So bou ‘n mens mos

Dit is eintlik moeilik om te glo wanneer jy voor dir Groot Piramide van Khufu (of Cleops) staan om te dink hy het met die projek begin 2550 v.C. en dit het net 30 jaar geneem om te voltooi. Daar is 2,3 miljoen rotsblokke tussen 2,5 ton en 15 ton – die piramide toring 147 m hoog. (links op foto)

Mees interessant is om binne-in te gaan, teen ekstra koste, om teen die steil trappe teen ‘n hoek van sowat 30 grade in die tonnel te klim. Die houttrap is sowat 100m lank, en dan kom jy by die blokke wat destyds in plek gesit is om die grafkelder van die faro te beskerm. Daar was 4 van die blokke en die is intussen verwyder, om deur die spasies te kom, kruip jy deur ‘n holte van sowat halwe meter hoog tot by die volgende een.

Uiteindelik kom jy by die kelder en die sakrofaag (wat leeg is), maar dit is fantasties, want die ruimte is so ontwerp dat dit natuurlik nie ineenstort nie. Jy staan dus in die hart van die piramide. Ek het net so rukkie daar gestaan en die atmosfeer ingedrink, totdat dit te benoud geraak en ek weer uit is om asem te skep.

Kkuhu se seun, faro Khafre het die tweede piramide (middel op foto) teen 2520 v.C, asook die Sfinks gebou. Die Sfinks bestaan uit een enkele blok en is 70 m lank en 20 m hoog. Half-mens, half-leeu – en hy waak as beskerming oor die kompleks.

Die derde piramide, gebou deur faro Menkaure teen sowat 2490 v.C (heel regs)

Alles hier is al gesteel in antieke tye. Hul beraam sowat 30% van die skatte, en grafkelders le nog onder die sand.

Antieke Egipte het verskeie eras beleef waarin baie transformasie in kultuur, samelewing, godsdiens en regering plaasgevind het. Die beskawing het bestaan van 3150 v.C tot 31 v. C met die inval van die Romeine.

Verstommend mooi en indrukwekkend.

Anekdotiese observasies van ‘n reis in Egipte deur buitelander(s), geslagsverhouding teenoor mate van plesier.

1 x man alleen in egipte = 95-100% pret, net jammer my buddy is nie hier nie.

10 x mans in egipte = 100 % pret, wonderlikse plek op aarde

10 x vroue in egipte = varieer agv persoonlikheid, land van oorsprong – sal tog probleme ervaar weens afwesigheid van ‘n enkele p—l in hul teenwoordigheid. gevaar van middel-misbruik bestaan weens frustrasie, tog is daar safety in numbers.

10x vroue in egipte, vergesel van ‘n 16 jarige seun = reis aansienlik vergemaklik, aangesien direkte kommunikasie net tussen man en man geskied, selfs al is die man ‘n seun.

1 x  vrou  alleen = chaoties, word emosioneel en fisies tot die uiterste beproef. moontlike middelafhankliheid kan geskied. Woorde soos: “sit still there”; “you keep quite now”, ” you listen to me” en “no! taxi don’t go” sal herhaaldelik gebruik word.

 


  1. Welkom terug tannie Roos!

    Hoe wonderlik is die argitektuur nie… ek staan stom oor hulle so goed kon bou en wiskundig kon bereken.

    Was jy alleen daar gewees?

  2. Snaaks dat ek nog nooit ‘n brandende begeerte gehad het om Egipte toe te gaan nie… Of liewer, van wat ek al gehoor het, wil ek eintlik net land, piramides toe jaag en weer terugklim op die vliegtuig…

  3. Sjoe, daardie kiekie met die 3 piramides is baie mooi!

    Dit is maar die ding met reis in die vreemde – jy weet nooit werklik wat om te verwag tot jy dit self beleef nie – Wat dit na die tyd maar net deel maak van die herinneringe, al was jy dalk nie op daardie oomblik so ingenome nie.

    Oopkop – Want nêrens anders gaan dit dieselfde wees as in jou huis nie, nie eers by jou bure nie – wat nog te praat van ‘n ander land!

  4. Girl: ek was vir eerste paar dae daar om 2 lesings aan te bied by ‘n konferensie in alexandrie, toe was daar darem ander mense. maar die laaste 3 dae in cairo was ek alleen.
    dankie vir die welkom

    Netjane: jy slaan die spyker op die kop: vlieg in, land, sien die piramides, die museum (die mummies was pragtig) en die basaar en weg is jy weer.

    DMI: ek is nogal ‘n geharde reisiger wat nie bang is vir explore nie, maar die ene was wild!!
    inderdaad die ene le ook nou in my biblioteek van onthou vir eendag, wanneer ‘n mens net memories het. diep gebere sodat ek dit later weer kan besoek.

  5. Hier was so paar maande terug ‘n groot uistalling oor Egipte in Seoul en dit was stunning. Dit was ook die eerste keer wat hulle ‘n regte mummy kon uitstal. Ek sal dit egter eerder in Egipte self wil ervaar.

    NS: Ek dog die aliens het die piramiedes gebou😉

  6. Ek voel soos Jane: wil net jaag om die piramides te sien en dan weer waai. Dit moet tog jou asem wegslaan om in so ding te staan wat eeue gelede gebou is en nog steeds sterk en stewig staan? 😯

  7. Vlam, dit het my asem weggeslaan, omdat daar nie sement gebruik is nie en omdat die ding nie ineentuimel nie. die blokkie is presies-presies geskuur. regtig pragtig.

    kaalvoete: die mummies was werklik nice. ek kon nie ophou kyk en staar nie, na die gesigte, die vingers en die tone. amazing. tot party se tande het uitgesteek.
    mens kan dit nie glo nie.

  8. Andrew

    Jissie maar jy jol baie rond … is jy terug of blog jy uit die buiteland?🙂

    Het lekker gelag vir jou observasie studie, veral die “10 vroue” gedeelte.😆

  9. Andrew

    So bietjie off topic, ek babysit hierdie week by iemand wat DSTV het en soos die geluk dit wou hê is dit Darwin Week op BBC Knowledge. Die eerste twee programme, “What Darwin didn’t Know” en “Darwin’s Struggle”, was baie goed. Ek het nie ‘n program rooster nie maar ek verwag die res van die week se programme sal ook 19H30 begin.

    Maak baie popcorn, sit jou voete op die koffie tafel en enjoy.

  10. 8wat

    “Verstommend mooi en indrukwekkend.”
    Inderdaad.

  11. Mummies is die shit! Soos gewoonlik kon mens nie foto’s neem van enige iets nie, maar ek kon darem die mummy steel😉 Hulle jou jou met valksoe dop en agtervolg jou oral…gelukkig het ek nou al die truuk bemeester.
    Die oorspronklike kiste van die mummies is net so stunning!

  12. Kaalvoete LOL, ja steel ‘n mummie en speel met hom by die huis. Jong ek is nogal ten gunste van geen foto’s nie, want die flash/lig is baie sleg vir hulle. Dit sal nie tien jaar wees nie, en hulle sal soveel skade kry.
    En al se mens “no flash photography” daar is altyd fokkirs wat niks omgee nie en steeds dit doen, ek het dit oral in europa ervaar, dan is die skade reeds gedoen. Ek koop maar die boeke in die boekwinkel.

    8wat: hallo daar😉

    Andrew: ekke is al terug. dankie ja, ek bekyk daai programme elke aand, is wonderlik, net wonderlik. ai wat ‘n jaar was dit nie!
    en bly om jou weer te sien!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: