Die trein na Malelaan (2)

Ek het nou amper iets leliks geblog oor kersfees, nee wees rustig niks oor godsdiens nie, maar oor ander goed. Soos dat mense kos koop asof die groot honger op ons is en asof hulle beplan in selfmoord te pleeg deur vreet.

Nouja nadat ek my innerlike uiteindelik versterk gekry het met voedsel op die stasie in JHB, ry die trein verder. Ons is al omtrent 12 ure laat. En die mense moan.

Ek het erge bedenkinge of al die oumense wel na JHB weer op die trein gekom het, want niemand luister nie, maar vra wel al die vrae oor en oor. Ons is veronderstel gewees om vanmiddag op Nelspruit in te trek – maar dis middag en wat ek sien is die Oos-Rand.

Drink maar weer wyn.

Laat-laat in die nag kom ons by Nelspruit aan waar ons aandkos al so oud is, dit kon netsowel die volgende dag se oorskiet-middagete gewees die. Die oumense se hulle gaan nie van die trein afklim om te eet nie, want dit is laat, koud en weer eens te laat.

Maar toe daai trein intrek by die stasie waar ons kos wag, toe storm hulle soos ‘n trop leeus op daai kos af. Weer eens kry ek omtrent laaste kos. Dit is net onmoontlik om in ‘n ry te staan, hulle staan in ‘n reguit bondel en beur na vore.

Die volgende oggend moet ons op busse na die wildtuin klim, vir die dagtoere en saans slaap ons steeds op die trein. Ons word mooi ingedeel volgens die treinwaens in die busse. Aikona, by die eerste stop, klim almal behalwe ek en omtrent 3 ander, in die verkeerde bus…

Chaos. Die spul spring aan mekaar oor wie die beste plek het, waar om hul kissies advokadopere en naartjies te stoor, wie wanneer kan PP en by watter kitch curio-shop gestop moet word.

Daar is ‘n kameelperd! Waar? Ek kan hom nie sien nie! Daar is hy!!!! Maar waar. Ag fok.

Daar is ‘n bok!! Waar? Daar! Dit is nie ‘n bok nie. Dit is! Dit is nie! So gaan dit. Aan en aan en aan.

Salig laat ek die kalmeerpil in my keel afgly, nee so kan dit nie.

Advertisements

  1. Ek sou ook die kameelpil (soos ‘n vriendin dit noem) gesluk het of dalk moes jy eerder vir al die ou mense die pille gevoer het?!

  2. Voer hulle dagga muffins met “groen-tee”, rustig sal hulle slaap vriendin 😆

  3. “…selfmoord pleeg deur vreet.” Ai hoe laat jy my nou skuldig voel. Krismiskoek, roomys, mince pies, roomys, gebraaide skaapbout, roomys, triffle en vir nagereg, roomys… wat kan ek se, ek is skuldig.

  4. deurdiewoes

    Ou mense maak my ongemaklik voel, dunno why. Daar was net een wat ek regtig egtig voor lief was. Haar oumens vel was so sysag as ek haar gedruk het. Elke ou haartjie op sy plek. Altyd uit gevat asof sy kerk toe gaan. En ja, sy kon lekker moan. HEHE.

  5. maxie

    O jinne, hier kom ‘n ding 😆
    Was altyd baie lief vir oumense tot ‘n dag in PnPay toe dit pensioners’ day was 😯 en horror…

  6. Plaasjuppie

    “…selfmoord pleeg deur vreet.” Steeds een trappie hoër op my skaal as al die geld spandeer op duur geskenke en flippen klappers vir oujaar en dan kry die kinders en die hond honger vir die res van Januarie.

  7. PJ, jy doen dit altyd, en ek wonder hoe kry jy dit reg…
    Jy slaan die spyker so op die kop.

  8. Kaapse Vonkel, Rosalind, Kaapse Vonkel! Dit is al wat werk vir grumpyness hierdie tyd van die jaar. Neem in na behoefte, en jy sal met ‘n pa-rum-pum-pum-pum in jou hart deur die Pick ‘n Pay seil.

  9. 😆 @ salige kalmeerpil…

    Holiday from hell, he, Rosa? 😉

  10. 😆 Sien, dit staaf net weer my storie oor ou mense en kos.
    My beste reëltjie:
    “Drink maar weer wyn.”

  11. Tannie Roos… Imagine jy het nou nie ‘n kalmeerpilletjie gehad nie… hoe dan gemaak? 😕

    Oumense is dierbaar maar is soos diere in die dieretuin… Nie een moet vrygelaat word nie. Hulle moet hulle goedjies in die week gedurende die dag doen… :mrgreen:

  12. Liewe Tannie Roos

    Ek weet jy hou nie van kersfees en al die tinsel en songs en ho-ho-ho nie!

    Maar geniet tog die af dag regardless!

    Mooi kyk na jouself

    x x x 😛

  13. Roos… diep asem in……uit…..in….uit…..
    My wense vir jou is ‘n wonderlike, rustige, gesëende saamweesdag.

  14. Ek het die postings baie geniet Rosalind, die kalmeerpil wat so afgly in die keel klink salig… 😉

  15. Ha ek het altyd ‘n kalmeerpil byderhand, altyd mens weet nooit wat gebeur nie, nooit. Its a girl’s best friend after diamonds!

    (Die trein na malelaan 3 kom nog..die reis is nog nie oor nie!)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: