Het jy die kat ingepak?

Kyk ek is baie lui.

Dit help nie ek koop kaartjies vir die Woordfees op Stellenbosch (verlede naweek) nie, en dink ons gaan inry van die Kaap af as ek eers my lyf op die bed neergelê het nie. Nee. Ek los dit alles net so.

So hotel-bly is die voorland. Spier is te ver vir my, want as ek eers daar my lê kry sal ek ook nie wegkom na die fees nie. Dus die Stellenbosch Hotel uit 17-iets moet doen. Sodat ek kan loop waar ek moet wees, want om daai dorpie ‘n parkeerplek te kry…..

Ai tog dis 35 grade toe ons Vrydagmiddag die kamer betree. Kyk die selle in Pollsmoor is groter.

“Het jy die kat ingepak?”

Nee

Dankie tog, want die kamer is so klein jy kan nie ‘n kat in hom swing nie.

En, daar is net ‘n stort, en ons het gevra vir ‘n bad. Ek staan nie en beenhare skeer nie – regtig. Ek doen die meeste goed terwyl ek lê.

Bel af. Ek is nog mooi vriendelik.

Die ou wat die tasse dra drup van die sweet, ek loop so koes-koes agter hom.

Volgende kamer.

Die aircon woer-woer lug uit wat nie koud is nie. Waar is die remote vir die aircon? vra die Baas.

Wahahahhaha! Remote?

Ons kan nie bad nie. Net die stort binne-in die bad werk. Ag fokkit tog, die skakelaar wat mens moet draai is vas gefossileer.

Volgende oggend gaan vra ons mooi vir die man wat so sitlê by ontvangs. Maak reg.

17:00 – alles nog net so.

En toe vind die groot ontploffing plaas. Maar dit was nie baie mooi nie.


  1. flippiefanus

    Jy meen toegooi jy die kot uit jou toys uit.😉

  2. Boernig

    Soos jy se:”gelukkig is die kat nie ingepak nie”…anders……..

  3. BB

    Ok, jy het my😕 die kat??? Waffer kat?? Why would you take a cat along? en hoekom sal jy hom wil ‘swing’??🙄

  4. BB

    En Rosie? Jy issie ernstig oor die lêery nie, is jy?? Lê en skeer??? Oits!!! Now that is weird, girl!!

  5. Vertel van die ontploffing😆

  6. BB

    En ag Rosie, maak my dag en vertel my ALLES van die ontploffing, toe???

  7. Mmm – BB – is dit nou “great minds think alike?”😈

  8. BB

    Birds of a feather…👿

  9. BB

    and fools seldom differ:mrgreen:
    maar ons issie fools nie, Sons – ons differ te veel… jy IS afterall ‘n brunette😆

  10. Flippie:🙂 ja alles uitgegooi!

    BB: eheheheh, nee dit was ‘n grappie: (This place is so small you can’t swing a cat in it)
    🙂🙂 ek bedoel seker ek lê in die bad en dan skeer ‘n page boy my skeerhare vir my…or ek so lui is jy weet.

    Ag julle weet die ontploffing as meer in terme van ‘n verbale-ding

  11. BB

    Gaan virre wax elke 2-3 weke, man Rosie! Dit raak al minder en al minder seer. en die re-growth raak baba-sag! nee wat, skeer is vir bokbaarde! (terloops – die seerste sawwe plekkie is die armpit😯 )

  12. BB

    Boonop kan jy dan rêrig lê… behalwe mette brazilian – dis ‘n bietjie tricky-er – en verg ‘n meer gymnastic approach. Then again – wat die oog nie sien nie, nê😉

  13. Toemar, Graatjie is effe af soms😆 Of hoe seg ek ou Graatjie Wax? Soos Ruby Wax…Graatjie Wax, hahaha.

    Ek hoop jy het beter gevoel na die ontploffing Frankie? Want oor ‘n naweek word niks uitgesort nie, en ek wil jou amper wed as jy vandag sou gaan loer, is dinge nog onaangeraak…

  14. Ons in die R of SA gooi heeltemal te min ons toys rond wanneer ons met swak diens gekonfronteer word. Dis tyd dat ons almal in Drama Queens verander, ten minste kry mens tog ‘n bietjie vreugde en entertainment daaruit!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: