Sondes van die kinders

Dis seker nou 5 jaar dat my  ma vir ons vertel, vanjaar gaan sy vir haar nekoperasie. Nouja kersfees het sy weer vir ons vertel: 2010 gaan ons nou uiteindelik soort van kak, as sy uiteindelik vir die groot operasie gaan. Want dit gaan maande en maande vat om reg te kom.

“Ek het vir die dokter gese, ek gaan uithou tot ek nie meer kan loop nie. Dan sal ek gaan,” se sy.

Sug. “Ma, as dit so erg is, gaan die operasie tien keer erger wees,” se ek.

Sy het ons vertel sy kan nie meer haar arms oplig toe ons oorsee is nie, maar sy het lekker geshop en geeet.

Sien dit is eintlik my skuld dat my ma se nek gefok is, beweer sy altyd subtiel.

En daar laat waai my ma met haar storie. “Twee van my nekwerwels is verkrummel. Want ek het jare gelede geval. Plat op my gesig, ” se sy vir Liefie.

1980. Ons badkamer.

My ma gaan aan met my oor iets. Ek kan nie meer onthou wat nie, maar ek het basies nie saamgestem nie.

En toe sien ek haar hand kom. Hy mik vir my boud, my kaal boud. Nee!

Ek spring op en hol weg. Soos altyd.

En hier kom sy sowaar agterna! My ma dink sy kan my inhol.

Wap, val sy. Op die nat badkamervloer.

En vir 30 jaar hoor ek die storie.

Hoekom my ma nie jaaaaaaaaaaaaaaaaaaaare gelede al haar nek laat uitsorteer het nie, slaan my dronk. Ek verstaan dit nie.

En ek het aangehou om weg te hol vir die pak slae. En het het nooit opgehou vloek nie. Steeds nie. Al het ek op 5 my eerste pak gekry oor ‘n vloekwoord.

Sien soms werk dit nie.

So vanjaar haal daai weghol-pakslae my in. Want dit gaan fokkin moeilik wees.

Plaas ek maar daai dag gestaan het vir die pakslae in die badkamer.

Advertisements

  1. 😆 Klink of ons jou baie krag, en nie net geluk vir 2010 moet toewens. Dit kan ‘n BAIE lang jaar wees. Kan ek solank my medelye aanbied, want niks anders gaan help nie.

    Dit klink egter of sy net iets soek om oor te kla. Miskien sal die waarheid uitkom as jy haar in die kar laai en hospitaal toe vat…. hehehehehe

  2. Bwahaha! Wel, in daai geval is dit my ma se skuld dat ek ‘n klap weg het. Toe ek 9 maande oud was, het sy die woonstel se deur oopgelos en ek het uitgekruip en een stel trappe afgeval, op my kop -ek dink dit was op my kop 😈

    Sien, mens se dade haal jou altyd in. Ek wonder nou net wat kan ek doen om my ma terug te kry?!

    Anyway, sterkte vir jou, Rosa!

  3. Ek sal nie te sleg voel as ek jy was nie. Nerens in die bybel staan daar iets van sondes van die kinders nie. Volgende keer begin jy net met ‘n teen speech van die sondes van die vaders en moeders en all the rest. Daai fok jou meer op… soveel so dat jy in nageslagte nog moeilikheid kry!

  4. Krista

    Sterkte! Ek dink jy gaan dit nodig hê!

  5. Wip

    😆 mmmm…. so jy hol toe inderdaad ook weg. 😉 Wel….daar moet stoute dogtertjies ook wees anders was die wêreld baie boring!

  6. BB

    Ek gaan maar nie met jou share wat my ma reken my skuld is, maar dit het te doen met wat was veronderstel om te wees een van haar heuglikste dae – jipjip – my geboorte! :mrgreen: (ek het probeer opmaak al die jare nog – ek vloek nie, ek stry nie, ek praat nie terug nie, ek is soet en gehoorsaam)… Apparently help dit niks, want sy was nog ‘nooit weer dieselle’ nie… 😳
    Ek weet nou nie wat shopping en eet te doen het met arms optel nie 😕 ‘n bord kos voor jou is seker dié gemaklikste posisie waarin die liggaam homself kán bevind. 😉
    Rosie, happy HAPPY nuwe jaar! x

  7. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))

  8. Praat jy nou net met die klippe? Is jy kwaad vir die mense?

  9. DMI: ek praat maar so van tyd tot tyd met die klippe, ek vind hulle baie slim, tja-tja (jy ken nie my ma nie, die waarheid kom nie uit walter mitty se koppie nie)

    Sonkind: af by die trappe…LOL.

    Girl; ‘n teen-speech, met my ma???babahahahah, my ma het miskien ore, maar sy luister niks, nada. is erger as om met die klippe te praat.

    krista, kaalvoete en mefriL dankie ja..

    wippie; presies 🙂

    BB; happy happy vir jou. jong wat ek gedoel is dat my ma toe nie so siek was as wat sy gese het nie – sy het lekker geshop en aangegaan. op maak vir ‘n mens se geboorte. aiia

  10. Yip, seker ook beter want die klippe praat nie terug nie… of wel gewoonlik nie.

  11. Sy het seker maar gewag tot jy genoeg geld het om vir die operasie te betaal. “After all” dit is tog jou skuld dat sy nou so krank is.

  12. Boernig

    Eh eh! Rosa wilderosie, jy kan bly wees sy`t jou nie gevang en aan die nek rondgeruk nie!
    Se vi Mammarosa sy moet al die jong dokters tjaaf en ha asem ophou as die swart rubberbal oor ha gesig gesit word. Sterkte vir die paar maande wat voorle pre-op en al die jazz wat daarmee saamgaan.

    Eish! My kinnirs moer my trug!

  13. Mefri

    LOL @ Boernig. Mammarosa klink tog te skattig 🙂

  14. Ughh, ek moet ook elke dag hoor van my ma se “siektes: a.g.v. al die kinders wat haar liggaam opgedons het. Laat ek liewer stilbly.

  15. My ma ly gelukkig net aan stres as gevolg van my…. “Maar eendag gaan jy my nog ‘n beroerte gee!” hoor ek gereeld en daardie dag vrees ek met ‘n wilde vrees! Sterkte vir jou Roserasie, jel ek het my ma 3 jaar terug versorg na ‘n groot rugoperasie, toe sy op die been was, was ek gereed vir ‘n inrigting, pregnant en all!

  16. DMI: praat hulle nie terug nie???…..o

    Rustig: ehe..ehe

    Boernig; ek wens my ma wil die dokters (of enige iemand met geld) tjaaf….ek wens. ja dit is my wens vir 2010. dat my ma met ‘n ryk man trou.

    Mefri: ek pos haar vir jou, epos was jou adres. dankie baie.

    Koeksister: LOL

    Pikkie: my ma ly aan stres maar sy ontken dit, maar as die honde blaf hop sy ‘n meter hoog. Ek is gereed vir ‘n inrigting na kersfees maar asb asb asb net nie swanger ook nie!!!!

  17. Mefri

    LOL, ek het eintlik na die naam ‘Mammarosa’ verwys, maar pos haar gerus na my, dan kan jy ‘n blaaskansie kry of wat seg ek mmm, maar as ek lief word vir haar dan gaan ek haar hou hoor! 😉

  18. Rosa, jy dink jy het `n probleem. Ek stuur my Skoonma sommer op haar eie besem vir jou dan praat ons weer.
    Shit, hoekom is oumense so moeilik?

  19. @ Louwie… want ek dink hulle glo dit is hulle reg… maar ek moet bysê my oupa is cool en sonder sulke draadwerk.

  20. Hierdie klom Koreaanse ou tannies en ooms is ‘n heel ander storie! Hulle foto’s is langs moeilik in die woordeboek!

  21. Tannie Roos…. leef jy nog?

    Wat van jy stuur vir mammaroos met vakansie….ALLEEN?

  22. Nee kyk suster, kak sal jy kak, sy sal daarvoor sorg.

    😉

    xoxo

  23. Luci! liefde en hugs en kisses vir jou!! sou bly om jou te sien

    Girl: my ma sal verdwaal alleen met vakansie, ek leef..ja.

    Kaalvoete: ek sal dit goed glo!

    Mefri, jy is baie sweet.

    Louwie: daai verstaan ek nie. daai streep moeilikheid

    DMI: nee almal issie so nie. flip ek hoop nie ek word soos my ma nie.

  24. Rosa… ek hoop ook nie jy word soos mammarosa nie, want waaroor gaan jy dan blog ❓ 😯




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: