Kersfees wat gly

Ek kan christene se frustrasie met die verval van kersfees verstaan, werklik ek kan. Ek verstaan die bedoeling van die fees en wat die geestelike waarde vir daarvan vir christene moet wees, ek is allermins in ‘n christelike huis grootgemaak.

Jaar na jaar kan ek sien hoe hulle fees eintlik vertrap word deur ander simbole seker onder meer deur  ‘n reuse mag van kapitalisme, hoewel ek ‘n voorstander van kapitalisme is. Tog voel ek dat religie en alle vorme van theisme in ‘n groot mate apart gehou behoort te word van die ekonomie en ander skole van denke.

 Gee stop nie net by die naastes van my gesin of familie nie.

Om te gee en liefde te ervaar, is deel van kersfees, tog word dit tot die uiterste bedryf. Om te gee beteken vir my om ook kan ander te gee, soos aan diegene wat minder as jy het, wat ook diere in nood en die natuur in geheel insluit. ‘n Donasie aan die WWF of nader aan die huis, soos die DBV beteken ook vir my ‘n kersgeskenk, omdat ek as mens ‘n verantwoordelikheid het jeens ander organismes. Ook jeens armes, ouer mense wat swaarkry, kinders en diegene wat uitgeworpe is deur die samelewing. Diegene wat jesus hom oor ontferm het  – minderes.

Ek het nie die antwoorde oor wat met kersfees gebeur het nie, waarom ander simbole dit vervang het wat vir christene belangrik is nie, sowaar ek weet nie. Maar ek kan sien dit die rituele wat eens sentraal was stoei vir plek, en ek kan die frustasie verstaan.

Net soos ek soms frustreed kan voel as my skool van denkwyse en dit wat sentraal vir my staan verkeerd vertolk word omdat mense dit nie probeer leer of kennis daarvan bekom nie en net aanvallend raak.

Mag daar altyd ‘n plek wees vir almal se denkwyses in ‘n nuwe wereld waarin ons almal bereid is om na mekaar te luister. En mag alles bewaar en behoue bly, sonder fundamentalisme en sensuur want dit stol kennis. Mag elkeen toegelaat word om voort te bou en te ontwikkel wat hy belangrik ag, omdat elkeen van ons die vrye wil in sy lewe mag behoort uit te oefen.


  1. Andrew

    Net soos kersfees ouer rituele oorgeneem het so sal nuwes in die toekoms ontstaan en dié van kersfees vervang. Dis die lekker ding van rituele, jy kan lewendig hou wat jou pas en uitgooi wat jy wil verander. ‘n Darwin boom byvoorbeeld, versier met trilobites en ander eksotiese organismes, mag dalk die huidiglik tradisionele een vervang. Vir ‘n spirituele ervaring kan ‘n mens dan net ‘n paar Latynse woorde daaroor uitspreek, en siedaar …

    Merry Merry. 😆

  2. Goeie inskrywing Rosalind!

    Maar ek dink net vir ‘n klein groepie is dit wat volg op Christendom ‘n verligte lewensbeskouing wat op wetenskaplike insigte gebou is. Vir die massas is dit wat volg op Christendom net consumerism.
    En vir die wat nie veel het nie, bestaan consumerism om honger te sit en kyk na die swembaddens, karre, wit armbandjies (make poverty history – campaign) en eindelose gevreet van die wat het.

  3. Ek hou van Krismis, het elke jaar `n boom en liggies. Kersgekenke van R20 vir almal die jaar en 3 paar sokkies vir die boemelaar op die hoek.
    Was selfs vir die eerste keer die jaar weer in die kerk. Onsinnige preek maar pragtige kersliedere.
    Is `n mooi en edel tradisie, `n goedvoel fees. Is grootliks `n onsinnige lewe.

  4. Hoop jy voel nou al bietjie beter❓😆
    Yip, “gee” is nie net die geskenke aan die familie en vriende nie… dit het eintlik half betekenisloos geword. Die werklike “gee” gebeur aan die wat minder as jy het, en ‘n stukkie kos betekenisvol vind. Daar is mense daarbuite vir wie selfs ‘n telefoonoproep duisende rande werd is.

  5. Jippie!!! Tannie Roos het die krismis songs oorleef! :mrgreen:

  6. Vir ‘n feesdag wat nou al die beste deel van 2000 jaar gevier word is dit eintlik verstommend hoe eg dit die oorspronklike boodskap steeds uitdrae. Dit is noodwendig dat daar diegene sal wees wat dit probeer verander of probeer gebruik vir eie gewin, maar vir Chrisene dwars oor die wereld bly die boodskap van Kersfees steeds dieselfde.

  7. Vir Christene sal Kersfees nog altyd vir hulle beteken wat hulle wil hê dit moet wees. Maar vir honderde jare vier nie-christene ook hierdie tyd as ‘n feestyd waar hulle presente kan uitdeel, saam met hulle families kan wees en waarom nie?

  8. Ek moet egter erken dat ek in die laaste paar jaar vreeslike gly gekry het in Kersfees en hoe dit gevier word. So ver ek kan sien is daar absoluut geen boodskap van vrede of hand uitsteek na jou naaste nie. Enigste boodskap is kyk hoe vinnig ons kan geld maak deur met ander se gevoelens te speel. Dan wil ek nie eers praat oor die kunsmatige tooisels en die kunsmatige vrede wat die “made in Hongkong” engeltjies en Jesus in die krip beeldtjies weergee nie. Veral in die tyd waarin ons nou leef en daar baie mense is wat noustrop trek agv werk verloor ens. Dalk is dit tyd vir ons as mens om op te hou vir mense te sê ek bid vir jou dat dinge beter sal word. Dalk minder bid vir ander en liewer iets doen vir die mense en so die boodskap van Kersfees uit te leef.

    My ouma het eendag dit vir ons as kinders gesê: ” You can pray for a handmade wooden rocking horse, but do not be annoyed with God if he gives you a set of carpenter tools!”

  9. Dankie vir almal se kommentare, mag julle ‘n wonderlike 2010 he, vol liefde en mag ons almal die lewe leef.

    (ps. en aan al die mense daar buite wat klappers skiet op oujaar en nuwejaar ek hoop julle is hardlywig vir ‘n maand, mag julle holle vreeeeeslik pyn. want dit maak honde, en katte en perde, bokke, skape en alle diere en bang. baie van hulle kry seer.)

    o ja,,,daai ou ons straat wat dit elke jaar skiet. ons gaan vanjaar weer die metro-polisie bel en jy gaan weer ‘n boete kry.

  10. Ja R, Kersfees het gekom, en gegaan. Ek sukkel elke jaar meer en meer om die kersfees gees te “vang”.

  11. ek moet se, ek het seker 30 jaar laas die kersfeesgees gevang… om eerlik te wees.

  12. Andrew

    Het daai ou toe hierdie jaar sy les geleer en nie weer crackers geskiet nie?

  13. Happy Happy vir 2010 Rosa!! Mag jou geluk so groot soos die 2010 budget wees.

  14. Liewe tannie Roos!

    Hoop die nuwe paar dae in die jaar het jou bietjie ruskans gegee!

    Happy-Happy and all the rest!

  15. Andrew, sowaar doodse stilte! En ek het teen 23;00 al geslaap.

    Dankie girl en dmi, mooi jaar vir julle ook.

  1. 1 Universele waardes « Wosonki

    […] Hierdie griffeltjie het begin as kommentaar op iets wat Rosalind geskryf het, maar later so lank geword dat dit van die punt begin dwaal het. Daarom doen ek dit eerder hier as […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: