Daardie eenkeermense

Ek wonder baie keer wat het geword van die mense wat jy net vinnig in jou lewe ontmoet, soms weet jy nie eens wat hulle name is nie. Ander kere vergeet jy dit. Soms is dit net ‘n gesig, soms iets kleins, ander keer iets groots – daardie eenkeermense.

Ek wonder nog baie oor die vrou wat 10 jaar gelede my van ‘n gewisse ernstige, as dit dan nie vieslike besering gered het nie. Dit was ‘n nagdonkeroggend in Khayelitsha waar ek in die reën rondgeloop het op soek na iemand (dit het met my werk te doen gehad).

Skielik het iemand my hard van agter af teruggeruk – so erg dat ek byna in die modder beland het. Ek het verbaas omgekyk. Die vrou agter my het die reuse oop rioolgat seker twee tree van waar ek sou trap vir my uitgewys.

Ek sou daardie oggend in die rou riool beland het. Ek wonder waar is daardie vrou vandag.

Waar is die dronk meisie wat my amper doodgery het voor die Engen in Oranjestraat?

Waar is die vrou wie se kind weggeraak het en met my daaroor gepraat het in haar shack in Delft terwyl sy vir ons soet tee maak? Waar is haar kind?

Wie is daardie ontbinde lyk in die veldjie gewees wat die mense sandhopie vir sandhopie uitgegrawe het – die dag toe dit so warm was en die kinders langsaan in die veldjie gespeel het?

Wie se voet was dit wat daai dag by Blouberg uitgespoel het?

Lewe die tannie nog wat laas jaar saam met my in die hospitaal was?

Het daai vrou ooit haar boarding pass gekry wat ek in die toilet op die lughawe gevind het?

Wie wie wie is al die mense?


  1. “Ships that pass in the night…”:mrgreen: Ons wieg net aan op die golfies wat hulle agterlaat.

  2. Elke mens is ‘n klippie wat in die water val en die mens word nie vergeet voordat die waterkringe nie ophou kring nie. Elkeen wat jou pad kruis, maak ‘n merkie op jou siel.

  3. Ek wonder soms of daai mense soms ook oor my sou wonder… vreemde ding hierdie eenkeermense.

  4. maxie

    Ai, hierdie is ‘n stunning, stunning post.

    Ek wonder oor soveel eenkeermense, maar veral oor daai matriekseun van ‘n naburige skool wat daai een noodlottige middag sekondes te laat was vir die trein, genael het in ‘n laaste poging om in te spring maar toe onder die trein ingegly het.
    Sy regterbeen was af (ek spaar jou die detail), maar ek wonder of hy my geglo het toe hy met sy kop op my skoot gele het terwyl ek bly prewel het: “it’s okay… you’ll be okay”, wagtend op die ambulans.
    Wens so ek het geweet wat uiteindelik van hom geword het.
    Hierdie tipe wonder tickle my pienk.

    PS. Hoop die dronk girl wat jou amper omgery het sit in die tjoekie.

  5. Agge nee man rosa… nou laat jy my ook begin dink aan al die mense.

  6. Sigeuner

    Mens kan `n poem maak met hierdie topic. Dis gewoonlik die hartseer dinge wat mens bly oor dink, jare en jare daarna nog. Skrikgoed ook, oor die dankbaarheid agterna!

    Nou met vandag se selfhelpboeke wat seg jy moet visualiseer in die toekoms in, ne? Watter soort mense sou jy graag op jou sypaadjies wou raakloop?

  7. Moses

    Ai, neem jy my nou ver terug! If only….
    Ek dink my sielsgenoot loop nog rond en dit omdat my moed my begewe het. Spyt kom inderdaad te laat.

  8. Hi Rosalind-kind, waar vat jy en Annemarie nou vanaand my kop heen…………………
    Dié mense gaan nou by my spook—- sal maar ok daaroor moet skryf, om erkenning aan hulle te gee.
    Dankie vir ‘n baie nice post.

  9. Ons is maar almal eenkeer-mense.

  10. Ek wonder al die heel dag—— op wie het ek so indruk gemaak? Beslis die ou wat by die dansplek gesit en sy selfmoord beplan het en ek hom toe daaruit kon praat!Maar wie anders, en hoe en waar en wanneer en hoekom?

  11. BB

    Mooi post Rosie. Baie mooi… maar soos Antie Koekie tereg sê… vir hoeveel ander mense is/was jy ‘n ‘eenkeermens’ en was dit ‘n minder of meer positiewe ervaring in daai geval?
    Ek love die nuwe woord wat jy create het: ‘eenkeermens’ – dit stick nogal in mens. Dis die term wat ek nogal in die toekoms gaan heg aan mense wat ek weet ek net die een keer gaan beleef… iets/iemand wat ek voorheen dalk net diep in my onderbewussyn as vague memory sou bêre kry nou ‘n naam… dis supercool!!

  12. Sigeuner

    Watse afskuwelike mense in ons samelewing – en dit onder die vaandel (alweer!!!!!) godsdiens en die mense se god. Hoe Godeloos – en wreed. Dis net die mens wat bid…en dit skynbaar nodig het ook.

    Dat `n vrou (`n onmenslike ene daarby) `n ander vrou so walglik aanrand. Here, wat makeer die mense?
    Praat van seksueel “af”. ///Rapport

    En die pous? Skitter in sy boosheid…nogsteeds.
    Aborsie en gay-wees is die nuuste (en oudste) sonde op sy lys van sondes.
    Solank priesters kan aangaan met hul kinderskending?
    God help my, die hele wereld is mal! ////Rapport

    Vergewe my, ek weet ook nie meer nie.

  13. Tussen jou en sonkind het julle my so aan die dink… ek dink ek gaan een of ander tyd ‘n post moet doen.

  14. Ja ons is seker op ons maniere ook eenkeermense, goed en sleg vir ander mense. Soos van julle tereg vra: dink die ander mense ook soms aan ons, toe ons die eenkeermens was op ‘n dag?

    Dit laat my ook dink aan die dieper betekenis van die fliek, Schindler’s List: Hy het self gewroeg oor die feit wat hy net meer as ‘n duisend mense gered het, kon hy nie dalk meer uitkry nie? En die respons was: Een lewe, net een lewe maak ‘n verskil – hierdie mense se nasate is nou in die duisende. En dit is vir my die boodskap van die fliek gewees.

    Dit gaan ook nie om Samaritaan te speel en jouself op die skouer te klop nie – want ek glo nie aan god of dat goeie dade jou in ‘n hemel sal bring nie. Ek glo dat om ander te help jou plig as kognitiewe, denkende mens met ‘n vrye wil is. Jy kies om goed te wees – of so goed jy kan.

    Net soos ek verlede week gekies het om R100 te gee vir die man wat gekrap het in die asblik op soek na kos. As hy gaan drink het met die geld, ja wel, ‘n geskenk is ‘n geskenk, en almal is geregtig op ‘n party so nou en dan, wie is ek om hom na waarde te skat?

  15. Inderdaad, maar soms ‘n eenkeermense maar net engele sonder vlerke… of iets?! Pragtige post ((((((RF))))))

  16. Inderdaad Pik, engele sonder vlerke. Goed om jou te sien!

  17. hallo liewe pikkie so bly om te sien jy is nog hier!

  1. 1 Skepe in die nag « Kouevuur

    […] in die nag Mei 16, 2010 by anne-marie Hierdie inskrywing van Rosalind spook nog heeltyd by my en het my eie eenkeermens-spoke laat […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: