Om in die pad te lê

Saterdagoggend. 3 Oktober 2009 om 08:00

Twee bergies vloek mekaar onder hulle ma se rokke in. Die ene is so dronk hy praat van: Jou ma se push.

Ek het die grootste gedeelte van die week van 6 tot 6 gewerk. Al wat ek wil doen is slaap.

Want more, moet ek weer werk, soos my ma sê: “Op die heilige Sondag”.

Een afdag en langs my ore breek die bottels en die bergies baklei, maar oor ‘n rukkie gaan hulle mekaar weer uit liefde bespring.

Die honde blaf.

Ons lê ‘n rukkie en hoop dit gaan weggaan. Die bekgeveg raak meer intens.

Eintlik gaan die rusie oor niks. Absoluut niks. Dit is Jerry Springer Suid-Afrika. Dit is net vloekwoorde in reekse sinne wat geen sin maak nie.

“Shut up!” skree ek sommer so vanuit die bed. Dit het voorheen al gewerk, die stem wat sommer so vanuit nerens gil. Dan is hulle heel verskrik oor die pratende muur.

Die keer help dit niks.

‘n Uur later moet ek gaan hare sny, klaar ‘n traumatiese ervaring vir my, want ek verpes dit as iemand aan my kop vat. Iemand het seker toe ek klein was ‘n hoed op my kop vasgemaak – waarskynlik my ma.

Die haarkapper is nog okay, ek en hy verstaan mekaar, hy weet hy moet nie my kop beswerm nie. Maar die meisies wat vir hom werk wil my net masseer van oor tot oor.

Terug by die huis se liefie: Dis doodstil hier buite. Die twee het uitgepass. “Maar die een se kop lê in die pad, wat as ‘n kar oor haar kop ry?”

En toe dink ek aan my Lief se hart.

En aan die arme mense se bestaan op straat, hul verdoemde alkoholisme, hul pyn en honger, hul siektes en die lewe wat hulle ly in plaas van lei.

Miskien moet ek nie volgende keer “shut up!” skree nie, maar iets ander doen, iets minder kwaad, iets wat my en hulle beter sal laat voel.

Advertisements

  1. Makliker gesê as gedaan Rosatjie.

    Laat ek gou met julle deel –

    Got a call from a charity that asked for some clothing for the starving South Africans…

    Fuck that I said, If they can fit into my clothes they can not be starving….

  2. 😆 @ DMI

    Rosa, wat het toe van die een met die kop in die pad geword?

  3. Andrew

    Ek hou van mense wat vloek. Tot dusver in my lewe was hulle die mees opregste mense ooit. Geen anal retention en hidden agendas nie. Selfs ou tannie XYZ van die karoo wat my begin vloek het as ek by haar voordeur stop met my geroeste bakkie.

    “Wat soek jy hier jou %&(#@, jou ma is so ‘n goeie mens en dan ry jy soos ‘n *&$% doos en maak %&@% stof voor my huis. Kom in, ek maak gou koffie.“ 😆

  4. Sigeuner

    Jis Andrew, dan sal jy van Boerseun hou…ek haat dit as hy so vloek. Dis blerry aansteeklik!

    Rosa, ek wonder soms WAT het gebeur as ek die bergies so sien. Dit tickle my. Maar ek sal norredem gaan vra nie.

  5. As mens so swart op wit vloek, kan dit maklik kommin lyk, maar ek wens ek kan sommige mense se manier van vloek oordra. Hulle doen dit so stylvol. 😆

    Ek wonder ook. Wat het van die een met die kop innie pad geword? 😯

  6. ding

    Jou lewenslens is so afgetrokke weemoedig passievol, weet jy dit, Frankie? Nee, dis retories bedoel 🙂
    Hierdie is een van die roerendste, tydlose inskrywings wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Dankie vir jou uitsonderlike vermoë.

  7. BB

    Ek sal met graagte jou kop masseer Rosie 😉 …en Rosie, daai Lief van jou verdien ‘n voetewas.

  8. En nie net dit nie. Alhoewel ek partykeer dink ek moet minder vloek. Ek is MAL oor mense se sêgoed: Toe ons in Upington was twee weke terug praat ons met hierdie laat 20’s plaasbestuurder oppe wynplaas oor hoe sleg die pad van die teer tot by die huis is:

    “Ja” sê hy “daardie pad is so sleg dit skud sewe dae se kos in een drol in”
    Ek het so gelag en sal dit NOOIT in my lewe vergeet nie.

  9. Oeg tannie Roos dis mos darem lekker as iemand so jou kop staan en vryf… Ek wens gewoonlik hulle wil nie ophou nie!

  10. Sigeuner

    Ek le ook partykeer met my kop op `n pad, maar ek vloek nooit. Nee vokkit, ek vloek nooit!

  11. Stem ek girlie, stem ek ook…. maar ek vermoed ons is dalk op ‘n heel ander vlak.

  12. Eina mooi inskrywing…. *druk ek Rosie se kop onder my arm in en vryf haar hare deurmekaar*… Ek grap sommer.. Elke een van daardie bergies – boemelaars – haweloses… het iewers iemand… wat omgee of nie omgee nie… Ek verstaan nie dat mense net kan verlore raak en niemand gee om nie….

  13. Jitte nou lyk dit of ek nie sin maak nie… Dis erg as jy net in jou eie brein sin maak…

  14. Ai maar dis lekker om hier te lees!

  15. DMI: ai wat sal ons tog met jou maak!

    Sonkind: nee sy is okay, het later brom-brom opgestaan. verlede jaar is een dood, in die hospitaal. hulle oorleef, leef, word siek, word gesond en gaan dood. maar soos almal van ons. ons ken hulle al – hulle bly langs ons 😆

    Adrew: LOL, Rosalind Franklin vloek vreeslik, vreeslik baie. is maar net soos ek dinge sien.

    Sigeuner: jy sal nooit die regte storie kry nie, al gan vra jy, hulle praat laaaaaang draaie.
    — en ja ek het ookal met my kop op die pad gele…maar dit was lank terug…weens ‘n Mai Thai…ken jy dit?

    Vlam; sy is okay, intussen het sy al weer in die pad gele

    Ding: dankie liewe ding.

    BB; asseblief nie my kop nie. nee ook aarde ek vat nie aan stink voete nie.

    DMI: fliipppp dis snaaks!

    Girl: neee ek sal sommer iemand se tande uitslaan as hulle aan my kop vat….

    Pikkie: ek verstaan dan mense so verlore kan raak, want ek glo mense oor die algemeen is nie nice met ander mense nie, ongelukkig

    Woestyn: dankie en welkom hier

  16. Ek voel ook soms lus om sommer net so in die pad te lê en met myself te gesels. Dalk is daar so “kommen” streek in my. Waar bly jy Rosa, sodat ek ook agter die muur met jou kan gesels terwyl ek lê. Ek deel my “Oom Tas” met jou!

  17. Sigeuner

    Rosa – die Mai Thai streek wat ek ken, is `n gevaarlike streek. Mense het al hulle nekke daar gebreek.

  18. maxie

    Jinne Roos, geen wonder jy smag so na stilte nie 😆
    Het eenkeer ‘n voucher gekry vir ‘n Indiese head massage, hou verby dankie….. Ek laat nie aan my kop en nek vat nie 👿
    “die lewe wat hulle ly in plaas van lei” Ai, mooi.

  19. Wat sal julle met my maak????? Mmmm, bend me, shape me, anyway you want me…..

    Eintlik, geniet eerder die kere wat ek wel hierdie week in ‘n goeie mood is… want ek het gister agtergekom ek het hierdie laaste week die res van die jaar se kwota vloek klaar opgebruik.

  20. DMI: my kwota vloek is baie groot, as ek ebucks op die verdien het kan ek al ophou werk het…10 jaar terug.

    Rustig: dankie vir die aanbod…hou verby 🙂

    Maxie: as ek ooit so voucher kry sal ek hom aanstuur vir jou hehehhe.

    Sigeuner: ek weetnie of ‘n streek is nie, maar mens raaks streeks van ‘n mai thai – die drankie.

    Mai Tai is Tahitian for ‘out of this world’. A blend of light rum, dark rum, triple sec, orgeat syrup, pineapple juice and sweet and sour make this drink true to its name!

    Net ietsie: Moenie 3 na mekaar drink nie, en indien jy dit doen: jy gaan in tale praat, ek beloof jou. En jy bene gaan net eenvouding ingee – want dan gaan jy in die pad le, voor ‘n eetplek in kaapstad.

  21. Sigeuner

    Ek praat juis van die ene wat nekke breek Rosa! LMGA!! Ek het al in `n klerekas wakker geword…toe ek 19 was. Nadat ons light and dark met bier gemeng het!

    Natuurlik is dit beter om voor `n eetplak te park. Dan kan jy ten menste daar bly le, tot die hongerte jou weer optel.

  22. In ‘n kas wakker geword, baie snaaks! toe ek 19 was het ek wakker geword by ‘n ander party as die een waar ek begin het, en nie geweet waar ek was nie….




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: