Drie lewensgeselle

Kos: KFC, of enige voël, pizza, Big Mac, roomys, yogurt, vrugte (maar nie appel), neute, chips.

Habitat: Op en in die bed – natuurlik

Gewoontes: Spring op 3 bene, blaf vir kos, dagdroom in die Zen-posisie, bewe soms baie, piepie as dit reën net op die stoep.

Kos: Alle vrugte en groente, is eintlik ‘n vegetariër, chips en neute.

Habitat: Op eie bed langs bedkassie, onder bed, in eie tent, bo-op handsak, bo-op koerant.

Gewoontes: Knor as sy eers op handsak gaan lê, skrop net soos ‘n hoender, versamel sokkies, lê en blaf, huil in die kar, vra soggens ‘n koekie

Kos: Alles, veral katte

Habitat: Op kussing langs eie bedkassie, teen enige muur met pote wat muur “ophou”

Gewoontes: Kyk TV, draf net soos ‘n ponie, kom haal Rosalind saans by die motor.


  1. PlaasJuppie

    Jy het die mooiste kjenners

  2. BB

    Cutie-pies is hulle. My bullterrier glo vas hy is een van daai wittes hierbo… en wie’s ek nou om sy bubble te bars, nê?
    ok, soms glo hy hy isse skilpad – want whatever ek die Ouvrou voer, vreet hy netso lekker aan saam – appel, waatlemoen, patatskille…

  3. Die kinners is beautiful, ek hou veral van die laaste ene!

  4. Krista

    Nice Rosalind, BAIE nice!

  5. Anoniem

    Darie ene met die sterk bene wat `n muur kan regop hou. Ja, ek soek al jarrrrrre en jarrrrrrre na ene. En ek gee nie om wat hulle eet nie, kos is koning in ons huis, maar die telers! Die outjies is regtig nogals duur, ja?
    Ons Bulterier het stukke en stukke waatlemoen ge-eet….en patat en wortel…als organies gekweek net hom, toe kry hy maagkanker. Jirre! Mens huil, dan hou jy nie weer op nie.

    Die ander ene, Seun, ne? Ma dood met keizersnit…vertel die hele storie. Ek huil nounog, hy was net 5 jaar oud, toe stoei hy met `n bosluis.

  6. Boernig

    Dis Boernig, nie Anoniem nie….Boernig mette 42DD

  7. Hoe gebless is jy nie om drie oulike kinders te hê nie.

  8. maxie

    Pragtig!

  9. koeksister

    Dis te oulik.🙂

  10. Dankie, dankie, bewaar julle siele as julle nie sou se my kjinnes is slim nie, ai en hulle doen so goed op skool, staan 1ste in die klas.

    Die eerste 2 is optelkinders, ai siestog, hulle het swaar gekry, nou lewe hulle in die lekkerste huis op aarde.

    Die laaste ene, is ‘n Airedale.
    @Anoniem, ek kon nie meer onthou hoeveel sy gekos het nie, sy is al 7 en intussen het sy seker al 7 keer haar prys gekos aan treats en die veearts en sulke goed. maar dit maak nie saak nie, as mens diere wil he, moet jy uithaal.

  11. Sigeuner

    Rosa, ek seg dan ek`s NIE anoniem nie, ek`s Boernig, dan lyster jy neks! Ok ma goed jou tjinnrs is in die skool, want hulle gaan jou moet help suport op jou oudag.

    Net om dinge alweer bietjie om te krap – Sigeuner is terug. Met die dat almal anti-boer is, los ek Boernig weer so ruk in vrede.

    Ek`t `n stokou boek oor Airedale terriers. Lees hom al vanlat ek kan lees. Sal nog eendag myne kry. En ag tog behoed my!

    Skoonpa soek `n Yorkie wat in `n koppie pas. My sussie het ene en sy trippel alte oulik, maar moet die heeltys boontoe kyk of iemand dalk nie op ha gaan trap nie. Piepklein lady.

  12. mirna

    Rosa, tussen niks en alles, ‘n simpel vraag: het jy al erens in jou baie skrywes iets oor die Laingsburg vloed geskryf? Hoekom kry ek ‘n link na jou blog as ek dit Google? Eks nuuskierig, skies as ek uit my beurt praat.

  13. Sigeuner

    Als is stil tot in die 6de geslag. Rosa, skryf jy alweer boeke in plaas van blog?

  14. Sorrie sigeuner, my aandag was seker afgetrek. Nee ek is nie ant-boer nie, jy weet mos ek is anti-onnosel. punt.

    Die yorkies is vir my te oulik, ek sal nie mind vir ene nie, maar die airedale is BAIE rof, sy sal op die yorkie trap, lank voordat ek op hom trap.
    Ek is stil want die werk is rof en toe was ek weer weg ook vir ‘n rukkie.

    Mirna: nou vra jy my vas, ek weet nie. Kan wees.

  15. Sigeuner

    Ja, ek kan nou weer onthou…anti-onnosel. Dis waar, nou weer. Ek soek mos nou `n stukkie muse, want ek moet alweer oor my ore skryf. Dit moet wees oor iets wat ek positief beleef het vandat ek nie kan hoor nie. Toe kry ek dit hier.

    Ek is bly ek is doof, want dan kan ek nie al die onnosele dinge hoor wat idiote kwytraak nie. Aan die ander helfte wat ek egter soms raaklees, kan ek niks doen nie. Ek wil nie nog flippen blind wees ook nie!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: