Wat doen jy hier?

Wat dink jy doen jy hier op aarde?

Hoekom is die mens op aarde?

Maar wag net ‘n oomblik voor jy antwoord, dink aan die tyd wat ons hier is, byvoorbeeld.

En die feit:

Die mens en sy huishoudelike diere het 10 000 jaar gelede net 0,1% uitgemaak van die gewerwelde biomassa wat op land gebly het, terwyl dié persentasie vandag 98% is.

Die mens het dermate gegroei dat hy ’n geweldige magsposisie beklee waar hy die verfkwas vashou, want die toekoms van lewe op aarde is in ons hande. Danksy kultuur het dié ontploffing van die mensdom en sy huishoudelike diere net 500 geslagte geneem.

Die mens as ’n spesie het die vermoë om vooruit te beplan en begrip te hê vir wat in die toekoms kan gebeur, maar hy het ’n gebrek aan motiveringstelsels in die hede, het Dan Dennett, wetenskap-filosoof, gesê toe hy in Maart vanjaar hier was.

Ek stem, ons sal sien hoe alles vergaan, maar niks doen nie.

Nou lees weer die twee vrae daarbo. Dit is hoekom ek die mens, my eie spesie, eintlik verag.

Ek dink die mens is hier om die verruklike lewe op die aarde wat 4,5 miljard jaar oud is, binne Homo sapiens se bestaan van 200 000 jaar, totaal te verwoes. Die mens is niks en daar is niks goddelik aan hom nie (om my eie 2de vraag te beantwoord). Hoewel die mens dink hy is besonders.

Ek is hier omdat my voorsate tot hier evolve het. Niks meer niks minder. (my eie antwoord op my 1ste vraag). Ek lewe vir ‘n beperkte tyd. Ek probeer goed lewe en dan gaan ek sterf.

So hoekom dink julle is jy en die mensdom hier?


  1. Hehe, die vraag kan diep raak. Ek is hier omdat my ouers hier was, omdat hulle ouers hier was, omdat hulle ouers hier was, omdat hulle ouers hier was ad infinitum.

    Dis die deterministiese antwoord.

    Of daar teleologie in alles steek, weet ek nie, hoewel dit soms so wil voorkom.

  2. Hmmmm… Tannie Roos… Hoe antwoord ‘n mens die vraag sonder om aan godsdiens te raak?

    Ek dink ek sal maar wag en kyk wat die ander kwyt raak… Ek wonder maar partykeer self hoor!😉

  3. Ja-nee. Ek stem, Girl. Ek gaan ook maar wag en kyk wat hier uitpop. 😆

    Buitendien is my tyd min. Ek’s seker my man is al oppad met ‘n steakmes om my van die internet af te gooi… 😯

  4. skuilhoek

    Nee ek wil ‘n windnimf word en dis hoekom ek gebore is. Nee die siel is onsterflik en die mens is wonderlik en baie broos en weerloos. Dis nou die goeie liewe mense waarvan daar baie is en dies wat met vlerke vlieg en nie vliegtuie nie, maar as jy baie reis, moet jy fietstrap by die huis. Sekere dele in die natuur is ontdek en word wel bewaar en die mens kan nie in die natuur oorleef nie. Beskawings is ook goed. Die aarde is nie totaal opgemors nie.
    Hoekom is ek gebore?
    Om poësie te kan beleef en om jou te lees en om babas gebore te sien word. Niks so mooi soos ‘n pasgebore baba nie. Dit bly wonderlik om gebore te word.
    Soms is die lewe en aarde net eens te erg egter, maar soms soos vandag lyk die lug so blou en die gras so groen en ek voel so goed.
    Ook is ons begore om te leer.

  5. skuilhoek

    oeps. Gebore meen ek.

  6. katjiepiering

    oeps . ek meen ek. nie my pa nie.

    bokkie

    (ekskies ek klink dalk onsamehangend en goed deurmekaar)

  7. Andrew

    Ai dis so lekker om net hier te stop en ‘n bietjie te rus … en my kop neer te lê tussen jou brein lobbe.

    Okay seriously, ek verstaan nie hoekom nihilism amper altyd in ‘n slegte lig gestel word nie. What is the deal here folks? Ek kan nie eers onthou waneer ek laas selfmoord gepleeg het nie.

  8. Johan: ek hou van jou antwoord.

    Girl:🙂 van wag en lyk het hompie kedompie van sy muur afgeval en ‘n roereier geword.

    Vlam🙂 uitpop! hehehe kry ‘n byl om hom weg te jaag dit werk beter as ‘n steakmes.

    Skuilhoek: dankie, jy skryf vol drome. wens ek kon so mooi-droom soos jy.

    Katbokkie: ja so is ons elkeen, is okay🙂

    Andrew: ek skeur regtig my hol vir jou, en nou die dag het ek regtig ‘n ou gesien, wat regtig sy hol geskeur het, en dit was nou bad….nihilisme is beautiful.

  9. Blixer

    Ek het nog altyd geglo om te lewe is onnatuurlik. Wat ek van my lewe maak het ‘n invloed om andere, selfs buite my onmiddelike omgewing, dus poog ek om die wereld effens beter te los as die toestand (sosio-ekonomies, ekologies, polities ens) as wat ek dit geerf het.

  10. Andrew – jy het vergeet! Dis toe jy laas saam met my in jou Audi geklim het – toe ek bestuur het – daai selmoord probeerslag. Onthou jy nou weer?

    Wat doen ek hier op aarde? Ag Rooskind, die lewe is ‘n lied – who de hell cares hoekom ek hier is. Terwyl ek hier is, probeer ek ook maar net reg lewe en so tussen-in die lewe geniet ook en dalkies sal iemand my eendag onthou as ek nie meer hier is nie en dink – Jis, daai was ‘n cool mens, ek sal haar nogals mis.

    Hoekom die mens op die aarde is? Sal ek ook wonder – al wat die mens doen is om die aarde solidly op te fok. I am waiting for the day when Earth is gonna turn on the humans – ons gaan ons gatte sien sonder ‘n spieel – dink ek.

  11. Is daar iets fout met my omdat ek nooit wonder hoekom ek hier is nie? Ek is maar net. Lewe, lewe nog so bietjie, gaan dood. Jy ken seker die versreël uit The Verve se Bittersweet Symphony? “you’re a slave to the money, then you die…”

    Ek is hier om te lewe Rosa. En om jou blogs te lees.😉

  12. skakerings

    Ek is nie ‘n nihilis nie. Die aarde is steeds mooi. Ek is net bly ek kan rustig lewe. Daar is soveel dinge wat so verborge is en ag, ek dink die aarde se bronne is daar om ontgin te word. Ek wens net dit was nie so dolle gejaag na sukses soms nie..
    Ek het nog nooit gewonder hoekom ek gebore is en wat ek hier doen nie. Ek geniet te veel die mooi dinge en ek huil saam oor die hartseer en swaarkry. Die maan se glimlag en die sonsondergang. Ek geniet ook vir Selma al praat sy so min. Sy is so stil. Dit laat my besef party is gebore om stil te wees. Maar gelukkig. En so.

  13. Andrew

    Ek kan maar net die jirre dank my Garrett turbo boost eers op 5000 rpm, anders sou ons nou nog in die wetlands gelê het met paddatjies wat om ons kraak. Sonkind jy is ‘n treat vir enige iemand wat jou ken, moet nie dood voor ons nie.

    Jy klim net nie weer in my kar nie, fok jou.

  14. Hoekom is ons hier? As jy uitvind laat weet my ook!

  15. Ek dink Johan het die antwoord daar beet – Dit is alles my ouers se skuld… en hulle sin… en hulle sin – Die vraag is eintlik nie HOE ek hier gekom het nie, maar WAT ek doen terwyl ek hier is.

    En die antwoord op WAT – Almal is besig om kak aan te jaag.

  16. nieldw

    Wat sien jy as jy in die mooie natuur stap? Waar kom dít vandaan en hoekom is dít hier? As jy dit kan beantwoord sal jy dalk ontdek hoekom jý hier is.

    Is jy bang om dood te gaan as daar NIKS hierna is nie?

  17. Nieldw: As ek in die natuur rondstap (soms is dit mooi, soms nie) dan sien ek evolusie in aksie. Ek sien die prag van natuurlike seleksie. Dit is hier want dit het so geselekteer.

    Ek is nie bang om dood te gaan as daar niks hierna is nie. Hoekom moet ek wees, as dit vir my sin maak? Geen lewe op aarde is verewig nie.

    Ek is baie okay met die niks? Is jy?

  18. Blixer: ek hou baie van jou antwoord, regtig.

    Sonkind: moerse cool antwoord, dankie.Ek wil egter nie saam met jou in ‘n Audi ry nie, miskien op ‘n fiets maar dan moet jy trap…ek is baie lui.

    Netjane: Ek wonder ook nie hoekom ek hier is nie, ek wonder of ander mense wonder (dalk besef?) hoekom hulle hier is. “Ek is hier om te lewe” Jip ek stem met daai ene!

    Skakerings: Nihilisme, is regtig nie negatief nie, maar eerder ‘n bewustheid.

    Andrew: lyk my nie julle weet wie het bestuur nie, of was julle in die inry🙂 besig om julle turbo te tune?

    DMI: goed gese, laat weet tog vir kaalvoete🙂

  19. Andrew

    😆 @ Rosalind. Nee ongelukig nie … sy wou maar net die karretjie vir ‘n spin vat … min het ek geweet wat vir my voorlê. Maar daai merrie perd kan goed bestuur … sommer baie.🙂

    Ai ja die nostalgia van ‘n inry, ou toppies soos ek mis dit baie …

  20. Ek is ook nie ’n nilhilis nie. Ek glo daar steek ’n doel in alles, al is die rede nie altyd aan ons bekend nie.

    Wat doen ek hier? In die eerste plek het ek ’n verantwoordelikheid om te help om die aarde in stand te hou, maar ook om elke stukkie daarvan te geniet. En dan het ons elkeen ’n besondere kundigheid wat ons moet aanwend daar waar die behoefte in ons gemeenskap ook al mag ontstaan. Ek wil veel eerder onthou word vir die verskil wat ék in iemand se lewe gemaak het as vir ’n finansiële bydrae. Maar my hoofdoel hier (en nou) is sonder twyfel om my meisiekind so (gebalanseerd moontlik) groot te maak, dat sy my nie eens vir ’n rukkie sal wil wegwens uit haar lewe nie en dat sy Jesus se storie moet ken. Miskien voel ek later anders hieroor, sy’s nou in matriek.

  21. ding

    1. Sit oppie stoep, Frankie en rook, rook, rook, rook voor die kinders die dannerse tabak in die hande kry. En dan word Ding dors…
    2. Seker omdat die mens nog nie op Mars kan oorleef nie? En na alles – aarde is nogal nie so ‘n poefplaneet om op te wees nie, is dit?

    Ding reken Ding dink nogal wat Ding hier doen, ja. Maar dit sou help om my bloudruk te kon inspekteer om te WEET, in plaas van net te dink. Maar wat.

    Hoekom die mens hier is? Ai fok tog, Frankie, want dis so ‘n ongelooflik bolliepoef plek om te wees – net soos skool (so baie mense, so min standbeelde). Vol geleenthede; vol slaggate; vol uitdagings; vol oorlewing… ideale plek om te leer, leer, leer, leer. En af te dood.

  22. ding

    En daar doen Magnus en Ding dit weer: David Copperfield styl – nou sien jy dit nou sien jy dit nie. Ding het hier gepraat, Frankie … en nou is dit weg. Nou wil Ding net niks meer praat nie. En sien hoe DIT verdwyn, verdomp!

  23. Mefri

    Ek wil nie slim wyshede bedink nie, ek lewe en daarom IS ek. Elke dag bring sy eie voorspelbare en onvoorspelbare verrassings, teleurstellings en vreugdes – sommige dinge kan ek met keuses vermag en ander kere gebeur die lewe net en dan moet ek dit daarvolgens hanteer – soms slaag ek met vlieëndevaandels en partykeer loop ek my bedonderd teen ‘n staaldeur vas. Soos nou, wanneer ek toekyk en meeleef hoe my maatjie se borskanker haar lewenskragte insluk en hoe sy against all odds voort borduur om die mooiste mooi te saai en te pluk, ten spyte daarvan dat sy die Chemo gestaak het en net ‘n skrale lewensverwagting van 7 maande oor het om te LEEF – dan raak ek stom…

  24. Spinnekop

    Die vraag is nie wat doen ek hier nie maar wat doen die ander hier? Hoekom het ek baie en die ander min? As jy dit uit gefiger het dan sal jy weet wat doen ek hier.

  25. Spinnekop: o aarde nee ek kan nie ander se figure, uitfigure nie. Baie wat het jy? dit hang af.

    Mefri: Ek stem saam die lewe is so. Ek raak ook stom oor die lewe as dit raak soos dit vir jou maatjie geraak het. baie sterke.

    Wag’nBietje: ek hou van wat jy se. vir my is daar ook ‘n doel maar ek bepaal hom net self.

    Ding: bolliepoef ja😆

  26. Ek stem, elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk, en elkeen moet maar die gevolge van sy dade en/of keuse wat hy in die verlede gemaak het self dra. Ons het wel die keuse om gelukkig te wees of nie, maar het ons regtig beheer oor alles wat in ons lewe gebeur? Ek dink nie so nie. Oor seker goed het ons nie beheer nie – maar tog in retrospek het dit tot voordeel van onsself gebeur?

    Sondae oggende probeer ons 90 km in die saal oefen, ons moet op die laatste 4H30 by die huis wegkom anders maak ons dit nie betyds terug vir kerk nie. Verlede Sondag net toe ons wou ry weier my iPod om aan te kom. Nou kyk, daar’s nie ’n manier hoe hierdie girl byna 4 ure fiets gaan ry sonder musiek nie. Die gesukkel het ons ’n minuut of wat laat gemaak. Ek was aanvanklik erg omgekrap aangesien ons ’n sirkelroete ry en nie sommer net vroeër kan omdraai nie, maar soos die oggend gevorder het was ek by meer as een geleentheid of eerder noue ontkoming dankbaar vir die oponthoud. In ’n stadium het ’n Taxi op ’n steil afdraande (waar ons gewoonlik net onder 70km per uur afjaag) teen ’n ander motor gebots, beheer verloor en omgeslaan. Dit het minute voor ons gebeur, die ouens was nog almal in die motors, ons was eerste op die toneel.

    Wie weet …? Ek glo met my hele hart dat daar die dag ’n doel was met my iPod… daar was geen manier hoe ek dit self kon bepaal het nie.

  27. Dis waar Wg’n Bietjie dat ons nie beheer het oor dinge wat gebeur nie, daar is dalk soveel meer goed wat gebeur wat ons nie van weet nie, omstandighede, verloop van sake en ander mense wat dalk “in ons plek dood is”.

  28. Jou antwoorde is Spot On! Even if that does take a bit of getting used to. Veral vir gelowiges.

  29. JPR

    Die mens is niks en daar is niks goddelik aan hom nie (om my eie 2de vraag te beantwoord). Hoewel die mens dink hy is besonders.

    Ek is hier omdat my voorsate tot hier evolve het.

    Ek sukkel met die bg stelling, nie omdat ek gelowig is en dit nie glo nie, maar meskien is dit in my dna om meer tegnies te wees as die gewone mens. Ek is op soek na n antw op elke vraag wat ek het, en as ek lees na die topics hier, is daar nie een enkele vraag wat kan staaf hoekom jy lewe nie. As jy vir geen rede lewe, hoekom is daar dan reels, wet en orde? Hoekom liefde, geweld, haat en vrede, even as dit net in die huis is as jy in die aand jou familie nag se voor jy gaan slaap?

    Ek wil nie adverteer nie, maar Rose, ons is nou reeds met n debat oor spesifiek hierdie onderwerp besig en siende dat ek jou sienings hieroor respekteer en geniet om te lees daaroor, sal ek waardeer as jy n sekonde of 2 sal afstaan om op my blog jou insae te gee.
    Ek moet by se, eks nie n Evolusionis of n Creationist nie – ek is net iemand met baie vrae en het nog nie voldoende antwoorde op my vrae gekry nie.

    Sien uit daarna om van jou te hoor.

  30. JPR

    korreksie: topics moet wees comments

  31. Hi JPR, dit is nie waar dat ek om geen rede lewe nie. Ek lewe juis om te LEWE, hier en nou.
    Ek lewe juis nie om te lewe vir ‘n lewe hierna nie. Dit is vir my effe simpel, met respek.

    Die rede hoekom ek hier is, is so dik soos ‘n boek: dood eenvoudige evolusie. Ek dink die boed wat die hele verhaal die beste vertel is: The Ancestor’s Tale, dit is deur Dawkins geskryf lank voor die omstrede boek. Dit is bloot ‘n biologiese boek en vertel die verhaal van lewe nogals mooi.

    Of ‘n mens ‘n klinkklare antwoord op elke liewe vraag sal kry, die weet ek nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: