Klein rooi broekie

Ek dink nie ek kan vir een oomblik meer in Izak Davel se klein-klein rooi swembroekie vaskyk in Survivor nie.

Daai broekie is so groot soos my hand, en ek het nie groot hande nie. Ek kan sien dat hy vir hom die kleinste klein swembroekie gaan soek het om sy bates (LOL) mee af te show. Hy het mos geweet hy gaan op die eiland wees.

Izak, verstaan nou mooi, gewoonlik wys vroue hulle boobs in ‘n klein bikini’s, maar dit wat ‘n man besit is nie juis iets wat ek ingeprop wil sien in ‘n te klein broekie nie. Ek sien as jy wel ‘n kortbroek aan het dan rol hy die pype tot kiertsbo op? En selfs die middelband af?

Sies o jinne. En van wat jy dink jy besit, sien ons te veel. En nou weet die hele wereld ook dat Izak dink hy het ‘n mooi lyf.

En ProVerb, nee fokkit, jy kan nie die hele tyd onder die boom le en slaap nie. Ek moet nog sien hoe jy ‘n vinger lig – behalwe om elke keer te kom aansit vir ete. Dat jy nog so lank daar is verstom my.

Ashley ek dink jy moet politiek toe, want so van manipuleer het regeer het ek nog nie gesien nie. Nou moet jy nog net kroek en steel dan is dit ‘n kabinetspos vir jou.


  1. 😆 Ja nee, aan die begin het ek gehoor hoe koer die dames om die braaivleisvuur oor die einste rooi broekie. (snaaks dat die een met die minste klere aan op TV een van die eerste celebs was wat die anti-porn-kanaal petisie ondersteun het😆 )

  2. BB

    ProVerb reken hy bly so “onder die radar” – m.a.w hy dink hy gaan nog so ‘n week of twee vasbyt(eeehhhmmm lê…) totdat almal wat vir mekaar ‘n bedreiging inhou ingestem is – Dis DAN wat ProVerb reken hy gaan sy g@t lig en PostVerb word. Hmmm… maybe not too shabby a strategy, wie weet?? (Ok, dis as luiheid as strategy qualify😉 – but hulle seg mos nie verniet: “♫♪do what you do, do well, Boy♪♫”…
    Oits Rosiekind – daai is ‘n mooi enough lyf om te wys. Dalk issit ook nie totaal en al Izak wat self daardie keuse maak nie – dalk reken die vervaardigers daar’s genoeg lyf om te wys – en gee die teenage girls ook iets om na te kyk… kykergetalle??
    Ek moet sê ek het nog nie so gekyk na die manne nie – sal bietjie moet oplet en kyk of hy Baywatch material is😉

  3. Ek kan my verkyk aan daardie rooi mankini, waaraan het die man gedink? Maar dit bly maar entertaining😉

  4. Ja ek stem. Sy rooi broekie is net so hinnerlik soos Hekbek se gap en Proverb se lui gat.

    Nou toe, vertel vir ons vir wie jy back? Ek staan op vir Okkert en Gys. Nogal verbaas oor Okkert, moet ek se. Het altyd gedink hys ‘n boks
    😆

  5. Ockert, dan Gys, dan Izak (met rooi broekie en al – hy HET dit mos darem)😉

  6. Whaaala, ek het gewag vir Sonkind se stuiwer oor daai mankini!!!

  7. LOL: mankini- goeie woord, koeksister!

  8. flippiefanus

    Nou Rosa hoe het ek dit dan nou? Jy kyk mos nie na mans nie?😉

  9. Oeee…dis mos vanaand Survivor? 😆 Luv dit stukkend!

    Ek kan ou Ash nie verdra nie, maar sy is so slim soos die houtjie vannie galg. Nie een van haar spanmaats verdien om te wen nie, want hulle kan nie wakkerword en sien hoe sy hulle aan die neus lei nie.

    Gys en Okkie…ek hoop een van hulle wen. Izak het brownie-points gekry met hoe hy dinge laasweek hanteer het. Rooi broekie of te not! 😆

  10. bahahahahaha…

    die snaakste vir my is hoe hulle die “celebrities” kies op grond van wie hulle dink die meeste kykersgetalle sal lewer.

    izak davel?

    …err…

  11. Ding

    Baansyfer is natuurlik NIE dat hy WEL ‘n rooibroekie dra nie – was daar nie al iewers iemand in een of ander reeks wie met ‘n geenkini rondgeloop het nie? Seker weer in een van Ding se nagmerries…

    Enewel, kry mense regtig ‘n verkwikking of opkikkering uit die loer na lywe? Ouding wonder nogal al vir jare oor daai – seker het Ouding se drade daar ook al voor geboorte gesmelt. Vir Ouding was dit net nog altyd so dat net een lyf op ‘n slag vir Ouding opgewonde gemaak kry, hehe. En jawel, seker too much info, maar Ding se annerkant HET ‘n lyf😳 bllllliksem!

  12. flippiefanus

    Ding, geseend is die mens wat tevrede is met wat hy het. Die res van die wereld word aan hulle neuse rondgelei deur hul kroniese ge-windowshopping.

  13. Ding

    Sela, Flipfaan.
    Moet Ding darem byvoeg in ‘n oomblik van naakte eerlikheid: Ding is so skuins en kort met Dingself dat die Liewe Here van Genade vir Ding seën met alles anders wat vir Ding absoluut perfek is. As daai nie so was nie, sou Ding homself seker al met die naaste halwe baksteen self gestenig het.

  14. Flippie: nee ek is darem ook nie blind nie🙂

    Vlam: ek laaik ook nie vir ash nie, maar as ons eerlik is, moet ons erken sy speel sover die game die heel beste. sy het die ander in haar gatsak en hulle rebel nie daarteen nie, wow.

    Johan: ek dink nie ek is die regte tipe kyker nie, en tog, kyk ek…

    Ding: daar was al mense in ‘n kaalkini….yuk…boude etc…dis overkill.

  15. Blixer

    Banana hammocks doen dit ook nie vir my nie! Rosie luv u lots!!!

  16. daai is ‘n lekker een Blixer!! bly om jou te sien🙂

  17. Goed, ek is nou ook by. Na ek hier gelees het, het ek gaan google vir Izak en besluit dat ek Survivor sal kyk om ‘n ingeligte opinie te kan vorm oor die rooi broekie.

    Nou ja, hier is dit dan.

    Ek ondersteun Izak se reg tot vryheid van uitdrukking ten volle. Viva die rooi broekie, viva!

  18. lol! ek het survivor die week gemis omdat die TV in die gastehuis waar ek bly net TV1 en TV2 opvang….die res is ‘n mistige waas

  19. maxie

    Dis ook maar goed jy’t dit misgeloop want as jy gedink het die klein rooi broekie was erg, moes jy die speedo gesien het! Eeuw…
    Ai, die man het ‘n allermooie lyf en kyk is vry, maar speedo’s behoort verban te word, regtig.

  20. Waar is jy? Al weer op vakansie?

  1. 1 Calvin Klein Men’s Knit Boxer « ColdSip.com

    […] Klein rooi broekie « Rosalind Franklin […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: