Jaar van die Village Idiot

Waar as die dae wat elke dorp net een Idioot gehad het? Hmm?

Nou is elke dorp op soek na die een met ‘n brein, ek sweer dit kan nie meer so aangaan nie. Inderdaad het een of ander onnosel-geen dominant geraak en elke baba het dit geërf.

‘n Ou Neo-Nazi, rassis wat in sy lewe net ‘n klad op die naam van die sogenaamde “Afrikaner” was, word die baken van martelaarskap vir sogenaamde wittes? Ek wil kots elke keer as ek na die AWB se kenteken kyk. Sies-ga.

Die Suidlanders pak hulle oorlogskos in en uit, in en uit, in en uit. Wie de fok is hierdie sogenaamde gelowige mense wat names ander gelowige, wit  “Afrikaanses” praat en bang is vir “swartes”?

Die Katolieke kerk, wat nog altyd beheer is deur mans,  se manlike leiers verkrag en molesteer kinders en dieselfde mans hou die ander mans in hulle posisies. Al ooit gehoor van “defrocking” en dan bel jy die polisie? En dis boonop ‘n kerk! Hoe word so iets toegelaat? Boonop is 60% van die kollekte afkomstig van vroue, maar nee die vroue mag tog net nie in leiersposisies wees nie.

Daai Angus aartappelboer is ‘n patriargale seksis. Instede van vir mans se dat hulle moet ophou verkrag, slaan en huishoudelike geweld pleeg  in die land: verstewig hy hulle hand.  “Wees die hoof van die huis.” What crap.

Hy kan ook vir diegene wat nie deelneem aan die vlaag van huishoudelike geweld nie, bearbeid om ander mans  aan te spreek.  Dis nie vroue wat dit moet oplos nie, dis mans se issue. Angus kan soveel meer doen om geweld deur mans te bekamp, maar hy kies om die genderrol van die man te versterk.

Julius, een jong man, het die land aan die brand en die ANC kan hom nie beheer nie. Hoekom nie. Ruk hom tot orde, so eenvouding soos dit. Julle kan sien dit doen skade, sny hom af. En intussen luister mense na wat celebs oor alles te sê het.

En moenie vergeet nie, die aarde is net 6000 jaar oud. Nee fok, geen aan die bottel gif.

N.S –  As een persoon nog vir my sê/bel/epos/watookal dat die aarde 6000 jaar oud is, k*k ek in sy/haar broek…ek kan daai een nie meer handle nie.

Advertisements

  1. ET = nie ‘n baken vir Afrikaner martelaarskap nie, maar het definitief die fokus op plaasmoorde geplaas. En dis nie sleg nie ~ vir my wat ook skielik half weerloos in die boendoes sit.

    Suidlanders = huh? Nee, ek het al van hulle goed gelees en video’s gekyk, maar nie my cup of tea nie.

    Katolieke Kerk = skandalig

    Angus = ek like hom stukkend.

    JouLuis = hopelik het hy genoeg tou gekry om homself op te hang.

    Die aarde 6000 jaar oud = ek gee regtig nie om hoe oud die aarde is nie. Is dit belangrik?

    Hopelik gaan ons nie baklei oor die puntjies waarmee ons nie saamstem nie, Rosa? 😉

  2. flippiefanus

    Inderdaad, Vlam, ek stem ook nie saam met ET se politiek nie, maar om een of ander rede is al wat ‘n dwarstrekker is nou verenig. As hulle in die proses Malema stilgemaak kan kry dan het dit tog op iets goeds uitgeloop.

    Oom Angus het nou blykbaar gese dit was die laaste keer. Iemand anders moet nou oorneem. Wat hierdie hele storie vir my vertel is dat die mense honger is na ‘n leier. Oom Agus het geabdikeer. So wie gaan dit wees: Dalk Steve? 😆

    Ja die katolieke kerk is totaal banaal met die getoesmeerdery. Maar die storie gaan nie gou oorwaai nie.

    Wat wou, kom ons stry ‘n lekker stry. Alles is so vervelig desedae. 😉

  3. Goeie fok Rosa… man-bashing day? ( Maar ek stem saam met jou punte 😆 )

  4. PlaasJuppie

    Politiek is politiek. Dit sal nie verander nie, en daarom moet mens dit nie te ernstig opneem nie. Mal-enema was gister ‘n dwis, hy is vandag een en hy sal more een wees. Sy party sal geen aksie neem behalwe lip service nie. AWB en ET en Suidlanders is ‘n joke.

    Kerk in die algemeen (let wel ek sê kerk – nie geloof nie), en daarby sluit ek in die Afrikaanse susterskerke, Rhema, Angus Aartappel en al die ander, is ‘n klugspel waarop ek my rug jare gelede al gedraai het. Skynheilige bliksems.

    Die ouderdom van die aarde, wel ek flippen weet nie. Ek was nie daar nie, ek het die plek maar so kom kry. Belowe. Njannies kopela.

    So wat bly oor … aah die twee ligpunte in my lewe. Albei vroue toevallig. Die een is natuurlik voor die hand liggend. Die ander, wel hiers nou ‘n vraag vir jou. Hoe lank nog voor ons kan begin om mense te kloon, en hoeveel Helen Zille’s moet ons bou om die gemors hier uit te sorteer? Ok, so ek het gelieg, dit was 2 vrae. Sorrie.

  5. Rosa – jy verdien ‘n pos in die parlement net omdat jy die moed van jou oortuiging gehad het om hierdie reguit en sonder tierlantyntjies te kon sê – maar ongelukkig is jy veels te slim vir die parlement 😉

    Dit sê vir my nie veel van ons as Afrikaners – of ons nou dwarstrekkers is of nie – dat ons iemand soos ET se dood nodig gehad het om ons te verenig nie. WTF!

    Overgesetsynde en nieteenstaande – I salute you!

  6. Bliksem maar Rosa is ontsteld. Ek stem saam met jou oor ET, Suiderlanders, Angus en Mal-ema. My Ouma het altyd gesê alhoewel my Oupa die “hoof van die huis” is volgens die kerk, is sy die nek en kan sy die hoof draai nes sy wil.

    Plaasjuppie het nogal ‘n punt beet met Helen.

  7. Nee komaan mense, dit is belangrik dat ‘n mens ook kennis het oor die omgewing waarin jy leef. Die ouderdom van die aarde is nogals nb sodat die res, inpas. kapish 🙂 🙂 is 5,6 miljard jaar.

    Vlam: Die plaasmoorde is al vir jare en jare in die koerante berig, die Instituut vir Sekerheidstudies het al die een dik verslag na die ander uitgebring, Afri-forum en Solidariteit en die DA praat daaroor. Ek weet darem nie of die doel die middel heilig nie, daar is ‘n beter manier om plaasmoorde te belig as via ‘n ET. Hy en sy mense polariseer wit en swart net meer en meer. So ook Julius, it is bad, bad

    Maar my liewe Vlam, ek verstaan ook dat jy weerloos sit in die boendoes 🙂 maar is julle verhouding in Angola nie goed met die plaaslike mense nie?
    Nee Vlam ek en jy gaan nie baklei nie, ons ruil net gedagtes uit 🙂 🙂
    Ja dit maak saak hoe oud die aarde is vir my….is maar my issue jy weet.

    Plasie: Helen is kool. Ek dink ons het so 10 van haar nodig.
    Mense kloon, ons kan dit reeds doen, maar ons doen dit nie. Etiese issues jy weet (soos bv. indien jy jou eie kloon sou stamp van ‘n brug, is dit: selfmoord, moord, of wat? hehhehe)
    Ek was al een dag in die hospitaal saam met haar, sy was baie nice met die dokters, susters en pasiente, sy was tot in die operasiesaal gewees.

    DMI: haai ek het regtig nie eens agtergekom dit is almal mans nie, belowe….sien jy nou wat doen die mans!!!

    Flippie: laat daai dwarstrekkers nou net oor iets groots moet besluit, dan versplinter hulle weer in 7 groepe.
    Net nie Stevie as Angus abdikeer nie, netnou word ek swanger sonder dat ek eens weet….fo….

    Anne-marie: mmm dankie ek sal baie graag in die parlement wil sit en slaap, stem my asb in.
    ek voel glad nie verening met die regse mense nie, ek moet se.

    Charms: hahahah ek laaik jou ouma se se-ding, flip ek sal dit graag vir angus wil epos!!!!

  8. kom iemand moet iets wilds se dat ons kan baklei….waar is die suidlanders se nood-tandartse? vir die dag as die swart-wit-oorlog uitbreek>>>> nie nodig nie,,,,,die meeste van hulle het nie tande nie………..:lol:

  9. Rustig

    Nie eers geweet daar bestaan so iets soos die Suidlanders nie. Altyd gedog dis ‘n titel van ‘n boek deur FA Venter tot my ontnugtering lees ek in Die Burger dit is nog ‘n ossewa brigade wat ons gaan aan help tot in die beloofde land. Katoliek was nog nooit my gunsteling nie. Ek bly in die land waar al die skandale begin het. Dalk is dit tyd om hulle op die brandstapel te sit.
    Ek dink ook nie die aarde is ouer as 6000 jaar nie! Toiletpapier Rosa? 😉

  10. PlaasJuppie

    @ Bloedbek. Ek hoor jou en ek moet jou gelyk gee op heelparty van jou stellings. Ek wil jou egter jou respek teorie toets deur die vraag te vra of dit slegs gaan vir mense wat dieselfde as jy voel oor ‘n saak, en of dit ook strek na mense wat van jou verskil?
    Ek het niks teen Angus persoonlik nie, maar ek staan by my opinie oor sy saamtrek en Kerk in die algemeen.

  11. bloedbek: Positief wees is tog so 1994, as ons opskuif is daar vir jou okke plekkie in die moddergat.

    Rosa: Ek weet jy het nie aspris net mans genoem nie… ek dink 😆

  12. PlaasJuppie

    Soos jy tereg opmerk, daar is ‘n rede vir elke mens se optrede/reaksie teenoor ‘n gegewe situasie. My aversie spruit uit eie ondervinding. Ja, dit is ‘n gruwelike veralgemening om alle kerke/samekomste oor dieselfde kam te skeer n.a.l. slegte ervarings met ‘n paar, maar ek verkies om nie my toon tweemaal teen dieselfde klip te stamp nie.

    Jy maak egter ‘n gruwelike aanname van jou eie. Ek het die instelling van georganiseerde geloof die rug toegekeer, maar streef steeds tot ‘n bydrae op ander gebiede. Kerk is slegs een kanaal, een wat gekies het om nie te volg nie, maar daar is tog ander. En as my nederige bydrae via ‘n ander roete uitkom waar dit gevra word, maak dit dan werklik saak?

  13. Boernig

    Voordat ek al die comments klaar lees en dalk my moer strip of so iets…

    Buchan is nie my oom nie. Hy is `n slang en verlei mense omdat die regeerdes iemand nodig het om die mense te paai.
    Pot snot!

    Die Aarde wat so baie oud is – bewys juis dat Buchan kak praat. En waar trek ons kalender? 2010! Ek voel ekwil `n lelike woord se, maar ek sal nie. Ek sal maar net hoop en hoop en hoop dat mense se oe sal oopgaan.
    Rosa, dis een van die dinge wat maak dat ek sien waarom jy bewyse eerder as goedgemoeds geloof aanvaar.
    Eh, eh! Seg mos ek leer altyd iets hieso.

    Plaasmoorde is werklik, maak nie saak wie vermoor is nie. Nie een lewe is hoer as `n ander s`n nie.

    Mense moet aangaan met liedjies sing. Die effek daarvan sal die sameloop van omdtandighede tot `n punt bring. Dis goed so.

    Wie`s die Suidlanders?

  14. jenny

    Wie gee om hoe oud die aarde is? Al wat ek weet, is dat dit nie meer baie ouer gaan word nie.
    Die dag as die oorlog kom, sal ons vir julle ook kos gee, okay ;)!

  15. flippiefanus

    Ai Rosa, dat ek jou moet uitvang op so punt. As mens so ernstig voel dat mens moet weet hoe oud die aarde is dan moet mens darem seker die regte waarde gebruik. Die aarde is 4.5 miljard jaar oud en nie 5.6 miljard nie. (Kyk op wikipedia.) 🙂

  16. Andrew

    Ek verstaan die pous is direk geimpliseer in die toesmeer van verkragtings. Maar sal hy gearresteer word? Tien teen een nie want hy is mos die Cosmic Skyhook se jeugligga president.

  17. Flippie, ek le gisteraand in die bed en ek dink ek het ‘n fout gemaak met daai ene, ek ai ja dat jy nou vir my moet uitvang in my kwylmond-spoeg ene.
    Die aarde is 4,5 miljard jaar oud 🙂 LOL

  18. Rustig: kan jy asb nou die toiletpapier stuur? dankie….

    DMI: jy dink reg, dit was regtig nie aspris oor die mans nie, ek belowe jou.\hier vanuit die varkhok uit.

    Plasie: presies, elkeen stap sy eie pad na aanleiding van sy eie ervaring, my vra is hoekom mag kritiese vra nie stel word oor die hoofstroom nie. en indien mens dit wel doen, dan toon jy nie respek nie, ek vind dit net vreemd.

    Boernig: presies, duisende mense word jaarliks in townships ook vermoor. anyway. moord is moord. dit is sleg.
    Erg opruimende liedjie is byvoorbeeld: “die padda wou gaan opsit met…”

    Die suidlanders is nie nuut nie, hulle bestaan al jare en sweep mense al jare op met einde-van-dae-vrese. Ek dink darem ook nie dit is die media se skul as mense hulle bollie glo nie, as mense bollie glo is hulle onnosel.

    Andrew: die pous is, want hy het dit toegesmeer toe hy aartsbiskop in duitsland was en hy het geweet iemand onder sy broer se beheer was ook skuldig. bad

    Jenny: ag as mens werk met ou goed dan is die aarde se ouderdom belangrik. die aarde gaan nie veel ouder word nie!!! hoe weet jy?

  19. Andrew

    Flippie, Rosalind se 5.6 is uit met ongeveer 20% maar Rustig se 6000 is so ver van die kol af die fout streef na 100%. Jy korrigeer egter vir Rosa. Het jy so lekker gekuier daar in Ierland? 😉

  20. Andrew

    Jammer ek trek my woorde terug, dit kom van te vinnig lees. Rustig glo NIE die Aarde is 6000 jaar oud nie.

  21. Ek dink julle is almal verkeerd. Dit was gister Earthday, die aarde se verjaarsdag… eerste keer in 1970 gevier… So die aarde is 40 jaar oud die jaar… so wê!

  22. LOL….ag jaaaaaaaa. hoe ek die aarde verkeerd gekry het nadat ek 4,5 = aarde en 13,7 = heelal seker al soveel keer herhaal het dat ek wil mal word weet nugter alleen…en ek was nugter.
    dalk is ek besig om al vloekende gek te raak.

  23. Andrew

    Moenie bekommerd wees nie Rosalind, ons staan op en maak ons slipups tjop-tjop reg. 🙂 Dis wanneer ‘n mens herhaaldelik irrasionele foute begaan en dit hardkoppig volhou dat jy moet bekommered raak oor varkies verloor. Ek lees dat Francis Collins in ‘n onlangse praatjie beweer het dat die wetenskap en godsdiens 100% versoenbaar is. Dis natuurlik sy eie persoonlike god waarvan hy praat. Hierdie god het glo die universele konstantes 13.7 biljoen jaar gelede ge-tweek dat die heelal altyd mense (met ‘n siel) aan die ander kant van die evolusie wurm sou uitpop. Hoe weet hy dit? Hy weet dit net want dit maak sin, dis ‘n gut feeling. Sy intuïsie is van meer waarde as die gebrekkige wetenskaplike metode.

  24. As die kommentare nie sin maak nie jammer…ek het Bloedbek delete…ja na 2 jaar en 2 maande die heel eerste keer iemand delete.

    Daar is altyd ‘n eerste keer. (moenie gespesiaal voel nie bloedbek)

  25. flippiefanus

    Andrew, Rosa het reeds die grote orde gekorregeer. Al wat vir my nodig was, was maar net om die laaste klein korreksie te maak. 😉

    Ek sien dinge ook soos Francis Collins dit sien. Ek sal verder gaan deur te se^ dat God vir ons die wetenskap gegee het sodat ons sy skepping kan bestudeer en Hom sodoende kan verheerlik.

    Rosa moet jou nie verknies oor die slipup nie.Ons almal maak sulke fouties. 🙂

  26. Flippie, nee ek is bly jy het dit uitgewys dankie.

    Die siening dat God wetenskap vir die mensdom gegee het om oplossings te kry is een wat ek kan insien sin vir mense maak. Dankie vir jou bydrae




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: