Die nodige

dettol

Ek gril nogal vir sommige mense, en dus ook die plekke waaraan hulle raak en sit. Daar is baie mense wat deesdae nie meer vir my skoon lyk en ruik nie.

Ek wonder, as jou hare lyk of jy tjips daarin kan bak, en as ek wil opgooi as jy jou arm oplig, dan is ek mos redelik seker daarvan dat jy nie jou hande gewas het, nadat jy by die toilet was nie. Jy vat aan die hyser se knoppie en dan moet ek daaraan vat? Of nog erger, aan jou!

En as die snot uit ‘n kind se neus so erg loop dat dit op sy bo-lip saamkoek en die kind skuur teen my verby, dan wil ek die creeps kry. Kinders is die grootse germ-carriers op aarde.

Jy staan in die tou by die bank en die ou agter jou hoes: Reg teen jou kop vas! Die hare lig sommer op van die hoes-wind. Aaaagghhh. ‘n Miljoen virusse en bakterieë swem uit sy mond . .

Of daai kelner wat met sy vuil naels jou blikkie koeldrank wil oopmaak.

Of daai een wat op straat die slym in sy heel doer agter gaan haal, hom in ‘n bal rol in die keel en dan glorieryk soos ‘n projektiel vol TB en wat nog , dit op die sypaadjie skiet. Ek sien altyd daai bolle raak waar hulle lê en koudword.

Vandaar my gunsteling produk: Dettol se hand sanitizer, die beste. Gemaak met ‘n alkoholbasis, moenie die sogenaamde “natuurlike” produkte gebruik nie. Hulle huisves eintlik die mikrobes waar hulle lekker leef, eerder as om hulle dood te maak.

Wonderlik Dettol beskerm selfs teen sekere virusse.

Amper tyd vir my om oppie vliegtuig te klim. Egipte, lekker vuil….ek kan net dink🙂

 


  1. Dan lag die mense vir my as ek alkohol “wipes” soms saam dra en toilette vee en selfs ook messe en vurke. Mmmm! Dalk is daar ‘n skroefloos iewers in my kop!

  2. Mefri

    Ek weet dis aaklig om te erken, maar daar is hier en daar mense wat nie vir my moet koffie of kos maak nie, al lyk hulle op die oogaf skoon. Iets slaan in my keel vas en dan kan ek om de dood nie die die goed naby my lippe bring nie.

  3. Hier is dit nou so algemeen soos rou vis…met die varkgriep en al! Ek dink as hulle kon het hulle in die goed gebad! Laasjaar met die kleuters was ons almal gedurig siek, maar nou met die ouer kids is dit soveel beter.

  4. Maar Rosa…. hoeveel van hierdie dettol gebruik jy dan❓ Want sodra jy dit gebruik het, 10 sekondes later is jy tog sekerlik weer gekiem en bakterie. (Of laat dit jou net sielkundig beter voel?)

  5. Ek het al op Kaïro se lughawe se besonderse vuil vloer geslaap. Ek kon net nie meer wakker bly nie. Ek vermoed ek is nou nog nie skoon nie🙂

  6. Boernig

    Hieso sit ek, so moeg van vekoue of “iets”…lat ek nie eers lus is om my shnotneus te blaas nie. Hy loop sommer net so bolip se kant toe. My keel brand soos 10 koolstofies en my kop voel 6 keer die actual size. En waar het ek dit gekry? Skoolkinders!!! Ek moes laasweek help met konsert-konsert en nou speel ekself die hoofrol in hierdie dem sinuskiem-riller.

    So, of ek nou wil of nie (onthou, ek het ook kids!) ek erken dat kinders nie so higienies bewus is nie en sommige ma`s worry nie `n blou duit of hulle vuil kinders aan jou vat of nie.

    Ek gril nog voor ek myself kan keer!
    Ek hou van my eie kieme, dankie.

    Ps. Rosa. ons is helemal kunsmal in hierrie huis.
    Wens ek kon Egipte sien. Wag in spanning vir die foto`s. Moet net nie aan ou Tut vat nie. Ek vermoed `n moerse kiem op sy eie.

  7. maxie

    Oe, lekker gril ek nou!
    Ook vir daai een wat in haar hand hoes dat die spoeg spat en dan die kleingeld vir jou aangee… hou dit maar eerder, dis tog amper Kersfees👿
    En die kelnerin wat nie haar hande was as sy klaar is in die badkamer nie… ek is nie meer honger nie, dankie.
    Geniet Egipte!

  8. As jy nie doodgaan van die vuilgeit in Egipte nie, sal die verkeer jou dalk onderkry. Dit vat glo maklik 10 minute vir ‘n voetganger om die pad te kruis, as jy gelukkig is!😆

    Geniet dit anyway, Rosa😉

  9. Dettol droog net mens se vel so uit!

    Jitte Frankie, noudie dag by Muizenberg se stalletjies staan en kyk ek die ding so…die anties vat die geld, keur kleingeld uit, dan vat sy daai selle hande, en maak die hotdogs.

    Ek is oortuig ek het ‘n super immuunstelsel. Want anders was ek al vrek. Dood. Morsdood!

    DMI, daas mos Dettol seep wat vertel hulle is ‘All day Protection’!!! Frankie gebruik seker van daais.

  10. Dit is hoekom ek omtrent nooit restaurant toe gaan nie en ek koop ook GLAD NIE take-aways nie. Blegg!!

    Geniet dit in Egipte!!!🙂

  11. Jinne tannie Roos… jy travel darem lekker baie!

    Ek dra altyd ‘n buisie medisan in my handsak. Ek hou nie van die gevoel van vuil hande nie…

    My gat se deksel is natuurlik die deure in publieke badkamers. Sodra jy jou hande gewas het moet jy aan daai vuil handvastels vat (waaraan die een voor jou wat nie hande gewas het nie vat) om uit te kom… 😕

  12. sonkind: tien minute om die straat te kruis, nee wat dan klim ek sommer oor die karre se dakke. so lank kan ek nie wag nie. of kry iemand om my te jaywalk-abba.

  13. 😆 Rosa… nee, blykbaar knyp jy net jou oë toe, staan in die middel van die bondel en loop wanneer die locals doen.

  14. Hel, ek het gisteraand so lekker comment gehad, toe vergeet ek wat ek wou se…maar nou’s ek terug. :mrgreen:

    Moes eendag vir ‘n pappa my pen leen om ‘n vorm in te vul, en daar gaat daai pen van my reguit neusgat toe. En hy woel en wikkel hom so terwyl hy diiiiiiiink oor wat hy moet invul. Ek dink my gesig was ‘n studie van skok en horror. Ek kon nie glo wat besig was om met my pen te gebeur nie. En toe hy hom uithaal, was daar sowaar nie eens een droe snottie aan nie. Wil gedoen word.

    Walk like an Egyptian…and enjoy! 😆

  15. 😆 Vlam – Dit is ietwat disgusting.

  16. Ag Rosie moenie alleen voel nie – ek word nou geklassifiseer as OCD hieroor en ek hoor ook die gefluister agter-af ……. Bacillophobia. 😆
    Die fobia vir mense en hulle stink reuke word Brom….. hidrosiphobia 😆
    Nou hiermee het ek nie ‘n probleem nie want ek kan vreeslik aan die brom raak oor stink reuke.

    Ek het nou nuwe goed ontdek Sanurinse, dis ‘n potent disinfectant in ‘n spuit bottel, te kry by jou naaste apteek. Ek spuit alles!! 😉
    Geniet Egipte!

  17. yay!

    ek dag jy blog vir eers nie weer nie en toe ek hier land is daar sommer ‘n klomp posts🙂

  18. Johan: Ek was vir 3 weke weg en toe kom ek weer terug🙂

    Wippie: LOL, ek weet van jou kieme ding. ek spuit nogal nie die goed in die huis nie. dis net as ek in aanraking om met ander mense wat ek meen stink en/of is vuil.

    Vlam: ek sou vir die ou gese het, hou maar die pen vir jou gagagagaga.

    DMI: ja in die middel van die bondel en as ek aan die ander kan van die pad uitkom dan ruk ek net eers die bottel dettol uit om orals te smeer waar hulle aan my geraak het. (gelukkig het ek verlede jaar die meningitus-shot gekry)

    Girl: laat ons nie begin praat van openbare toilette nie. …. by sommige cool plekke is dit mos deesdae uniseks, en die mans PP altyd op die vloer! hoekom, jy het dan iets om mee te mik.

    Koeksister: ek gaan darem restaurant toe ek met net niks sien/ruik nie🙂

    Skoor: droee vel? oh wel ek smeer dit darem nie aan my wange nie.🙂 en die all day protection gebruik ek vir onder my arms.

    Maxie: die probleem is ons weet nie as hulle nie hul hande was nie….

    Boernig: natuurlik het jy die kiem by die kinders gekry, hulle wemel van kieme, yuk. ek sal probeer om nie aan die mummies te vat nie, maar dit gaan moeilik gaan, ek gril glad nie vir hulle nie.

    Rustig: ja die wipes vir die toilette is wonderlik, en nee ek lag nie vir jou nie, nooit.

    George: ek het al in Bamako gesit dat die so swart raak van die vliee, dan waai jy en dan raak dit elders swart en dan kom hulle weer. duisende van hulle.🙂

    DMI: ek gebruik nie so baie nie, net as ek travel in vuil plekke, vir die troos…

    Kaalvoete: ons kan bly wees die meksikaanse griep is nie ‘n killer nie.

    Mefri: veral die met die vuil hare.

  19. My sus in Chinaland het amper gedood die eerste maand of wat in daai land van die spoeggende geel mense. Sy sê hulle trek hom so diep agter uit die keel en plant hom op die sypaadjie. Daar is nie `n plek waar jy kan trap waar daar nie gespoeg is nie.
    My vrou staan anderdag en kyk hoe iemand in sy neus krap en die snot aan die reling van die roltrap afsmeer hier by ons. Ag tog hoe naar word ek nou!

  20. Die mans in egipte spoeg ook so…hulle gaan haal om diep in die keel.So dik ene, versamel hom soos wyn die die mond en whap hom dan enige plek.
    Sit en krap in hulle neuse asof dit rustige boeklees is.

    Maar dit is niks, niks. Dit is die verkeer uit satan se binneste wat HEL is. AB-so-lute nag!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: