Posts Tagged ‘aarde’

Wat doen jy hier?

Wat dink jy doen jy hier op aarde?

Hoekom is die mens op aarde?

Maar wag net ‘n oomblik voor jy antwoord, dink aan die tyd wat ons hier is, byvoorbeeld.

En die feit:

Die mens en sy huishoudelike diere het 10 000 jaar gelede net 0,1% uitgemaak van die gewerwelde biomassa wat op land gebly het, terwyl dié persentasie vandag 98% is.

Die mens het dermate gegroei dat hy ’n geweldige magsposisie beklee waar hy die verfkwas vashou, want die toekoms van lewe op aarde is in ons hande. Danksy kultuur het dié ontploffing van die mensdom en sy huishoudelike diere net 500 geslagte geneem.

Die mens as ’n spesie het die vermoë om vooruit te beplan en begrip te hê vir wat in die toekoms kan gebeur, maar hy het ’n gebrek aan motiveringstelsels in die hede, het Dan Dennett, wetenskap-filosoof, gesê toe hy in Maart vanjaar hier was.

Ek stem, ons sal sien hoe alles vergaan, maar niks doen nie.

Nou lees weer die twee vrae daarbo. Dit is hoekom ek die mens, my eie spesie, eintlik verag.

Ek dink die mens is hier om die verruklike lewe op die aarde wat 4,5 miljard jaar oud is, binne Homo sapiens se bestaan van 200 000 jaar, totaal te verwoes. Die mens is niks en daar is niks goddelik aan hom nie (om my eie 2de vraag te beantwoord). Hoewel die mens dink hy is besonders.

Ek is hier omdat my voorsate tot hier evolve het. Niks meer niks minder. (my eie antwoord op my 1ste vraag). Ek lewe vir ‘n beperkte tyd. Ek probeer goed lewe en dan gaan ek sterf.

So hoekom dink julle is jy en die mensdom hier?

Advertisements

earth_hour_logo

http://www.earthhour.org/

Ons sal onsself doodteel. Ons sal aanhou kinders maak, nog en nog en nog totdat almal van ons aan honger en dors sterf.

Links en regs diere doodmaak vir moetie, bome afkap, woude uitwis, water besoedel, nog golf-oorde bou, olie in die see stort, en die laast bok jag vir biltong.

Kernwapens en die kommuniste het mense gevrees toe ek klein was, terwyl die wereld stadig maar seker al hoe warmer geword het. Ons besoedel en verander die klimaat weens ons lewenstyl, maar ook omdat hier net eenvoudig te veel van ons is.

Dit verstom my dat byna elke liewe mens op aarde glo hy/sy moet voortplant.

Dit werk mooi met enige ander organisme – plant, dier of mikrobe – teel te veel ,en die oortolliges SAL sterf, want die omgewing kan hulle nie dra nie. Voordat te veel wasdom bereik om ook te teel, sterf hulle (dit is een van die prosesse van natuurlike seleksie). Maar die mens het maniere gevind om dit te omseil. En dit gaan ons einde beteken.

Ons sal sterf aan dors en honger, lank voordat enige iets anders ons kan uitwis. Weet dit maar, die oorlog oor water en kos kom. Nog voor 2100.

Homo sapiens was voorheen, in wat wetenskaplikes beskryf was ‘n bottelnek (‘n byna uitwissing). Ons kan dit in die genetiese materiaal vandag sien, omdat ons onder meer soveel dieselfde is. Sowat 100 000 jaar gelede was dit amper verby met ons toe ‘n Ysera van ‘n 1000 jaar binne-gegaan is, weens natuurlike prosesse.

Suider-Afrika was een van die min plekke waar net ‘n paar duisend uiteindelik oorleef het. So min as 2000 het uiteindelik 60 000 jaar gelede uit Afrika migreer.

Die ene wys dit mooi, as jy uitstap by Maropeng . . . tik-tik word dit meer.

pop

Op Voyager se rug

Een van my gunsteling instansies, Nasa, is vanjaar 50 jaar oud. Nasa het natuurlik ontstaan direk danksy die lansering van Spoetnik 51 jaar gelede.

Die Amerikaners was so onthuts omdat die Russe hulle voorgespring het, dat hulle Nasa in die lewe geroep het en met alle mag, en erns hulself toegespits het op die ruimte -veral om ‘n man op die Maan te kry. Daar is niks soos kompetisie om ‘n mens te laat floreer nie.

Wat Nasa onder groot druk (geldelike inperkings) in die afgelope 50 jaar bereik het, is verstommend. Die aantal missies is ontelbaar en om alles wat ons intussen geleer en ontdek het te noem, sou ‘n dik boek verg.

Ek wonder of mense ook 600 jaar gelede gevra het, nou hoekom reis ons om die wereld? (behalwe weens die gierige soeke na goud). Soek ons nuwe plekke? Want baie mense vra vandag hoekom sukkel ons buite ons eie atmosfeer?

Omdat ons nooit moet ophou ontdek nie! Dit is in die aard van die mens om te explore, om antwoorde te soek op vrae. Die feit dat ons dit nou in ons sonnestelsel en ook daarbuite doen is irrelevant, vir my. ‘n Mens moet ‘n agie wees.

En dit is ook die basiese begrip van die wetenskap. Jy bou ‘n ewige legkaart, stuk vir stuk. As ‘n blokkie nie pas nie, haal jy hom uit en soek ‘n ander een. Maar dit is nooit stagnant nie. Jou legkaart raak groter en beter soos jou kennis toeneem.

Die wonderlike missies van Voyager 1 en 2 laat my dink aan ons ewige reis. Hulle is weggestuur in 1977 en is natuurlik steeds weg. Hulle het soos  baie Nasa-missie meer geword as oorspronklik beplan  is (reis in ons sonnestelsel).

Op 14 Februarie 1990 is die laaste fotos van Voyager 1 ontvang toe hy na die Aarde teruggekyk het van ‘n verstommende 5,9 miljard km om ‘n foto van 7 van die 9 planete te neem. Dit het die blou kolletjie (pale blue dot), die Aarde, ingesluit.

Om in die verre ruimte (interstellelere ruimte) te kom, moes die twee deur ‘n aaklige stormagtige invloedsarea van die Son reis. Waar winde en elektries gelaaide gas teen hulle werk.

Daar is mos ook die goue-plaat aan boord met boodskappe in verskeie tale van die Aarde. Ook die geluide van Aarde, grafiese voorstellings en dies meer.  Musiek, foto’s van die aarde, en ‘n kaart van die sonnestelsel – ons klein plekkie.

Dan is daar klanke van ‘n ma wat haar kind soen, dieregeluide en vele interessante dinge. Dit lyk vir my ons het uitgelaat dat ons ook oorlog maak en mekaar vermoor en verkrag.

Die goue plaat. Foto: Nasa

Voyager 1 is nou: 15,7 miljard km van die Son.

Voyager 2 is nou: 12,7 miljard km van die Son. Die son is rofweg 150 miljoen km weg van ons.

 Die klanke hier onder is koel!

Engelse boodskap: http://www.nasa.gov/186544main_english.au

Vulkaan, aardbewing, donderweer:http://www.nasa.gov/wav/186554main_volcanoes.wav

Wilde hond: http://www.nasa.gov/wav/186555main_wildog.wav

Ma soen kind: http://www.nasa.gov/wav/186549main_kiss.wav

Verbyvlug van f-111 en lift-off!! http://www.nasa.gov/wav/186545main_f-111.wav

Perd en karretjie: http://www.nasa.gov/wav/186548main_horse.wav

 

Ek wonder soms hoe sou dit wees om op die rug van Voyager te ry, deur die heelal, waar alles net is, omdat dit is.

Die bron: Nasa

Hulle lê gelukkig goed weggesteek in die veld, want anders sou elke liewe vandalis seker lankal hulle merk op hulle gelaat het en/of die mooie versteendes net opgetel het, om tog geen waarde daaraan te heg nie.

Gelukkig neem dit ‘n redelike kennersoog om hulle te vind, om hulle onderskei van die landskap waarin hulle rustig  – al vir miljoene der miljoene jare – lê. En soos op die meeste ander plekke op Aarde is fossiele moeilik om te vind en kom hulle op onherbergsame plekke voor. Myle se stap, klouter en sukkel om soms net by ‘n paar verweerde bene uit te kom.

Suid-Afrika is ryk aan fossiele omdat ons onder meer eens deel was van die superkontinent Gondwana. En die Karoo-supergroep (wat 2/3 van SA beslaan) baie, baie fossiele bevat omdat ‘n massiewe uitwissing 251 miljoen jaar gelede plaasgevind het. (Dit is nie die uitwissing wat die dinosouriërs se einde beteken het nie, dit was 65 miljoen jaar gelede).

Daar was ook baie lewe hier op Aarde, met ongelooflike biodiversiteit, van piepklein tot reusagtig. Vleiseters en planteters, voor en na die era van die dinosouriërs. Amfibiese diere, reptiele, soogdier-agtige reptiele (wat uiteindelik aanleiding gegee het tot soogdiere), soogdiere, insekte, plante, visse, voëls. Dit het gewemel.

Onthou ook dat die eerste soogdiere het saam met die dinosouriërs geleef en toe die uitgesterf het, het hulle die dominate groep op land geword.

Die reuse begrafplaas is dus afgeset in groot dele van ons geologie. Maar moenie moeite doen om in Kaapstad en omgewing te loop kap aan klippe nie, dit was diep onder die see gewees. Eers ander kant Worcester en Ceres se omgewing sal jy baie ou diere kry, en dan ook net ongewerweldes en plante.

Gondwana se oseaan het tot by Van Rhynsdorp gegaan, diep land in. Toe Gondwana opbreek (140 mil jr gelede) het die geologie weer verander. Met die reuse plaat-tektonika is berge ook gevorm – dit opdruk, saam met die voordurende opvloei van lawa.

Die vloei van varswater en soutwater, lawa, wat gebeur op die pole en binne in die Aarde se kern, die druk van die Aarde se plate, die skuif van kontinente en vorming van berge en klimaat het veel, veel meer te doen moet hoe dinge vandag dag daar uitsien wat die meeste mense besef.

Die gee die toon aan vir lewe en hoe dit daar uitsien.

Sekere afsetsels (lae) dateer uit sekere eras (epogs/periodes) en waar ‘n organisme gevind word, plaas hom in ‘n bepaalde periode. Indien hy bo op die grond lê kan hy steeds gedateer word uit watter tipe dier dit is en die gesteentes,en area waarin hy gevind is. Jy gaan bv. nie ‘n T.rex in ‘n whitehill-formasie kry nie. En ‘n kameelperdagtige dier van 5 miljoen jaar gelede (soos die gevind aan die Weskus van SA) gaan nie in 8km diep mariene-neerslag gevind word nie, tensy hy vinne het!

Mens kan jou net verwonder aan tyd, diep-tyd en hoe kort ons hier op Aarde is. Dink net lewe bestaan al sowat 500 miljoen jaar op hierdie fantastiese planeet en Homo sapiens, die moderne mens, is maar 200 000 jaar hier.

En hoe mooi verwoes ons alles nie, nogal met ‘n verwaande, arrogante houding: Ons is slim en dit is ons reg. Soveel spesies het weens ons doen en late uitgesterf. Hoe dom is dit nie, ons is maar net ‘n spikkel in die verloop van tyd.

In ‘n gruisgat soos hierdie, dalkies ‘n paar insekte of plante?:

 

Dan kap mens dalk ‘n gesteente in ‘n ryk afsetsel oop:

 

 

Maar ai, die Son brand kwaai en al die “klippe” lyk dieselfde as jy dors is. Kan jy die fossiele hier onder sien?: (omtrent alles is fossiele hier, behalwe die baie geel klippe, is sandsteen)

 

 

Van die tientalle kameelperd-agtige diere (Sivatherium hendeyi) van sowat 5 miljoen jaar wat aan die Weskus gevind is.  Kyk net hoe lê hulle!

 

Deel van heupbeen en groot ook – sowat 250 miljoen jaar oud wat die oorhoofse groep Therapsida.

VERBEEL jou ál die mense op aarde verdwyn môre en hulle kom nooit weer terug nie.
Die vraag is verlede jaar in die wetenskaptydskrif New Scientist deur Bob Holmes gevra en ek wil daarop uitbrei.
Sowat 65 miljoen jaar gelede het die dinosouriërs uitgesterf en die soogdiere het dominant geword. Daar was soogdiere saam met die dinosouriërs, hulle was net nie baas van die plaas nie, maar hulle het geword en hulle is steeds.
Ons weet dat die eerste hominiede minstens ses miljoen jaar gelede die aarde bewandel het. Homo sapiens het sowat 200 000 jaar gelede in Afrika ontstaan.
Daar was maar min van hulle. Selfs ná die laaste Ystydperk 10 000 jaar gelede was die aarde nie oor­bevolk nie en toe het die mens oorgeneem. Dit het lank geduur vir die hominied om kultuur te vestig.
Soveel plante en diere se getalle sal herstel as ons weg is, want daar is 15 589 spesies wat erg bedreig word. Die see, waar te veel vis gevang word, sal herstel. Die natuur sal weer die aarde terugneem.
Sal ons strukture nog staan? Miskien ná 5 000 jaar, maar sal dit ná 100 000 jaar nog staan?
Daar sal nog vir 1000 jaar genoeg koolsuurgas van mense in die atmos­feer wees om die klimaat te beïnvloed, skryf Holmes. Uiteindelik sal kalsium-ione wat van die seebodem vrygelaat word die oorskot koolsuurgas vir 20 000 jaar in die see absorbeer.
Die kernreaktors sal egter ’n probleem wees, omdat hulle nie onderhou word nie en straling sal van hulle ontsnap. Tog meen kenners die natuur sal dit kan oorleef.
Sou ons die mens vandag wegneem, sal ’n ander spesie oor die volgende miljoene jare na vore tree en dominant word? En wat sal dit wees? Die gerekende wetenskaplike Stephen Jay Gould meen die mens, sou, as ons van voor af begin het, nié ontwikkel tot wat hy vandag is nie.
“And what if we could ‘rerun the tape’ so that the subsequent history of this maelstrom of diversification would have taken a different course? We would still have a planet full of life, he argues, but surely one utterly different from our familiar world. Notably, this new trajectory of evolution would probably not have led to the human species and its unique form of consciousness and self-awareness, which emerged through a series of contingent accidents in a unique, unre­peatable sequence. (Uit: Simon Conway Morris and Stephen Jay Gould, Showdown on the Burgess Shale)

DIE mens sal dus nie weer uit die nuwe wêreld verrys nie. Sal hier weer ’n evolusionêre ontploffing wees soos in die Kambriese era sowat 500 miljoen jaar gelede? Met talle nuwe spesies wat die grondslag gee vir die lewe van die toekoms?

Sommer net: PBS

  1. Is there evidence for evolution?  
  In the 150 years since Darwin proposed the theory of evolution by natural selection, a mountain of evidence has accumulated to support the theory. A greatly expanded fossil record since Darwin’s time, the discovery of DNA and the process of genetic replication, an understanding of radioactive decay, observations of natural selection in the wild and in laboratories, and evidence in the genomes of many different organisms, including humans, have all bolstered the validity of the theory of evolution.

 
 
  2. How can you know what happened millions of years ago if no one was there to see it?  
  Evidence and observation are the building blocks of all scientific inquiry; evolutionary science is no different. Evidence in the form of the fossil record, geological formations, and genetics attest to change having taken place and give clues to how evolution works. The theory of evolution puts these clues together into a cohesive explanation of the diversity of living things. Like all theories, the theory of evolution relies on tangible evidence as well as inference for those things that can’t be observed directly. It is important to remember that Earth itself contains evidence of life in the past, and that this evidence provides critical support for the theory of evolution.

 
 
  3. Does the fossil record tell us the whole story?  
  Opponents of evolution point to gaps in the fossil record as proof that the theory is invalid. They say the fossil record fails to show what are called “transitional forms,” generally the in-between stages as one type of creature evolved into another. The fossil record certainly has gaps, mostly because the conditions required to create fossils have been rare ever since life began on Earth. A very small percentage of animals that have lived and died ever became fossils. Thus, many pieces of the puzzle are missing; some will never be found. Nonetheless, we have many, many fossils that illustrate evolutionary transitions between fish and amphibians, between reptiles and mammals, between dinosaurs and birds, and in many lineages such as whales and horses. And new fossils continue to reveal transitional forms that some said don’t exist.