Posts Tagged ‘irak’

Sorry mnr. Irak

Die toer van my was darem nie alles net honger kinders nie 😉

Die eerste deeltjie van die hele ding was natuurlik werk en die laaste deeltjie was die rondrits.

So, sit ‘n groep van ons soet en werk hier by dag drie. Ek is baie ordentlik, dra tot plakkies met by gebreekte toon in plaas van kaalvoete. En tydens middagete help ek myself, soos die res, ruim aan die gratis gebottelde water.

Ek staan nog buite en maak ‘n rokie (ek was seker die enigste vrou in die hele land wat gerook het) toe kom hier drie ouens aangestap. Met mening, in die rigting van die kantoor waar so 20 van ons werk.

Hulle kondig baie belangrik aan dat hulle drie ministers van Irak is. En dat hulle die president verteenwoordig.

Okaaaayyyy.

“You must type this letter for us,” se die een vent en wys ‘n brief.

Ja-nee. Dog ek, ek was al vir baie dinge aangesien, maar nog nooit vir ‘n tikster wat sommer gratis werk nie.

Nee, ons is nie tiksters nie. En nee ons tik nie briewe vir mense nie. Dis nie hoekom ons duisende kilometers ver drie vlugte geneem en 24 uur lank gereis het nie. Verstaan jy?

“Yes but we are the ministers.”

Ja-nee dit verstaan ons en dit beindruk nou nie juis vir Rosalind en die ander mense hier nie. Dit maak nog steeds nie van ons tiksters nie.

“Yes. And we are XYZ, you see, and that is why we don’t type letters,” se ons.

Hulle stap vies weg. Maar na ‘n rukkie is hulle sowaar terug, om spesifiek vir ons swart, vroulike kollegas te vertel dat hulle alleenlopers en baie beskikbaar is. Sies ga!

Latter kom ‘n vrou van ‘n bekende internasionale organisasie ingehol en vra of ons nie maar die brief wil tik nie. Ek staar haar met glasige oe aan. Maak of ek nie Engels verstaan nie. Die res duik ook weg.

Die brief word net vir ingeval by ons agtergelaat.

Ons het natuurlik dadelik almal die brief gelees en ons gekraak vir die inhoud en spesifiek die aanmatigheid van die inhoud.

‘n Week later vind ons die brief. Opgefrommel in iemand se tas, en ja sowaar gebruik om ‘n sosatie in toe te draai. Ja, ‘n sosatie.

*****

mali-042

Eet ‘n kola bean en kry ‘n high….hy is baie bitter (let op die fur oor ons4x4 se sitplekke!)