Ek moet ET verdedig

Kyk ek moet darem vir Eugene Terre’ Blanche ‘n lansie breek. Dit gaan oor die voorval die dag toe hy van sy perd afgeval het in 1991.

Sien ek was daar die dag. Op Kerkplein in Pretoria. Ek het knap onder Paul Kruger se standbeeld gesit en gesien hoe mense van die KP, AWB en die tien oorblywende lede van die HNP ‘n massa-vergadering gehou het.

Ek was bloot ‘n nuuskierige student wat saam met ander studente na ‘n gratis skouspel wou gaan kyk.

ET het op sy perd geklim. Arme perd. Destyds was ET nog bitter vet – die perd het so diep gesak toe hy met mening opgeklim het.

Toe begin hy en die hele brigade met bravade gallop. En toe gly sy perd op die gladde stene. Die perd het geval. Arme perd. En toe val hy ook; reg agteroor.

Hy het moer hard geval.

ET het blitsvinnig opgespring nog voordat sy perd met skoppende bene en ‘n runnik kon opkom. Die manne in swart het die perd onder beheer gekry en ET is weer op hom.

En ja dit is wat gebeur het; so tegnies gesproke het hy afgeval omdat die perd afgeval het. Sien.

Daar was mense in Voortrekker-klere, ou klere. Weird. Lang rokke en kappies in die warm son. Frikkedelle en eiers in hulle mandjies met flesse koffie.

Toe ‘n paar maande later het hy in die PTA stadsaal gaan praat en ons het weer na sy skreeuende doem sang gaan luister. En toe besluit sy manne hulle gaan die strate invaar – onwettig.

Die polisie het met traanrook en rubberkoeëls op hulle geskiet, in die warboel het ons tussen hulle beland. Al laggend en gillend is ons in die strate af.

Later het ek afgebuk en een van die rubberkoeëls se doppies opgetel, ek het hom vandag nog, iewers in ‘n kas.

Oor ‘n bier teen R2 een het ons gesit en lag oor alles; die mense, die toespraak, die skietery, weer die mense – hoe hulle gelyk het en die vrae wat hulle gevra het.

Ek wonder waar is al daai mense nou, want al drie die sprekers van die dag, Jaap Marais, ET en Andries Treurnicht is dood.

Ek wonder of daardie mense steeds hulle kontinent, Afrika, vrees.

Toe wit mense die land regeer het was daar altyd ‘n onderliggende vrees vir swart mense gewees, natuurlik. Mense was bang vir die opstand van die swart massas “wat ons in ons beddens gaan kom vermoor”. Met reg, van die wit mense se die swart mense onderrig.

Ek kry deesdae die gevoel ‘n klein groepie wit mense is weer so skytbang vir die “swart massas”. Hoekom? Hulle propaganda en vrees in die hoop op steun.

Maar wat my vies maak is dat dit onder die naam van die “afrikaner” gedoen word. Dit moet onder die naam van “verregs” gedoen word.


  1. Ek sê nog steeds… arme perd.

  2. Rustig

    Ek dog altyd ET het van sy “spaceship” afgeval! Of het ek nou die verkeerde perd beet hier?

  3. JPR

    Ek het net gisteraand n sms gekry (yup n ketting sms) wat se ons moet regmaak, pamflets word uitgedeel in townships wat lees, ons word dood gemaak op vryheidsdag. Ek myself delete hierdie goed onmiddelik, maar ek het sommer n kans gevat en op een van hierdie verregse of is dit verby-verregse sites ingegaan, en what do you know – kom ek op die topic af wat in die sms is. Hulle praat daar van die afrikaners asof almal saam stem met wat hulle propageer – hulle besluit vir my ek is n afrikaner soos hulle want hulle noem hulle self afrikaners en ek sien my self as n afrikaner, alhoewel ek glad nie glo aan hulle “eenrigting” denke nie.

    Hierdie groepe maak my veiligheid in SA nog minder as wat dit reeds is, want alhoewel ek nie saam met hulle stem nie, beteken dit eintlik niks, want die man op straat weet nie wat in my kop aan gaan nie en elke moontlik afrikaner is potensieel deel van sulke groepe.

  4. Ja wel en persoonlik dink die SMS’e en pamflette word deur die verregse groepe versprei, juis om paniek en onenigheid te saai.

    Dit maak my bitter vies dat hulle dit onder die saambreel doen van “afrikaanses, of afrikaners of selfs mense wat die taal praat” want van die smet wil ek nie deel wees nie.

  5. flippiefanus

    Maar Rosa ek is bang. Ek vrees om ‘n slagoffer te wees van hierdie geweld en misdaad. Dit het niks politiek te doen nie.

  6. Flippie, ek hoor wat jy se, ek weet nie of ek dom is nie, maar ek is nie bang daarvoor nie, regtig nie. Ek kan dit nie verduidelik nie, dit is net so.
    Ek is baie banger vir dinge soos armoede en oudword.

  7. Anoniem

    Rosa! Dit was vet pret die keer in die sstadsaal. Darie keer, was ek 7 dae af na nagskof en wou iets opwindends he om te doen. Jy moes my gesien het. Ek het sollidly op Boerseun se skouers geklouter om tot voor te kan sien.
    Ek het nooit gedink hy het geval nie.

  8. Anoniem

    Voktog! Anoniem?




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: