Hoe kruis jy die pad?

Nou byna twee jaar gelede het ek gaan totsiens se vir ‘n vriendin in die hospitaal. Nie in soveel woorde nie, maar beide van ons het geweet. Tog, het ons lekker gesels oor haar lewe.

Rosalind, het sy vir my gesê, ek was in 50 lande in die wêreld. “Dit was wonderlik. Ek het die wereld gesien. Ek is oor niks spyt nie. Jy moet probeer om dit ook te doen. Soveel jy kan.”

Ons het gelag oor haar ervarings. Haar woorde oor Egipte: “Al wat verkeerd is met Egipte, is die Egiptenare,” het sy gesê.

Vandag verlang ek weer na haar, juis oor haar stelling.

Ek vra vir julle hoe kruis ‘n mens die pad? Hoe? O ja, die karre staan nie stil nie, hulle ry, en vinnig ook. Dit is die probleem

Die annder kant is ook vol…

Ry in ‘n ‘taxi’ ……

Lus vir bietjie shopping, fok waar issie mall? daar issie ‘n mall nie madam (okay het geweet daar is nie ‘n mall nie)

 


  1. Plaasjuppie

    Baie versigtig sou ek reken. Dan weer, met baie versigtig word jy waarskynlik in elk geval in jou moer gery.
    Sê maar, hoe kruis ‘n mens daardie pad? Het jy dit probeer? Reggekry?

  2. Seker soos ystervarkies liefde maak? Baie versigtig? 😆

  3. 😆 @ vlam…..
    Ek het gehoor jy staan maar in die middel van dei bondel tussen die locals…. knyp jou oë toe en loop as hulle loop, dis amper soos toe Moses die water geskei het.

  4. LOL, of soos party mense: Toe hulle vir die taxibestuurder se ek gee jou $20, dryf my net 800m ver en hy se sowaar nee! dit is te kort, toe se party mense; jou *&^&%$ ook in afrikaans.

    toe staan ek maar langs 2 vroue, haak by hulle in en daar gaat ons oor die pad! en smile en se die hele tyd “thank you”.

  5. DMI: die probleem is hulle loop een-een en twee-twee, so jy trippel maar so saam met hulle- op die ystervark manier van Vlam

  6. 8wat

    Ding styl: steek jou arm en hand uit en stap – fok, die een wat wil raakry, moet maar so maak. Nee, gits, ek is bolliepoefbang om ENIGE straat te voet oor te steek – al vir jarrrrrre. Nog een van my vele fobies. Maar moenie vertel nie.
    Ek verstaan daardie dink aan; daardie kosbare herinneringe. Ek verstaan ook daardie van loop groet, sonderom aan te kondig ek kom groet, maar te weet: hierdie is laaste sien. Die lewe gebeur darem maar net, ja. Gits.

  7. Rosalind, jou pos bevestig maar net weer iets wat ek lankal besef het en moet aanvaar: ek is nie gemaak vir die derde wêreld nie.

    Good grief! As voetganger sal ek road rage kry.

  8. maxie

    Genade😯
    Dit sal my stapelgek maak, regtig.
    Kan my die geraas net indink.
    Roos, hoe klink dit?

  9. 😆 …. Imagine dit Voetganger Padwoede….

  10. O, nee tannie Roos… Hoe dankbaar is ek nie dat ek nie daar bly nie… 😕

    Ek sal geld saam my dra… en dit so eenkant toe gooi, dan maak die pad oop soos die rooisee… 😉

  11. Maak soos die Koreane. Steek jou hand in die lug en hardloop!

  12. LOL@ kaalvoete, ek het gehardloop maar vergeet om my hard in die lug te steek.

    Girl: daai is nou ‘n goeie idee gooi geld! ek gaan dit onthou vir volgende keer.

    DMI: Eerder Voetganger PadVrees, die mense is almal soos verskrikte bokke. AL die karre het stampe in, wonder hoekom?

    Maxie; Hulle toet die hele tyd, 24/7. Ek was op die 13de vloer van die hotel en kon steeds aldag heelnag die getoet hoor, erger as New York. toet-toet-toet. Om te toet beteken jy gebruik jou flikkerlig🙂

    George: Ek beloof jou mens raak bang, jy steek ‘n grens verby kwaad oor as die taxi-drywer met sy knit-one-slip-one-tande ry sonder een hand op die stuur.

    8wat: ek het ook gedink, wel ek loop maar. die probleem is ek neem altyd baie goeie, duur mediese versekering uit. in lande soos die gaan dit jou f-ol help, want niemand gaan die ambulans bel nie. hulle ry die hele tyd teen mekaar vas en dan ry hulle net verder.🙂
    of jy leef of jy gaan dood – wet van die boendoes ne?

  13. So, het dit toe 10 minute geneem om die pad te kruis, Rosa? Of langer?😆

    George – as mens nou voetganger rage kry, wys jy ook jou middelvinger?😉

  14. Nee Sonkind… ek dink dit is waar daardie duike in die karre vandaan kom!

  15. Ek weet nie meer nie, Sonkind, tyd het stilgestaan weens vrees.🙂

  16. Boernig

    So twee jaar terug was dit ook sulke tyd dat ek die pad moes oorsteek. Dis was ongelooflik hartseer oor ons altwee geweet het ek is die voetganger en hy in die vinnige baan in `n motor. `n Week voor sy dood kon ek woorde uit my hart kry en `n brief met al my dankies en al die ongelooflike lekker tye neerpen en oor hy so mooi na my ma kon kyk. Toe stap ek oor die pad en hy ry verder. Maklik was dit nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: