Die trein na Malelaan (1)

Vyf-uur daai oggend, jare gelede, toe ek al die oumense op die Kaapse stasie sien, wonder ek: Hoe het ek nou weer hier beland? Ek kan nie so lekker onthou nie, maar ek het ja gese.

Ek en seker 350 oumense. Net oumense. Op ‘n trein vir 10 dae van Kaapstad tot by Malelaan. Shit.

Paniek tree in (ek is nog okay) wie klim waar in, wanneer ry ons, waar PP jy, poefie mense in die ding, waar is die bad? Oh is hier nie ‘n bad nie? “As ek dit geweet het, het ek nie gekom nie”. moan die spul al klaar.

Nou waar is my kajuit? Vra 350 gelyk? Dit ten spyte van die feit dat elkeen se naam in grootskrif op die kajuit of coupe se deur geskryf is.🙂

Dank vader, in my coupe, en doef toe met die deur. Stile. Nee, die “mure” is so dun ek kan alles hoor wat die oom en tannie vir mekaar langsaan se.

Niemand het my gese nie, of ek het seker nie gelees nie, dat ons eers vanaand stop vir kos. Geen eetsaal. Ons eet van die trein af. Okay dankie. Dan drink ek maar.

Vaal van die honger kom ek aan by die eerste ete. Ha! Lekker die spul kon mos nie lekker geloop kry op die perron nie. Kla, rugpyn, verkeerde skoene etc. So, ek kan lekker voor hulle uithol om eerste in die ry te staan. Wa! Nee, al hulle skete en kwale is weg, die stof staan in die grondpad soos seker 50 van hulle veeeeeeeer voor my laai waai. Okay.

En nog 20 druk voor my in die tou in. Elmboog my uit die pad, en kyk net doooeeerrr voor hulle uit.

Uiteindelik kry ek so taaierige stuk vleis met pap en vleis. Teen die tyd het ek ‘n bottel rooiwyn op ‘n leë maag in.

Ai maar die lekkerste-lekker is die nag se wieg-wieg hier deur die Karoo, soos slaap in ‘n sakkie op jou ma se rug. Swaai-swaai. Ek sal elke nag van my lewe op ‘n trein kan slaap.

05:00 am toe staan daai oom en tannie langs my op. Kadoef met die deure en die banke. Waarheen gaan hulle? Nie lank nie toe is die res op en af in daai trein. Hulle skrop nes en hulle borsel.

Hallo? Ontbyt is in Johannesburg op die stasie. Wat de?

Slaap verder. Ek skrik 9 uur wakker en sien, maar ons is ver van Johannesburg af. O sorry ja ons moes in die nag stop en wag vir ‘n ander trein.

Toe ons middagete vir die ontbyt opdaag toe vreet ek soos ‘n komadoewurm op daai stasie en koop sommer nog kos vir die res van die reis.

En ek loer vir die ooms en tannies en hulle loer vir my

Kyk ek is gek oor oumense, maar die lot is nie net oud van gees nie, maar misbruik ook hul ouderom vir allerhande verskonings om mislik te wees. Dit was eers later wat ek die die lekker tannies op die trein ontdek het.. . . (word vervolg)


  1. Plaasjuppie

    Ek sê dit met die grootste respek . . . ouderdom gee jou nie lisensie om ongeskik te wees nie. Want dan behandel ek jou soos enige ander ongeskikte mens.

  2. Andrew

    My toleransie vir ou mense is baie hoog, ek hou van hulle al is hulle soms vol kak, dalk omdat my pa ‘n ou ballie was.

    En moenie dink hulle kan nie hoor nie, as jy fluister kan hulle jou op 300m hoor!

  3. Oelala! Word vervolg? Lekker, man! 😆 Ek vrek oor oumense. My ma se ‘gonsgroepie’ laat my, die wille een, soms bloedrooi bloos! 😉

  4. Treinry is een van die lekker dinge in my lewe. Ek kan ‘n hele vakansie op ‘n trein deurbring. Net jammer ons treine is nie meer wat dit was nie, tensy jy met ‘n toergroep ry (soos wat jy hier doen as ek reg raai).

    Oumense, ek is half bang vir hulle; seker maar omdat ek so sterk op pad is om een van hulle te word (he he). Speel sommer. Ek geniet hulle, maar ek weet, hulle kan m-o-e-i-lik word om mee saam te leef. Wag nou vir die “word vervolg”.

  5. Ek het ook lank terug een jaar vir ‘n vakansie so met die trein deur die Karoo gery en dit was hemels om in die nag deur die Karoo te gaan. Dit was pikswart nag buite en die sterre was so helder…

  6. calliefer

    Wanneer is jy n oumens?

  7. Boernig

    Dis `n lekker storie! Amper soos Transkaroo – kan jy onthou?

    Ek ken oumense van diep in die twintig`s en dan ken ek die ander oumense…my vriende, hulle wat my baie kan leer. By wie ouderdom relevant is.

    Natuurlik is daar ander soorte wat sommer plein oudword en die mottegifballe-stink hang oor hul hele wese. En ja Rosa wilderosie, darie dem elmboogstamp! Fokkit, ek ook nie tyd vir sulke kak nie.

  8. Boernig

    Ps. Op hierdie oomblik kuier oumagroot vir ons. Sy bly in Paul Jinikkelhuis vir gestremdes. Makeer eintlik niks,maar sit in `n rolstoel agv polio toe sy klein was. Wat egter effens pla (en soms skreeusnaaks is) is dat ouma Marthie nou Alzheimers het. Vrydagaand 18h gaan slaap sy, 19h00 skrik sy wakker, trek aan en kom sit reg vir ontbyt! En eergisteraand is sy in die gang af met die rolstoel, kom in die kombuis en ek vra wamee ek kan help? Sy soek toe die toilette…sug tog…die ene wat in haar kamer gebou is (oopplan nogals, sy kan hom sien)!!! Toe maak ek maar `n beker warm tee.

    Jitte, jitte, maar eks lief vir haar.

  9. Rosa: Ek het vir 3 jaar in aftreeoorde gewerk. Kos gemaak. Kyk so van dinge het ek min gesien. Elkeen het pyn of skeet as dit by kos kom. My ouma het gesê soos mens is as jy jonger is so word jy net erger as jy ouer word.

  10. Ek reken dit maak nie saak hoe dik daai mure kan wees nie… ou mense skree in elkgeval op mekaar oor hulle nie kan hoor nie!

    @ Boernig – Ek dink dit neem ‘n spesiale mens om met sulke mense te werk… ek sal nie kan nie want ek is ongeskik en sal myself nie van die vloer af kan trek van die lag nie…

    Ek self wil nie oud word nie.

  11. 😆 Rosa, neem jy my weer terug na daardie cruise wat ek amper verpas het. Kyk, daar was ook so ‘n groep van 100+ Duitse Geriatrics, wat seker nie kos in die ouetehuises gekry het nie…. maar my, soos jy sê as daar kos betrokke was was hulle soos ‘n spul aasvoëls wat op ‘n vars olifantkarkas afgekom het.

    Ek het partykeer net my kop geskud, en natuurlik op ‘n cruises kan jy die hele dag eet as jy sou lus wees, waar de moer bêre hulle al daardie kos? Ek onthou een spesifieke middernagfees, waar die kokke uit hulle pag gegaan het met die maak van ice-scultures. Hulle het ook die kos voorgesit in elke vorm van dier, en skepe gebou ens. asof mens sou dink dit was lego. Almal wil nog ooo en aaaa – maar nee, toe daardie groep arriveer het hulle niks gekyk nie, sommer so reguit ingespring en met die hande gegryp…..

    My respek was op die punt om van die boot af te bliksem… en ‘n paar oues saam te vat.

    Elk geval, sien uit na deel II

  12. Plaasjuppie: flip ja soms wissel my gevoelens dan kry ek hulle jammer as hulle so ongeskik raak en kry skaam vir hulle part en dan voel ek vies. weird

    Andrew: oumense is weird, bv my ma. sy “kan nie” trappie klim nie se sy. dit gaan hoes-en-poep. toe ons oorsee was vanjaar, maar sy woer teen die trappe uit oppad na iets wat SY graag wil sien/doen🙂 (dis so met die hoor ook)

    Vlam: as my ma ‘n “vuil grap” vertel dan lag sy agter haar hand🙂

    EkisAnna, welkom by ons! Ek wens ook ons treine was beter en dat mens vakansies so kon neem. Mens moet jou huis verkoop om op Rovos Rail te ry. ai.
    Ek is okay met oumense soms maak dit my bang, as ek dink dit le voor.

    Kaalvoete: Ek begeer daai Rovos Rail toer wat van kaapstad tot Dar-es-Salaam gaan. Imagine…

    Calliefer: Iemand wat oud van gees in die kop is.

    Boernig: ja eintlik beantwoord jy bg. se vraag. baie mense is oud gebore, is bad. Dis lekker om nog ‘n ouma te he, want nog te se van grootouma!
    (mind you ek het ookal so gaan slaap, wakker geword en gedog dit is ‘n nuwe dag🙂 )

    Rustig: kyk ek sal kook, die kos gee en se eet, hulle sal begin eet voordat hulle doodgaan van die honger. dieselfde met kinders.

    Girl: sommige mense is net doof as hulle wil doof wees.

    DMI🙂🙂 daai cruise klink wild. LOL @ olifantkarkas.

  13. Boernig

    Eh eh eh! Wilderosie @ nuwe dag! Moet se ek en die tweeling joke nounog met haar…ek se vir hulle (nog voorlat 7de laan begin) kom ons gaan slaap gou-gou dan kom eet ons weer!
    Wee jy wat kry my onner? Sy skyt ons uit die huis, want ha derms het iets in wat my lat dink aan kwaadwillige verlating van bactolibillis of darie goeie goggas wat kos verteer. Nou se ons elke keer as darie walm om ons kom dans:” Aggghhhuhuh, die leeu brul en dan hol ons sommer vir so wyle tuin toe.

    In die tehuis het hulle een kreupel ou gevang wat die dames se vuil panties steel en dan homself liefmaak daarop. Nou Ouma is HUGE man, HUGE! Toe sy haar een tent vanne pantie by hom kry, het sy hom goed pimpel en pers gemoer met haar “helping hand”, darie kierie wat `n soort knyptang vooraan het. Ek kan boeke skryf oor haar lewe.

    Ekself is van plan om 120 jaar oud te word en nooit groot te word nie.

  14. Ek het op ‘n stadium ‘n ou geken wat vir Rovos rail gewerk het en al die kick backs het my behoorlik jaloers gehad.

  15. Mefri

    Ag dis jammer dat die oumense ongeskik was, maar dit is dalk omdat hulle maar van altyd af so was. Ek wil bly wie ek is.. gonna, ek hoop nie ek gaan ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan oor my lyf vol skete en plooie gaan word nie.

    Rooskindjie, soos gewoonlik geniet ek jou post en die kommentare baie en ek sien opgewonde uit na die opvolg.

  16. BB

    Oumense wat oorbewus is van hulle ouderdom en dit misbruik as middel tot ‘n doel maak my vies. Oumense wat nie onthou dat mens geen ander kwalifikasie nodig het vir ouderdom as bloot ‘n lang lewe nie.
    Then again – hulle was waarskynlik hulle hele egoistiese lewe lank al so – hulle is net nóg erger omdat hulle lank genoeg gespaar is om die toestand te perfect😕
    ~ You can’t help getting older, but you can help getting an old fart.:mrgreen:

  17. Heehaaaa, Maak BB koninging van die ou-mense, sodat hulle lesse kan leer!!

  18. Middelvinger

    Mens kry ou mense en jy kry ou mense! My skoonpa, skaars 65 is ‘n knorrige ou moer wat heeldag by die huis sit en oor alles en almal moan- die bure se hond wat blaf, die bure se kinders wat te hard lag as hulle buite speel. Hy leef om te moan! Dan is daar ander ou mense soos een van my ou prof’s wat al naby 80 is en tans besig is met sy Ph.D in wysbegeerte- hy mag dalk ou wees fisies, maar geestelik is hy nog ‘n jong man.

  19. Rosa, Rosa, Rosa…. ek dink regtig jy kan FB vir ‘n rukkie los, en ten minste Deel 2 doen van hierdie storie❓

  20. LOL demoerin. Jy hou die blogospheer op sy tone.

  21. Ja BB, my vingers is al lam ge F5, en dit sal Rosa se skuld wees as ek van die klimmuur afbliksem…😆

  22. Tannie Roos is regtig besig om te oes en te saai en te maai en diere kos te gee en kersgeskenke toe te draai en om kefies te run! 😉

  23. Mefri

    Nee gits jong Rooskindjie, nou mis ek jou gesiggie darem veels te erg.

  24. Wel aangesien ons nou so lekker geignoreer word… hoop ek darem jy verjaar lekker!

  25. Tannie Roos… 😕

    Die trein het nou al drie keer hier verby gekom… Waar is jy?

  26. oe julle is baie snaaks, crack my op. kefies run en oes. ek is terug




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: