Posts Tagged ‘patrick holford’

Meer is nie meer nie, en hoegenaamd ook nie beter nie. ‘n Mens kan deur te veel van sekere vitamiene in pilvorm in te neem jouself vergiftig en selfs sekere tipes kanker aanhits.

Jy kan dit nie te veel vitamiene inkry deur kos nie, onmoontlik (tensy jy ly aan een van ‘n paar uiters unieke genetiese siektes – maar jy sal dit teen die tyd weet as jy so siekte het, want dit word al by babas gediagnoseer). Die gevaar le in die vitamine wat jy by apteke en gesondheids winkels koop en indien jy oor ‘n tydperk die maksimum aanbevole dosis oorskry, van bepaalde tipes vitamiene, is dit soos toksiese elemente in jou vet.

Wateroplosbare vitamiene – Die liggaam gebruik wat hy nodig het en die res word op die gewone manier uitgeskei en eindig in die toilet.

Vitamiene C, B6, B12, foliensuur, niasien, pantoteensuur, B1 en B2 en biotien.

(Rokers behoort ekstra vitamien C in te kry: die beste bronne is: sitrus, aarbeie, tamaties, pepers, aartappels, kool, koejawel en “paw-paw”.)

 

Vetoplosbare vitamiene – die liggaam gebruik wat hy nodig het en die res word gestoor in jou vet, moet nie te veel antioksidante gebruik nie.

Vitamiene: A, E, D, K (A, E en betakarotee is natuurlik gewilde antioksidante, wees versigtig).

Dit het mode geword om antioksidante te neem asof dit die suksesverhaal tot alles is. Daar is al herhaaldelik bewys dat dit verband hou het kankers en hartsiektes. Te veel antioksidante lei daartoe dat jy geen vry radikale het nie. Dit is sleg vir ‘n mens omdat vry radikale die liggaam se vullisverwyderraars is. Of, neem jy te veel tree die antioksidant soos ‘n abnormale vry radikaal op.

Ek self neem geen antioksidant  nie, ek vermy dit op alle produkte, omdat ek meen nie vry radikaal en antioksidant balans in my liggaam is soos dit is. Dit sorteer hom self uit. Hoekom sou ek met dit wou lol? Dit raak al moeiliker dit word in alles geprop. Ek kry dit in deur gewone kos en dit is vrekmaklik ook.

Die neem van antioksidante in groot dosisse, soos wat mense deesdae doen, oor ‘n lang periode is nadeling (Jama meta-studie 2007).

Daar is bewyse dat meer as 500mg vitamien C skadelik is vir DNS, mense soos Patrick Holford, is voorstanders hiervan.  Hy het nog nooit kliniese toetste gedoen nie, en sy werk is nog nooit deur portuur evualusie goedgekeur nie, mens soek verniet na sy navorsing by PubMed.

Wie behoort aanvulligs te neem?

Kinders onder 6 jaar is seker die belangrikste (hoor by ‘n pediater wat presies), mense met enige siekte wat die immuniteitstelsel aanstas, mense bo 65 jaar, indien jy ‘n bepaalde genetiese toestand het wat dit vereis soos deur ‘n dokter aanbeveel. Maar dit moet ‘n multi-vitamien wees, bly weg van enkel-aanvullers. Swanger vroue en vroue wat borsvoed, maar hoor by jou ginekoloog watter een is die beste.

Advertisements