Mag ons die celebs survive

Kyk, Jub Jub, ek weet nou nie wat was toe met jou tottie verkeerd nie, maar ek sal nog steeds graag wil weet waar  is  jou “internal genitals are infected”  – wat toe besig was om af te vrot.

Rub a dub dub se jub jub wou afval, maar dalk het was sy dub jub siek gewees voor hy daar aangekom het? Ek sal ook nie weet nie, maar dat hy kleinserig is, die het ons gesien toe ‘n snytjie die grote van ‘n atoom teen sy been opgeduik het.

Die medic se nogal op ‘n skaal van 1 tot 10 is dit ‘n 2. LOL.

Flippen, dood is die big strong African Warrior en hy is vervang deur ‘n Rapper-sissie. Fokkit.

Cindy Nel was nice. Jinne kyk hoe oulik het sy daar gesit en huisie bou. Man daai was nou cute. En toe stem hulle haar af. Onnosel goed.

Christina Storm wat die hel met haar aangegaan het sal ons nooit weet nie, maar ek is seker ons het nie alles gesien nie, dit is ge-edit. Sy moes ‘n baie groter tantrum gegooi het was net: tata en daar gaan die boot.

Die mense wat net so opgee, julle is ‘n skande vir julle charities. Hoe moet die mense nou voel? Julle sal nou nooit weer toesprake kan maak oor aanhouer wen en hard probeer nie.

Een van die kotslikste oomblike egter was daai klein bruin meisie/DJ?, ek weet nie wat haar naam is nie, wat in die charity advertensie se: “The reason why I am so famous is because of children…” soos in hallo ek het nog nooit van jou gehoor nie en jy is nie famous nie. Nee die jirre weet, ek wonder waar kom die mense vandaan. Mag Kersvader hulle almal kom haal.

En nee, dit is nie moerse as jy een fokkin klein vissie so groot soos ‘n nr. 4 skoen vang vir 15 mense nie. Dit is moerse as jy 20 groot visse vang en almal kan hulle dik vreet. Check ‘n bietjie die ego.

Wanneer huil een van hulle nou lank en aanhouend? Of val ‘n gekroonde tand uit? (ek mag maar so wreed wees ek het self tande verloor in ‘n ongeluk en moes deur die hel gaan van dit laat terugsit). So ek soek tande!!! Tande wat uit monde spat en trane.


  1. En snot. En rugstekery. Jajaja! Hekbek se een voortand kan uitval. Haar fokken hare staan klaar soos ‘n moeggeveede biesiebesem, sy sal lekker kaaak lyk met een voortand uit.

    Ja, die klein stront wat vertel sy is famous. Sy lyk vir my soos die muskiet op die RAID advertensie. Miskien kort sy weer ‘n spuit om van my skrien af te verwyder.

    Christina kon maar ‘n tantrum vir ons gegooi het. Nou is Jub Jub se ma die enigste een wat tantrums gooi, omdat sy uitgevang is voordat sy nog mense deur die ore kon **** en met nog geld wegkom!

  2. Krista

    Ek wonder of hulle gedink het omdat hulle “celebs” is, dit vir hulle makliker gemaak sou wees het?

    Klomp pissies!

  3. 😆 ek picture vir Hekbek met een voortand en sulke wille hare. Sal soos Aspoestertjie se stiefma lyk. Rosa, Skoor en Krista, ek dink regtig ons moet MNet kontak en vra of hulle nie ‘n blogger survivor tribe teen ‘n celeb survivor tribe wil reel nie👿

  4. As dit gebeur, lag ek my morsdood.

    Die celebs, met of sonder tanne sal aftjop:mrgreen:

  5. Die celebs sal lelik aftjop teen die bloggers sê ek jou… teen dag twee sal die celebkamp leeg wees.
    Ek dink dit is bietjie moeiliker as wat die outjies verwag het, siestog. (Ek kry half die idee dat nie een van hulle dalk al ooit gekamp het nie, wat nog van verlate eilande!)

  6. BB

    Julle gaan nie mind nie nê😕 – maar ek gaan regtig nie saam speel nie!😳 Issit ok mee julle?
    Maar, at least gaan ek nie ‘maak of’ ek wil nie – of ‘maak of’ ek seer het nie – ek wil maar eerder asb net by die huis bly, ok?
    Anyways – ek dink ook steeds Cindy Nel is friggin’ awesome – die producers kon nou maar gerus gesê het, aangesien JubJub waai, is daar ‘n ‘lifeline’ en Cindy geswop het na die die ander tribe of watookal…
    Assit van ‘Hekbek’ afhang, gaan allie girls in any case eerste waai…

  7. BB: is jy bang? moenie worry nie ons al jou in ‘n nice tribe sit🙂

  8. BB

    Yeah right Rosie – ek sien ‘n ‘ten koste van…’ tussen die lyne🙄 Ok, assie Narcies my gaan omring én omsingel is ek in – I’ll cook then… oits!!! ek’t vergeet!!! Ek kan actually visvang!!! Jip jeppa!! Ek vang hulle kaalhande!! Ek praat hulle om:mrgreen:
    En ek can actually ‘n vis filet ook😳 – sien, ek is darem bruikbaar…

  9. EK wens so ek kon die hele storie aanskou…moet se as ek so na jou luister sou ek myself simpel gelag het!

  10. maxie

    😆 @ “Mag Kersvader hulle almal kom haal.”
    So van Hekbek en charities gepraat:
    Kyk bietjie op haar charity advertensie hoe verwys sy na die straatkinders van Homestead, wat sy verteenwoordig:
    “It has a hope. It has education. It has somewhere to live. It has clothes. It has food.” Ensovoorts.
    IT?? Oh my word.😯

  11. Krista

    Hierdie Wosonki is goed metti piksteel en die ander Wosonki kan BAIA goed met sy hande doen . . . solank BB dan die vissies vang en gaarmaak, is ek ook in.

  12. Biebie…. Ek wil in jou span wees… Ek sal so freaken vinnig gewig verloor en opshape… Ek sal hot-hot daar afstap!

    Ag toe!!!!!!!!!!!! :mrgreen:

  13. Emil

    Jirre, waarvan praat julle?

  14. Ek gaan die kamera vashou EN julle moenie dink ek gaan wegsteek nie. As julle bossies toe gaan is ek daar…as julle verrimpeld en knorrig ontwaak, is ek daar… hierdie Survivor gaan die SHOW IT ALL wees.

    Ek en Skoorlief gaan die kamera werk doen. Klaar besluit. Wees nice, of wees ontbloot!

    Hierdie edit version sucks. Hierdie gaan ‘n live feed soos Big Brother wees. Nikse ge-advertensies tot kotsings toe nie, aikona, we go beeg!

    Sorry Graatjie, you are on your own. PJ gaan vir my help om die hindernisse te bou, en sy wyfie sal kos maak vir ons. Julle sal vrek van die honger met die uie en knoffel wat op die aandwind dans!

    Die wie wil kla oor tottievrot, moet dit WYS. Uithaal en wys. Uithaal en wys. Dis hoe dinge werk. En oprol en terugsit…
    😆

  15. BB

    Skoortjie??😦 Wat het ek jou tog gemaak, hm?? Jy kan die PJ vat as jy dan moet, want die vet weet ek sien nie kans vir nog ‘n man wat met die maan gepla issie… ek vat dan die LiefieLyfieWyfieDingetjie (PMS, piksteel ‘n all ‘n all:mrgreen: ) – maar ek nodig darem wragtig een van die 2!!! Be nice now. Play fair now!

  16. 😯 Tottievrot?

    BWAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!

    *fix lipstick*

    BWAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!

  17. BB

    Og Flitsie!! Jy’s my kinda girl!!! UITEINDELIK iemand wat verstaan van lipstick fix!!!
    (ek is nogal bly ek gaanie aan Skoortjie moet ooit eendag hoef verslag/bewyse te lewer oor ‘n tottievort… ek sidder!!!😯

  18. Ag, die tottievrot was ‘n flou verskoning😆
    Ek wil asseblief in die tribe wees waar daar mense is wat gaan skoonmaak en kosmaak… ek sal enigiets anders doen, ek sal ook die tribe-girls se walking-vibrator wees… vir hoe lank is ons nou weer oppie eiland?

  19. Ek kyk Survivor net vir Izak se lyf, sjyme, hy het gisteraand gehuil.😉

    Ek wou ook saamspeel in die blogger-survivor maar is nie so seker met Skoor agter die kamera nie, saamloop bossies toe? Aikona

  20. Nee Graatjie, ek is nou sommer regiseur ook, om al jou gaps toe te stop. Die Wosonki’s is aan die agterkant van die lens. Geen onderhandeling.

    En moet nou nie weer agter my rug loop chie-chie-chie nie. Ek is die missies!

    En as ek klaar is met daai YUK kuit oefeninge, gaan jy ligloop vir my…

    Moet nou nie vir jou ligsinnig hou nie DMI!!! Walking Vibrator nogal. Tot jy ook in koraal trap en jou tjoepies afblaas! Miskien moet jy maar die tribe huisie bou met ‘n aparte vibrating kamer. Hier sal ons dan fliekies maak wat later op E-TV vertoon kan word… Dan noem ons jou die in-house-vib-serv!

    Koeksuster, moenie vrees nie, ek zoem nie in nie, ek wil net vir kykers wys almal kan piepie. Gits, nie een van daai celebs praat lelik nie! Nog ‘n rede hoekom ek eerder AGTER die kamera sal wees, anders leer die Volk Vlot Vloek!

    Fanks Frankie, ons hi-jack alweer jou post. Maar jy mind mos nie – ek verstaan jy is besig om ou Egoli’s te kyk om vir Scab te sien! 😆

  21. BB

    Gaps??🙄 Ek het ‘gaps’??😯

    Walking vibrator nogal… DMi – het jy ‘n rattlesnake up your ass???😆

  22. BB

    Wag!! Is ALF ‘n rattlesnake??😯 ek dog dan die Girl het gesê hy is ‘n pofadder??😕

  23. Daai flieks gaan te hot wees vir E-TV….
    Ek dink egter die Blog Survivor gaan dlak ingeheel laataand vertoon moet word… ek het ook geen probleem met vloek oppie TV nie, ons gaan net sponsors moet kry wat nie omgee nie, soos Durex en SAB en so aan.

    …. BB, ek is goed met volgehoue ritme…

  24. BB

    Fnookin’ yell!!😯 vibrate is volgehoue ritme allright!!😆

  25. Boernig

    Ek`s IN!! Sal spesiaal `n boskak-ding vir Skoor doen en toets watter blare is gesonder as Twinsavers twinply.

    Ek sal gil as ek slange sien, so niemand sal gepik word nie – behalwe BMI wat klaar gepik is – in die kop (of elders) ek weet nie.

    Ek kan mossels uitdans as daso witsand is. En dit kook, ek weet van rooigety en giftage goeters. En ek vloek baja mooi soos `n ou matroos. As dit sou help.

    Emil – ons droom om eendag fymis te wees.

  26. So word ProVerb toe uitgevang, die “charity” wat hy verteenwoordig is toe nooit ‘n charity nie, maar een of ander NGO waar sy ma werk in kimberley. aiaiaiai, kom mnet maar nie voor die tyd nagegaan het of alles kosher is nie?? fokkit maar mense is darem kansvatter, jirre ons!

    *****
    BB: Jammer as jy kan visvang en hom kan slag is jy in!

    maxie: ja “it can also make you sick, it is full of germs” weet jy hoeveel kieme het kinders, flippen baie, so erg dat dit eintlik een groot IT is hehehehehhe.

    Girl: ek het ‘n idee BB ook lekker kos, moenie bargain op gewig verloor nie!

    Emil: jirre ons praat van Survivor. Jy kan net sit en Plato lees nie meneer jy moet bietjie saam met ons kyk en kommentaar. Ons korrupteer nie net die jeug nie, maar ook mekaar….

    DMI: wil jy het die girls moet skoonmaak en kosmaak? of moet almal saam daaraan werk? laat ons net lekker hier verstaan. want ek maak nie skoon nie en ek maak ook nie kos nie, maar ek sal jag en huisbou en so aan. Wat te hel is ‘n walking vibrator? net asb nie ‘n talking vibrator nie!

    Skoor: nee die van wanneer af is die woskonki’s agter die kamera? he. nie plasie se vrou dink ek kan lekker kook. so ja. heheheh ou egolis te kyk…ja seker ne?
    Of die vibrator nou walk of nie, as mens so vuil is wonder ek of dit van nut sal wees sies ga.

    DMI: vloek oppie TV ja my jinne, ek vloek by die werk en voor my ma. maar dit is nou net ek.

    Boernig” ja dit is nou hoe ‘n survivor moet wees. as ek nou nie die aanbieder was nie, dan was jy nou in my span🙂
    ja ons sal almal fymis word….sug🙂

  27. Krista

    Nee, ek is nou moerse blond, maar ek vang nie die ene nie:

    “he. nie plasie se vrou dink ek kan lekker kook. so ja. heheheh ou egolis te kyk…ja seker ne?”

    WTF? Mag ek ook weet?😀

  28. Plaasjuppie

    Gee vir my daai plank aan liefie, netnoumaarnet moer jy my ook raak met die ding . . .
    Is oorlat jy sit en fysboek en blogslees daai tyd vannie nag instede van slaap my liewe vrou. Toemaar, ek sal vir jou prênkies teken oppi witbord as jy by die huis kom vanmiddag.

    Verskoon maar die LLWD, sy issie altyd so nie:mrgreen:

  29. Frankie, miskien nie vergesog as ek se een van Jub Jub se familie lede werk by die ondersoek span wat die organisasies moes naspeur nie?? Enigiets is deesdae moontlik. Fok jy stort net agterna.

    Verder, en dis meer amptelik: as self aangestelde producer, editor en kamera-vrou, is jy as aanbieder overruled en in die minderheid…jy sal moet klaarkom met daai maer Duitser in jou team. Die Wosonki’s is MYNE!

    Gepraat van…LLWD, om snags op die net rond te rits is kak soek. En kak trek vliee!!!! Gaan kruip by jou man in. Ek praat nie verder nie.

    Fanks Frankie dat jy so mooi instem. 😆

  30. BB

    Hmmmm – bespeur ekke ‘n twang neerhalendheid m.b.t “daai maer Duitser”??? Ek is g’n maer nie!! Ek is net ‘n bietjie lean. En ek sal u wed dat ek u onder ‘n tafel kan ineet Skoortjie!!👿

  31. Never is ek neerhalend nie Graatjie. Waar sou u nou so ‘n idee vandaan kry? Ek het respekte vir die kleineres van gebeente. Soos u. 😆

  32. Is Beebs, een van daais wat ‘n poep en ‘n baksteen hoog staan in hakke?

  33. Nee Flonkie, ‘n burb en ‘n halwe sakkie uie hoog!

    Met ‘n moerse attitude en ‘n stem.

    Handvol!!!

  34. LMGA!

    Ok, so as ek reg verstaan is Beebs die maergat graatjie duitser wat ‘n burb en ‘n halwe uiesakkie hoog staan? Gil soos ‘n Afrika Dame en sy eet baie Choc koek.????

    Nei, ek is nou deurmekaar. Sies Skoor, jy confuse my😈

  35. 😆 flintie… dit vat nie veel nie lyk dit my.

    Toemaar BB…. ek sal jou bloggersurvivor op robbeneiland maatjie wees😆

  36. Rosaaaaa!!!
    Ek dink jy boer te veel op al die verkeerde plekke.

  37. BB

    Is daar mielies by betrokke??? Of piesangs en coconuts??:mrgreen:

  38. ag fok ek leef nog maar ek werk my dood ek kan nie eens blog nie…nee wat

  39. As ek sulke goed lees mis ek my tv…

  40. Haai Jane, het hy weggeloop❓

  41. hi julle ek boer en ek werk en flip julle is snaaks en ek dink ek is ook besig om my marbles te verloor weens te min energie.

  42. Ja DMI, skoonveld verdwyn… Arme ding het seker iemand gaan soek wat lief sal wees vir hom.

    Rosa, daai marbles verloor verstaan ek goed, nou soek ek maar afleiding hier!😉

  43. Flonkie, ek wou nog vra: se julle ‘nei’ ini Transvol? Ons se sommer ‘nai’ hiesa onir ini Kaap!

    En jy het reg verstaan…BB is ‘n mixgrill deurmekaar spul!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: