Posts Tagged ‘ongetroud’

Dit is die lot van die ongetroude vrou om ape die hel in die lei (ape-leader), so is vir honderde jare na ongetroude vroue verwys.  Dit is haar straf omdat sy nie kinders gebaar het nie.

Ek is bevrees ek gaan ‘n hele klomp ape die hel inlei. Ek bestel sommer nou al vir my en die ape piesangbrood.

Hulle sit al en wag vir my, oeps jammer hulle is nie ape (vermis ‘n stert) nie, hulle is groot primate, so hulle gaan nie hel toe nie….

(Die res van die artikel is nie vir sensitiewe lesers nie. Opruiende, liberale, vermoedelik pro-gendergelykheid-standpunte word gemaak)

 

Wanneer steek ‘n meisie die grens van meisie-wees na vrou-wees oor? Wat is ‘n vrou?

oujongmeisie, =s, oujongnoi, =ens, oujongnooi , =ens. Taamlik ouerige, ongetroude meisie.

A spinster (or old maid) is a woman or girl of marriageable age who has been unwilling or unable to marry, therefore has no children. Socially, the term is usually applied only to women who are regarded as beyond the customary age for marriage, and is generally considered an insulting term, more degrading than the term “bachelor” for males. While men can continue to have children into their 70s or 80s, women generally become less and less able to bear children as they get older. So the term “old maid” is only applied to women who are past a child bearing age but have never married. (Wikipedia)

As early as the 14th century, “spinster” was a term for a woman whose occupation was spinning thread to be woven into cloth. In the 19th century it came to denote still-unmarried women of any occupation, many of whom engaged in spinning as a respectable way for them to earn income without leaving their parents’ home. A spinster might hold the legal status of femme sole, escaping the legal doctrine of coverture which meant her earnings were her husband’s. !!!! (WOW!)

Dit blyk dat ‘n man, sommer gou ‘n man kan raak, hier teen 21 jaar, of selfs vroeer wanneer hy in sekere kulture volwasse besnydenis ervaar, of grootmensdinge (geld, seks, sport, motors, politiek ens) met sy pa kan praat. Of dalk nog belangrikriker, wanneer ‘n man op sy eie twee bene kan staan en vir homself kan sorg, sy eie motorpaaiement kan bekostig, en met sy eie geld ‘n trou- en verloofring kan koop.

Hy het ‘n mediese fonds, pensioenfonds, inkomste en so meer.  Betaal ‘n motor en sit ‘n ekstra geldjie weg. Hy is ‘n man. En besluit hy om op 24 of nie dadelik te trou nie een eers sy voete te vind, word dit as wys gesien, baie hubaar, die tipiese alleenloper, ‘n groot vangs en wat nog.

En die vrou? Sy is ‘n paar of een van die volgende: Te moeilik, te lelik, te vet, ‘n feminis, gay, vol nonsens, te koud, seker iets fout met haar, vol fieterjasies, sal op ‘n man se kop sit en stel net in haar beroep belang.

Al is sy heeltemal onafhanklik, of dan afkeurend: die hoof van haar eie huis. En soos die fundamentaliste dit graag stel: teen gesinswaardes. Die stelling is niks anders as ‘n meer subtiele manier van “ape leader’ skree nie.

Maar vroue wat nie trou  en/of kinders het nie, word oor die algemeen nooit as volwaardig vrou gesien nie. Sy bly altyd, die meisie (ek is nie in std. 6 en gekeis nie), nooi (dit is nie 1857 nie) , meisiekind (Huh?), juffrou (sy hou skool) en juffer (klink soos buffer) . En lewer sy ‘n mening of kritiek is is bitter, jaloers, krities teen die samelewing blah-blah.

So asof sy nie vroulike sekshormone, baarmoeder, eierstokke, borste en ander eienskappe sedert puberteit van vrouwees besit nie.  Asof die “deug van die vrou” bestaan uit trou en kinders kry. Verontrustend.

Want wat is werklik ons beeld van die moderne vrou as ons beeld van die ongetroude vrou so verdraai is? Dit is dit steeds wat dit al die jare was en niks het verander nie.

Die ongetroude vrou vs die getroude vrou vs ongetroude man

Die eksperiment in drie rigtings. As ons waarde dan le, soos gemeet in die ongetroude man wat bitter gou sy “wasdom” bereik, en die getroude vrou gemeet aan haar vroulikheid, danksy haar getroude status en/of moederskap. Lewer ek my persoonlike bewyse 🙂

Ek kan ‘n lieflike verloof- en trouring bekostig, beskik oor ‘n mediese fonds (waarop ‘n afhanklike is en ek die hooflid), pensioenfonds van my eie, ‘n belegging, ‘n inkomste, ‘n motor en ‘n gevestigde loopbaan. Ek is dus ‘n “hubare jong man” in plaas van ‘n oujongnooi op die rak.

Ek is lankal reeds ‘n vrou. Vir jare al. Ek het gekies om nie kinders te he nie. Ek glo, nie alle vroue beskik oor die vermoe om ‘n kind te versorg nie. Ek is nie een van hulle nie. En ek is so bly dat ek kinderloos is, want ek sal nie ‘n goeie ma wees nie. Maar ek weet dat dit nie ‘n kind is wat my soos ‘n vrou behoort te laat voel nie, ekself voel soos een binne-in my. 

En met ‘n hoof van ‘n huis-dogma (gebore uit ‘n onderdrukkende patriargale gemeenskap wat gerieflikheidshalwe natuurlik behou wil word deur die wat daaruit voordeel trek) is ‘n antieke vorm van wet en orde wat ek nie nodig het nie. Ons het landswette en ek gehoorsaam dit. Ek het ‘n hoof, my eie kop, en gelukkig werk hy redelik goed. Die juridiese stelsel hou my in toom.

Nie ‘n meisie, nie ‘n kind, maar ‘n vrou – ‘n ongetroude, kinderlose een. Ek wil nie ‘n kind he nie, want ek wil my eie lewe leef. Boonop gee dit idee dat iets anders binne my kan groei, wat nie ek is nie, my koue rillings.

(ps. Hoe om nie ‘n koei te melk nie: Ek sien dit help nie om vroue in toom te probeer hou nie, selfs nie al se mrn. aartappelboer dit reguit vir karen void nie, op sy eie konsert. Sy het met haar orkes geveg (wat die hoof van haar huis insluit), haar kind gegryp, geweier om te sing en in haar land rover weggejaag!! Of so iets, sy wou nie luister vir die mans nie, hoor ek, ai-ai, die vroue wat nie onderdanig wil wees nie).

Advertisements