‘n Bondeltjie energie

So sit ek en ‘n vriendin by die werk en koffie drink – bekyk die ander mense op en af. Beide van ons is moeg, sat, gedreineer van alle energie, lam – die fut is uit.

Wat kan ‘n mens daarvoor drink vra sy?

Brandewyn, sê ek. Want ek weet eintlik, niks help nie.

En toe begin ons praat oor die mense in Men’s Health, Women’s Health en op die TV – daai mense wat so maksimaal lewe dat jy daarvan kan kots!

Dit gaan basies so:

Hulle staan 05:00 soggens op om 10km ver na die gym toe fiets te ry waar hul op balle rol, op matjies spring en swem. Dan roei hulle terug huis toe waar hulle 07:00 vir almal ‘n buffet brekfis voorsit en 08:00 is hulle voor almal by die werk.

Teen die tyd wat die baas by die werk is, het hy hulle al klaar gekomplimenteer oor die dag se werk . . . Lunchtyd maak hulle ‘n kosblik oop wat die fok weet wie ingepak het vol kos wat nie net lekker is nie, maar sommer ook siektes kan genees.

Na werk gaan stap hulle met die honde, speel met die kinders, doen huiswerk, en slaan ‘n ete aan mekaar – net binne 45 minute – wat lyk of dit op ‘n internasionale skou ‘n prys sal kan wen. Dan fliek hulle, drink skemerkelkies in cool plekke, abseil teen Tafelberg af en lees Newsweek.

Intussen bou hulle huise gratis vir arm mense, hulle het karate-lesse, neem joga en het leer brei.

Naweke ry hulle trein, kamp uit, werk self in die tuin, was die hokke by die DBV en het 27 keer per week seks. En hulle sit dit huiswerker se kind deur varsity.

Hoe fokken doen die mense dit?

Ek is te moeg om op die staan, en die koffie wat ons sit en drink proe vreemd in die mond.

Ja se die vriendin, die rol aan haar maag is nou so groot sy roer die bad soggens voor sy inklim dat dit nie so erg lyk nie. Ek voel aan haar maag – flip – my rol is groter.

Ai die bad van Getsemane, as my rol maar net wil verdwyn en die moegheid maar net wil wyk.


  1. Rosa, jy’s dalk moeg, maar jy’s nogsteeds vrek snaaks! Daai tipe mense laat my ook kots. Halfpad deur die lees voeg ek in my kop by “Rosa het vergeet van hulle pornstar seks”, toe sien ek jy’t dit later genoem. Haha.

  2. Ek is reeds moeg as ek sien hulle staan 5am op! Daar is GEEN flippen manier nie! Sulke mense maak my moeg!

  3. BB

    Nice Tag idee Rosiekind… doen dit!!
    Tag ‘n paar bloggers vir hulle daily routine, want ek is jou grootste nagmerrie:mrgreen:

  4. BB

    En as iemand kots daar op my blog, gaan ek my wip!!👿

  5. LOL! Ja-nee, Rosa, daai mense het sekerlik ook geen geraamte in enige kas nie. Net nie tyd om hulle te vergaar nie! 😆

    Beebs, jy’t my nou baie nuuskierig…en ek promise ek sallie kots nie! :mrgreen:

  6. BB, ek sal nie kots op jou blog nie…. nog nie:)

    Nie tyd om geraamtes te vergaar nie LOL!

    Dalk is ek jaloers op sulke mense, dalk jok hulle?

  7. deurdiewoes

    Ek staan al 4h15 op en sukkel om cereal en jam toebies op tyd aan mekaar te slaan.Hulle jok nie net nie, hulle plek by ou Nick is reserved.

  8. Boernig

    Gaan wei – genuine, dit help. Reragm rerag, rerag. Soggens, nie te vroeg nie…as die grassies nie te nat is vir bloutong nie, ne? Dan gaan pluk jy `n handvol Lusern – blomme en al. Dan kyk jy hoe mooi lyk die son en wolkies en lag in jou mou vir die mal vokkirs wat voor die son wakker word – vir wie weet waddevok als! Loop staaaarag kombuis toe en plof met al jou selluliet oppe stoel neer, terwyl die ketel kook. Gooi die Lusern in `n ou afgetjipte beker en gooi kookwater oor. Krap al die was en slaap uit, waar dit moet uit en as die Luserntee goed afgekoel het, gooi deur sif in fency One Price Store beker en drink. So te se geen smaak en hoor nou: rerag, rerag, rerag…dis beter as die mal wetter wat op vandag se paaie loop staan en hartaanval kry vroeg innie oggend.

    Lusern versterk jou aarwande, het `n skaars vit. U en bevat ook vit. B12 wat ongelooflik goed is vir jou. Jy sal nie weet van verkoues, depressie of moegheid nie. Niks, glo my.

    Ek gaan wei.
    Mehe…me, me, mhee

    Ps. Lusernpille is ook verkrygbaar by Healthshops of saad by jou naaste Kooperasie

  9. flippiefanus

    Boernig, ek dink dis oor die vitamine B in die lusern.

    Rosa, wat vir my werk is vitamine B. As ek regtig afgemat voel dan drink ek vitamine B. Dit gee my ‘n boost.

    Terloops, ek staan ook 5am in die oggend op maar dit beteken dat ek voor 10pm in die aand weer in die bed is.

  10. maxie

    Jinne Rosa, toe ek hier trek by “Na werk gaan stap hulle met die honde, speel met die kinders, doen huiswerk,” oorval die vreemdste moegheid my skielik, is selfs kortasem😉
    Genade, is hulle for real?

  11. Plaasjuppie

    Ek raak kortasem net deur die Mens Health te lees. Ek dink al daai mense bly op die planeet Zorgon3 waar hulle dae 72 aarde uur lank is en al die inwoners ‘n mengsel van tik, ecstasy en speed binneaars toegedien word.

  12. 😆 @ Plasie… ek stem, definitief nie 24 uur dae daardie nie! Alhoewel ek so ‘n dag ‘n paar keer ‘n week kan handle, maar nie elke dag nie… en definitief nie op die oomblik nie, ek tel die daggies af na my vakansie….21 to go…

  13. Ai, waar Boernig wei is daar altyd ‘n raad te kry.

    Boernig, waar in die dorp sal ons nou ‘n handjie vol lusern vind, huh meisie?

    Rosa, ‘n halfbottel wyn en ‘n goeie vry en jy voel weer beter. Vir so ‘n halfdag.

    Ek het nie raad nie. Dis die donirse hitte.

  14. Andrew

    Ek het gister 5H00 opgestaan, 5H45 toe begin ek Platteklip Gorge opstap, 1/2 uur later kyk ek af op die liggies van die stad en filosofeer oor ‘n analogie van ‘n orgamisme en die stad. Die besige paaie is die are en die elektriese netwerk die nervous system. Dit lyk regtig soos ‘n biologiese organisme. 8H00 is ek en Apollo heel bo op die berg voor die toeriste opdaag met die karretjie en ons eet biltong, eet-sum-mor koekies en drink Game koeldrank. Die storie eindig nie daar nie maar niemand sal my glo nie.

    MAAR alles kom teen ‘n prys. My motto is Live fast, die young.

  15. Andrew… nou gister was Donderdag, werk julle nie in die Kaap nie?

  16. Ek gee nie om om jonk dood te gaan nie… solank ek net tot op daardie punt GELEWE het.

  17. BB

    Ek het seriously te veel mense wat nog van my afhanklik is om te ‘live fast’ – en ek sê dit in the most humble way. Ek sit met ‘n ‘leenkind’ wat ek gekry het omdat sy ma geglo het in ‘live fast’ – ek dink net nie sy het daardie ‘die young’ oorweeg nie😦

  18. Andrew

    Demoerin, ek het verlede jaar uit die corporate wereld uitgestap want ek kon dit nie meer vat nie. The money was good but I was dead inside. Vandag is ek werkloos en lewe van dag tot dag op die FOREX mark. Ek het nog nooit so lewendig gevoel nie. But its not a life for everyone and it’s not always rosy. Do what works for YOU.

  19. Andrew

    My “die young” stelling moet nie verkeerd interpreteer word nie. Ek het juis baie respek vir die lewe dis hoekom ek NOU lewe en nie wag vir die nadood nie. You only live once, use it wisely.

  20. BB

    Jip, You’re right. I did… interpret it wrongly.😳 Literally. I get it now… i think😉
    Imagine daar is regtig mense ‘daarbuite’ wat wag vir die nadood🙄 – wat nie voluit ‘lewe’ nie – bloot omdat iemand vir hulle gesê het dat hierdie lewe maar net ‘n drop in the bucket of time of eternity is. Oja, ek sien baie uit na wat ek gekies het om te glo ‘eternity’ is – maar ek’s beslis nie lewensmoeg daaroor of sit patiently en wag daarvoor nie.
    With regard to ‘wisdom’ – met my kiddies saam het ek agtergekom: I’m not young enough anymore to know everything:mrgreen:
    Apparently wisdom is divided into two parts: having a great deal to say and not saying it. I seem to have trouble with wisdom😆

  21. Ek het jou post gelees en HET probeer om al die comments te lees, maar ek is te moeg…. Sorry!

  22. Joh

    Daars ‘n snaakse gesegde wat sê:

    “If you do not drop dead from exhaustion at the end of the day,you haven’t earned the right to have lived that day.”

    Daar is ‘n absurde benadering wat al meer posvat, naamlik dat dit verkeerd is om jouself só in te span dat dit jou uitput -dis ‘n sonde on moeg te wees. Dié benadering is waarskynlik gebaseer op die ideal van daai “maksimale lewensstyl” wat gegrond is op die absurde wanopvatting dat mens net dit moet doen wat vir jou lekker is – die toppunt van eiewaan.

    Ek is bly om te weet daar is iemand soos jy wat so hard werk dat jy uitgeput is – jou bydrae tot die lewe is veel meer as dié van daai “lekker lewe” brigade.

    Maar mens moet ook na jouself omsien, in ‘n gebalanseerde manier, ten einde met die werk te kan volhou. Klink my jy het ‘n breek nodig. Gaan soek daai lusernlande wat Boernig van praat.

    Weet net dat die heelal jou bydrae waardeer.

  23. Oh my word, ek kan so relate! Ek wil ook weet hoe de fok doen hulle dit???

  24. 27 keer per week😯
    Hoe weet jy `n celeb lieg?
    As hy/sy se mond oopgaan. Nou’s ek moeg, ek gaan slaap.
    En moet tog asseblief nie daai lusern rou eet nie. Vroeg in die oggend as die dou so op hulle sit, dan krioel hulle van wurm larfies, letterlik duisende daarvan!

  25. Boernig

    Flippiefanus – dis die B vitamienes, ja! Maar ok darie U, wat skaars is in ander groen dinge.

    Louwie – jy sien? Ek waarsku reeds teen bloutong. Skape wei nie voor die dou nie weg is nie, maar siesa man! My Lusern is silwerskoon. Al die spinnekoppe en goggas rol hulle drade op, aas hulle my sien aankom. Respek, seg ek jou, respek. Veral as ek met die blik DOOM rondloop, ne?

  26. ‘n Suster van my is so, dis om van naar te raak😉

  27. Boernig: die enigste manier wat ek my lyf so vroeg uit die bed sal kry is om ‘n oorsese vlug te haal. of ‘n helse lekker vakansie.

    Flippie; weird ding as ek vitamiene drink voel ek geen verskil nie🙂

    Maxie: daar bestaan glo sulke mense, dalk is hulle ‘n ander spesie.

    Plasie: the aliens are here….

    Andrew….aieieieieieiai

    DMI; ek dink nog oor daai een (die jonk doodgaan) wat ek werklik lewe?

    BB; ja live fast is vir my ook lewe verantwoordelik.

    Andrew; oor die stem ek saam lewe vir NOU en nie vir na die dood nie.

    Louwie: nee ek het nie gese hulle lieg oor die 27 keer nie, dit is maar net so by dit alles nog die super-seks ook? ek wonder. nee ek is nogal nie die organiese tipe nie (behalwe pro-free range diere en hul produkte).

    koeksister: ons familie is van die lui soort, behalwe as dit by eet kom🙂

  28. Ek het ook al op ‘n keer vyfuur opgestaan en so ‘n paar kilometers landloop gaan doen vir oefening, maar toe ek klaar gehardloop het was ek so moeg dat ek nie eers die landkaart kon opvou voor ek teruggekruip het in die bed in nie😉

  29. Wel ek word elke oggend vyfuur wakker, dis soos ‘n ingeboude wekker (wat ek nog nie kon opspoor om die fokken batterye uit te haal nie) wat elke oggend iewers lui. Maak nie saak hoe laat ek gaan slaap het nie! Dis ‘n straf sê ek julle, ek weetie wat ek in my vorige lewe verkeerd gedoen het nie, ek was seker Nero of Hitler of iemand gewees…

  30. Ek wil ook graag weet hoe hulle dit regkry want ek sit met meer as die helfte van my “to-do” lysie oor elke dag? My medisynelaai is ook vol vitamiene pille van alle kleure en groottes maar dit doen niks aan my nie – moet sê die laai begin al beter lyk.

    @Andrew – Ek het ook die korporatiewe wêreld gegroet so ruk terug. Ja, die geld was goed maar ek deel jou siening van “dead inside”.

  31. Anna: ek het dit nog nooit gedoen nie🙂

    DMI: weird hoe ons almal gewire is. ek wens ek kan weet waar sit my batterye.

    Charms: welkom. jy het darem ‘n to-do lysie!

  32. Rosalind, dit was voor Google Earth. Nou doen ek dit sommer in enige land waarvoor ek lus het:mrgreen: en dis makliker om die rekenaar se knoppie te druk as ek klaar is as om ‘n padkaart op te vou.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: