Waar die keisers rus

Ek het so gebrand van nuuskierigheid om die Imperiale grafkelder van die  Habsburg-dinastie in Wene te sien dat ek soos ‘n handsakdief tussen die mense tot voor die deur gewikkel en daar gestaan het.

Ek hoop dit is lekker donker, koud en grillerig daar binne. Kom nou gids, wys.

Heerlik morbied. Kan nie wag nie.

Die Habsburgs het die Oostenryk-Hongaarse ryk regeer vir eeue. Die grafkelder  het die oorskot van 144 adellikes – waar onder 12 keisers en 18 keiserinne.

Die mense se ingewande en hart is verwyder en in ‘n katedraal bewaar. Die Cappuchin-monnike sien om na die grafkelder.

Die laaste keiserin Zita van Bourbon-Parma is in 1989 ter ruste gelê en nog iemand,  ‘n direkte afstammeling het spesiale vergunning in 2008 gekry.

Die dinastie het natuurlik tot ‘n einde gekom met die Eerste Wêreldoorlog – die probleem was ook een van die Habsburgs, Franz Ferdinand, wie se sluipmoord in Sarajevo in 1916 die oorlog begin het. Hy is nie in die grafkelder gegrawe nie, omdat sy vrou nie van die adelstand was nie en nie daar gegrawe kon word nie. Sy wens was om elders by haar te lê.

Die hele familie is na die oorlog verban, hulle het alles verloor. Die twee pragtige paleise alles en dit is tot nou toe nie terug gegee nie, en sal seker nooit nie.

Seker die heel mooiste is die sakrofaag van Keiserin Maria Theresa (13 Mei 1717 – 29 November 1780) , nou sy was ‘n amazing vrou. Sy was die enigste vroulike regeerder ooit van die ryk, en sy het 16 kinders gehad met Francis III van Lorraine. Hulle huwelik was gelukkig en hul is saam gegrawe.

Die vrou wat haar help kyk het na haar kinders, en sekerlik ook ‘n vriendin, lê in haar eie sakrofaag voor die egpaar – die enigste gewone burger in die kelder.

mariat

Maria en Francis se beelde kyk na mekaar en voor lê die kinderopasser.

Franz Joseph I het as koning van Oostenryk en Bohemia regeer van 1848 tot 1916, die laaste van die Habsburg se regerende keisers. Hy was ook koning van Hongarye sedert 1867. In 1853 het ‘n sluipmoordenaar hom met ‘n mes gesteek, maar sy uniform se hoë kraag het gekeer.

Hy was getroud met Elisabeth van Bavaria, of keiserin Sisi, soos sy oral bekend gestaan het. Mense was gek oor Sisi, en dit het gehelp dat sy mooi was. Dit lyk vir my of sy aan anoreksie gelei het, indien mens die geskiedenis lees.

In 1889 het hulle enigste seun kroonprins Rudolp selfmoord gepleeg.

In 1898 het ‘n anargis op Sisi afgestorm waar sy in Geneva op ‘n boot gewag het. Hy het haar met ‘n skerp voorwerp reg in die hart gesteek. Sy het geval opgestaan en op die boot geklim, kort daarna het sy ineengesak en gesterf.

Die druk van haar korset op haar bors het die bloed vir ‘n paar minute gekeer.

Franz Joseph, Sisi en Rudolp is almal in een kamer ter ruste gelê.

sisi

Sisi se sakrofaag

Die kerk is in 1147 in gebruik geneem in Wene ter ere van St. Stephens. Maar dit het lank geneem om hom so te kry, tot 1511.

Styl: Romanesk en Goties.

matt


  1. skuilhoek

    Keisering Maria Theresa : Marie Antoinette se ma?
    Mozart het vir haar voorgespeel ek dink?

  2. skuilhoek

    Ja ek was ook in die Stefans domkerk in Wene, hulle was besig om te restoureer. Ou omie het sit en orrel oefen.

  3. Skuilhoek: Maria Therasa was inderdaad die ma van Frankryk se Marie Antoinette. Ek dink die geskiedenis wat baie wreed met Marie Antoinette sy was iets soos 14 toe sy Frankryk toe is om met Louis te trou – eintlik ‘n kinderbruid.
    Natuurlik sou sy simpel goed doen en se.
    Haar ma het herhaaldelik vir haar geskryf en gewaarsku, probeer raad gee, maar dit was te laat, en polities klaar verby toe sy haar kop verloor het.

    Vir haar om te se: “Eet dan koek as daar nie brood is nie” – is vir my nie vreemd nie – haar verwysingsraamwerk- so beskermd was net so nou. Boonop kon sy nie lees of skryf nie.

  4. Beautiful! Wens ek kon dit self sien!

  5. skuilhoek

    Franz Ferdinand, wie se sluipmoord in Sarajo in 1916 die oorlog begin het.

    Sarajevo

  6. skuilhoek

    Ek het werklik nie geweet Marie Antoinette was ongeletterd nie. Mozart en sy sussie Nanerl of Nannrl (?) het wel vir haar voorgespeel voordat sy Frankryk toe is, as ek dit nou reg het.

    Nannerl het later blind geword?

  7. skuilhoek

    Maria en Francis se beelde kyk na mekaar en voor lê die kinderopasser.

    Dit wys jou hene… hoe belangrik ‘n nanny kan wees!

    Dis te amazing hierdei sarkofaag.

    😉

  8. skuilhoek

    …kroonprins Rudolp selfmoord… was hy dalk ‘n romantiese digter..

    Wie was die Keiser Franz Joseph wat geregeer het toe Mozart gelwe het? (die Amadeus film…)

  9. skuilhoek

    Sisi se sarkofaag is pragtig. Is hierdie grafkelder in die St. Stephens Katedraal? Hene, dan was ek daar sonder om dit te besigtig.

    Baie interessant. So oud.

  10. De grafkelder is baie groot, die is nie by St Stephens nie, dit is nogals nie te ver van die bekende Mozart Cafe nie.

    Interessant van Mozart wat vir hulle gespeel het, ek weet nie daarvan nie, seker moontlik. Mozart was mos ‘n Salzburger – waarop hy baie trots was en nie ‘n Oostenryker nie.

    Ek weet nie hoekom Rudolph selfmoord gepleef het nie, maar sy pa was baie dominant en eintlik ‘n boelie.

    Die grafkelder is baie nice, net te donker vir ordentlike fotos deur ‘n amateur.

    Kaalvoete: Jy sal dit oor ‘n 100 smaak.

  11. skuilhoek

    1781: Departure to Vienna

    In January 1781, Mozart’s opera Idomeneo premiered with “considerable success” in Munich.[32] The following March the composer was summoned to Vienna, where his employer, Archbishop Colloredo, was attending the celebrations for the accession of Joseph II to the Austrian throne.

  12. skuilhoek

    Joseph II (Joseph Benedikt Anton Michael Adam; March 13, 1741 – February 20, 1790) was Holy Roman Emperor from 1765 to 1790 and ruler of the Habsburg lands from 1780 to 1790. He was the eldest son of Empress Maria Theresa and her husband, Francis I.

  13. skuilhoek

    Skies dat ek so copy uit Wiki. Dis net dat ek ook nie mooi kan onthou hoe die dinge inmekaarsteek nie.

    Mens moet eintlik net weer die film “Amadeus” kyk, dan sien mens mooi.

  14. skuilhoek

    Joseph II, was dus aan bewind tydens Mozart se lewe in Wene, waar hy ook gesterf het. Die film van Amadeus is egter in Praag geskiet.

    Salieri was egter Joseph II se ‘witbroodjie’ volgens Peter Schaefer, maar hemel, ek dwaal af.

    Joseph II moet dus ook in die Habsburgers se grafkelder lê.

  15. BB

    Die arme Rudolph was ‘n vrek sensitiewe siel. Sy pa wou van hom ‘n militaris maak en het die seuntjie op 6 jarige ouderdom al deur ‘n Generaal Majoor van sy weermag onder hande laat neem!! 😯 Dié man, ene Leopold Gondrecourt, het die kind soggens sporadies met geweergeskut laat wakker maak; hom in wind en reën laat oefen – deur die woud laat draf en hom soms vingeralleen iewers laat ‘verdwaal’ om sy pad self weer daaruit te vind… daar is talle boeke geskryf oor Rudolph se storie – suffice to say (ok, sy ma het later ingegryp en aangedring daarop dat sy sy opvoeding etc sou hanteer, Gondrecourt in die pad laat steek en ‘n ander opvoeder aangestel) maar teen die tyd dat Rudolph groot was, was die man gladnie meer ‘lekker’ nie. 😦 Hy’t verskriklik rondgeslaap, soveel so dat hy geslagsiektes opgetel het, dit oorgedra na sy vrou en dié het onvrugbaar geword. Hy het hordes minnaresse gehad waarvan die belangrikste seker ene Mizzi Caspar. Uit haar memoirs het dit geblyk dat hy haar gevra het om saam met hom selfmoord te pleeg, wat sy toe weier. Sy het die versoek by die polisiehoof aangemeld, maar hulle het haar nie geglo nie, agv. haar ‘stand’. Hy het toe met die 17-jarige barones Mary von Vetsera saam selfmoord gepleeg. Daar is baie stories en teorië daaroor – hoekom hy juis sáám met iemand wou ‘uit’gaan kon tot vandag toe nie verklaar word nie – in een van die stories verwys Sisi eenkeer daarna dat hy nie alleen wou wees nie (sien die storie oor sy ‘opleiding’ as jong kind ↑). Sorry Rosie, ek neem oor, maar hierdie mense alhoewel keisers en adellikes het sulke weird intriges en stories en meer issues gehad as baie ‘gewone’ mense – nie net geld, roem en glorie nie… kyk maar na die russiese tsare-stories ook.
    Anyways, het jy geweet, Rudolph was ‘n gerespekteerde voëlkundige? Hy het bydraes gelewer tot ‘n paar publikasies oor dierkunde waaronder die bekende zoologist Brehm se werke.
    Cool, supercool inskrywing!

  16. Zee

    Sjoe Rosie, jy was baie bevoorreg om die te kon sien :mrgreen: Die grafte het my nog altyd gefacinate.

  17. Daar was ek ook. Al daai bene! ‘n Hond sal dink hy is die hemel. Maria Theresa was goeie ou dame. Daar is self ‘n wet wat vandag nog in gebruik is wat sy gemaak het. (Dws as my geheue my nie in steek laat) Dit beskerm bejaardes tee hoë huur of so iets. In daardie St Stephans het ek die Weense Seuns Koor gaan kyk. Ek hoop jy was by die Spaanse Ry Skool ook gewees? Vienna. Lekker eet en wandel. Skoon jaloers!

  18. Die mense se ingewande en hart is verwyder en in ‘n katedraal bewaar.

    Hoe op aarde?

  19. Wow Rosie wat ‘n nice inskrywing. Die kerk is asemrowend, ek sal hierdie self ook graag wil sien.

  20. Girl die ingewande en hart word in ‘n “urn” gesit, elke mens in sy eie ene, dan word dit verseel. Net soos die mummies se organe uitgehaal is. dit moet gedoen word in ‘n grafkelder, anders vrot die hele spul. Dit is glad nie vreemd nie, ‘n mens kan dit vandag steeds laat doen, sou jy die liggaam beter wou laat bewaar.
    Ek weet van ‘n paar bekendes wat gebalsem in hul grafte le.

    Rustig: Ek was by die Spaanse ryskool, maar het nie die perde gesien nie, in die somer het hulle vakansie en hol hulle op die gras buite die stad rond. 🙂

    BB; baie dankie vir jou lekker ekstra info!

    Zee: dit facinate my ook

    Wippie: jy sal dit baie laaik

  21. …asof daar fout is met koek eet!

    😆

  22. Sigeuner

    Dis effens grillerig. Om te dink jy loop in iemand se graf rond. Dis wel mooi.
    Ek dink ook Marie Antionette se lewe was uiters tragies en onnodig. Het `n dik boek oor die Franse Revolusie gelees. Die arme kinders! Dis naar.

  23. Awesome geskiedenis. Interessant van die ingewande en hart – is dit oorblyfsels of invloede van die Egiptiese kultuur?

  24. Skoor: heheheheh

    Sigeuner: dit is darem nie IN die graf nie, net die kelder. die kiste is mooi toe. hoewel ek sal vrek om te loer. maar nouja mens mag nie, maar as hulle sou wys sal ek beslis kyk.

    Emil: dit is ‘n goeie vraag, ek het nie ‘n clue nie.

  25. Ek is mal oor hierdie geskiedenis stukkies. Waar was jy nog?

  26. DMI: jy weet mos. op die trip was ek in Praag, Munich, Bratislavia, Nuremburg, Boedapest, Salzburg, Vienna

  27. Kan nie wag vir die res van die stukkies nie. Daar is nog nê?????????




Lewer kommentaar