Die ding oor siekte

Siekte is  ‘n moeilike ding om te verstaan, want ‘n mens moet so groot kopskuif maak, sonder dat die meeste van ons ooit presies so oor dit dink.

Ons sukkel om siekte te aanvaar en te verstaan, juis omdat dit ons eie liggame is wat teen ons draai. Dit is iets allervreesliks – ‘n moelike brug om te kruis. Dis soos ‘n verraad van jouself teen jouself.

Dit maak nie saak watter siekte of kwaal jy onder lede het nie, die meerderheid daarvan is eintlik in wese nie geneesbaar nie. Jip, jy het reg gelees.

Maar, en daar is ‘n groot maar, veral chroniese siektes is hoogs bestuurbaar en dus behandelbaar. Dit beteken dat jy met die siekte kan saamleef. Met sekere siektes kan jy dalk tyd wen, maar hulle luier altyd in die agtergrond.

Siekte kan beheer, bestuur en behandel word, maar dit kan in gevalle dalk nooit weggaan nie. Dit word deel van jou soos een van jou name. Dit is nie noodwendig altyd sleg nie. Dalk gee dit jou ‘n ander insig oor jouself en die lewe.

Leer meer oor jou siekte, sodat jy ingelig is om die regte besluite te maak.

Neem die behandeling wat beskikbaar is, regtig, dit help.

Loop die pad saam met jou siekte, toestand of kwaal. Probeer om dit nie weg te steek vir ander mense nie. Praat daaroor en lig ander mense in, wat nie verstaan nie. Indien hulle steeds weier om te verstaan, loop weg van hulle. Iets wat soms moeilik is om te doen.


  1. Krista

    Dis vir my skrikwekkend dat ons liggame so “feilbaar” is. Jy kan hoe probeer met die regte lewenstyl, oefening en goeie gewoontes, maar op ‘n dag kom jy agter iets is nie lekker nie.

    Al wat jy dan kan doen is om jou “siekte” te bestuur . . .

  2. krista: dit is waar. ons weet vandag dat meeste siektes eintlik maar geneties is, en ook nie net een geen nie, maar klomp. daar is ook verskillende seinbane by betrokke.
    indien jy jou siekte aanvaar het, dit bestuur en optimaal met dit saamleef, is die saak 90% gewonne en kan jy werklikwaar optimaal leef. in sommige gevalle meer “in tune” met jouself, jou liggam en sogenaamde gees as baie mense wat dalk nie siek is nie.

    uiteindelik word almal van ons eendag siek en gaan dood. maar as jy vroeer in jou lewe al daarmee te doen gekry het, is jy dalkies net meer voorbereid.

  3. maxie

    Roos
    Ek sukkel steeds om te verstaan hoe ‘n gesonde, gesonde mens wat AL die riglyne vir gesond-leef slaafs nagevolg het, en absoluut GEEN familiegeskiedenis van kanker gehad het nie, dit wel kon kry, en so erg dat sy 10 maande na die diagnose dood is daaraan.

  4. Rosa, is daar al ooit navorsing gedoen oor mense wat hulself doodeenvoudig uit siekwees uit DINK? Seker nie. Ek glo nogal dat mens in ‘n sekere mate siekte kan beheer deur positiewe denke.

  5. BB

    Ek dink nog steeds lewensverwagting sal die hoogtes inskiet as groen vegetables soos bacon geruik het😕

  6. 😆 Seg ek ook BB!!

    Aan die anderkant Sonkind, wonder ek weer hoeveel navorsing al gedoen is oor mense wat met negatiewe denke hulleself siek-dink. Ek dink wel dit kan gebeur??

  7. BB

    Ipekonders… so ‘n supercool Afrikaanse woordjie – lees hier: http://tech.groups.yahoo.com/group/taalgesprek/message/3098
    Cool nê?!
    …en wat’s die ander woord wat ek jare terug die eerste keer op ‘n doktersbrief gelees het: “Malaise”🙄
    Op ‘n stadium het ons baas geweier om ‘n siekbrief te aanvaar as “Malaise” die diagnose was…
    Anyways, ‘s true DMI – ken baie sulke mensies.😦

  8. Baie siektes is all in the mind, ek stem.

    Tog is daar mense wat propageer dat iets soos kanker deur dokters aan die brand gehou word, omdat die farmaseutiese maatskappye sonder kanker dit finansieel nie sal maak nie.

    As ek tog net die skrywes daaroor kan vind, sal ek dit vir jou aanstuur. Nogal interessant, maar soveel mense, soveel teorie.

    Tog, as ek nie die antwoord 100% ken nie, sal ek nie waag om ‘n uitspraak te maak nie.

  9. Hoe werk gene en wat veroorsaak byvoorbeeld kanker? Wat is kanker?
    Kanker is wanneer gesonde selle begin om “verkeerd” te groei, baie vinnig ook. Indien ‘n mens dit oopsny sien jy ook sommer dit lyk anders as die ander weefsel.
    Hoekom? Selle kry opdragte van die genetiese bloudruk om te wees wat hulle is. ‘n Mens verander die hele tyd, jy is nie meer die klomp selle van toe jy gebore is nie. Selverdeling vind die hele tyd plaas. DNS bestaan uit ‘n kode. Elke keer as selle verdeel kan iets verdeel gaan in die dubbele-heliks struktuur waaruit dit bestaan en verkeerd muteer.
    Soms is dit oorerflik en soms nie. Op ‘n dag is daar net ‘n spelfout in die reeks kodes.

    Die blyk dat sekere “spelfoute” verantwoordelik is versekere kankers. Dit is soos ‘n resep.

    maxie: Moenie genetiese redes verwar met familie-oorerflikheid nie. Gene word aan en afgeskakel deur verskeie redes. Daarom kan ‘n gesonde mense kanker kry. Dit het niks met die lewensstyl te doen nie, maar met die persoon se EIE genetika. Hoop dit maak sin? Vra as dit nie duidelik is nie.

    Dit is anders as porferie en RP wat byvoorbeeld weer in Afrikaner families voorkom, dit is erflikheidsiektes, asook baie baie hartsiektes. Dit is weens ‘n klein stigtergemeenskap

  10. BB: ‘n werkgewer wat nie malaise of enige siekte wat weens ‘n chemie wanbalans van die brein veroorsaak word, nie aanvaar nie, behoort voor die grondwetlike hof gesleep te word. Dit is nie vir ‘n werkgewer om te oordeel of een siekte groter is as ‘n ander siekte nie.

    Ja ek stem oor die bacon🙂

    DMI: jouself siek dink? soos in watter siekte? mens kan sowaar nie aan jouself ‘n fisiese anatomiese siekte dink nie.

    Daar is seker mense wat psigosomaties is, maar hoekom? daar moet ‘n onderliggende probleem wees. En dit is nie so eenvoudig as om die persoon uit te lag of om te se, ruk jouself reg nie.

    Sonkind: mens kan sekerlike jou toestand verbeter deur positief te wees, diere laat siek mense ook herstel, daar is al navorsing daaroor gedoen.

    Skoor: ek dink nie ‘n mens moet onnodig onsensitief wees jeens mense wat siek is nie. ek kan amper nie glo dat iets soos kanker of enige ander chroniese siekte lewendig gehou kan word deur ‘n derde mag nie. ‘n mens kan ‘n kankersel deur ‘n mikroskoop sien.

    farmaseutiese maatskappye? ek is bitter bly hulle bestaan, hulle gee vir ons malariapille, poliodruppels, ente teen pokke, narkose, morfien vir die pyn, hulle is daar as mense cholera en vigs het, en ons is gou om te skree help as iemand longontsteking het en sterwend le.
    dit is ook groot pharma wat die sterwende kind red met hulle pille.

  11. Ek kan nie sê ek stem saam met jou nie.

  12. Nelba, hoe so? stem nie saam op my kommentaar of die hele inskrywing, of hoe?

  13. Aangrypend geskryf Rosalind.
    Ek wonder of jy uit ervaring praat?
    In elk geval, sê nou ek vat hierdie stuk, en elke plek waar daar ‘siekte’ staan, vervang ek dit met ‘vet’. Amper sin vir sin sal dit ‘n goeie stuk oor vetaanvaarding wees.
    Nie dat ek wil sê vet is ‘n siekte nie. Maar dit is ook iets wat altyd sal “luier in die agtergrond”, en iets wat jy moet aanvaar, nie wegsteek nie. En leer om mee saam te leef, so positief as wat jy kan.

  14. Maxie, sommige kanker word deur ‘n virus veroorsaak.

  15. Andrew

    “Gene word aan en afgeskakel deur verskeie redes.”

    Rosalind kan jy so bietjie uitbrei hieroor asb? Hoe word dit gedoen? Ek lees soms hoe navorsers dit in hul experimente doen, en wonder hoe hulle dit regkry. Kan ek byvoorbeeld my ligte oë verander in donker oë? (Nie dat ek dit wil doen nie.)

    PS. Jy skuld ons nog ‘n post oor die evolusie van geslag EN ‘n grap ten koste van mans.🙂

  16. Eelt: Die enigste kanker wat ‘n virus as oorsaak het is menslike papiloom (servikale kanker) en sommige kankers aan die anus en genitalie – dit is waaraan ek nou vinnig kan dink. En ‘n enkele rare tipe lewerkanker.
    (dan kry honde kankers wat hulle by mekaar aansteek met ‘n virus.)

    Maar dit sou totaal verkeerd wees om te se kanker word veroorsaak deur virusse.

    Andrew: Nee jy sal nie jou oogkleur kan verander nie, tegnies nie nou al nie. Maar dit wat jy van praat het met embrioniese stamselle te make.
    Jy sou die gene wat enkodeer vir oogkleur, chemies moet afskakel, embrioniese stamselle moet programmeer en aan hulle die opdrag gee om oogkleur te bepaal vir ‘n ander kleur, hulle aanskakel en siedaar.

    Maar ek twyfel oor die toepassing. Die idee is om siek hartselle te vervang met nuwes deur genetiese kodering. En dit is al gedoen.

    Die aan en afskakel van gene werk in chemiese seinbane. Ons het koderende en nie-koderende DNS. Iemand wat siek is kan gene he wat aan- of af geskakel word deur bepaalde ensieme. Of met die proses van mitose en meiose kom daar ‘n spelfout in die genoom se C, A, T, G. En dan skakel hy aan of af. Baie van ons medikasie is so amazing, dit sal byvoorbeeld iets inhibeer, bv. dit sal keer dat van die chemiese stowee afskei word, sodat die nie gebeur nie.
    En dit is hoe baie pille werk!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: