Suffer survivor

 

Ek is gek oor realiteit-TV juis oor die feit dat mense hulself vrywillig in situasies plaas wat ongemaklik is, net om hul smagting na geld te probeer bevredig en/of omdat hulle graag op TV wil wees.

Om een of ander rede hou daardie TV-kamera magiese kragte in, want sodra hy verskyn begin die meerderheid mense soos ape reageer, terwyl dieselde meerderheid enige genetiese verbintenis met ape dadelik verwerp.

Ek het jare gelede al herken en toe erken dat ek, Rosalind Franklin, ‘n swart-swart en siek sin vir humor het en dat mense wat suffer (let wel, uit eie keuse), of willens en weters hulle name slaan, vir my uiters amusant is. More begin die nuwe Celebrity (nogal) Survivor, ek kan nie wag nie.

Hulle gaan glo die geld skenk vir welsyn, maar ek glo geen dooie duit dat die spul deelneem om presies dieselfe redes as al die ander mense nie. En luister bietjie na hulle welsynsorganisasies wat hulle steun, dit drup van politieke korrektheid.

So ek hoop hul k*k af big time. Ek gaan terugsit en my tone gaan omkrul.

As die sogenaamde bekendes, almal omgegee het vir arm kinders, dan sou ek se. Laat die land nomineer wie hulle daar wil he. En dan moes dit wetters gaan. Hulle gee mos so baie om, met die witbrood onder die arm.

Ek nomineer die volgende:

Gareth Cliff – sommer tien keer;  veral jy regtig.

Steve – ja daai een;

Joost;

Amor,

Patricia;

Oom Angus

Dozi;

Julius M

Christina Storm die einste wat na 12 ure huistoe wou kom;

Vinette Abrahams.

Ek hoop hulle vrek van die honger, smag na water en pyn-pyn elke dag. Mag die goggas julle byt en die son julle brand. Wys ons as die mense hard val en huil, die skottel kos baie, die jaar wil ek voel ek gebruik hom.

Sal die regtige, regtige celebs een keer opstaan en swaarkry vir R500 000? ROFL

Ek hoor daar is regtig nie ‘n toilet of toiletpapier nie, so ja, wys ons tog hoe grawe julle gate soos katte. Onthou kry maar ‘n lekker breë blaar vir die afvee-slag.

Have fun! Ek hoop tog ek gaan.


  1. Plaasjuppie

    The dark side is strong with this one. Ek hou sommer baie van jou humorsin👿

    Ek nomineer die hele Tshwane Stadsraad.

  2. Ek join jou in die kykery, Rooskind. Sal jou laat wat ek van wie dink😉

  3. Ek wonder egter of hulle REGTIG SO swaar gaan kry? Elk geval ek hoop hulle suffer omdat hulle hulle gatsiggies voor die kameras wou kry.
    Ek glo ook Tannie Winnie sou ‘n goeie kandidaat wees, en Edith Venter dalk (miskien liewer nie, ek sidder in watse klein bikini sy sal rond paradeer), en Kurt… o my lys raak langer en langer…

  4. Boernig

    Dit sal great wees – as ons hulle kon nomineer Rosa, my tone sal permanent krul!
    My lys sal wees – Emu – Jurie (dai ene), Juanita, Kurt, Graham Smit, Malema, Pik Botha, die Queen Mother, Tiger, oorle Micael Jackson, Shaick (die ene wat in die tronk moet wees), die Pous en sewe honderd rolle toiletpapier gemaak van lewendige Rinkhals.

  5. Dit gaan pret wees om te kyk…

  6. HA!!! ek is mal oor julle nominasies mense..daar is ‘n paar waaraan ek nie gedink het nie. ja daai shaik ook, en hy mag nie se hy is siek nie, ons weet mos….

    doe-doe donker put en die duiwel draai daarin.👿

  7. Boernig

    Ps. Ek weet my luis bestaan nie uit celebrities alenag nie, maar dit sou pret wees om die lot bymekaar te kon sien, veral as Tutu die kameraman kon wees met hope bederf-kossies, sagte warm slaapplek, goeie geselskap soos Rosa s`n byderhand en natierlik vir inspiriasie wat om met die spul te doen vir lekker val. Ek weet hy sal goeie materiaal kan maak, want hy`s altyd regverdig en het `n humorsin soos Rosa s`n. `n Goeie humorsin. Ps, en dr. Eve, solat sy `n onder opskrif op die screen kan skryf vir elke handeling se ontleding van elke speler.

  8. Boernig

    So gepraat van doe-doe…die dywel wil my wysmaak dis sikke tyd.

  9. BB

    Ruil tog Patricia in vir Lois Fish asb? Ek laaiks nogal vir ou Patty – sy’s eintlik real sweet.
    en stuur tog net een van die 2: Joost OF Amor – nie EN nie?!

    Ek sien ou GiGi is ook op daai lys vir die reeks – ‘exotic dancer’ – ek dink sy’s die eienaar van die Lollipop Lounge… mag dalk ‘n spark aan die storie gee, maar ek dink ek sal eerder vir Dowwe Dolla gesien het (en NEE dis die laaste een vir wie ek wil laat suffer, maar HEL, sy sou darem nogal real pret in so ‘n reeks inbring – en ek’s seker sy kan netso ‘eksoties’ wees🙂

  10. BB

    Maar hier’s nou ‘n ander twist :

    As jy ‘n blogger survivor kon doen – wie sou jy stuur en hoekom? En wat sou daardie persoon se main purpose wees om die reeks ‘n sukses te maak??

  11. BB

    Ooooohhhhh!!! hier’s nog iemand wie ek graag sou wou stuur:
    Riaan – die Nutsman!!👿

  12. Plaasjuppie

    Sjaaim, wat het arme Riaan hamer en spyker Venter gedoen om dit te verdien? 😉

  13. BB

    Praat jy wat nog al jou eie tanne het… en slaan die ‘spyker’ so op sy kop…:mrgreen:

  14. Plaasjuppie

    Almal fok op so nou en dan, maar hy is eintlik ‘n nice genoeg ou. Ten minste het hy die integrity gehad om nie te probeer toesmeer soos meeste van sy celeb tydgenote nie.

    Besides, hy kan nie survivor gaan doen nie vir 2 redes. Eerstens het die man nou verantwoordelikhede, en tweedens handel hy enige DIY challenge af in 22minute flat. Wat gaan die ander lot dan doen?

  15. Ai, tog net ‘n blaar sonder stekeltjies.

  16. BB

    “Ten minste…..”??🙄 . Net jammer sy (eks)vrou en twee dogters het in sy pad van ‘geluk’ (en dus nuwe verantwoordelikhede) gestaan.
    I really really love you lots dearest Narciepit – so let’s not go there, ok?😉

  17. Plaasjuppie

    Slegte woordkeuse aan my kant, jammer. Maar net omdat jy vra, consider the subject closed.

    Kom ons reverse terug tot by jou blogger survivor idee. Synde dan jy lank overdue is met ‘n nuwe post, hoekom skryf jy nie ‘n stukkie daaroor nie?

  18. Stem ek met PJ BB…. long overdue!!

    @ Boernig… is die Queen Mother nie al dood nie❓😯

  19. Boernig

    DMI, sy`t lankal weer ge-reinkarneer, maar sorry jy`s reg – nou is sy maar net haar ou self – frikkin akkedis, mensvleisvreter gedrog. Jy sal nie verstaan nie – ek gril my dood vir die klomp koningshuis koudbloediges. As jy weet wat ek weet…

  20. Nee wat jong, dis nou weer staged shit hierdie. Alles is gecut en edit.

    Jitte, jy het nogal ‘n geniepsige lysie! Kan Jurie ook bygelas word. Sonder sy make-up en sonskerm asb toe?

    Ek het jou GLADNIE gevat vir ‘n girl wat van Survivor sou hou nie. Skoorlief kyk dit graag – ek sit eerder en wyn drink by die braaivleis vuurtjie.

    Miskien moet ek tog maar kyk…

  21. LOL, lyk my die storie bring die masochis in jou uit! Alhoewel ek jou sentiment deel oor die lyding wat hulle toekom, gaan ek nie kyk nie. Daar is niks so vrot soos SA-weergawes van realisty shows nie. Hou verby…

  22. Wel as mens na die res van die lys kyk is die Queen Mother Spook ook seker welkom😆

  23. BB jaaa! Die Nutsman!!! Hy en Garth sal mekaar lekker misverstaan. Dan kan nutsman sommer bietjie… nee wag netnou kry ek marakkas.
    Nee fair is fair, Joost en Amor (onthou ons vir 100% kykgenot he, hehehehe).
    ja Dowwe Dolla laaik ek ook en sal sal snaak wees.

    Ek sal mal wees oor ‘n Blog-survivor en ek nomineer almal om te gaan en ek sal die program-aanbieder wees. Ek sal in die hotel slaap en eet, terwyl julle dit uitspook🙂

    Boernig: Tutu is so amazing ek het in 1997 een hele aand langs hom aan ‘n tafel gesit by ‘n funksie en hy was so wonderlik. Ek het die aand gelag en gehuil vir sy stories. Sy vrou is net so mooi mens.

    Plasie: laat die antie vir jou vertel, party kan nie toesmeer nie, oorlat die sement nie genoeg is nie, die water spuit sommer uit so lek dit😉 kan confess hulle maar.

    Skoor: jy moet my nie sommer ‘glad nie’ vat nie hoor. ek het morbiede. donker dinge in my kop. die suster van swart.

    Corli: nee-nee die masochis is iemand wat seksuele bevrediging kry uit pyn wat hy hyself of wat ander ervaar, soos beskryf deur sacher-masoch. nee ek lag net op my siek manier, soos beskryf deur rosalind franklin, vir onnosel toffies voor die TV

    DMI: LOL en ‘n gees of twee

  24. Kan ek asb een van die blogger survivors wees? Ek speel al LANK met die idee om daarvoor in te skryf!😈

  25. Ek dink nie Joost sal ‘n goeie keuse wees nie… Helfte van die girls sal swanger van die eiland af terug kom!

    En dan kan ons in elk geval niks kyk nie, want die helfte van die show sal gesensor wees. :mrgreen:

  26. Andrew

    Boernig, jy is spot-on met die Pous. Die bliksem moet sommer deelneem in die lang rok en rooi slippers wat hy altyd aan het. BTW wat noem ‘n mens daai ding wat so rook wat hulle rondswaai? Anyway hy moet dit ook sommer saamvat, dit sal kwaai lyk.

    Rosa: “…en ek sal die program-aanbieder wees.”

    Met swart makeup hoop ek, jy moet lyk soos Morticia in die fliek The Addams Family … hot en sexy.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Morticia_Addams

  27. Andrew, wil jy ook ‘n blogger survivor wees? Of nee, jy sal moet ‘n commentator survivor wess😆

  28. Boernig

    Andrew, ek dink die rokende ding wat die pous so rondswaai is ou oorle Queen Mother – drake maak mos rook, ne?

  29. 😆 @ Boernig.

    Ek wil definitief ook deelneem, klink na pret. Hulle moet net seker maak daar is genoeg alkohol, ons sal die beste survivor series OOIT maak.

  30. Andrew

    Hahaha @ Boernig😆

    Ja, dan kan die Pous homself handig maak en die Queen Mother se gloeiende kole gebruik om die eerste potjie rys te kook.

    Sonkind, jy en DMI sal nogal goed vaar in so ‘n blog survivor contest dink ek.

  31. She’s a gonner! She joined the darkside of the force! Welcome!

  32. Boernig

    Rustig, wie?

    Kan ek ook Survivor wees. Sal julle my saamvat as ek vertel dat ek dae lank aanmekaar kan begin gil en gil en gil en gil en gil as ek net DINK ek sien `n slang?

  33. Jislaaik, kinders, antie dink dis ‘n bakgat idee—blogger survivor! Ek sal die aanbieder se ghofer wees; net lekker rondhol en goedjies aandra en intussen al die skinderstories vir Huisgenoot bymekaar maak.
    Flinti moet die kommentator wees en Boerseun en sy LiefieDiefie moet die hele ding organiseer.
    Ons het nou klaar ‘n paar deelnemers— ek dink Meisiekind moet ok maar saam met Die Laaitie en Sonkind deelneem. Sy wil mos hoeka dié jaar nuwe goed probeer.

  34. 😆 Een ding van hierdie Survivor Santa Carolina…. hulle het die mees kakste irriterendste advertensies OOIT!

  35. Boernig

    Antie Koekie? My Boerseun!???

  36. Nee! Boernig!! Ek gee mos vir almal troetelname en PlaasJuppie het Boerseun geraak.
    Ken nie jou boerseun nie—- vertel bietjie?
    Weet nie eens wat jou link is nie?
    Los hom bietjie daar by my ou plekkie?

  37. BB

    …en net toe ek seriously baie van onse Cindy Kick-Butt-Tough-Chick NellRoberts begin laaiks is sy vannie eiland af – danksy Ashley Hayden – met haar ‘strategy’🙄 – klink vir my alte veel na groen druiwe… kwansuis omdat Cindy so ‘bekwaam’ is en dus daarom ‘n bedreiging inhou😕
    Hene Girl! Jy gou ons blondes se naam mette paw-paw!!! Hou mens nie maar eers al die ‘sterkes’ in die tribe? Die wat kán nie? Die wat wil nie? Om te help oorleef? En dan, when push comes to shove, delf jy diep en raak strategies….
    Oi! Die girl bou omtrent single-handedly die shelter waarin Ashley en haar prinsessies, “Lady” (nogal) Lea en Sandi nou slaap – en nou ja – stank vir dank, nê?
    Ai, ek gaan my nog gereeld en aanhoudend wip, sien ek👿
    By the way – die mans!!!🙄 nee, hel, regtig?!

  38. PRAAT jy BB! Ek het my SO vererg vir daai gap-tooth-teef👿

  39. BB

    Uuuuhhhmmm – ok, if you wanna call it that:mrgreen:

  40. Ja, hoe seg Brilleman: Cindy is 100% Boervrou. Ek knik my kop instemmend en hier kom die dom donir wat nie optelsomme met getalle onder 5 kan doen nie, en vererg haar oor Cindy haar wil reghelp, en vertel vir almal hulle moet van die sterkste ontslae raak.

    Wel wel, die soutie met die gat ini gebit erken darem dat die 100% Boeregirl haar 10 voor is. BOKS!!!

    Sonkind, is jy dan nie ‘n Izak Davel bewonderaar nie? Hy’s darem fokol en ‘n half werd. Volgende stem hulle seker vir Boer Gys af, want hy is ook sterk.

    Survivor sux – vrottende p**lies en al. Ja, en die advertensies is bleddie te erg. Maar hel, gisteraand met Desperate Housewives was dit 3 minute storie, 4 minute advertensies. Van nou af tape ek dit. Not de hel gaan ek my moer so le en suur maak voor die TV!!!

    LOL@Son vir gaptoothteef. HEKBEK. Daar is hoeveel gatvliegies om van ontslae te raak. Cindy moet sommer Louw se visgoed gaan steel het, dan kan hulle vrek van die honger!

  41. Plaasjuppie

    Maar het julle al ooit so klomp prima donnas op een plek bymekaargesien? Dis nou buiten die kabinet bedoel ek😆
    En die ego’s!
    *Gaap* Ek vermoed dis omtrent sover soos wat ek na dié BS gaan kyk. Dankie tog vir History en Discovery.

  42. Ja, ek glo nie die klomp celebs het regtig besef waarvoor hulle hulself inlaat nie. Ek kyk dit nie self nie, maar die girls by die werk is warm-in-die-broek oor Izak se rooi broekie.

  43. BB

    LOL@HEKBEK!!! Jinne maar die blogosfeer isse leersame ou plekkie vir nuwe woordjies!😆

  44. Nee hel Skoor man, ek is nie ‘n wiegdief nie. Izak is darem net bietjies te jonk. Ek vrek eintlik oor Gysie😉

    Maak soos ek met die advertensietyd – ek kyk twee programme op een slag (en ek het nie ‘n PVR nie), want terwyl die advertensies aan die gang is op een kanaal, vat dit lank genoeg om iets te volg op ‘n ander kanaal en sodra daar advertensies is, dan skakel ek terug, net betyds om verder te kyk op die eerste kanaal😆

  45. Die spul celebs is ‘n klomp sissies. fokkit, anyway ek is nog hier, maar ek werk my dood regtig…aiaiaiaiai.

    proverb het ‘n snytjie so klein soos ‘n atoom aan sy been en daar wil hy af en “sy internal sex organs is infected” LOL, ek meen het sy balletjies nog nie gedrop nie whwhhahahaha.. nee oor daai infection wonder ek regtig. dalk net bietjie geskaaf tussen die bene.
    ek weet ‘n man het wel internal sex organs – die prostaat, maar ek twyfel of hy self so ‘n diagnose sou kon maak.

    Wat lekker sou wees is ‘n span gewone mense soos ons versus die celebs…hehehe

  46. Sonkind😯 jy praat mos nou lekker khak! Jy het vir my vertel Scab is so njammies. Moenie nou hier stry nie. Dis net oorlat jy nou sien hy kan nie regtig boe of baa se nie, dat jy nou wil ontken. Ek slaan my hande saam. Ek loop vang hom sommer en pos hom vir jou😆 Anyway wat jy in gedagte het, het niks met boe of baa te doen nie, ne! 😆 😆 😆

    Gits Frankie, die koraal sny hom effe, en hy vra die nurse wat die ‘worst case scenario’ is. Toe sy hom se ‘niks’ kon ek sien sy moed sak. Hulle kan nie die punch vat nie. Sonder jokes, maar die Boeretalers onder daai lot het ‘n lekker kamp, terwyl die ander soos meisietjietjies aangaan oor die kak omstandighede. OMW, hulle is sulke babies.

    Psssst Sonkind, onthou jy nou al van hoe lekka Scab vir jou gelyk het? ROFL!

  47. Wie is Scab? Dit klink sleg. Of weet ek nou weer te min oor die celebs

    DMI: ja baie drank en min kos, so op die lee maag.

    Andrew: okay ek sal die swart make-up dra…en sommer die deelnemers slaat met ‘n sweep ook. veral die wat sissierig raak of lui is. wap! op die agterent.

    Sonkind LOL kyk 2 programme op een slag LOL

    Daai Cindy Nell, sy kan nogal speel maar toe stem die fokkin mense haar af!!

  48. Tsk Frankie. Scab is Louwna se kind wat sy laat aanneem het destyds.

    Louwna van Egoli!!

    Jys so slim maar mens moet jou ook maar aanhou vertel. Hou op na die microwave staar, en sit die ding aan – sy naam is eintlik TeeWie!

  49. Het ek ‘n TV en ‘n microwave…hel!

  50. Oe het ek myself nou weer bloediglik vererg vir die antie wat vertel van SY span wat hy gekies het en Ockert wat dan nou so kaksleg was op nie ‘n uur met 80kg op sy skouers te kon staan nie.

    Sulke slae wens ek eintlik mens kon hom onder sulke druk sien. Sy oogballe sou seker teen sy lense vasdruk, en daai ronde pensie wat hy so uitstoot, sou seker doeeeer gedruk het soos hy in sy broek skyt. Sot! En toe vreet hy boonop die meeste chips en breek ‘n vishoek. WTF!!!

    Nou kan daai span beter begin funksioneer. Ek hou van Ockert en Gys. Ek het nog nooit van Ockert gehou nie. Maar van ‘n sekere angle is hy heel goed.

  51. Was dit nou vir jou interessant. Daar vertel Gys wragtag sy tribe is AFRIKANERS en 2/3 in my huis trek hulle asems diep in! My fokit – goed vir jou Gys. Jy is nie skaam oor wie jy is nie. Huil Afrikaanssprekendes wanneer hulle in ‘n ingilse groep is? Ek twyfel. Hulle is te bang! Die enetjie moet net bly perform – hulle sal bo uitkom. Sy moet net aan die Boere se broekspype bly klou. Genoeg vis en kakpraat, en hulle stof daai klomp skinaaiwing souties se gatte. Ou hekbek bly maar ‘n pyn in die kosyn.

    Ek het nog nooit vir Ockert gelaaik nie. Hier in die Bosch gery met sy geel BMW asof hy kaas is. Maar sowaar, die grysheid bring wysheid. Hys lekke hot soos gesmelte kaas!

    Wat se jy Rosa? Jy wil niks se nie??

  52. Frankie kyk nie meer Survivor nie…

    En ek geniet dit so, ek het sommer van lekkerte uitgegil toe Louw wil begin tjank omdat hy en sy 4 maatjies nie vir Ockert van die boot af kon kry nie. Hy is soos ‘n fokken klein kindjie wat nie sy sin gekry het nie. POOOOEPOL! ‘hiesa, vat ‘n hoender vir jou moeite!!’ hahahaha

    En HekBek is ‘n slang. Maar van volgende week af, as almal merge, gaan die vonke spat. Dan sal Ockert nog harder aan sy skippie se mas moet klou. En ek sal vir hom cheer!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: