Wel gedaan of nie

So sit ek en aktrise X en eet by daardie kuierplek in die Kompanjie se Tuine hier in Kaapstad. Dit was al lank terug.

Nie dat ons vriende is nie, allermins. Sy het my uitgeneem vir ete, omdat ek navorsingsmateriaal en agtergrond aan haar verskaf het vir TV-programme waaraan sy gewerk het.

Sy was destyds met die ete, toe onlangs oorsee gewees om met ‘n bekende skrywer (A) te gaan praat nadat werke gepubliseer is.

Intussen tjrip ‘n plaaslike skrywer (B) in die openbaar tussen-in en spreek lelike woorde oor A se werk uit, veral dat laasgenoemde “touch” verloor het met alles en almal en soort van oor die muur is. Beide ek en die aktrise (en soort van die res van die wêreld dink egter A se werk is fenominaal).

Die aktrise vra toe vir A, het jy gehoor wat sê B oor jou en jou werk?

En A se respons was: “As ek ‘n opinie oor my werk en oor myself wil hê, dan sal ek nie B se mening vra nie”.

Maar hiermee het sy wel ‘n opinie oor ‘n bepaalde issue uitgespreek. My vorige blog-inskrywing het nie soseer met myself as persoon te doen nie, maar met ‘n universele kwessie, ‘n issue of brandpunt wat baie mense oor praat en waaroor daar debat is. Ook op van die blogs, selfs al is dit net ‘n moffie-grappie.

Net soos wat baie wit mense hulself as B sien en pres. Zuma en Malema glo hulle is A. Luister en hoor ons mekaar? Wat beteken diversiteit en verskille, maak nie saak op watter vlak dit is nie.

Ja ek weet jy is waarskynlik heteroseksueel, gelowig en wit, maar beteken dit, dat die feit dat ek gay en nie-gelowig is, ek dit maar “vir myself moet hou”, “my issue hou” en in die hoekie sit en stilbly? Of wat?

Want almal om my is “very in my face” oor wie hulle is. En ek is okay daarmee, maar hoe voel jy oor diversiteit? Hmm?

Wel dit se basies alles.


  1. PlaasJuppie

    Daar is soveel invalshoeke gebasseerd rondom verskillende punte wat jy hier aanraak, dat ek skoon kortasem raak net om te probeer uitpluis waar om te begin.

    Ek gaan begin met die woord moffie, juis omdat dit naby die been sny n.a.v. ‘n inskrywing wat ek onlangs gedoen het waarin die woord moffie ‘n paar keer voorkom.

    Nou in konteks was dit komplimentêr van aard, met die woord moffie gebruik as illustrasie van hoe ‘n groep uitsluitlik heteroseksuele mans rondom ‘n braaivleisvuur sou praat. Een kommentator het op ‘n stadium die absolute afwesigheid van selfs die “regular” homoseksuele kommentators uitgewys. Daar is slegs 2 logiese afleidings wat ek kan maak: Of niemand het dit gelees nie, of daar is ‘n paar mense wat bitter die blixem in is vir my.

    Goed. Dit dan die agtergrond, nou jou vraag. ” …hoe voel jy oor diversiteit?”

    Ek weet wat ek weet oor diversiteit van gelowe, rasse, politiek en seksualiteit gegrond op die ondervindings wat ek in die onderskeie velde opgedoen het, hoe veel of hoe min dit ookal mag wees. Verder voel ek dat elke mens verdien om gehoor te word, en al sukkel ek soms weet ek diep binne-in wat die regte ding is en sal ek dit uiteindelik doen.

    Gesien in daardie lig wil ek dan laastens jou vraag antwoord met ‘n uitnodiging, ek is nie homoseksueel of swart of A-gelowig nie. Ek weet nie wat dit verg of wat die uitdagings is nie, net die persoon met die opponerende oriëntasie kan dit vir my vertel. En jy is welkom om my te konfronteer, al het jy jou gewip vir my. Hoe moet ek weet wat is die probleem met die woord moffie (om by die voorbeeld te hou) as jy dit nie vir my uitwys nie? Ek is ‘n redelike mens, bied my ‘n redelike argument en ek sal dit voeg by wat ek reeds weet en derhalwe brei ek my toleransie vir diversiteit uit. Ek vertel jou weer oor hoe dit is om ‘n ambagsman, oorgewig, blanke man en boonop steriel te wees. Slegs deur mekaar se wêrelde te ondersoek deur sinvolle gesprek sal ek ooit diversiteit ten volle verstaan en derhalwe ‘n gebalanseerde opinie daaroor kan hê.

    En ja, om sommer die volgende opmerking vooruit te loop. Ek besef terdeë dat wit-hetero-christen ‘n groot agterstand het ten opsigte van werklik diversiteit verstaan juis omdat ons nog altyd binne die parameters van “normaal” geval het en dus nie nodig gehad het om die sisteem uit te daag daaroor nie.

    En nou is ek besig om onsamehangend te babbel . . . maar ek stel werklik belang in die teenoorgestelde siening.

  2. BB

    Ek steur my slegs aan opinie wanneer ek (a) my issues of standpunt openlik bespreek (soos op ‘n blog of tydens ‘n gesprek) (b) wanneer ek iemand direk vra, wie se opinie vir my saakmaak (maar meesal weet ek darem al om en by wat die persoon gaan antwoord – want ek gaan mos nou nie ‘n vreemdeling vra nie) en (c) wanneer iemand opbouend en onpartydig is – meaning: moenie my friggin’ uithaal omdat ons van opinie verskil nie, moenie my friggin’ trap omdat jy dink jy’s reg, moenie my persoonlik te na kom nie. Soos die Narciepit sê : “Praat met my”, “Vertel vir my” – moenie emosioneel raak nie (soos ek:mrgreen: ) en gee my kans vir die ‘insink’.
    Toleransie is ‘n vreeslik persoonlike ding – it means that most of the time I need to ‘know’ in order to understand – either about the subject or about the person. Ek het vir 30 jaar ‘n hegte vriendskap gehad met gays. Daardie 2 gays en hulle gay vriende was my verwysingsraamwerk m.b.t gays. As dit nie vir hulle was nie, was ek dalk tien-teen-een óf anti-gay óf impartial oor die onderwerp. Ek lig nie eens ‘n wenkbrou as iemand sê hulle is gay nie (eintlik voel ek sterk daaroor dat hulle my nie eens hoef te sê nie, want sien, it doesn’t matter to me).
    At second thought – ek was (is) geskei. ‘n paar keer. Dit plaas my (dalk minder so, but still) ook in ‘n ‘box of sorts’. Dit maak ander girls bang dat hierdie pop mans soos onderklere ruil. Na elke egskeiding het ek talle (female) friendships verloor – oor notions, veralgemening, assumptions😕
    Wanneer ek erken dat ek sus en soveel keer geskei is, heng, wanneer ek vertel dat ek geskei is (nevermind hoeveel keer) – is ek telkemale al meer soos ‘n melaatse behandel. Ek het geleer om total vrede met myself en my omstandighede te hê. Ek is ongelukkig nie iemand wat kan sê : “Fnok hulle”. Ek gee om. Ek kry seer. Vir oningeligte opinies. Maar ek weet ook – ek het al vinger gewys en veralgemeen en dalk (onwetend en oningelig) seergemaak. We all do that at some point, when we sit in the dark and make assumptions based on ignorance.

    Then again, I’ve made friends with people who have never known a divorcee personally. Never befriended one. Always had opinions on them. Now they know me. And I’m less of a threat to anyone or another relationship than many a single or married woman and suddenly other divorcees seem much more acceptable and certainly aren’t something to be avoided at all cost – see, because their reference (in this case I) sheds some light on previous ‘dark matter’.
    Christene het hierdie sêding waarmee hulle mekaar en ander soms graag bash: “You might be the only Bible someone may read today” – en dan proceed hulle om teksversies rond te stuur en mooi praatjies te praat en halo ommie kop suutjies-poep doen-niemand-skade asof op wolke rond te loop en als en almal wat nog asemhaal te wil bekeer. En ons almal weet dis nie wat die beteken nie.
    Ek wil dit graag so stel: “You may be the only Gay someone may get to know today”. Conduct yourself in such a matter that it doesn’t make their darkness even darker and their fear even greater. Even if they meet you but once in passing – it may change their whole outlook or opinion about a previously unknown territory. They may become your greatest supporter – even if only for your right to just be you.
    Only the foolish and the dead never change their opinions. I’ve learnt that i’m neither a fool😕 nor dead:mrgreen:

  3. Sterna

    Hier in SA: Hoor en luister ons vir mekaar? Oor die algemeen NEE. Dis my eie persoonlike ondervinding en ontdekking dat ons as Afrikaners veral, vreeslik teregwysend en full of our own ideas and opinions is. Sonder dat ons hande uitstrek. Wys vinger alte maklik en dan vergeet ons in daardie proses dat drie terugwys na onsself.
    Waaroor gaan diversiteit? En wat is die norm? Alles wat buite “my eie” verwysingsraamwerk val is nie vir “my” die norm nie.

    Dan moet mens sekerlik die moeite doen om meer te leer. Maar dit gaan vir almal, nie net net een spesifieke groep mense nie.

  4. LxDing

    My daaaaner. Die twee goeie goed uit hierdie gesprek tot dusver: Ding voel na die lees van hierdie so dom dat Ding nie meer worrie oor die dannerse swembadpomp wat Ding nie verstaan nie; Ding se gedagtes was so besig om te probeer verstaan wat almal hier sê dat Ding vanself sommer sy pyp wat soek was, gevind het – sonder soek.

    Ding voel ‘n vlieënde vliegmasjien oor diversiteit of wat anders ookal – fensie woorde vir doodgewone verskille in menslike dinamika. Mense sal altyd rede vind om van mekaar te verskil en waar daar nie meer klippe is om mekaar mee te gooi nie, sal ons met leë hande gooi, maar stenig, sal ons mekaar stenig.

    Wie wil weet, kan vra en Ding sal sê as Ding so voel. As Ding wil weet, sal Ding vra, maar meeste van die tyd wil Ding niks meer weet nie en nog minder vra of antwoord. Ding het lankal vrede gemaak: 1. die uitsondering vorm die reël; 2. ten einde ‘n sirkus te hê, moet daar sirkusdiere ook wees. Om sirkusdier te wees, het sy voordeel – toeskouers mag nie in die sirkusring poef nie.

  5. Plasie: jy is altyd welkom hier (en nee ek het my nie gewip vir jou nie, glad nie). van jou lewe, waarvan ek ookal ‘n bietjie gelees het van wosonki se dae, dink ek, het ek al baie by jou geleer.
    Ek is so bly dat jy hier kommentaar kom lewer het, maar eintlik is dit nie mense soos jy van my misverstaan nie. Ek glo dat jy veel weet van luister na ander mense, jy stel jouself baie oop vir ander idees – ek lees ook mos die blogs.
    Jy se dit self: diep binne jou weet jy wat die regte ding is.

    Sommig woorde het negatiewe, vernederende konnotasies gekry, wat kwetsend geraak het: moffie is een van hulle.

    BB: ek weet van jou wonderlike vriendskap met die twee gay mans.
    Inderdaad besef ek ook dat mense geskeide vroue erg veroordeel en beoordeel, beide mans en vroue doen dit.
    Dankie vir jou bydrae, soos altyd.

    LXDing, jy het nou so ver bo my kop gepraat ek voel soos ‘n sirkusaap. Maar moenie worry nie, eintlik sit ek glad nie met ‘n klip in my hard nie, al dink mense so.

    Sterna: Jy maak baie besliste punte en ek stem saam.

  6. LxDing

    Frankie, Ouding hou maar net daarvan om Dingself ‘n blir op te sit wat Ding laat glo as dit nie was dat daar swartmense ook was nie, sou apartheid nooit die reël kon wees nie; as daar nie gay peoples was nie, sou straight as norm nooit ‘n issue wees nie, ja. In Ding se lewe: as daar dooie mense was wat kon asemhaal, sou dit ‘n issue raak om asem te kon haal of nie; as daar nie ander skelname was nie, sou dit nie ‘n issue wees as een kind ‘n ander “Boer” noem nie.

    Nevermind, Ding praat die grootste klomp twak, maar dis alles die donnerse swembadpomp se skuld. Dit werk nog steeds nie. En dit is warm genoeg om te swem. En die water is blou genoeg om te swem.

    Ja, Sterna is nogal ‘n skerpskutter. En Ding is GLAD nie subjektief in daai opmerking nie😉

  7. BB

    Los die pomp Ding en SPRING diepkant in, magtig!! Chloor isse great hair bleach en die haartjies bietjie ligter sal daai hemelblou sielskykers supercool laat skitter! Boonop hoor ek liggroen oppie punte is juis deesdae nogal highly fashionable!:mrgreen:

  8. LXDing, nee ek glo glad nie jy praat twak nie, maar jy kan so filosofies raak daar op jou stoep dat jy vir my verloor.

  9. Miskien moes ek maar eerder eers hier gelees het voor my comment daar anderkant…. die mensdom is nog baie vêr van iemand anders as net mens sien. Verdraagsaamheid is ‘n groot woord met baie verantwoordelikheid daaraan gekoppel.

  10. LxDing

    Beeps, van wanner af het ‘n bad in die Groot Niks ‘n diep kant? Hoe sal Ding weet van diepkant; om van spring nie eers te praat nie! Die voorlaaste keer dat Ding gespring het, het Ding homself so misgis met hoogte en diepte lat Ding gereken het hy hou nooit op met val nie – toe doen Ding dit ‘n tweedekeer net om seker te maak. Nee fok, na daai sprong verlede jaar by die Orlando Towers spring Ding nie eers van die randsteen af op die teerpad op nie. Die laaste sprong wat Ding geneem het, is egter onbeskryflik aangenaam … behalwe vir die dannerse swembadpomp (wat nog STEEDS nie werk nie!)

    Dankie *bloos* maak jy Ouding weer lekker skaam oor die ou bloues… Beeps, Ding se hare issie kleurbaar nie. Het dit eenkeer te veel probeer en moes wegkruip vir alle katte en donkies en hase en konyne – kanariegeel en worteloranje was die resultaat. Telkens. Nee, Niggie, Ouding is so gemaak en so gelaat staan – desjare mos al; van die scrapmetal, onthou jy nou weer. Die dat Ding sommer die knipper op ‘n nommer 1 indruk, sien jy nou. Maar dis warm genoeg in Suidland om sommer in enige water te dryf, moet Ding bieg … as die dannerse swembadpomp net wil begin pomp! Moet Ding nou nog daai ook pomp?! Verdomp!

  11. Boernig

    Ag liewe, liewe Wilde-rosie-Rosa. Ek wens jy kan net eendag in ek en Boerseun se koppe kan kom inklim of ten minste`n gesprek hoor in hierdie huis.
    Basies kom dit daarop neer (alle geboortes van ons gedagtes) dat reg en verkeerd in die hart sit en sonde nie bestaan nie.

    Jirretog, dis so groot as jy eers weet waaroor dit gaan en dit maak mens so lig en vry.

    Dan sien mens al die dinge en die ander dinge en selfs vir Ding op `nheel ander manier…en lag en lag en lag en lag! Selfs al is daar soms `n bietjie krap en pyn ook. Mens verstaan net beter waarom dinge pyn en dan lag jy weer.

    En vooroordeel en persepsie van norms en waardes en normaal verander grootliks na, ja wel….lag!

  12. BB

    Jirder Rosie – ek is met jou op dié een: Ding praat wragtig in tale!!😯 ek’t eers gedink dis een van daai heavenly gifts wat Paul virrie Corinthians van vertel het… maar ek weetie meer nie. Ding??? Daai verdom(p)de swembadpomp – is daar ‘n Kreepy by betrokke, hê Ding?? En ‘n pyp? Wat suig?

  13. DMI: jy is en bly vir my ‘n special blogger.

    LxDing; dan is dit die vlakkant vir jou.

    Boernig: ek dink nie jy weet, dat ek weet, dat sonder nie bestaan nie…al vir jaaaare (en dat reg en verkeerd ‘n blote wete in elkeen van ons is, diep in jou hart, mits jy eerlik met jouself is, maar min mense is bereid om daai eerlikheid met hulself te ondergaan.)

    BB: ek wonder of Ding al daai advertensie op die TV gesien het waar die creepy crawlies so by die winkel se deur uitstap, miskien moet hy gaan wag voor daai winkel se deur. miskien stap ‘n nuwe pomp ook uit.🙂

  14. Special soos : Roomys teen die voorkop, of special soos spesiaal/oulik/nice ens.😆 (Sjoe so bly om te sien jy het die “l” in blogger onthou)

  15. Sterna

    Ok LxDing
    Instruksies vir die swembadpomp:
    1) Draai daai macgyvergoodiemaggats links. Dit makie pyp oop
    2) Kry tweede persoon om die geel mandjieding vol water te gooi
    3) Kry derde persoon om die gaatjie by die skimmer toe te druk mette lap
    4) Kry tweede persoon om die geel mandjieding te seël.
    5) Draai die filterding se handvatsel kloksgewys na “Bypass”
    6) Druk tweede persoon uit die pad en sit die pomp aan. Vinnig.
    7) Skree vir derde persoon om nie die lap te laat insuig nie. (Anders is die pomp genuine glorie toe :mrgreen: )
    8)
    9)

    Dankie Rosa. LxDing sal verstaan van punt 8 & 9 wat hopenlik die pomp probleme finaal sal uitsorteer.

  16. Mense, dit IS tog maar net so – vir Ding MOET dood altyd ‘n oorsaak hê, ja. En as Ding nie kan uitmaak watter een van die twee faktore, naamlik individualisme of universalisme (dis ‘n Ding-skepping want Ding is pompmoeg en Ding se Anderkant wetie wat Ding wil sê nie), ‘n groter voedingsbron vir diversiteit is nie, dan MOET daar ‘n ander rede wees as Ding se gebrek aan intellektuele vermoë – derhalwe die donnerse swembadpomp.
    Ding het mos buitendien net tyddeel op Ding se Anderkant se brein en Ding verkies dit so. Sien, dis hoekom daar netjiese stappe 1-9 vir Ding gegee word. Stappe 1-7 is net daar om by die bonus, 8-9, uit te kom😉
    Frankie, vlak- of diepkant, makie sakie: Ding HOU van die Suidland.
    Beeps, aaaaag wat, jy weet mos Ding verloor gewoonlik die plot al vroeg in die gesprek en babbel mos maar voort sonderdat enigiemand weet wat Ding kwytraak. Steur jou maar nie. Maar ja, die pomp is daai van ‘n swembad en sinkende kruipers en geel mandjies en die duiwel en sy mater weet wat nog.
    Frankie, en WAAR is daai winkels???? Rigtingaanwysings in stappe een tot sewe, asb?

  17. Ag ok foktog, Ding se Anderkant het uiteindelik vir Ding gehelp – die regte woord wat Ding ontgaan het hierbo, is kollektiwiteit. Dankie, my Hartlamliefling. Ding het jou darem maar so dieplief.

  18. Boernig

    Dis waar Rosa – om helemal eerlik met JOUSELF te wees. En demmit, dit is nie altyd die maklike uitweg nie! Wel die een wat op die lang duur meeste vrugte afwerp. Eerlikheid maak soms baie seer, maar glo my – dit maak gesond.

    Voktog, ek dink ek preek vir myself.

  19. Boernig

    Ons swem nog in `n ou sement-plaasdam…so tussen die waterskerpioene, naaldekokerlarwes en groen goeters. G`n pomp sal hieso kan help nie.

  20. DMI:🙂🙂 special soos in in oulik

    Sterna: darem baie blonds wat dit neem om een pomp om te ruil LOL

    Ding daai winkels is oppie TV!
    Stap 1; Sit TV aan
    Stap 2; kyk TV
    Stap: 3 wag vir advertensie om op te kom
    Stap 4: kyk waar dit is en gaan dan soontoe

  21. Sterna

    Aija Rosa, en Ding IS tog sooo blond:mrgreen: wanneer hy wil (maar NET wanneer hy WIL, hoor) maar ek moet bieg, daai pomp het my ook ondergekry en ek is laaankal nie meer blond-blond nie.

  22. lxding

    Ding MAG maar blond wees wanneer dit oor swembadpompe gaan … daai pomp werk dubbelskof nou en Ding het NIKS daarmee te doen gehad nie. Sien, as manman die regte vrou kies, dan hoef manman net moer te skep oor ‘n pomp en die res gebeur asof vanself. Ding glo nog steeds Ding het die slimste vrou ooit. Geen pomp hou haar onder nie😉
    Frankie, Ding vrek vir tv kyk – dankie. En nou het jy mos vir Ding lisensie gegee om onbeperk tv te kyk – niks roer vir Ding weg van daai tv af nou nie!!! Dankie man!

    Sterna, Ding is besonder blond. Is net so, hehe😳

  23. Hoe voel ek oor diversiteit en verskille? Heng, as dit interressant is sal ek seker daarin belang stel, maar verder het ek vrede daarmee.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: