Posts Tagged ‘anti-depressante’

Sommer ‘n paar los wenke oor depressie en die mites wat daar bestaan oor die siekte.

Anti-depressante is nie verslawend nie. (Kalmeermiddels kan verslawend wees, as jy jou daaraan vergryp en onverantwoordelik is. Maar soms is dit nodig vir angs en stabilisasie. Anti-depressante en kalmeermiddels het verskillende aktiewe bestanddele in.)

Ekself, sal nie sogenaamde natuurlike middels vir depressie drink nie, omdat daar nie wetenskaplike bewyse is dat dit werk nie. Al sê die mense wat geldmaak daaruit (natuurlik!) dit werk.

Maar as jy dit dan nou wil drink moet nie St. John’s Wort (St Janskruid) drink saam met anti-depressante nie, want dit kan inwerk teen ander medikasie, wat gevaarlik kan wees. Moet dit veral nie drink saam met anti-depressante nie. More is not more. Dit werk ook teen die voorbehoedingspil in (St. John’s Wort)

As jy anti-depressante drink kan jy lomering voel vir die eerste paar dae, of tien, die simptome verdwyn. Hou net uit. Die pille is nie wonderpille soos wat baie foefie-aanvullers, wat nie medikasie is nie, altyd beweer, die meeste van die tyd werk dit eers behoorlik na sowat drie weke. Hou net uit. Ek kies dit eerder as om soos die donker nag te voel!

Drink dit vir ten minste drie maande om na behore beter te voel. Na gelang van die tipe depressie, en bespreek dit met jou dokter, het jy dit dalk langer, of vir altyd nodig. Vra vir generies, dit is regtig nie so duur nie. Dit is nie die einde van die wereld nie en jy is nie ‘n verslaafde nie. Mense met diabetes, hartprobleme, asma, cholesterol en baie ander siektes drink ook pille vir hulle hele lewe en is nie verslaafdes nie.

As jy beter voel, moenie ophou met die pille nie. Dit beteken die pille werk! Hou aan en praat met die dokter.

Daar is niks met jou “kop of gees” verkeerd nie. Dit is in die meeste gevalle ‘n chemiese siekte van die brein. Jy is ook nie dom nie. Dit het te doen met die afskeiding van neurotransmitters (chemiese stowwe) wat jou laat sleg voel.

Moenie luister na mense wat se jy kan jouself  ‘regruk’ nie. Kry hulp. En onthou dit is nie jou skuld nie.

Lees asb meer hier, bg is net enkele punte.

http://www.nimh.nih.gov/health/topics/depression/index.shtml

Toordokters is weer met ons: In gesondheidswinkels en die meeste groot apteke. Sogenaamde “nutritional supplements” of voedingsaanvullers kan alles genees of voorkom, as mens die slim bemarkers of twak of die botteltjies en boksies sou glo.

 En dit is presies waar die skeptiese denker se wenkbroue moet lig. Een enkele pil wat goed is vir alles? Dit kan mos nie. En niks op aarde kan mens langer laat leef of jonger maak nie, veral nie ‘n anti-oksidant nie. Inteendeel, in groot hoeveelhede is anti-oksidante die oorsaak van kanker.

In ‘n meta-analise (Jama), ‘n studie wat die resultate van 68 studies onder meer as 232 000 mense vergelyk het, is bevind ‘n oormaat van anti-oksidante (die jongste mode-foefie) is skadelik vir ‘n mens. Mense is mos so: hulle dink hoe meer pille hoe beter. Nie waar nie. ‘n Mens het die vrye radikale in jou liggaam nodig.

Die betrokke aanvullers wat bestudeer is, het die kombinasie anti-oksidante betakaroteen, vitamien A, vitamien C, vitamien E en selenium bevat. (Vitamien C is wateroplosbaar en word deur die liggaam uitgeskei, maar die res van bogenoemde is vetoplosbaar en kan tot toksiese vlakke in die liggaam opbou indien jy te veel inneem).

In die studie is ook geen oortuigende bewyse gevind dat anti-oksidante enige uitwerking op mortaliteit het nie. Dus, dit laat jou nie langer laat lewe nie. (Americal Medical Association, Feb. 2007)

Net so min soos wat ‘n koperarmband ‘n mens se kwale kan genees, so min kan ongetoetsde “natuurlike aanvullers” dieselfde funksie verrig as klinies getoetsde chroniese medikasie. En hoe natuurlik is daai pilletjie in die bottel presies? Het hy nie maar ook deur ‘n chemiese proses gegaan om ‘n pil te word nie?

Daar is wel ‘n reuse verskil tussen sogenaamde “natuurlike” middels in gesondheidswinkels en klinies getoetsde medikasie wat deur die dubbel-blinde, placebo-toets gegaan het, asook deur die portuur-evaluasie-proses: ‘n Mens weet presies wat die werking en newe-effekte van laasgenoemde is, maar oor die kruie-konkoksies in gesondheidswinkels weet jy niks. Jy weet nie eens of daar kontra-indikasies is met ander middels is nie. Ek sou dink is dobbel om dié konkoksies te drink.

Dagga, slaggif en kokaïen is ook natuurlike middels en hulle allermins “gesond”. Dees is alles met die etiket natuurlik kwansuis gesond. Dink jy werklik daardie kruie wat jy so ruimhartig drink is goed vir jou? Wat doen dit aan jou lewer en niere? Kan dit  saam met ander middels geneem word?

Die middel kava-kava is byvoorbeeld in Brittanje verbied, omdat mense daarvan dood is. Net so kan St. Janskruid (St. John’s Wort) dodelik wees saam met anti-depressante.

Anektodes….My ouma sê:

Net omdat mense se sus of so werk vir ‘n bepaalde kwaal is dit geen wetenskaplike bewys van ‘n produk se sukses nie. Dit moet portuur-toetsing ondergaan. En die konksies wat verkoop word as natuurlike aanvullers en dies meer gaan NIE deur die streng klinies en etiese toesing nie. Jy weet dus nie wat jy drink nie.

En die meeste bemarkers van die kwakprodukte is lief om te sê “duisende mense is gelukkig met die produk”. So? Dit bewys niks.

Dit is geen bewys van effektiwiteit nie. Net omdat duisende mense gebraaide hoender geniet beteken dit nie dit is ‘n gesonde produk nie.

En in vitro-toetsing is beteken ook net die produk is in proefbuis getoets. Dit beteken glad nie die uitwerking is op die menslike liggaam getoets nie.

Suikerpille

Drink ‘n pil en voel beter…. En hoekom “werk”  al die konkoksies. Die krag en mag van die placebo. Dit kan selfs in MRI’s gesien word wanneer mense suikerpille ingegee word, hulle voel sommer dadelik beter. Maar dit is weer ‘n onderwerp op sy eie vir ‘n volgende keer.