy splinternuwe ruimtetuie, sal tot vier mense op ’n keer Maan toe gaan en uiteindelik tot ses maande lank bly. Die eerste onbemande missie om die beste landingsplekke te soek sal al vanjaar geskied.

Die bemande missies sal op die vroegste in 2015 gebeur en nie later as 2020 nie, as alles volgens plan verloop.
En hulle sal buiteposte moet bou – dit alles met die oog op Mars.

En ons dink dit is onmoontlik, want soos ons vandag kan reis sal dit ses maande duur om Mars te bereik. Dit is nie vergesog nie. Kyk hoe ver het ons in 50 jaar gekom! Die Internasionale ruimtestasie, verskeie tuie na planete, die pendeltuie, Skylab, Hubble en Spitzer.

Ek glo nie dit is vergesog nie. Ons sal daar kom, nog voor 3000. En Hawking sal die man wees wat onthou sal word as die een wat ons gemaan het om te eksploreer, om onsself te dryf en nuwe tuistes te soek. Hy sal die groot gees wees.

Die week het Phoenix van Nasa suksesvol op Mars geland in ‘n poolarea (noord) wat ons nog nooit ontdek het nie. Dit is ook nie die eerste tuig na Mars nie, maar die een het ‘n spesiale robotarm wat in die harde grond sal boor en met ‘n spesiale laboratorium aan boord wat eksperimente sal uitvoer oor die komposisie van die grond – chemiese samestelling, en die belangrikse die soeke na moontlike organiese elemente, wat water insluit.

Ons weet reeds daar is alle aanduidings van waterwys op die oppervlakte en ander navorsing het getoon daar is ‘n groot moontlikheid vir waterys en/of lopende water onder die oppervlakte. Die antwoord sal ons hopelik vanjaar nog he.

Daar sal ook nie mars-mannetjies wees nie, en indien daar nog vorms van lewe is/was (in ons sonnestelsel) is die algemene gevoel dit sal ‘n mikroskopiese of baie klein vorm van lewe wees. Of ons dit sal herken as lewe is ‘n ander vraag. In die ander miljarde, miljarde, miljarde sonnestelsels lyk (en in samestelling) kan dit dalk so anders wees dat ons dit nie sal herken as lewe nie, behalwe natuurlik die feit dat ons en “hulle” nie die afstande sal kan verduur nie.

En hoe moeilik was dit om hom te land? So moeilik soos om ‘n laser te fokus op ‘n 20c-stuk sowat 300 km ver.

Waarom is ons daar? Ons durf nooit, nooit ophou ontdek nie. Net soos van die seevaarders, reisigers en ander nuwe lande ontdek het, doen ons dit weer. Ons verbreed ons kennis, las by en skaaf aan dit wat ons reeds weet. Bewys onself ook verkeerd.

En daardie stukkie nuuskierigheid van die wetenskap, wat wil leer en verbreed moet altyd bly: die sin van nuwe inligtig.

Die harde, ys-agtige grond van Mars. Foto-Nasa

Een van Phoenix se eerste foto’s van ‘n deel van homself (om te toon hy is in werking) en van die pool-horison – uit natuurlik plat sal wees. Foto-Nasa

Waar op Aarde kom ruimte vandaan? Nie space soos in Star Trek se space nie, maar die ruimte om ons, wat  ter inligting ook nie leeg is nie

Die oerknal was die geboorte van die Heelal sowat 13,7 miljard jaar gelede toe ruimte, tyd, materie en energie tot stand gekom het.

Die gebeurtenis was soos ‘n geweldige warm ontploffing (uit ‘n baie digte, klein singulariteit), behalwe dat materie nie in bestaande ruimte uitgeskiet het nie, maar ruimte eintlik in die proses geskep het. (Dit beteken dat dinge soos sterrre en planete nie uit die ontploffing uitgeskiet het nie, hulle vorm eers later. Die oerknal het dis ruimte (spasie) geskep.)

(Onthou ruimte is nie leeg nie .’n Klassieke vakuum is leeg, maar nie ‘n kwantum-vakuum nie – daarin is sterk kernkragte teenwoordig. Daarin trek die kwarke (quarks) van mekaar in ‘n proses genaamd asymptotic freedom – prof. David Gross wat die week in SA was het ‘n Nobelprys hiervoor gewen)

Okay hier gaan ons verder met die ontstaan van die Heelal:

Binne drie minute na die Oerknal het die jong Heelal al baie, baie ver begin uitdy en stelselmatig afgekoel. Dit het ligte elemente soos waterstofkerne en helium-kerne gevorm, maar geen swaarder elemente nie.

Na 380 000 jaar het die temperatuur tot sowat 3000 grade C gedaal. Omstandighede was toe geskik vir protone en elektrone om te kombineer en neutrale waterstof te vorm.

Met elektrone wat toe gebind het aan atoomkerne, kon lig die eerste keer relatief ongehinderd deur die ruimte trek sonder om deur elektrone versprei te word. Hierdie lig waarin die Heelal destyds gebaai was is al opgespoor (in die 60tigs) en staan bekend as kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling. (Die statiese ggrrrr op jou radio is presies dit! Belowe!)

Sterre en sterrestelsels het omtrent 400 miljoen jaar gelede en langer na die oerknal begin vorm in die digste areas van materie (fluktuasies) en donker materie. Omdat daar nie voor dit enige ster- of sonlig was nie staan dit bekend as die Donker Era (Dark Ages) van die Heelal. Ons weet dit is daar en kon dit opspoor met radio-astronomie en gammastraal-astronomie, maar nie optiese-astronomie (teleskoop) nie, want jy kan nie iets sien wat nie lig uitstraal/reflekteer nie. Daarna kan voorwerpe met optiese waarneming gesien word.

Toe helder sterre eers gevorm het, kon die straling van hulle ultravioletlig waterstofatome ioniseer deur hulle weer in elektrone en protone te skei, wat nie aan mekaar gebind is nie. In ‘n stadium was daar genoeg sterre om byna al die neutrale waterstof in die Heelal te ioniseer. Dit was die einde van die Donker Era. Vandag is al die waterstof tussen die sterrestelsels geioniseer.

Die eerste sterre was baie helder en reusagtig groot tot ‘n duisend keer groter as die Aarde se Son. Hulle het saamgebondel in klein sterrestelsels en sowat 1 miljard jr na die oerknal het hulle groter sterrestelsels gevorm.

Teen 4,6 miljard jaar gelede het die planete in ons plaaslike sterrestelsel gevorm. Daar is natuurlik duisende ander plante, ons het al 260 gevind. En so aan en so aan.

Ons weet dat die Heelal nie net die hele tyd uitdy nie, maar dat dit al vinniger en vinniger gebeur. Daar is ook nie ‘n grens aan die Heelal nie. Daarom het die kiekie hier onder so ‘n “spinnerak” om.

Al die bogenoemde is al herhaaldelik deur portuur-evaluasie bewys, verskeie Nobelpryse in fisika is al gewen, in hierdie uiters verkorte en eenvoudige weergawe van ‘n deel van die Heelal se verhaal. Duisende inskrywings in akademiese joernale en wiskundige- en fisikamodelle bestaan om dit te bewys. Die soeke duur voort en meer en meer inligting kom na vore -die wetenskap hou nooit op leer nie – dit is wat dit uniek maak.

Wanneer die nuwe James Webb ruimte-teleskoop in 2013 in gebruik geneem gaan word sal ons pragtige beelde sien en nog meer leer.

A representation of the evolution of the universe over 13.7 billion years. The far left depicts the earliest moment we can now probe, when a period of “inflation” produced a burst of exponential growth in the universe. (Size is depicted by the vertical extent of the grid in this graphic.) For the next several billion years, the expansion of the universe gradually slowed down as the matter in the universe pulled on itself via gravity. The expansion has begun to speed up again as the repulsive effects of dark energy have come to dominate the expansion of the universe. The afterglow light seen by WMAP was emitted about 380,000 years after inflation and has traversed the universe largely unimpeded since then. The condition of earlier times are imprinted on this light; it also forms a backlight for later developments of the universe.

 

Foto: Nasa/WMAP

http://map.gsfc.nasa.gov/

 

 

Begin

Ai die honderde mense het mekaar nou die aand vertrap om prof. Stephen Hawking te hoor praat. Die sekuriteit moes later die wat onwettig probeer insluip het wegja. Natuurlik so. Hy is ‘n lewende Einstein.

Ek is een van hulle wat my hande op ‘n kaartjie gekry het, hoe anders?

Maar hy het weer ‘n lekker vraag in my aangewakker. Kyk, is nie ‘n man wat jou borsvoed nie, hy verduidelik nie dinge nie. Hy laat jou self dink. Party mense sit die potjie mis, want ons wil mos nie self dink nie.

Hy het verwys na Immanuel Kant wat gevra het: As die heelal ‘n begin gehad het (en ons weet vandag dit het begin uit ‘n singulariteit en oerknal) waarom het die heelal ‘n ewigheid gewag om te begin?