Bubble gum

Dit is seker ook apartheid se skuld๐Ÿ™‚ dat daar net Chappies en Wicks was toe ek klein was. Miskien het ander mense in ander lande lekker bubbles geblaas en gekou aan ander bubble gum.

Eintlik toe ek klein was, het ons ma’s nie so baie daarvan gehou dat jy Chappies kou nie. My ma het nooit ‘n rede gegee nie, maar het altyd gese, hoekom koop jy nie eerder toffies nie? Of yssies?

Nee, ek wil 20 Chappies koop. Chappies het destydes vreemde kleure gehad, dalk kom dit ook uit die polonie en vienna-fabriek. Hulle was sulke deurmekaar-kol-kleure. En net elke 50ste keer het jy regtig ‘n pienke of groene gekry. Tensy jy natuurlik die duurder lang stokkie-ding gekoop het wat jy so stuk-stuk afgebyt het.

Wicks het ook daai langes gemaak. En natuurlik die groter blokkies. Wicks het sy eie geur, niks is soos dit nie.

Ek is te bang om ‘n Chappie of ‘n Wicks te eet, ek wil nie my herinneringe besoedel nie. Ek wil hulle net so bewaar.

En daar was Beechies – maar dit is nie bubble gum nie. Dit blaas nie op nie. Dit was vir sissies soos my sussie.

Ek het eendag ‘n Chappie, of ‘n halwe gekoude een in haar hare geplant. Eintlik het dit gegaan oor daar die min plek in die kar was vir ons twee. Waar was die dae toe ons see toe gery het teen 80 km/h sonder aircon? G’n wonder ons het baklei nie.

Ek het vandag ‘n bol groen kougom getrap, daai getrek onder jou voet wat jou die onvermydelike laat besef.


  1. Andrew

    Admit dit maar, dit was die โ€œDid you know?โ€ waarvan jy die meeste gehou het. Ai die goeie ou dae van twee vir a sent.๐Ÿ™‚

  2. Hey tannie Roos…

    Ek onthou smiddae soos in laat middag…dalk vyf uur laat het die chappie deuntjie die nuus aangekondig… ietsie… ietsie… Chappies bubblegum!

    Ek looooovvve nog steeds daai do you know Andrew. Net jammer dat die meeste kleure altyd geel of groen is… Bleehhh… Ek hou nie van die geles nie, die geur kou te vinnig uit.

    Maar ek belowe tannie Roos die Wickses proe nog presies dieselfde!

    Dan om nie eers te praat van daai taai spul wat aan jou skoolwinter skouse vas gesit het as jou bene te naby die tafel was nie. Al ons skool bankies was van daai waar jy die tafel kan oplig om jou boeke in te sit.. so daar was nie baie spasie nie.

  3. Ja-nee. Danksy Chappies se “Did you know” weet ek dat al die swane in die UK die eiendom vannie Queen is. Het jy dit geweet? ๐Ÿ˜†

    My ma het ons VERBIED om kougom van enige aard te kou. Moes maar skelm by maatjies kry. Vandag oorkompenseer ek met my brood. Ek koop sommer ‘n hele sak Chappies vir my 6 jarige en sy maters. Hulle vreet dit in ‘n dag op. Iets soos 132 Chappies. Gelukkige kinnertjies, hulle weet dit net nie. ๐Ÿ˜‰

  4. Boernig

    Oeps! Ek verbied my twee nou om kougom te kou. Die hemel alleen weet waarom. Ek dink ek raak na so halfuur gatvol om na daardie koei-kou-bekke te kyk en met my nuwe gehoor hoor ek mos elke kou-tjap-klap, kou-tjap-klap. Ek haat dit!

    Nou met laasweek se intrepeneursdag kom hulle by die huis met R5 se tjappies elk. Dit het 3 dae gehou al het ek later gesmeek dat hulle die hele boel nou maar met een slag in die bek druk en klaarkry.

    Eh! Ek moes elke “did you know?” vertaal! Jeg!

  5. Oooeee. Verskoon die taal, maar toe ons kinders was, het “hulle” kougom koeliesnot genoem, om ons af te sit om dit te eet, maar dit het nie. Ons afgesit nie. Toe maak “hulle” ons bang en se^ as ons dit insluk, gaan ons derms knoop! My derms moet nou al iets vreesliks geknoop wees.

    Ek het eendag so groot bubble geblaas, toe bars dit en sit aan my ooghare vas. My ma het nie gedink dis snaaks nie.๐Ÿ˜ˆ

  6. Ek was ook ‘n baie groot chappies en wicks ondersteuner. Ek onthou daardie 2 vir 1 sent baie goed – En dan koop jy sommer so ‘n paar rand sin op ‘n slag.

    Ek het ook nogal van die “Did you know” gehou – Ek dink dit is waar my voorliefde vir feite vandaan gekom het.

    Sien, te danke aan chappies weet ek nou baie van allerhande goete vandag! All Heil The Great Chappie!

  7. ๐Ÿ˜† Sonkind – Ek dink my dems is seker ook nou nog iets allerverskrikliks geknoop….

  8. schabbers

    Heerder tog!!!!! Hoe ver vat jy my nou die geskiedenis in!!!!!
    Ons het leรซ Beechie boksies versamel en al langs die portretlys in ons kamers in gelid geplak!! Gekyk wie die meeste soorte kon versamel. Dit het lank gevat …. ons het net elke week 5c sakgeld gekry. Tot vandag toe nog is alle kougom …. beechies. Wil jy ‘n Beechie hรช????

  9. LOL Vlam…Ek weet dit… maar kon nie onthou waar ek dit gelees het nie…

    fanx… dit was seker op die chappie papiertjie! :mrgreen:

  10. Ek het my kind die dood voor die oe gesweer as hy kougom insluk, want sy derms sal knoop. En toe sluk hy per ongeluk ‘n stuk in en huil sy ogies dik, omdat hy sien hoe sterf hy ‘n pynlike dood. Sal my leer om so te lieg.

  11. Vicks chappies is my gunsteling en ek hou van die geel chappies, want hulle is altyd sag.

  12. Is ek oud as ek sรช dat ons 4 vir sent gekry by die Porra se groentewinkel. Dit is as die vlieรซ jou nie gemolesteer het in die winkel nie. Ek dink dit was baie opvoedkundige lekkers. Leer sommer so tussen die kouery deur. Ongelukkig was/is my ouers se kougom geduld uiters kort. So ons moes in die geheim kou. Ek verpes “bubblegum”. As jy met my praat terwyl jy kou raak my moer sommer “acid” en “like” jou sommer op daardie oomblik niks.

  13. O, en onthou julle daardie groot vettes. Bubbleloo of ietsie – wat mens sulke GROOT borrels kon blaas?

  14. @ Rustig….๐Ÿ˜† Seker dan 2 keer so oud soos ek, as ek net 2 vir ‘n sent gekry het… bwahahahaha.

  15. Ek gaan my ma bietjie vra wat was haar ding met kougom, want ek sien sy kou airwaves en goed deesdae.๐Ÿ™‚

    Dankie vir die deel van julle stories

  16. Atleet wat ek was, was ek versot op die reuk van Deep Heat, en Vicks bubblegum se smaak… Ek het soms gewens ek kan Deep Heat eet!

    My oupa het eendag teruggekom uit die dorp met ‘lekkers’ vir ons kinders. Elkeen ‘n lang-ding Vicks bubblegum!!!! En toe hy agterkom dis bubblegum, kon hy dit nie terugneem nie, dit was dan ‘n geskenk. Hel, daai vakansie het ons gekou.

    Ek het eenkeer met chappies in my mond aan die slaap geraak… toe sny my ma my hare seuntjie style, want ek het daarmee in my hare wakker geword!

    Die plaaskaffee op die hoek het chappies gehad vir 1/2c elk. Shit, met daai uittrek laaie wat so VOL van hulle gele het. Dan het ek ‘n ysie EN chappies gekoop van 5c.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: