Ag vader tog

Is ek nog lus om te flippen blog, ek weet nie. Laat ek maar eers gaan dink daaroor, want die vader weet.

Ek wou ‘n prentjie van ‘n katjie opsit, maar die katjie wou nie stilsit nie.

So here goes, ek is ook nie lus om te onthou waar was die nie. Aaaag fokkin iewers in Europa. Miskien van Hitler se Eagle’s Nest af, miskien nie.

IMG_1326

 

ps. ek dink nie ek gaan weer ooit enige iets sê oor enige mediese sake nie, of enige siekte nie, want die fok weet lyk my mense wil deesdae eerder toordokters besoek en reiki laat doen as wat hulle allopatiese medikasie wil gebruik. well go for it!

Cheers!


  1. Rooskind, moenie oorhaastig besluit nie :-). Pretty please!

  2. let it be…hoekom jou ontstel oor wat mense besluit om te doen as hul siek is?

  3. Andrew

    Rosalind ek is nie ‘n violent persoon nie, maar as jy ophou blog dan klim ek deur die internet tubez en gryp jou aan jou gorrel. Jy het net ‘n kakkerige dag gehad okay, dit sal oorwaai. Plaas ‘n foto van ‘n ander katjie.

    Ek het vandag ‘n verlore eend uit die verkeer gered en gewens ek het ‘n kamara by my gehad om die storie af te neem en op ‘n blog te plaas. Die eend is nou oraait … jol saam ander eende op Superplants se gronde hier naby my sonder dat die eienaars eens weet hulle het nog een. Groot gronde, groot dam met eiland. :mrgreen:

    Hou aan blog.

  4. Tannie Roos ek se mos ek is jammer oor my vuurigheid!

    Moet ek nou in tale begin praat? 😕

  5. Tannie Roos ek se mos ek is jammer oor my vuurigheid!

    Moet ek nou in tale begin praat? 😕

  6. Jammer…. ek sien ek hakkel.. :mrgreen:

  7. Sammi

    Whahahahhaaahhaaaa!!! (Skies) Maar julle is almal blêddie snaaks!!

  8. 😆 Ag die kat wou nie stilsit nie. Toe kies jy maar ‘n berg wat bekend is daarvoor dat hulle nie sommer rondspring nie. Rosa, wees rustig anderdag is die katjie weer kalm dan kan jy haar afneem.

    Andrew dis tyd dat jy begin woer.

  9. Sigeuner

    As die berg nie na jou toe wil kom nie, laat die arend jou dan berg toe dra.
    Rosa – jissim Rosa. Vok die siekes. En sommer vir Sigeuner ook. Wat glo dat Boere-kunde en soms rate ook werk. Dom wetters hier!

  10. maxie

    Geen idee wat jou ontstel het nie, kom nou eers hier.
    Maar hier’s jou katjie, en kyk hoe mooi stil sit ek…. 😉

    Moet net nie ophou nie asb…

  11. Teen die tyd weet jy mos dat katte wil van hul eie het! Ek sal op die solder gaan kyk. Dink daar is nog ‘n ou opgestopte kat. Hy sal vir ure stil sit.

  12. Plaasjuppie

    Vandag was rêrig nie ‘n goeie dag vir enigiemand nie was dit?

  13. Asem in…asem uit…

    maar

    jy hoef darem nie te druk met die volgende kontraksie nie! 😆

    Hou net aan blog. :mrgreen:

  14. ding

    Iemand wie se mening Ding na onskatbare waarde ag, het gister ‘n posduif afgesluit met iets soos: … Stuur almal in hulle moere …
    Doen daai, Frankie – die wereld het soms drie goed nodig:
    1. Om gese te word – FOK jou!
    2. Om in des moers gestuur te word.
    3. Om oorweldig te word met ‘n omhelsing van begriplose geduld.

    Daar is altyd weer krag om aan te gaan na daai – dis deel van die prys van wysheid. Jy weet daai mos.

  15. Nokka

    Wat is allopatiese medikasie? S? Ek dink ek nodig bietjie van daais. 😳

  16. BB

    Blykbaar issit volmaan (gewees??) – dit jaag die test levels bietjie rond 😕 (ek weet want my stem is effe dieper vanmôre :mrgreen: – of dalk issit maar net die tot diep-ini-nag rooi wyn en menthols… Ah well, feel better Rosie, toe? Ek hettie toggie genoeg tyd vir tee van lavender en basil trek en ointment van speensalf en beeswax 12 keer regsom en 19 keer linksom klits nie…
    Nou’s daar ‘n girl by die werk wat KWAAI sukkel met aarbeie. Sy’t tot ‘n kussinkie – so ‘n ronde een mette gat ini middel. (die ding kos bleddie baie geld 😯 !) Ek’t haar gesê sy kon net gevra het – ek het nog Era se ou opblaas swem tjoepie! Anyways – die oom homeopaat reken dis van hardlywigheid, maar sy seg sy het soms ‘n spoelmagie ook. Ek reken sy moet maar een imodium en een brooklax pop elke oggend, dan balance dié spulletjie mos mekaar nou lekker uit daar diep binne waar die son nie skyn nie? Nou’s sy op korrels en pille en some sappie (klink vir my daar’s aalwyn betrokke – en aalwyn isse bl!ksem vir enige maag – hy laat hom juis gaan, reken ek).
    So blaai ek Sondag deur die Dischem magazine – en hier teen bladsy 25 is ek al sooo queezy want herder daar is darem vir jou toestande, hê?! Ek praat nie eers van die big bad ones – en al wat ‘n toestand is, is daar ‘n pil voor. maar wee’ jy wat? By elke artikel is daar verwysing na ‘n dieet of sorts (nie diet-diet nie, maar eetplan). En dan raak ek seriously benoud, want vir elke toestand is daar at least 20-30 preperate en medikasies wat elkeen sê dat hulle dié best cure is.
    Wat ek eintlik wou vra is dit: Hoe de hel weet ‘n leek soos ek, wat at worst ‘n Myprodol pop as ek dit nie meer kan hou nie en wat darem 2 pleisters en Citro Soda en germolene en Reparil Gel ini kas het om tussen al daai vitamienes en minerals nevermind dié vir bloedsomloop en vaal hare en brittle nails en you name it, watter goed ek moet aanskaf om darem net van hoek tot kant at least al die nodige aanvullings te hê wat enige mens in this day and age moet hê? BB, jy moet zinc kry! en yster!! Maar pasop vir té veel – en meeste Vit’s het dit wel in, maar blykbaar nie genoeg nie en dan moet ek pasop vir too much of a good thing…
    So, GROOT ASB Rosie, vertel my at least wat jy reken ‘n half ‘doodnormale’ :mrgreen: gesonde mens langs die ketel behoort te hou, sal jy?

  17. Andrew: jou storie het my dag gemaak.

    BB; sorry maar ek het nie ‘n clue nie 😆

  18. Ek het nie ‘n fokken idee waaroor dit gaan nie…. maar die prentjie is mooi… of dit nou van die maan, jou stoep of Hitler se liefdesnessie is!

  19. ding

    Demoerin – my fok, Hitler het ‘n liefdesnessie gehad 😯
    En dan wonder mense nog hoekom Ding so Hitler-bedonnerd is 🙄

  20. sjoe, eintlik moes dit gesê het …. vanaf… blah blah blah.. geneem is. Ai die ouderdom darem maar.

  21. 😆 @ BB – MOER-snaaks

  22. Hitler het ‘n nes gehad….maar dit was alles behalwe ‘n liefdesnes. Hy was maar 5 keer daar.

  1. 1 Liewe Ant Rosa . . . « Pokkeljonsie

    […] Oktober 6, 2009 by pokkeljonsie Liewe Ant Rosa, […]




Lewer kommentaar