Posts Tagged ‘metabolisme versnel’

Daar is ‘n paar geheime, wat niemand hard-op wil se nie, oor hoe ‘n mens maer(der) kan wees. Dit is ongelukkig nie in honderde botteljies op die rakke wat baie van ons al probeer het nie.

Inteendeel ek wil vandag ‘n waarskuwing rig aan almal wat al dieetpille of die sogenaamde natuurlike middels, “fat-burners”, metabolisme-versnellers of enige ander van die middels gebruik wat daarbuite te verskwansel word. Kom ons kyk daarna, stap vir stap.

Fat-burners, diete en jy:

Daar bestaan nie so iets soos ‘n “fat-burner” in pilformaat nie, regtig. Dit is alles ‘n geldmaakfoefie, lees mooi, dit moet saam met ‘n dieet geneem word.

Daar is net een manier om vet te verbrand: Die liggaam moet dit self doen deur energie-verbruik. Jy neem een koppie kos in, maar jy spandeer die hoeveelheid energie (oefening) wat een en ‘n halwe koppie kos verteenwoordig. Om dit te doen gaan kry jou liggaam die brandstof in jou reserwes, jou vet. Wanneer die vet op is, sal jou liggaam sy spierweefsel verteer (wat baie gevaarlik is). En al hoe om dit te doen is oefening of minder eet.

Indien die dieet te streng is (te min kos) sal jou liggaam juis vet begin stoor, omdat die brein dink hy is in ‘n oorlewingsituasie en al minder energie verbruik. Dit is hoekom jy traag voel, kopseer kry, naar voel en dies meer. En gewig optel as jy meer as twee krummels eet. ‘n Dieet moet oor ‘n lang tydperk geskied. Of, dit moet nie eens ‘n dieet wees nie, maar ‘n verandering in leefstyl.

Die antwoord is ook nie hope pille en aanvullers nie, jy moet dit deur kos inkry: Suiwel, stysel, groente, vrugte, proteiene, vet (dis nodig).

Diete waar mense net een ding eet, soos druiwe, vleis, bruinrys of watookal is hoogs ongesond en ontneem jou liggaam van sy nodige. Dit is dom. Jy moet iets van alles inkry. Dit is mode om suiwel uit te sny, dit is seker een van die domste dinge wat vroue en mans kan doen, omdat dit lei tot osteoporose. Almal van ons begin been verloor.  (Een uit vier vroue en een uit agt mans oor 50 jaar kry osteoporose en meer as 70% van alle heupbreuke is weens die siekte).

Kalsium en magnesium-aanvullings gaan jou nie help nie – nog ‘n lekker geldmaak-bedryf. Die “aanvullers” se beste opsie is swak, dit beval kalsium-karbonaat (eet liewer ‘n stuk bordkryt – is goedkoper) wat op sy beste 40% kalsium bevat, die ander opsies kalsium-sitraat is nog swakker.

Drink melk, eet kaas en yohurt, en groente waarvan die kleur groen is.

 Jy moet jou bene bou voor 40 (deur bogenoemde te eet, oefening te doen en sonlig te kry). Indien jy die siekte het (doen ‘n beendigtheidstoets as jy oor 50 is) kan jy ‘n bepaalde middel (behoorlike getoetsde medikasie) weekliks neem, of die jaarlikse binne-aarse toediening kry. Dit keer die verbrokkeling van bene en bou dit effe. Voorwaar, tans een van die mediese wonders.

Herhaalde diete ontneem jou bene van die allerbelangrikste voedingsmiddels. Been is lewende weefsel wat voortdurend hernuwe word in ’n proses waarin ou beenweefsel verwyder en deur nuwe been vervang word. Bepaalde selle (osteoklast) verweer die been en laat klein gapings, waarna ander selle (osteoblast) die gapings met nuwe been aanvul.
Wanneer ’n mens nog jonk is, werk die twee tipes selle in ewewig met mekaar, maar ná die middel dertigerjare is die proses nie meer so effektief nie. Mense verloor al hoe meer been, wat die skelet dunner en swakker maak.

Dieetpille is niks meer as kaffeine, lakseermiddels en waterafdryfmiddels nie, om dit eenvoudig te stel nie. Dit versnel g’n jou metabolisme nie. Dit is uiters gevaarlik, kan jou ontwater, is sleg vir jou organe en kan verslawend wees. Boonop bevat sekeres van die onwettige middel efedrien. Omdat dit nie deur die mediese raad goedgekeur hoef te word nie, is enige van die middels (OOK, sogenaamde natuurlike middels nie een goedgekeur of klinies getoets nie). Dit kan lei tot hartkloppings en ‘n rits ander newe-effekte.

Net omdat daar natuurlik op ‘n ding staan beteken nie dit is veilig nie! Hoodia, is een van die slap rieme. Daar is meer van die sg Hoodia in “bottels” op die rakke as wat daar van die betreklike skaars spesie ooit in die veld kan groei.

Van die middels kan inwerk op ander medikasie waarop jy mag wees.

Daar bestaan werklike medikasie wat deur kliniese toetsing gegaan het en voorgeskryf word vir vetsug. Jy ly nie aan vetsug as jy 10kg oorgewig is nie. Dit word meestal voorgeskryf vir mense wat so vet is dat hulle lewe in gevaar is. Dit werk op die brein wat alles beheer. Dit onderdruk die honger deur presinaptiese opname van bepaalde neurotransmitters in die brein.

Dit moet goed gemonitor word en het hulle eie newe-effekte. Dit is nie vir iemand wat vinnig ‘n paar kilogram wil afskud nie.

Wie word vet? en hoekom?

1) Kyk eerste na jou ouers, 4 grootouers en indien moontlik die 8 agter-groot ouers (se fotos). Dit sal jou ‘n goeie aanduiding gee oor waar jy staan met betrekking tot jou genetika. As die meerderheid maer is, eet jy verkeerd. As hulle dikkerig is, moet jy harder werk 🙂

2) Daar is ‘n nou verband tussen vetsug in kinders en te min slaap snags. Laat jou kinders/babas/tieners lank slaap snaaks. Vroeg bed toe met hulle. Behalwe dat dit tot vetsug lei, het die brein slaap nodig. Dit het te doen met die afskeiding van metaboliese hormone. Vetsug in kinders hou ook nou verband met diabetes tipe 2.

3) Dit blyk dat gene wel betrokke is soos genoem het bo, een is die FTO-geen. Maar werk in die area is nog baie nuut.

4) Dit is nie waar dat ons vet is omdat ons ryker is en dit beter gaan met die wereld nie, baie arm mense is ook vet. Dit het te doen met wat ons eet, wanneer en hoe. Inteendeel van die armste mense is vet, omdat die goedkoopste kos, van die grootste gemors is, soos blokke margarien ect.

Later meer oor mikro- en makro nutriente. En oi vei, moet tog nie selenium-pille, koper of chroom drink nie, jy het spoorelemente daarvan nodig. Jy het nie die pil nodig nie! Jy maak iemand ryk en jy lyf ongelukkig.

Advertisements