Gay en dit is fine!

Ek blog nou al vir twee jaar, dan oor dit en dan oor dat. Bietjie van reise, bietjie van my ouma, bietjie van wetenskap.

Maar ek sien baie mense keer eintlik maar terug na God, seks, en spot met die politiek. Nie een van die drie is vir my juis besonders nie, maar wat ek wel weet is dat die drie baie verskillend is.

Tog kry ek soms die gevoel dat god en seks en die bybel met mekaar verwar word – of soos een of  ander stroom wat saamvloei. Eens was daar ‘n erge obsessie met die Jode en die swart mense en nou is dit wat in die slaapkamer tussen gay mense gebeur – dit is nie eintlik meer of minder as wat in ander slaapkamers gebeur nie.

Daar word gewoel, lank geskryf, ek ja veroordeel oor ander se lewens waaroor mense geen clue het nie, oor sonde, vloeke, die hel, die duiwel. En moet tog nie die euwel en gruwel van sogenaamde gay seks vergeet nie. WDF?

Soos ‘n passer in die wiskundeklas – al om een gat.

Ek kry die gevoel daar is sekere straight mense wat meer wroeg oor gay-wees as al die gay mense saam! Dis ‘n nasionale obsessiewe kompulsie.

Ou uitgediende ou redenasies, oor en oor en oor. Dit is so boring. Orals in die samelewing. Keuse, orientering, oordeel die sonde en nie die mens nie blah-blah, teksies uit die bybel.

Raai wat? Nie alle gay mense wroeg met seksualiteit, depressie, god, hulself, hulle ouers en die lewe nie. Dis nie ‘n siekte nie en dis nie “so erg” nie. Nie alle gay mense is moffierig en butch nie. Nie almal is snaaks nie. Dit is nie ‘n karikatuur in ‘n cartoon nie, jinne.

Just go get ‘n life! Just let it go. Niemand bedreig jou lewe of hoe jy lewe nie. Worry eerder oor kanker, padongelukke, kos en water, oorbevolking en maak jou kinders groot.

Ek is gay. Ek dit is net hoe ek is. Neither here nor there. Nog my hele lewe. Dit voel ook nie anders nie. Ek struggle nie.

Dit was nog nooit ‘n issue nie.  Issues is al wel baie gemaak deur ander mense, nie deur dit wat ek binne myself is nie.

Niemand het met my gelol nie, geen trane is gestort nie. Geen fokken polse is gesny nie. Almal is okay, my ma ook.

Maar my gay-wees is nie wat my as mens definieer nie, glad nie. Dit is net ‘n klein deel van wie ek is. Ek is ‘n mens en ‘n vrou. Dit is wie ek is.

Ek is wettig getroud met ‘n vrou, omdat ek wou. Ons is gelukkig.


  1. Wip

    😆 You go Rosie!!!!!!!!! 😛 En dis mos hoekom ek so lief is vir jou!!!

  2. Wat is dit met mense? Hoekom is party se behep met ander se leefstyle en doen & late?
    Charity begins at home en dis nou maar ongelukkig my sienswyse. Ek sorg vir my kinders my man en myself, finish en klaar. Ek het nie tyd om oor ander se eskapades te sit en tob nie, goeie jel, my lewe is net te kort man!

    Ek’s bly jy’s gelukkig🙂

  3. LxDing

    Frankie, jou yster! Hmmm, Ding hou maar van die begin af van jou manier van jou se se. Dit sal nie verander nie.

    Wees gelukkig ja. Ding het lank terug vir Ding se SLK-vrou geglimlag wanneer die gese het: mensig, ek is gay – nie ‘n verkragter, rokjagter, dief, moordenaar of kindermolesteerder nie; ek het seks met een vrou soos ek een vrou liefhet. Nou ja, Ding sou dieselfde kon se. Basta met die res.

    So oorbevolk soos dit is en soveel weggooikinders soos daar is, is gaywees glad nie so ‘n slegte idee nie… Enewel, Frankie, by wyse van spreke het jy ysterballs en wolkietieties – hoeveel ander kan opstaan vir wat daar te se is soos wat jy doen (dis maar wat Ding eintlik wil se). Nou ja, wees gelukkig met jou getroude lewe. Ding volg binnekort in jou spore!

  4. Sterna

    Man, ek het lankal daar by Ingrid vertel oor hoe ek die woord “Gay” interpreteer: Klink so al asof mens deur die lewe trippel en hoppel. En presies soos jy vertel: as ons maar net die beheptheid met hierdie sagte teiken kon en wil verplaas oor dinge wat werklik saakmaak.
    Rosie, Wippers het my vandag gebel en hierdie stukkie van jou gelees. Welgedaan, om die saak sommer so summier mooi reguit te stel.
    Ek dink TOG ons gaan nog daardie koffietjie of brandewyn moet doen.
    Oja, jys darem nie “on top of it all” ge-etiketeer as a volslae alkoholis nie.
    Ons mense darem…

  5. Dalk het mense so obsessie met wat in ander se slaapkamers aangaan omdat hul sekslewe boring is of glad nie bestaan nie… Die mensdom darem, met klem op dom!

  6. Hi daar, Rosie-kind! Was dit nou nie bevrydend om so reguit te sê wie jy is/nie is nie?
    Wat die Bybel aan betref—–ek dink daar is 100X meer versies wat sê dat God liefde, genade, barmhartigheid is, as versies oor gay wees.
    Ek glo in elk geval dat God meer bekommerd/geintereseerd is in jou verhouding met Hom, as jou seksuele oriëntasie.
    Nou kan jou “favourite” antie😆 nie WAG om tog te sien WIE skuil agter die skuilnaam!

  7. BB

    Wee’ jy wat irriteer my nog meer as die mense wat so anti- is?? Die mense wat so ‘oorhoops’ is – so ERG oordrewe amper of hulle met ‘n moerse groothartigheid vorendag kom wanneer hulle ellelange gesprekke voer met en oor gays oor hoe tegemoetkomend en ‘forgiving’ en ‘accommodating’ hulle dan nou is teenoor gays. Hoekom die gesprek of lang teatraal in die eerste plek? Waar hou iemand daarvan ‘score’?
    Dit maak my meer de dinder in as iemand wat sy opinie het en basta daarmee. Ek argue nie met people oor die pros die cons, die sonde of die ‘reg’ of ‘verkeerd’ daarvan nie. Netso min as wat ek argue met of oor die vrou wat by haar man bly wat haar pimpel en pers knyp of die volgende persoon se besluite in die lewe.
    MITS daar nie diere- of kindermisbruik, -mishandeling of -verwaarlosing ter sprake is nie – dan wip ek my.👿
    But ja tog – gaan tog net aan met jou eie lewe – soek jou passie, doen dit wat jy doen goed, maak jouself en ander nie in die proses seer of unhappy nie en bepaal jou tog in hemels naam by jou eie dinge. Moenie oral loop en maak of jy die mensdom ‘n guns doen deur jou goedkeuringstempel op als te plaas nie.
    Ek glo steeds dat daar net een klein treetjie tussen hetero en gay-wees is – ek glo dat vir die oorgrote meerderheid vrouens dit gladnie so ‘n farfetched realiteit is nie.
    Hmmm… ek dink ek sal tog bietjie eendag oor hierdie opinie daar by my uitbrei…

  8. Who cares?… Stupid mense… Jy is nou-al vir twee jaar net Roserasie, ek het dat al laaaaankal agter gekom en ek is nie eers die skerpste potlood in die blikkie nie, en eintlik dink ek jy het moerste baie guts om hierdie inskrywing te maak, maar eintlik maak dit nie eers saak nie. Jy is nog steeds net Roserasie. Eintlik dink ek ek moet ophou met tik want eintlik dink ek ek maak nie meer sin nie… (((((((Roserasie))))))

  9. Dit maak nie saak wat ek of enigiemand anders dink nie, maar dit maak saak wat jy dink. En as jy dink dit is fine, dan is dit.

  10. flippiefanus

    Ok al gewonder wanneer jy uiteindelik daarmee sou uitkom.😉

  11. Amen, Flippie. 😆

    Ek het dit ook vermoed, so tussen die lyne gelees, jy weet, maar nou dat ek verseker weet…is jy steeds net ou Rosa. Ek het darem nog nie die hemel sien val nie! 😉

  12. PlaasJuppie

    Jou sekslewe is jou besigheid net soos wat myne my besigheid is en net soos wat Steve en Joost en Zuma s’n hulle besigheid is.
    Die onderliggende probleem is dat ons spulletjie almal aan ons-en-hulle sindroon ly. Gister nog was dit pro porn-anti porn, vandag lyk dit my die tema is gay-straight. More seker weer blyers-ryers. En natuurlik is die ons groepie altyd reg…

    For goodness sake, ek is ‘n mens en jy is ‘n mens. Boonop woon ons in dieselfde geografiese ligging en kommunikeer in dieselfde dialek. Is dit nie al meer as genoeg rede om ten minste te probeer om oor die weg te kom nie? . . . of soek ek wors in ‘n hondehok?

  13. Nuwe sosiale netwerk by http://www.aapstert.com

    Op Aapstert kan jy jou eie profiel skep en met ander Afrikaners klets en bespreek. Jy kan ook die toeps gebruik om musiek, boeke en flieks te gradeer, skakels by te voeg, die musiek databasis te opdateer en nog vele meer. Sien jou daar!

  14. Ag Vader toggie, wat maak dit nou saak of jy gay of straight is… ek slaap mos nie saam met jou nie jong, ek lees jou skryfgoed en ek geniet dit baie so vir my bly jy steeds net Rosalind Franklin. If my straightness doesn’t bother you why should your gayness bother me?:mrgreen:

  15. Jong ja, iets wat ek nou al in die lewe geleer het, is dat party mense daarvan hou om te wroeg, te worstel en te stoei met hulle “gebrokenheid”. Dit maak hulle gelukkig.

    Party mense het maar net drama en intriges in hulle lewe nodig, al moet hulle self die issues skep.

    En die blote gedagte dat ander mense dalk heel gelukkig is met wie en wat hulle is sonder al die issues, is net too ghastly too contemplate.🙂

  16. Oe eina, die spelling!

    “to contemplate”

  17. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))🙂

  18. George, dankie. Jy het my eie gedagtes presies reg verwoord. Te hel met die mense, ons is die mense🙂 Rooskind, you rock!

  19. Mefri

    Rosskindjie, ek dink om oor iets aanhoudend te praat beteken vir my net een ding; jy wil weet waaroor dit gaan, omdat jy wil verstaan, want dit rus op die pilare van omgee. En dit sluit beslis oordeel uit.

    As jy sou bevriend raak met Kaz (Kazzie) sal sy jou vertel dat ek en sy een aand byna dwarsdeur die nag gesels het – my vrae was direk, sonder doekies omdraai. Ek het rustig geluister en versadig geword van insig en aanvaarding.

  20. LxDing

    Ouding weet nie so mooi van die verstaan nie – hoekom moet verstaan en omgee in dieselfde asemteug wees? Hoe verstaan gays straight mense se behoeftes sonder heeldag en aldag se praat en vra daaroor? Nee, iets maak vir Ouding net glad nie sin nie. Verstaan behoort nie ‘n voorvereiste vir aanvaarding te wees nie.

  21. Ek laaik, ek laaik baie!

  22. PlaasJuppie

    Heeltemal van die onderwerp af. Buurman, ek lees tussen die lyne gelukwensing is in orde.
    Seënwense en ongekende geluk in al julle dae.

  23. Mefri

    DL, wanneer ek trane in oë sien, weet ek dit spel hartseer, maar, indien ek verstaan waaroor die hartseer gaan, lei dit na insig en dit vloei voort uit omgee. Daar is in elk geval onvoorwaardelike aanvaarding. Ek het mos gesê dat ek een aand tot laatnag gesels het, en nie elke keer as ek haar gesien het nie.

    DL ek wens jou byvoorbaat geluk, mag jy en jou se annerkant baie, baie gelukkig wees, ek glo dat julle sal wees.

  24. LxDing

    Buurman, ek wil nou nie kom plak op ander bure se werf nie, maar baie, baie dankie. Jipja, nog so ‘n paar maande. Intussen is ons reeds anderkant verwagting, drome en wense geseend. Inderdaad. Jammerte julle het nie kom oe wys toe julle in die omgewing was nie, man!

    Mefrimaatjie, ja baie dankie – Ding en Ding se annerkant is besonder gelukkig ten spyte van en as gevolg van diep en bitter beproewing. Dit daar gelaat. Ouding reken in die algemeen dat Ouding ‘n broertjie dood het aan poging om te verstaan wat teen manman se grein is. Hoe verstaan ‘n mens iets waarmee jy nie kan “relate” nie? Hoe verstaan ‘n gay persoon hoe en hoekom ‘n straight persoon by iemand wil wees wie so helemal anders is as die self; terwyl eie verwysingsraamwerk dikteer dat jy wil wees by wie soos jyself lyk in die bad? Hoe kan “witmense” ooit verstaan hoe dit is om “swartmense” of “bruinmense” te wees? Ding verstaan nie dit nie en totdat Ding daai verstaan, kan Ding nie eers begin om te verstaan hoe die ander ou se kop werk nie.

  25. Mefri

    DL, ek kommunikeer hoofsaaklik met die innerlike van diegene wie ek meer as meer voor omgee en nie met hul velkleur, geslag, voorkeure ens nie. My lief-wees vir hulle en ook die meelewing van hul menswees word gelei deur daardie iets in my, wat my laat besef het; ek is deel van ‘n groter geheel *nie die geheel self nie*

    Siel en gees woon in ‘n verganklike liggaam wat ‘n brein en hart huisves, waarin ‘n mengelmoes van gesonde liefde, selfsug, eiegeregtigheid ens floreer. Sommiges ag hulself hoër as ander, maar dit is die groen (wat nog geleer moet word) en soms verrotte vrugte van ‘n onleerbaregees wat selfgesentreerd is en nie genade vir ander kan toon nie.

    Om te ken en geken te wees is die goue drade van universele warevriendskapsbande en dit is waarmee ek myself wil klee en ook myself gewilliglik sonder grense wil en kan gee.

  26. Lewies

    Hi Rosa, lees jou email jong!

  27. mmmm sit ek en dink en ek lees al julle kommentare baie dankie. maar elders op die blogs het ek al die vreeslikste dinge gelees juis oor gaymense.

    hoewel ek nie vir hare kloof nie, weet ek maar te goed dat baie, baie mense steeds fokus op die sogenaamde negatiewe seksuele kant van gay wees en nie die monograme verhoudings tussen gay mense nie. (vir my ‘n gehop van bed tot bed net so onaanvaarbaar)

    aan die ander kant moet ek beklemtoon dat ek beslis nie op my blog “uitgekom” het nie. Ek het in 1991 al uitgekom, in die openbaar voor almal, in die dae voor die grondwet. ek ken tientalle gay mense wat deur die vreeslikste verwerping in die 1970’s en 1980’s is – en vandag nog mense wat sosiale outcasts was.

    om nie eens te praat van die hel wat swart gay vrou ervaar nie. hulle word deur mans verkrag om hulle “reg te kry”.

    nog minder is dit vir my nuut en vreemd om te se dat ek gay is, almal weet ek is gay wat my ken en ek leef ‘n openlike gay lewe.

    ironies genoeg word die meerhede probleme wat gay mense ervaar, nie geskep oor die feit wat hulle sukkel om te aanvaar hulle is gay nie, maar deur verwerplike, afstootlike gedrag van heteroseksuele mense wat godsdiens eensydig gooi as verweer! gelowiges wat jong mense en hulle eie kinders se lewe hel maak, deur die verdraaiing van godsdienste.

    vreemd genoeg in wye ervaring met mediese navorsing is die seksuele lyn tussen gay (afkorting vir Good As You),straight en biseksueel baie fyn. baie mans wat in die hospitaal land met probleme in die agterstewe is nie gay nie…mmm. so ook talle professionele interaksies wat ek self in howe aangehoor het van gay prostitute is dat hulle kliente nie oorwegend nie gay is nie. So het baie vroue al seksuele ervarings met ander vroue gehad, maar beskryf hulself nie as gay nie.

    seksualiteit is baie, baie vloeibaar en om eerlik te wees, is daar min wat op die skaal net gay is of net heteroseksueel.

    gayness in ‘n erge patriargale samelewing is en bly ‘n komplekse, uiters komplekse issue.

  28. flippiefanus

    Rosa, as ek mag vra, het die rede hoekom jy oor godsdiens voel soos wat jy daaroor voel dalk enigiets te make met die manier wat homoseksuele gedrag deur die Christelike geloof veroordeel word?

  29. maxie

    Cool, Roos! Mag julle tot in die lengte van dae gelukkig wees.

  30. Andrew

    In ‘n land waar die meerderheid van die bevolking, geslag na geslag, in ‘n anti-gay spirituele groef vasgevang is, en waar humanistiese en sekulere waardes as gevolg daarvan wantrou word, is dit te verwagte dat gays vir nog ‘n rukkie langer verwerping sal verduur. As jy ‘n christen, moslem of jood is dan is ek bevrees gaywees is sonde. Om dit te ontken is ‘n mors van tyd en net ‘n poging om jouself te bullshit.

  31. Ek stem nie saam nie, Andrew.

    Of dit sonde is of nie, dis nie ‘n Christen se plek om enigiemand te veroordeel nie. Om watter rede ook al.

    En vandag is dit polities onkorrek om te se jy is ‘n Christen. Net soos dit vandag polities korrek is om te se jy is pro-gay. Hopelik sal Christenskap ook weer eendag daardie status kry.

  32. O ja. En wil jy vir my se dat alle gays nie aan God (of ‘n God) glo nie? Dis bloot nie die waarheid nie. Daar is baie gay Christene.

  33. Flippie, ja jy mag vra🙂
    Eerlikwaar nee, ek was seker 7 jaar oud toe ek my eerste “issues” met geloof gehad het. Ek was nooit regtig gelowig nie. Nee dit is def nie die kerk se gedrag wat my so laat voel nie.

    Vlam, ek stem daar is baie gay mense wat gelowig is, dit is waar. Maar ek glo nie dit is nie ‘in’ om te erken wat ‘n mens gelowig is nie. Glo my ek leef in ‘n wereld waar omtrent ALMAL wat ek raakloop anders is as ek: hulle is gelowig en straight.
    Werklik ek voel nie dat mense veroordeel word omdat hulle se hulle is gelowig nie, mense basuin dit uit en almal aanvaar dit. Ek ook regtig. Dit is fine.
    Mense soos ek vra net dat ek, en diegense soos ek, met rus gelaat word om ook te leef, want ek betaal my belasting en ek wil KFC eet in vrede.

  34. dankie maxie, ek weet ons sal wees.🙂

  35. Boernig

    Jirre…ek is vrekbang, vrekbang is ek…vir trou.

  36. MrAndrew

    Vlam, al die gays wat ek ken in my persoonlike lewe is gelowig en almal is christene behalwe vir my swaer wat ‘n new-ager is. Dis ‘n tragiese situasie as jy ‘n behoefte het om ‘n mistieke figuur te aanbid en daai figuur voel vir jou vere. Weereens beklemtoon dit die mag van indoktrinasie.

  37. Andrew

    Shit sorry vir die Mr voor my naam. Ek was netnou in gesprek met ‘n doos.

  38. BB

    Christenskap het op dees aarde NIKS met gay-wees te doen nie. Dis soos om appels en pere te vergelyk. Gay-wees kan slegs met hetero-wees of trans-wees of wat-wees ookal ‘vergelyk’ word.

  39. Rosalind, dankie vir die verduideliking oor die afkorting van GAY – het altyd gewonder.

    BB, dankie dat jy dit se. Ek wens so mense wil tog net verstaan dat Christenskap nie gaan oor gay of hetero, wit of swart, pinkster of katoliek, man of vrou kerk of nie-kerk, of al die ander honderd en tien goed wat mense altyd daarby wil aanhaak nie. Om Chirsten te wees gaan oor net een ding: ‘n Persoonlike verhouding met Jesus met die klem op persoonlik!

  40. LxDing

    Tot ‘n beperkte mate wil Ouding respekvol verskil van die mening dat Christenskap en seksuele oriëntasie nie-verbandhoudend is. Ideaal sou inderdaad wees dat dit uitsluitlik vergelykbaar sou wees met die tipes seksuele oriëntasie. De facto is die situasie egter anders. Indien dit nie-verbandhoudend is, hoe is dit dan dat die NG-Kerk en die se susterskerke (byvoorbeeld) ‘n amptelike beleid daaroor het? Neeeeeeewat, Ouding trek die hoed net nog dieper en stop die pyp stywer…
    Gay mense bly maar God se stiefkinders en straight mense sal nog vir ‘n rukkie en langer die Benjamin-kinders bly. Finis.

  41. LxDing, miskien moet ek ‘n bietjie verduidelik. My siening van Christen wees het oor ‘n lang en baie klipperige pad gegroei en my ervaring van Christen wees het niks, maar niks, te doen met die siening van “kerke” nie. Ek weet die formele kerk wil graag vir ons almal voorskryf wat reg en verkeerd is en wat vir God aanvaarbaar is en wat nie, maar ek het lankal geleer dat dit ook maar net mense is (maak nie saak hoe geleerd, want hulle leer ook maar net wat ander mense voor hulle geleer het) wat hulle interpretasie van die Bybel op ons wil afdwing. God, Sy liefde en Sy genade is groter as wat enigeen van ons kan besef, ek dink nogal nie dat mense kan besluit wie God se stief- of Benjamin kinders is nie… net Hy weet en so is ons terug by daardie persoonlike verhouding. Ek hoop nie jy gee om dat ek so aandring op hierdie punt nie, maar toe ek begin besef het dat ek my nie hoef te steur aan die oordeel en voorskrifte van mense nie, het dit so ‘n positiewe en “liberating” verandering in my eie lewe gebring dat ek graag sal wil sien dat almal dit moet ervaar.

  42. Ek is obviously ‘n Roseanne Barr fan. Ek hou van wat sy hier se:
    http://www.roseanneworld.com/blog/2010/03/marie_osmonds_poor_gay_son_kil.php

    Dis net, ek sien nie hierdie gay-bashing juis by ons nie. Nie in die blogs nie, en ook nie by die mense wat ek ken nie.
    Hou nou?
    Wens ons nie soms mense moet op ‘n sekere manier wees dat ons hulle kan afskiet nie?

  43. Ek sien geen punt daarin om die “issue” op die tafel te gooi nie. Dit gaan oor jouself. Kop omhoog en fok die res. As jy fine is met jou besluite wat jy in jou lewe maak, is dit mos so. Wie gee elk geval om wat ander dink of sê?

  44. LxDing

    Hmmm… gesprekvoer is aangenaam en stimulerend. Dankie. Neewat, Ding het mos darem al baie sonne gelede by daai nommer uitgekom dat Ding sy pad loop soos Ding hom loop – skeef en krom maar wat de hel. So, Ding praat maar bitterselde vir, namens en/of oor Dingself en wat in Ding se hartkamers aangaan. Christenskap of geloof is vir Ding inderdaad ook ‘n persoonlike ervaring – derhalwe stem Ding volmondig saam. Ding voel egter genope om tog die spotlight te draai op amptelike sieninge. Dit is juis daardie amptelike sieninge wat telkens soveel versteuring in harmonie help veroorsaak. Hoe nou gemaak as manman vuriglik staan en val by manman se kerk en die kerk se siening is strydig met wat in jou kombuis aangaan, waar jou gesin se mense hulle voete onder jou tafel kom kruis? Ons het maar seker elkeen ons kruis om te dra en ons Jabbok om by te stry. Dan bly die harmonie-gom maar om te sien lewe en te laat lewe, ja.

  45. Die kerk het sienings oor baie dinge. Soos saambly. Sonde volgens die kerk. Hoeveel steur hulle nou juis baie daaraan? Ek was ‘n saamblyer en ek is rerig nou nie juis emosioneel geknak omdat die kerk gedink het ek is sondig nie. Ek het geweet wat ek weet, en dit was genoeg.

  46. Ek was ook hier. Om te kom se ek het nie vandag ‘n opinie nie. Dis te fokken warm op Stellenbosch. Vir dae aaneen al. Sodra dit afkoel, sal ek weer kan opinies vorm.

    Tot dan sal ek maar net aanmeld as teenwoordig.

  47. Ekskuus Rosalind dat ek nou sommer jou blog so kaap, maar ek kry nou so half lag vir my en Ding. Ons is nou soos die Matroos en sy oudste broer wat vir ure lank kan stry oor iets wat hulle eintlik oor saamstem, en dan giggel ek en my skoonsus so lekker in die mou oor die twee.

  48. Skeel my min, Rosa. Ek hou van jou as mens, net soos wat jy
    is.😉

  49. Seksuele keuses is persoonlik – as jy gelukkig is met jouself en jou keuse dan is dit ander mense se plig om jou met rus te laat en jou toe te laat om jou KFC in vrede te geniet🙂

  50. MrAndrew

    Amen Roseanne Barr, amen.

  51. BB

    KFC is hoogs ongesond!😯 Veral virrie hoennerkies!:mrgreen:

  52. Wel ek wil net ietse se, Charms en dalk het jy dit nie so bedoel nie. Seksuele orientasie is nie ‘n keuse nie. Mens kies nie jou orientasie nie.

    ‘n Seksuele keuse is byvoorbeeld: moet hoeveel mense ek gaan slaap, waar en wanneer. Dit is ‘n keuse.

    Soos of ek daai KFC gaan eet of nie.

  53. Nie so bedoel nie, skies.

  54. 🙂 vir boernig ek was ook bang vir trou, die dat ek so lank gewag het.

    BB: daar praat jy nou ‘n waar-ding, dankie baie. (jy is seker reg oor die KFC ook🙂 dit is as ons dit dieselfde verstaan.

    Ekisanna: plesier, ek is teen etikette, maar om dinge in kompartemente te plaas het tog sin. mens kan nie altyd alles vervleg nie.

    Lxding: Ek weet wat jy bedoel en ek stem met jou saam. As ek se dat christinskap en seksuele orientasie niks met mekaar te doen het nie, dan beteken dit vir my – die een veroorsaak nie die ander nie, net soos jy moet straight wees om ‘n chirsten te kan wees nie.
    Ek dink die feit dat kerke hoegenaamd ‘n beleid het daaroor is belanglik, plaas hulle begin werk daaraan om te kyk na kinders, armoede, sosio-ekonomie en dies meer. What a waste of energy and money. Alle kerke.
    Voor 1900 – is alle “weeskinders en weduwees” versorg deur die kerk, is nie meer so nie, die staat doen dit.
    Dit is presies wat jesus ook gepredik het.

    Eelt: ek het al lelike goed oor gay mense op van die blogs gelees.

    DMI: “Ek sien geen punt daarin om die “issue” op die tafel te gooi nie. Dit gaan oor jouself. Kop omhoog en fok die res. As jy fine is met jou besluite wat jy in jou lewe maak, is dit mos so. Wie gee elk geval om wat ander dink of sê?”
    — Ek lees gedurig die afgelope 2 jaar op blogs onaangename dinge oor gay mense, veral as godsdiens bygetrek word. Ek dink as wie en wat jy is, gedurig so aangeval word sou jy ook op ‘n punt jou kant van die saak gestel het, al was jy okay daarmee.
    —Gee om wat ander se? Dit is makliker gese as gedaan as jy in ‘n wereld leef waar jy nie jou eie vrou se hand in die openbaar kan vashou sonder om vieslike aanmerkings te hoor nie. Ek het nogal gedink jy sou dieper begrip gehad het vir my motivering DMI oor die “issue op die tafel”

    Skoor; jy kan darem aansit, ek was die naweek en gister in stellenbosch en dit is regtig nie so erg nie…ai

    Vlam: is waar. ek is darem nie geknak nie.

    Dellie🙂🙂

  55. Alles reg dankie.🙂 charms

  56. Ja Frankie, as jy van aircon na aircon beweeg en kan teruggaan Kaap toe, is dit nie so erg nie, jy weet wat jy praat daarso😆

    As jy egter hier woon, en NET hier is, en nie in aircon beweeg nie, en jy moet heeldag in 40grade operate, en snags in ‘n toe huis slaap omdat die fokkers sal inkom as alles oop staan, maw jy bring die nag deur in ‘n 30+ grade huis, en as jy soggens opstaan, is dit reeds 31grade, dan my vriendin, begin dit aan jou sielselle knaag, veral na so ‘n paar sulke dae. En hoe lank het ons dit nou moes uithou?
    😯

    Vandag is koeler. Dankie tog. Maar ek het steeds nie ‘n opinie nie. Seker maar omdat dit elke ou se eie keuse is. En ander mense se goedkeuring/afkeuring/pat on the back FOKOL te doen het met enigiets of enigiemand nie.

    Ek sou eerder dink jy sal ‘n inskrywing maak oor Koning Jub-Jub Vrot Tottie se onvermoe om volwasse en beskaafd op te tree? Daais nou vir jou ‘n khaak affere!

  57. my fok skoor, wie wil nou ‘n pat (of patty dis sy wyfie) op die back he :)? soos in regtig nie ek nie.

    nee koop nou met jou volgende bonus vir jou aircon – en nie scuba-gear nie. is nogals nice mens kan lekker le op die bed so met die koue lug en die “colonial gevoel” kry.

  58. Ek protesteer ten sterkste teen die “dit is nie so erg nie”. Ek was Sondag amper dood.

    Regtig.

  59. Boernig

    Eh eh! Rosa, hoe lank is lank? Hoe lank is lank genoeg?
    Na 20 jaar kyk ons mekaar so snaaks aan as iemand vra waarom trou ons nie maar nie? Dan skud ons ma net die koppies uh uh uh, en lag so bietjie. Perdekoop is beter.

  60. George….binne myself “is dit nie so erg nie”…maar daar buite, ja, daar is dit ‘n ander saak.

    Boernig: laat ek jou een ding se, perdekoop is goedkoper!

  61. LxDing

    Hmmmm… jaaaa Nig *sug*
    Perdekoop is goedkoper.
    Wel ja, trou is mos ring om die hart; nie vinger nie.
    Ding het nogal met ‘n breë, tevrede glimlag agtergekom dat liefgenoeg nooit versadigingspunt bereik nie. Jipja, daai ene.

  62. Ai Rosatjie, net jy sal weet hoekom jy dit oppie tafel wou gooi (en het maar net my meningtjie bygepp). Ek het nog altyd gedink jy is die laaste persoon wat issues sal hê met wat ander dink, maar miskien is daar dinge wat ons nie van weet nie, of nie verstaan nie. Wat ookal, jy bly cool!

  63. Boernig

    Boerseun is dan seker my Boerperd?
    Ding – van liefgenoeg en die spons daarvan? Eh!

  64. DMI: ek dink ek het dalk my blog doodgemaak daarmee maar dit is ook okay met my, alles gaan tog dood een of ander tyd.
    Ek het nie issues met wat ander mense van my dink nie, jy is reg. maar na jare en jare se opinies lees, wat ek weet is nie “reg” nie. toe het ek net een dag oorgeborrel – jammer as ek jou teleurgestel het in wie rosalind is.
    ja mens kan seker nie ‘n lewe in ‘n blog oorvertel nie, miskien wil ‘n mens nie.

  65. Rosalind, kan hierdie ou tannie bietjie met jou raas. Jy het nie vir jouself of jou blog enigsins kwaad aangedoen deur te se jy is gay nie. Jy skryf pragtig en ek geniet altyd jou posts en as daar dalk mense is wat nou anders oor jou dink, vergeet hulle… hulle is nie belangrik nie. Jy is steeds net jy en ek vir een sien jou glad nie anders as voorheen nie en ek sal aanhou terugkom om jou en jou blog te geniet. Wees trots op wie jy is en vergeet van die res. “Those who mind, don’t matter, and those who matter, don’t mind”… en basta!

  66. Nah, ek dink nie dit het jou blog doodgemaak nie. WordPress is deesdae oor die algemeen gevrek. Hoe kan mens weer lewe daarin blaas? 🙄

    Wat my verveel, is hoe almal altyd met almal saamstem. Waar is die dae toe die hare gewaai het oor sekere issues? Nou hou almal net mond en bewaar die vrede. (Ok, nou klink dit of ek net ‘n gefight wil he, maar dis nie dit nie!)

    Of praat ek nou totale bollie? 😆

  67. Ek stem saam met jou Vlam…doe blogwereld is deesdae maar gevrek! Ek mis hoe dit was aan die begin…

  68. flippiefanus

    Jy’s reg Vlam. Ek was een van die voorste bakleiers (wel nie lelik baklei nie — net lekker redeneer) maar desedae wil mense nie meer met my redeneer nie (behalwe miskien nog Andrew).

    Rosa, ek kan nie verstaan hoe jy kan dink dat jy dalk jou “blog doodgemaak” het nie. In my verwysingsraamwerk is 68 kommentare nogal baie. En dis nie net 2 of 3 mense wat die heletyd met mekaar chit-chat nie. So waar kom jy daaraan?

  69. Ding

    Frankie, praat jy nou van hierdie inskrywing van jou? Ding onthou dit HELEMAL anders – jy het lank-lank terug mos al daai laat blyk, onthou jy nie meer nie, huh? Ding hou sterk baie van jou inskrywings. Die Afrikaanse Blogwêreld het vir Ding besonderse herinneringe – Ding het ‘n lelike mistasting met die holistiese idee gehad, hehe. Maar jou blog is een van die enkeles wat Ding nog by Magnus pyp in die hand laat stilsit. Dankie daarvoor.

  70. ok ek gee oor julle wen! Die blog gaan nog lewe yay

  71. ja ek wil ook redeneer vlam kies vir ons n topic uit🙂

  72. Die vorige kommentaar was van my selfoon af en DIT is nou bollie, jinne nee dit werk nie. Wat ‘n duur geskukkel.

    Dankie Anna.

    Vlam: jy praat nie bollie nie miskien moet ons weer stir! kom kaalvoete.

    Flippie, ek hoor wat jy se maar na die gay-inskrywing was dinge maar flou.

    Ding: ek dink nie almal het lank gelede se blyk gevang nie, ‘n paar het maar nie almal nie. anyway plesier ding

    ek glo julle, en dankie, dankie vir JULLE.

  73. Rosalind, ek is bly Ding het nou na lank terug verwys, want ek het gewonder of ek myself verbeel het en of ek mal raak, want volgens my was dit nog altyd so. Ek dink iemand het nog in die kommentaar gevra of hulle dan nou reg lees.🙂

    En o ja, ek is lus vir ‘n fight. Maar laat dit net iets wees waar ek lekker kan verskil!😆

  74. Boernig

    Ja, varktog, laat ons verskil.

    Al issit nette bietjie. Vat nou maar my mening, ne? Wierrevark gee om? En ek glo nou mighty high daso bistaan so iets soos reiinkarnasie. Slat my vrek as jy verskil, ek ganie care nie…hoe sallit lyk? Soos dibbilstaandaarde…ek gat in elk geval terugkom. Al is dit net om in my volgende lewe `n skatryk, gay te wees. En ek bedoel dit regtag! Ek`t hoeka al vir Boerseun gese:” in my volgende lewe wil ek `n lesbeen wees. (Sorry, ma hy verstaan nie die woord gay nie – te dem platvoers!)

    Rosa-wilderosie, as hierrie blog van jou dood was, terwyl ek nie gekyk het nie, is dit nou weer springlewendag. Jy sien? Sien is glo!

  75. Ding

    Ja, Boernig, en voel is wragtag. So, jy glo in meer as een rondte? Goed. Nou hoekom sal manman meer as een rondte nodig hê, reken jy? En Boernig, reken jy siele het ‘n geslag, soos manlik of vroulik, of is dit net liggaamlik? En Boerniggie, dink jy daar is ooreenkomste tussen die verskillende rondtes van een siel, huh? En is manman veronderstel om iewers te weet wat manman nou EINTLIK bedoel is om in elke rondte te kom doen? Ja, dis nou nogal nie naastenby ‘n verskil in argument nie, maar net ‘n klomp vrae, maar gesels tog nou dat Ding ‘n slag kan luister, toe tog!

  76. Al wat werklik mens se blog doodmaak is as jy, soos ek, vir te lank stokkies gedraai het…Ek sukkel om die stof daar uitgevee te kry😉

  77. Andrew

    Ek lees vandag van ‘n gay man wat aangeval verkrag en vir dood gelaat is deur ‘n groep mans in Virginia. Een van die aanvallers het ‘n tattoo van ‘n kruis op sy pols gehad. As dit nou ‘n rooi hoofletter A was, die simbool vir ateisme, dan het die kak nou gespat in elke koerant, televisie, kerk, papyrus-krul en klip-tablet suid van die ewenaar.

  78. Ai tog Andrew, en nou spat dit net op Rosalind se blog!:mrgreen: Dink nou net, as jy nou die storie op jou eie blog beskryf het, kon jy baie meer inligting gegee het en baie meer mense daarmee bereik het. Wil jy nie asseblief ‘n blog begin sodat ons meer van jou sienings en standpunte onder oe kan kry nie. Ek vir een sal gereeld daar lees, want glo dit of nie, ten spyte van ons verskille in geloof, is jy vir my ‘n baie interressante mens en ek sal graag meer oor en van jou wil lees. Miskien het jy reeds ‘n blog en weet ek net nie van hom nie, lig dan tog bietjie in. Groetnis.

  79. PlaasJuppie

    Ek dink nogal eerder riskante of kontroversiele inskrywings is al wat die handvol woordstoot survivors aan die gang hou. hey daar is ‘n idee vir blog survivor . . . .outwrite, outcomment, outlast.
    Ek dink dit was Vlam wat so tydjie gelede ‘n voorspelling gemaak het dat die “ou” wordpress maatjies dalk uitgekuier geraak het met mekaar.
    In hindsight was sy dalk reg. Hier was so min mense oor dat al die bakleie dalk al klaar baklei is in dat almal mekaar so goed “geken” het dat jy op ‘n myl kon sien wie rant en rave net en wie soek moeilikheid en dit dan doodeenvoudig maar net gesystap het.
    Dis nogal jammer, dit was lekker tye.

  80. Andrew

    Gee kaans Plasie, ek gaan nou met een veeg kak soek met die hele Afrikaner nasie.

    Ekisanna, vir die hele storie lees hier:
    http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/4988dccdc69c4379ad62b59f43c6fd63/19-03-2010-10-19/Man_traumatised_after_gang-rape

    Ek het probeer om vir jou die Afrikaans link te kry maar dit lyk my Nuus24 se Afrikaner lesers is nog in gay denial met hulle koppe ‘n meter diep in die sand versteek.

    Hier is ‘n paar aanhalings van Aubrey Theron, Professor in die Kriminologie Departement by die Universiteit van Pretoria.

    ” … these crimes are either ignored or reported in such a way that the victims are portrayed as if they were the perpetrators, or the impression is created that the offenses committed against gays are not as serious as the other offenses occurring in society. The following two headings that appeared in Afrikaans newspapers illustrates the above: “Man wou seks hê, toe steek hy hom nege keer” (Rapport) (Van Heerden, 1992:9) and “Dinge in die bad” (Transvaler) (Botes, 1992:6).”

    “… it appears that no other minority group is more exposed to hate crimes than gays.”

    “ … research has shown that lesbians are more victimised twice as often as heterosexual women, while the chance of a gay man being victimised is four times that of a heterosexual man.”

    http://www.csvr.org.za/index.php?option=com_content&task=view&id=574

    Wat my eie blog betref dit klink na te veel werk, besides, die internet polisie sal my fingers breek.🙂

  81. Boernig

    D = Ja, Boernig, en voel is wragtag.
    B = Dit is, net vandag ooremosioneel gewees en baie gehuil. Vir niks.
    D = Nou hoekom sal manman meer as een rondte nodig hê, reken jy?
    B = As manman mooi dink, is tyd eintlik niks, maar 100 jaar ook gans te min! Kennis strek oneindig en in honderd rondtes gaan manman nog net `n ysbergpunt gebreek het.
    D = reken jy siele het ‘n geslag, soos manlik of vroulik, of is dit net liggaamlik?
    B = Ek reken nie gewoonlik nie, dis maar net my persepsie, ne? Dat dit net liggaamlik is. Siele is liefde, glo ek en geslagloos.
    D = dink jy daar is ooreenkomste tussen die verskillende rondtes van een siel, huh?
    B = dink daar mag ooreenkomste wees, maar ek glo dat mens meer terugkom om elke aspek te kom ken.
    D = En is manman veronderstel om iewers te weet wat manman nou EINTLIK bedoel is om in elke rondte te kom doen?
    B = Ek glo nie die reel vir manman is om veronderstel is om te weet nie, maar ek glo daar is maniere om dinge te kan onthou as jy baie graag sou wou weet.
    D = Ja, dis nou nogal nie naastenby ‘n verskil in argument nie, maar net ‘n klomp vrae, maar gesels tog nou dat Ding ‘n slag kan luister, toe tog!
    B = Ding, jy`s dem gelukkig om te kan luister. Ek hoor nie, daarom luister ek nie. Soms lees ek en ek probeer inneem.

  82. oe lekker my tone krul van alles wat jul se maar ek sit al weer op die lughawe en kan nie lekker gelees kry op die posseel van die selfoon sien jul later

  83. Andrew

    Ekisanna, my komentaar aan jou sit vas in die moderation tronk. Lyk my hierdie keer het ek die ding se top geblaas.

    Rosa kan jy my met jou selfoon uitvis asseblief?

  84. Johan: is jy nie trots op my dat ek kan internet op my selfoon nie? al kan ek niks gesien kry nie?

    Andrew: nee, ek kan nie te veel gevra. ek is terug op die PC!! PC rocks!!!! maar ek sien jou nie in moderation nie.
    ja imagine daai, goeie punt wat jy maak.

    Boernig: reinkarnasie. lekker een. my een vraag daaroor is: as daar so iets is, hoekom het jy nie ‘n bewustheid van die vorige lewe nie? hoe kan jy foute regmaak van die verlede as jy nie weet wat dit was nie?
    ek sal wil terugkom as: ‘n aantreklike, skatryk, slim, straight man. ek dink daai is ‘n lekker lewe.

    Plasie: revive die survivors!

    Boernig: ek glo mos nie ‘n mens het ‘n siel nie, net ‘n brein, so ja…..mmm.

  85. Ding

    Dagsê Boerniggie. Gits man! Gesels Ding darem nou so smaaklik met jou! Kierts! Dankie vir jou moeite om te vertel. Neewat, Ding luister maar graagter – minder moeite as om te praat en te verduidelik en Ding is van nature mos ‘n vreeslike lui bliksem, onthou jy nou weer.
    Oor die weet of nie weet en die onthou of nie onthou nie: Ding is minder gehinder oor dit wat reeds gebeur het, Boernig. Ding wil weet of manman kan weet wat manman veronderstel is om nou in hierdie rondte hierdie keer te leer. Sien, Ding glo manman se siel sit saam met die ander siele en Ding se Skepper by die huis en besin en besluit wat Ding in elke rondte moet kom leer. Dan kies manman in oorleg met die Skepper en die ander siele manman se ouers en ander sleutelpersone en dan kom manman en kom lewe hierso. En wanneer die rondte verby is, dan gaan manman se siel terug huis toe en dan is daar nabetragting en so aan. Nou ja, met die dat Ding nou so reken, reken Ding dat hy mos nou reeds beplanning gedoen het en Ding skat dit gaan mos nou net baie minder moeite wees as manman kan weet waar sy bloudruk is en dit beloer, sien jy nou. Enewel, Ding het nou weer genoeg gegorrel. Ding se kop raas mos maar gereeld.

    Boernig, Ding hou van jou persepsie oor siele. Ding vind besondere aanklank daarby. Jy mag maar reken in Ding se boeke. Ding het die ander dinge wat jy hier gesê het, gehoor en ingeneem. Dankie daarvoor.

    Dankie vir die gesprekforum, Frankie!

  86. Andrew

    Ekisanna, ek pos gou weer my komentaar aan jou, hierdie keer in twee dele. Ek dink die links het die ding in moderation laat beland.

    Hier is die hele storie van die verkragting:
    http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/4988dccdc69c4379ad62b59f43c6fd63/19-03-2010-10-19/Man_traumatised_after_gang-rape

    Ek het probeer om vir jou die Afrikaans link te kry maar dit lyk my Nuus24 se Afrikaner lesers is nog in gay denial met hulle koppe ‘n meter diep in die sand gesteek.

  87. Andrew

    Ekisanna,

    Hier is ‘n paar aanhalings van Aubrey Theron, Professor in die Kriminologie Departement by die Universiteit van Pretoria.

    ” … these crimes are either ignored or reported in such a way that the victims are portrayed as if they were the perpetrators, or the impression is created that the offenses committed against gays are not as serious as the other offenses occurring in society. The following two headings that appeared in Afrikaans newspapers illustrates the above: “Man wou seks hê, toe steek hy hom nege keer” (Rapport) (Van Heerden, 1992:9) and “Dinge in die bad” (Transvaler) (Botes, 1992:6).”

    “… it appears that no other minority group is more exposed to hate crimes than gays.”

    “ … research has shown that lesbians are more victimised twice as often as heterosexual women, while the chance of a gay man being victimised is four times that of a heterosexual man.”

    http://www.csvr.org.za/index.php?option=com_content&task=view&id=574

    Wat my eie blog betref, ek is ‘n freelance komentator, niemand kan my afpers deur my blog te boikot agv my opinies nie, besides, dit klink na te veel werk, ek is nog luier as Ding.🙂

  88. Andrew, dankie vir die kommentaar en die link. Ek is bewus van die vervolging van gays en lesbians en kan onomwonde se dat ek dink dat dit afskuwelik is. “….kruis op sy pols gehad. As dit nou ‘n rooi hoofletter A was,….” is eintlik wat my aanleiding gegee het om kommentaar te lewer. Ek weet dat die kruis die simbool vir Christenskap is, maar ongelukkig word dit misbruik vir allerhande ander dinge ook. Ek kan jou verseker, sou die persoon wat die daad gepleeg het homself as ‘n Christen voorgedoen het deur die tatoo op sy arm, hy sou gelieg het. ‘n Christen, soos in Kind van God wat in verhouding met Jesus leef en toelaat dat die Heilige Gees hom lei in sy denke en handelinge, nie so iets sou doen nie. Ongelukkig is dit so dat “Christene” a Dime a Dozen geword het in vandag se lewe. Dit is egter ‘n verwronge prentjie van wat dit werklkik is om ‘n Christen te wees.

    Red Bull werk nogal goed vir luiheid… komaan man, begin ‘n Blog!:mrgreen:

  89. die gesprek is so wonderlik opbouend en volwasse ek se dankie. Ek weet dat veral swart gay vroue sg corrective rape ondergaan erg so. Hul word deur groepe mans verkrag om hul ‘reg te kry’. Dit gebeur elke dag in ons townships.

  90. verlede jaar was daar in By n 4 bladsy artikel oor korrektiewe verkragting deur willemien brummer ek het so fantastiese skrywe nog nie in die engelse media gesien nie.

  91. Boernig

    Hallo Ding – glo my, ek`t eers eenhele dag gaan probeer dink, maar dit het net seergemaak. Ek kan nie lekker dink nie en het net gedagtes wat soms rondfladder soos `n bont skoenlapper…dis mooi op die oog af, maar dit le ook eiers wat wurms bring. Nou, ne wil Ding wil weet of manman kan weet wat manman veronderstel is om nou in hierdie rondte hierdie keer te leer.

    Boernig glo vas jy kan dit bepaal, ja. Dit is egter nie maklik en sonder pyn vir almal nie, want ek glo manman moet eers ontslae raak van alle vrees vir vrees, dan kan manman weet dat manman moet leer wat daar te leer is hierdie rondte, sonder om bang te wees vir gevolge van besluite. En om besluite te neem en te weet dis die regte besluite is effens maklik as manman eers weet as die antwoord op alles LIEFDE is, dan is manman op die regte pad.

    Ek glo dan nes jy, Ding! Besluite saam met manman se Skepper en die ander speke in die wiel! Dis net so, want my kinders het dit self vir my vertel. Wens jy kan met HULLE 2 praat! Dan gaan jou bek so OOOOOPhang.

    Ps . LIEFDE is nie noodwendig pynloos nie. Pyn is ook maar net relatief.

    Rosa – My kinders het `n bewustheid daarvan. Elke baba word gebore daarmee, glo Boernig. Ander mense maak die bewustheid dood. Gewoonlik mense wat dink hulle is volwasse, gewoonlik met godsdiens en ander kak.
    Mens hoef nie noodwendig te WEET wat jou foute is om dit reg te maak nie. Soms gebeur dit sonder dat jy weet jy doen jou job mooi. Anders – soos ek glo, sou jy nie eers teruggekom het nie….of vir die 1ste keer hier gewees het om te begin leer nie. Ek is onder die indruk jy leer baie en in die proses leer jy ook die rondom jou (soos vir my, ek`t al baie hier geleer, by jou – en dankie!)
    jy glo nie mens het `n siel nie? Rosa-wilde-enetjie daarby. Ek glo weer nie mens het `n liggaam nie – dis als net `n illusie. So, dis die brein ingesluit. Nou wat nou?

  92. Ding

    Nou Boernig, as die liggaam, brein ingesluit, bloot illusie is – waar is die siel dan gesetel?

    Hmmm… dink maak seer? Hoe dan nou so? En Boernig, as jy reken ‘n mens kan daai bepaal, hoe reken jy gaan manman te werk om daai vas te stel?

    Ding hoor jou oor liefde. Ding reken nogal liefde is wyd en moeilik. Ding noem daai wat jy liefde noem, sommer net harmonie en balans eerder.

    My hare is nou te lank.

  93. oe ek luister so lekker na julle dankie. Sit in ou hotel op klein dorpie en lees op te selfoon. ek hoor en luister …

  94. Boernig

    Ding, ek trek net Rosebud se been…in liefde bedoel, bygese. Jitte, want hier dink ek, ek sit voor `n rekenaarskerm en daso is tog iets regtags daaraan.

    Die illusie-teorie is tog glo waar – volgens gerugte, en ek glo so bietjie daaraan, en byt so bietjie daaraan, maar ekself verstaan nie die hele konsep van illusie nie. Ek sou graag wou, egter!

    Nou met die dat ek reken van illusie en die liggaam en `n deel daarvan, van Rosa trek, reken ek uhm? sal maar se die siel, ne? Dat alle siele een GROOT energie saam is, en eintlik nie saam nie – maar ok nie apart nie, en ruimte en tyd, en plek die illusie-teorie uitmaak en eendag gaan ek dalk weet en verstaan hoe ons klomp legkaart stukkies inmekaarpas – ek en jy, ne? En hoe ons een bol harmonie gaan wees. Dis nou ook LIEFDE, bygese. Een bol liefde. Maar ek weet nie als nie. Ek dink soms ek weet, dan weet ek weer niks, dan is ek soms seker ek weet, en dan blaas als terug in my gesig (die deel naby my kop en waar ek soms kos ingooi, ja daardie stukkie liggaan van my!)

    Ai, nou`s ek moeg vir die res van die jaar en moet alweer my Celistine boeke gaan soek om ewewig te gaan probeer kry…of antwoorde of iets.

    Wag! Wag! Hieso gaan `n liggie op! Die siel, ne? Hy`s daso wa manman voel…dasoe iewers tussen die ribbes…niks met kop te doen nie! Nou weet ek! Ek weet nou ook! Dis nie hart nie, ne? Maar amper oppie selde plek of naby aan die hart gesetel. O jel! Is dit nou iets met liggaam te doen? Is ribbes liggaan of stof? Die heel eerste ribbes, ne?

    Mag ek nou tong uitsteek? Ek gedink en nie seergekry nie – vir `n slag.

    Harmonie? Ek moet gaan dink, maar reken tog dis nie helemal als liefde nie…ek weet nie.

    Rosa, hoor en luister? Ek kan jou maklik moeg praat, ek wens ek het alles geweet. NET so woeps! weerligstraal, en my kennis is volgeprop! Ek wonder of ek dan nog so baie sou nonsens praat?

  95. As ons saam een groot bol energie is, of nog altyd was, of sal word na ons sterf, daaraan byt ek swaar. Hulle praat van daai kollektiewe bewussyn-ding.
    Ek dink dan sal ons dalk psigies baie nader aan mekaar gewees het?

    Te goed besef ek een mens kan nie alles weet nie, maar dit moet mens ook nie keer of verskoon om soveel as moontlik te leer nie. Baie mense doen dit as ‘n vraag moeilik word.

    Wat is enegergie? As mens van so kosmiese energie van siele praat. Dit moet ‘n vorm/energie aanneem van ‘n aard wat jy kan meet. Golwe, impulse, elektrisiteit of wat ookal. Alles bestaan uit iets. Al is dit anatomies klein. Atome en kwarke is ook ‘n “iets”.

    Die brein is net ‘n bondel selle wat elektrisiteit vuur, indien daar ‘n siel is, wat is dit. Dit kan tog nie ‘n niks wees nie. Alles in die heelal bestaan uit iets, ‘n tipe materie wat binne ruimte-tyd funksioneer.

    Indien ek myself toelaat om te dink daar is ‘n siel, moet ek glo aan iets onmeetbaar “magies”. en ek kan nie, want dit is in stryd met al die ander feite in my kop. Selfs gravitasie se krag – dit wat voorwerpe op mekaar het is meetbaar en sigbaar bv in ‘n planeet wat om ‘n ster wentel.

  96. Boernig

    Rosa-enetjie-die-wilde-een – ek dink siele is nes breine wat elektrisiteit vuur – net baie verder en baie groter – tot daso waar ons nog nie eers weet hoe ver nie.

    Ek raak soms moeg as die vraag moeilik raak, maar ek wil nooit-ooit ophou leer nie. En ek bedoel nie (education) nie – LEER.

    Dink so oor siele se onmeetbaarheid, ne? Wat is `n orgasme en hoe meet jy joune aan myne? Hoe meet jy enigsins orgasme? Is dit energie wat jy opbou of energie wat jy verbrand? Ek dink siele kan amper so iets wees.

    Sommer net lekker.

    ps. ek is so ongelooflik moeg en dink my kop raas. Hy raas met myself. Hoe raak ek ontslae van oormoeg? Binne en buite?

  97. Ding

    Hoe raak manman ontslae van moeg? Rus. Eenvoudig: R U S.

    Ding reken nog steeds dit is moontlik om vas te stel wat manman se bloudruk is; oversetzynde wat manman veronderstel is om te bereik in hierdie rondte. Daar is maniere. (.)

    Ding reken ook daar is liggaam EN siel en nie een van die twee is illusie nie. Ding reken wel daar is verskillende vlakke of dimensies van lewe.

    Om te reken, te besin, te dink en daai nommers maak Ding nie moeg nie. Wat Ding moeg maak, is rekeninge betaal, ‘n trek beplan, lang hare en so aan. O gits ja, en om voor die kas te staan en te bulder: KLERE, SPRING OP MY … en te sien hoe die kas vol klere vir Ding stomp ignoreer – DIT maak vir Ding dodelik moeg ja.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: