Die dokter-dokter tag

Baie dankie vir julle almal, wat nie vir my en NetJane getag het nie. Tot so ‘n mate dat ons genoodsaak was om vir ure en ure aaneen, laat in die nag met mekaar dokter-dokter te speel.

Ons het ook so uitgevind dat dit beide van ons se gunsteling speletjie is, al sedert ons 5 jaar oud is. (die vraag-tag)

Dit was so erg dat ons moes vra (volgens Vlam is dit iets weird om te doen) om getag te word. Steeds, het niemand ons getag nie.

Toe tag ek maar vir NetJane en sy vir my. Ek het tot die konklusie gekom dat niemand in ons belangstel nie. Baie dankie daarvoor.

Ek gaan nou tuin toe om wurms te eet – as ek enige kan kry. Dalk kruip hulle vandag weg, as hulle weet wat goed is vir hulle, die fokkirs.

Vrae?

Advertisements

  1. Plaasjuppie

    Jeez! En hier dink ek julle is die gelukkiges om nie getag te raak nie.
    Was eers daai wurms mooi af onder die kraan, anders beland daar sand tussen jou tande. Ek weet nie van jou nie, maar sand tussen my tande laat my gril πŸ‘Ώ
    Ewenwel, ek het ‘n vragie. Kop jy regtig nie van case sensitive nie, of is dit ‘n kwessie van die slim auntie wat bietjie gatskeer met die vaalseun?

  2. Nee tannie Roos… Ek het getry… Soos ek se… Girlie was skrikkerig…. :mrgreen:

    So kan ons nou vrae vra?

  3. Sit mens nie in die hoek as jy wurms eet nie??

  4. Plasie: ek dag jy was een van die voorbokke van die plaas in die tag.
    Ja en nee, ek weet die ding is uniek of so, maar as hy nie werk nie weet ek nie hoe om dit reg te maak nie πŸ™‚ ehm so die antwoord is seker : nee

    Girl: jy het getry is waar. jy kan vra, ja.

    Maankind: nee hoeksit is vir stoutwees, wurmseet in tuin is vir iets baie, baie ergers . . .

  5. k…k…. Uhhhhmmmm

    1. Wat het jy geswot voorgraads?

    2. Wat het jy geswot nagraads?

    3. Watse werk doen jy?

    4. En ek probeer nie met die een stir nie… Ek wil net weet… (Andrew) πŸ˜‰ is jy ‘n Christen?

    5. Was jy ‘n girly girl toe jy kein was?

    Dis al vir nou… Ek sal nog gaan dink….. :mrgreen:

  6. Plaasjuppie

    Ekke? Nooit. I wuz just minding my own business . . . en toe ek weer sien is my kruisverhoor sommer ‘n tag.

    Uhm . . . is daar nog wurms oor, of moet ek net in die hoekie gaan sit?

  7. Plasie, dit is omdat dit so lekker is om bul-bul met jou op die plaas te speel. Ek sal jou nooit hoekie toe stuur nie, daar is nog baie, baie wurms

  8. My liewe Girl:
    5) Ek was ‘n tomboy, hou van rof speel, nou nog πŸ™‚

    4) hei adrew, pulk jou swaard uit sy skede, hier is ‘n vraag vir jou.

    3,2,) MBsc.akkies..

    1) Professionele leser en slaper

  9. Sies Plasie… Jy laat dit lelik klink… Ons wou net help… 😦

  10. Pfff…. Ek reken dis seker iets in Sielkunde (forensies dalk)? Wel… iets in die mediese veld dink ek (om veilig te wees) πŸ˜‰

    Dan moet ek ander drie uitdink ❓

    1. Huil jy maklik?

    2. Waar is die mooiste bestemming wat jy nog besoek het? en Hoekom?

    3. Is jy lief vir die lewe?

  11. Plaasjuppie

    Alweer in die moeilikheid! Gee tog maar ‘n groot handvol wurms aan.
    Please Girlie, moenie my weer slaan nie. Laaskeer se wonde is nog nie eers behoorlik gesond nie πŸ˜‰

  12. Net ‘n paar πŸ™‚

    Hou jy van chocolate?
    Hoe gereeld verloor jy jou humeur?
    Is jy geduldig?
    Wat is jou gunsteling TV program?

  13. Ek belowe ek antwoord later, ek is regtig oppad iewers heen, moes al gery het.

    Plaasie jou wurms is oppad – moet hom asb nie slaan nie, ek moet nog vir sy voortande betaal wat ek laas naweek uitgeslaan het.

  14. Hulle is te versigtig vir jou om jou te tag, Rosa. Ek dink jy sou ‘n formidabele onderwyseres / lektrise uitgemaak het πŸ˜†

    My vrae:

    1. Hou jy van die Kaap?

    2. Van waar jy woon / werk kan jy Tafelberg sien?

    3. Watter lekkergoed (sweets) is jou gunsteling?

    Sal maar nie my luck try met nog vrae nie πŸ˜‰

  15. Daar is werklik niks fout met dokter-dokter speel nie. Doen dit al jaaare.

  16. Andrew

    Hierdie keer gaan ek eers seker maak ek verstaan die vraag. Girlie wil jy weet of Rosalind ‘n Christen is? Wil jy hΓͺ ek moet antwoord?

    Sy het nog nooit gesΓͺ nie maar ek vermoed sy is ‘n Pastafarian.

  17. Sigeuner

    Sjoe! Maar dis lekker!

    Rosalind? In watter jaar is jy regtig gebore?

    Stoei jy soms met geloof/godsdiens/met jouself of is jy heel kalm om net jy te wees? Tevrede met jou sienings oor geloof/godsdiens?

    Aanvaar jy mense nes hulle is, of is daar mense wat net die witlig uit jou irriteer en waarmee jy nooit-ooit oor die weg sal kan kom nie? Soos in normale people, ne? Nie die geweldadiges nie?

    Hoeveel weeg jy en hoe lank is jy. Uhm…ek soek nie `n date nie…vra maar net, dokter-dokter.

  18. Sigeuner

    Wag net gou! Nog 2 toe?

    Rosa-wilderosie – kan jy `n padkaart lees?
    Kan jy `n huisplan lees?

    Dis al, jy mag maar gaan.

  19. Ek was bang jy dink ek stir weer Andrewkie… Maar lyk my sy wil he jy moet antwoord! πŸ˜›

  20. My laaste vrae..

    1. Sou jy in vandag se tyd wou date? (Ek is seker dinge werk anders as toe?)

    2. Enige raad vir ‘n eerste date?

    3. Is jy nog verlief op jou geliefde?

    4. Dink jy OOIT met jou hart?

    5. Glo jy in liefde? is dit net ‘n chemiese reaksie volgens jou of ‘n “hartding” wat selfs jy nie verstaan nie? (praat nou nie die gevoel wat ‘n ma het vir haar kroos nie)

  21. Andrew

    Girlie, alhoewel Pastafarianisme β€˜n geregistreerde Godsdiens is, is dit eintlik net β€˜n satiriese protes teen intelligente ontwerp.

  22. k… The cost is clear…

    1. Sneeuwitjie / Aspoestertjie / daai girl in Beauty in the Beast? As jy een moes kies watter een sal jy wil wees? Hoekom?

    2. Watse spesiale talent het jy?

    3. Glo jy dat mens inherent goed is? Of is dit aangeleerde gedrag?

    4. Sal jy ‘n goeie skoonma wees? Hoekom?

    5. Leef jy groen? Hoekom?

    6. Was jy ‘n protesting feminis in jou jonger jare?

    7. Watse troeteldiere het jy?

    8. Wat maak ‘n persoon intelligent in jou oe? (Behalwe hoe IK)… Na wat kyk jy om dit te bepaal?

    9. Jou opinie oor Emosionele Intelligensie?

    10. Sou jy wou weet op watter dag en datum jy jou kop gaan neerle? Hoekom?

    Ek belowe ek is nou klaar πŸ˜‰

  23. Ek het hard getik en gedink aan 10 vrae, maar wordpress het hulle skoon verloor. Ek is nou demoer in en heel beneuk. Fok.

    Ek sal weer dink.

  24. 1) Verf jy jou toonnaels?

    2a) Is dit vir soms vir jou moeilik om so slim te wees?

    2b) Hoe hanteer jy mense wat onnosel is?

    3) Dink jy geweld los soms probleme op?

    4) Wat dink jy wat skoonheidsprinsesse?

    5) Watter nommer skoen dra jy?

    6) Met wie sal jy eerder op ‘n eiland gestrand wees:

    a) Fidel Castro
    b) Britney Spears
    c) Enige karakter van 7de Laan (nie die akteur nie, die actual karakter)
    d) Robert Mugabe

    7) Watter lelike woord gebruik jy elke dag ten minste een keer?

    8) Hou jy van vinnig ry?

    9) Lag jy ook vir paartjies wat dieselfde klere aantrek winkelsentrum toe?

    10) Waar doen jy jou inkopies?

  25. Andrew, “his noodly appendage” gaan maalvleis van jou maak omdat jy na hom as satire verwys!

  26. Wat was die mooiste kompliment wat jy al gekry het?

  27. Ek dink Rooskind het gaan asiel vra in Antibloggerarktika 😈

  28. Ek is nou so deurmekaar ek sal dit moet uitprint en mooi stap-vir-stap antwoord eheheheh

  29. Andrew

    O jitte George ek het nou so lekker gelag oor die maalvleis. Hahaha … ek wens julle kan my hoor. πŸ˜† πŸ˜† πŸ˜†

  30. Girl se bondel vrae:

    1. Huil jy maklik? Ek raak maklik hartseer, maar ek huil nie meer so maklik nie

    2. Waar is die mooiste bestemming wat jy nog besoek het? en Hoekom? Praag is die mooiste, die stad is so ongelooflik pragtig danksy die argitektuur.
    — Die mees besonderse plek ooit was Mali. Dis net onbeskryflik in die land.

    3. Is jy lief vir die lewe. Maar natuurlik ek sou graag 1000 jr wou lewe

    1. Sou jy in vandag se tyd wou date? (Ek is seker dinge werk anders as toe?) Nie die krag daarvoor nie.

    2. Enige raad vir β€˜n eerste date? Sorg dat jou asem nie stink nie.

    3. Is jy nog verlief op jou geliefde? Ja baie, maar die liefde is sterker as verlief wees.

    4. Dink jy OOIT met jou hart? Ja baie.

    5. Glo jy in liefde? is dit net β€˜n chemiese reaksie volgens jou of β€˜n β€œhartding” wat selfs jy nie verstaan nie? (praat nou nie die gevoel wat β€˜n ma het vir haar kroos nie).
    —- Ja maar daar is meer in die lewe as liefde, hetsy chemies, ‘n ma vir haar kinders etc, daar is iets soos ‘n sinchronisasie met iemand, in tune wees, dieselfde dink, mekaar voel as geesgenote.

    1. Sneeuwitjie / Aspoestertjie / daai girl in Beauty in the Beast? As jy een moes kies watter een sal jy wil wees? Hoekom? – Superman, hy kan vlieg.

    2. Watse spesiale talent het jy? Ek kan my ore beweeg

    3. Glo jy dat mens inherent goed is? Of is dit aangeleerde gedrag?— Ek weet nie

    4. Sal jy β€˜n goeie skoonma wees? Hoekom?
    Ek weet nie, ek het toe nooit nasate gehad nie.

    5. Leef jy groen? Hoekom?– Soveel ek kan. Want ons gaan teen 2050 nie meer water he nie.

    6. Was jy β€˜n protesting feminis in jou jonger jare? — Ek is steeds een, uit beginsel, maar ek protest nie, ek is net.

    7. Watse troeteldiere het jy? Honde

    8. Wat maak β€˜n persoon intelligent in jou oe? (Behalwe hoe IK)… Na wat kyk jy om dit te bepaal?
    — Iemand wat goeie leesstof lees en volhoudend daaroor kan gesels.

    9. Jou opinie oor Emosionele Intelligensie? – Dit is iemand wat leer uit sy foute en verantwoordelikheid vir sy dade neem.

    10. Sou jy wou weet op watter dag en datum jy jou kop gaan neerle? Hoekom? — Nee, netnou raak ek paranoies.

    Jou eerste vraag: Is ek ‘n Christen? — Ek is as een grootgemaak, maar ek is al vir baie jare nie meer een nie πŸ˜‰

  31. Carina, hallo.

    Hou jy van chocolate? — Ja, maar goeie tjolits.
    Hoe gereeld verloor jy jou humeur? — Nie so baie nie, ek raak eintlik meer vieserig.
    Is jy geduldig? — Hang af wie betrokke is en wat die situasie is.
    Wat is jou gunsteling TV program? — Moeilik, ek hou van al die dokumentere kanale op TV, maar ook van goed soos South Park, Army Wifes en Desperate Housewifes.

  32. Sonkind is weer op haar stukke, ek laaik dit. :)Ek dink Rooskind het gaan asiel vra in Antibloggerarktika πŸ™‚

    1. Hou jy van die Kaap? —Ja

    2. Van waar jy woon / werk kan jy Tafelberg sien? –As ek mooi kyk ja. Mens kan hom sien van Yzerfontein ook πŸ™‚

    3. Watter lekkergoed (sweets) is jou gunsteling?– Ek is nie so groot soettand nie.

  33. Andrew, ‘n Pastafarian wat van mense mincemeat maak, jy is reg πŸ™‚

    LOL @ George.

    Sigeuner: Stoei jy soms met geloof/godsdiens/met jouself of is jy heel kalm om net jy te wees? Tevrede met jou sienings oor geloof/godsdiens? —- Ek stoei glad nie met godsdiens nie en is heeltemal tevrede. Ek lees baie oor geloof etc en stel belang, maar ek is totaal kalm.

    Aanvaar jy mense nes hulle is, of is daar mense wat net die witlig uit jou irriteer en waarmee jy nooit-ooit oor die weg sal kan kom nie? Soos in normale people, ne? Nie die geweldadiges nie? —- Ek het net een of twee sulke mense wat ek van weet, dis nie bloggers nie, dit invidue wat al my pad gekruis het wat ek niks van hou nie. Ek gaan vaar mense se sienings, maar dit beteken nie ek wil nie daaroor gesels nie.

    Hoeveel weeg jy en hoe lank is jy. Uhm…ek soek nie `n date nie…vra maar net, dokter-dokter.
    — Flip wow πŸ™‚ Ek is 1,68 cm lank en ek is nie oorgewig nie. Ek klim nogal nie op ‘n skaal nie, as my klere nie pas nie, weet ek, ek is te vet.

    kan jy `n padkaart lees? Natuurlik!
    Kan jy `n huisplan lees? Natuurlik

  34. 1) Verf jy jou toonnaels? — Nie met opset nie.

    2a) Is dit vir soms vir jou moeilik om so slim te wees? Ek dink nie ek is slim nie, veral nie as mense my opstuur met vrae soos die nie πŸ™‚
    πŸ™‚

    2b) Hoe hanteer jy mense wat onnosel is? Die wat nie in die lykshuis se laai pas nie, word in die yard begrawe.

    3) Dink jy geweld los soms probleme op? Nee.

    4) Wat dink jy wat skoonheidsprinsesse? Ag shame man, hulle moet ook ‘n kans kry.

    5) Watter nommer skoen dra jy? 6

    6) Met wie sal jy eerder op β€˜n eiland gestrand wees:

    a) Fidel Castro — ek wonder of hy regtig nog lewe?
    b) Britney Spears — sy sal fun wees πŸ™‚
    c) Enige karakter van 7de Laan (nie die akteur nie, die actual karakter) — ek ken hul regtig nie.
    d) Robert Mugabe — as hy dood is is daar niemand om mee te chat nie.

    7) Watter lelike woord gebruik jy elke dag ten minste een keer? ag fok tog (ten minste 30 keer)

    Wag’n bietjie: Wat was die mooiste kompliment wat jy al gekry het? — (Dis ‘n moeilike een.) Baie dankie jy weet nie wat dit vir my beteken het nie. Ek waardeer dit.

  35. maxie

    1, Wat is die kleur van jou oe?

    2. Hoe ontspan jy?

    3. Gunsteling geur tjippies?

    4. Vakansie: spoggerige hotel/self-catering/kampeer?

    5. Berge of die see?

    6. Wat maak jou bang?

    7. Gunstelingblom?

    8. Gunstelingreuk?

    9. Gunsteling quote?

    10. Wat is vir jou die mooiste geluid? (buiten stilte πŸ˜‰ )

  36. Andrew

    Rosalind mag ek ook β€˜n vraag vra al het ek nie β€˜n blog nie? Dan kan jy my ook een vra.

    Wat was jou hoofvakke (BSc) en waarin het jy gespesialiseer met jou meesters?

  37. 1. As jy n keuse gehad het of jy n mens of n dier kon wees, wat sou jy gekies het? hoekom?

    2. Was jy al ooit spyt oor die loopbaan wat jy gekies het?

    3. Onderklere, skoene, handsakke of juwele?

    4. Dra jy elke dag dieselfde horlosie of hang dit van jou uitrusting af?

    5. Het jy n kaapse aksent?

  38. Oi. Daar bly nie veel meer oor wat ek kan vra nie. πŸ˜†

    Of ja.

    Hou jy van tags? :mrgreen:

  39. Ok, noudat almal hulle vraag-diarrea gehad het kan ek okke beurt kry.
    1. Wat lees jy op die oomblik?
    2. Watter musiek luister jy na?
    3. Het jy ‘n gunsteling drankie?
    4. Wat is jou mooiste herinnering van jou oorseese toer?

  40. Ek gaan jou nie peper met vrae nie, ek dink ek weet reeds wat die antwoorde sal wees.

  41. Wil jy nou meer…. Roos… Jy is meer mens as wat verwag het! :mrgreen:

  42. Nee, ek het nie ‘n vraag nie, maar ‘n offer: my wurms teel vreeslik vinnig aan. As jy nie kry nie sal ek vir jou stuur.

    Met komplimente. Ek het twee bins vol.

    Dokter-Dokter seg jy? Gits, met meisiekiekies of seunkiekies??

  43. BB

    Tattoo? Wat? Waar?

    Is Bl!xer heldersiende? πŸ™„

    Skinnertyd:
    Oor die bloggers (en ook die wat nie self blog maar hier comment):
    1. Watter een is die mees ligsinnige?
    2. Watter een sal jou hart seer (of hartseer) kan stem/praat/skryf?
    3. By watter een sou jy sΓͺ ‘leer’ jy iets (allesbehalwe noodwendig intellectually) of het jy al iets ge’leer’? En wat was dit?
    4. Watter een sou jy dink het op die long run ‘verander’ – hetsy van siening of opinie, of dan at least attitude, sedert sy/haar se eerste comment hier by jou?
    5. Watter een laat jou gereeld lag of is vir jou holskeurend snaaks?
    6. Watter een dink jy is heeltemal anders in persoon as dit wat jy/ons hier lees?
    7. Wie sou jy graag op ‘n kursus wou stuur en watter kursus sou dit wees?
    8. Sou jy moord kon pleeg?

    Onthou my tattoo vraag!↑↑↑ :mrgreen:

  44. Die beste deel van dokter-dokter speel is die stuur van die rekeninge, die slegste deel, voorlopige belasting . 😦

  45. Goeiste, hierdie comments lees amper soos ‘n speed dating ontmoeting.

  46. πŸ˜† @ Blixer… het dit iets te doen met die feit dat hulle prostitusie wil wettig maak….

  47. Uiteindelik kom ek ook vandag tot stilstand om ietsie te vra…

    # Watter kleur is jou hare? Is dit kort of lank?
    # Kleur jy jou hare?
    # Jou grootste verleentheid?
    # Wie/wat het jou die kwaadste nog gemaak?
    # Watse werk doen jy van 8-5?
    # Jou gunsteling plek in die wereld en hoekom?
    # Wat dink jy van extreme sports?
    # Gunsteling fliek?
    # Wat was die laaste fliek wat jy gesien het?
    # Swem jy in die see?
    # As jy enige sport moes/kon be-oefen, wat sal dit wees?
    # Gunsteling gereg en restaurant?
    # Gunsteling drankie?

    Dink dis vir eers dit…

  48. ek gaan nie se wat my kwalifikasies is nie, okkie watse werk ek doen nie, sorry maters,,,iewers moet ek ‘n geheim he, hier by nasionale intelligensie se ambulansdiens mag ons nie eens vir mekaar se wat ons doen nie.

    ons met vandag 3 uur weer iewers heen gaan om een van zuma se vroue te opereer – in die geheim.

    πŸ˜› well it pays well en ek kan baie travel.

  49. Skoor: ek speel dokter-dokter met enige iemand wat wil speel, solank hulle betaal en bereid is om alles uit te trek. πŸ™‚

    Blixer: jy weet wat die antwoorde gaan wees? nou raak ek bang ….)

    Girl: meer mens? ek? moenie te gerus raak nie πŸ‘Ώ

    Zuit: hulle almal date vir my hehehe

    DMI: huh?

    Andrew: jy sal ‘n ander vraag moet vra πŸ™‚

    Boendoe : ek hou van sommige tags, ja

    MAXIE
    1, Wat is die kleur van jou oe? ek dink dit is groen-bruin

    2. Hoe ontspan jy? — slaap

    3. Gunsteling geur tjippies? –die nuwe een

    4. Vakansie: spoggerige hotel/self-catering/kampeer? — luukse hotel oorsee, ek suffer nie, nooit nie. (maar ek sal ‘n adventure ding doen as die hilton nie naby is nie)

    5. Berge of die see? — nie een nie

    6. Wat maak jou bang? — ‘n ondermynery

    7. Gunstelingblom? — tulp

    8. Gunstelingreuk?— nie ‘n clue

    9. Gunsteling quote? —-Extraordinary claims require extraordinary evidence. Carl Sagan

    10. Wat is vir jou die mooiste geluid? (buiten stilte) –is regtig stilte

    ADRI: As jy n keuse gehad het of jy n mens of n dier kon wees, wat sou jy gekies het? hoekom?—- Perd, hulle is nice.

    2. Was jy al ooit spyt oor die loopbaan wat jy gekies het? — soms

    3. Onderklere, skoene, handsakke of juwele? — ek is nie seker wat is die vraag nie.

    4. Dra jy elke dag dieselfde horlosie of hang dit van jou uitrusting af? —- ek wissel horlosies

    5. Het jy n kaapse aksent? — Nooit

    DMI: Wat lees jy op die oomblik? – Steve Jones – Almost like a whale
    2. Watter musiek luister jy na? — nie te mal oor musiek nie, maar luister na amanda
    3. Het jy β€˜n gunsteling drankie? — koffie
    4. Wat is jou mooiste herinnering van jou oorseese toer— die Dogon mense in Mali

    BB: Oor die bloggers (en ook die wat nie self blog maar hier comment):
    1. Watter een is die mees ligsinnige? — ek dink nie ek lees daar nie.
    2. Watter een sal jou hart seer (of hartseer) kan stem/praat/skryf? — Wag ‘n Bietjie en Wippie

    3. By watter een sou jy sΓͺ β€˜leer’ jy iets (allesbehalwe noodwendig intellectually) of het jy al iets ge’leer’? En wat was dit? — Ek leer baie by almal.
    4. Watter een sou jy dink het op die long run β€˜verander’ – hetsy van siening of opinie, of dan at least attitude, sedert sy/haar se eerste comment hier by jou? — Flip ek weet nie, hulle sal moet seg.

    5. Watter een laat jou gereeld lag of is vir jou holskeurend snaaks?—- Vlam eks-Boendoe en Andrew

    6. Watter een dink jy is heeltemal anders in persoon as dit wat jy/ons hier lees? — Die meerderheid

    7. Wie sou jy graag op β€˜n kursus wou stuur en watter kursus sou dit wees?— Ek stuur sommer vir jou op ‘n luukse vakansie Parys toe.

    8. Sou jy moord kon pleeg? — Ons almal sal kan, hang net af wat die rede/meriete is.

    KAALVOETE# Watter kleur is jou hare? Is dit kort of lank?–My hare is donker en plek-plek lekker grys

    # Kleur jy jou hare? —NEE

    # Jou grootste verleentheid? — Ek kan dit nie se nie daar was 2 en dit was vreeeeeslik πŸ™‚

    # Wie/wat het jou die kwaadste nog gemaak? ‘n Bose mens, lank terug.

    # Watse werk doen jy van 8-5? πŸ™‚ aikona

    # Jou gunsteling plek in die wereld en hoekom? Daar is soveel en daar gaan nog kom

    # Wat dink jy van extreme sports? Sal dit nie doen nie, lag my kak as die mense val.

    # Gunsteling fliek? Unbearable lightness of being.

    # Wat was die laaste fliek wat jy gesien het? weet nie kan nie onthou, konsentrasie is kort

    # Swem jy in die see? Nooit ek sal versuip

    # As jy enige sport moes/kon be-oefen, wat sal dit wees? die een wat die meeste betaal, soos in geld

    # Gunsteling gereg en restaurant? sushi en midde-oosters

    # Gunsteling drankie? koffie

  50. ja… tannie Roos… daar bruis bloed in die are… πŸ˜‰ EK het gedog dis meer iets soos quick silver…

  51. BB

    O Wow!! PARYS!! Hmmm…. at second thought – wil jy my dan sooooo vΓͺr weghΓͺ, huh?? πŸ˜•
    En dan is ek sΓ³ excited om jou favorite movie te share – maar ek kan sweer ek het dit al eendag lank terug ook raakgelees by jou. – en die vakansieding… oi!! Dankie tog vir daai ‘luukse’ trip waarop jy my (ver)wens :mrgreen: As ons vakansies en wegbreke dan nou moet selfcatering wees, moet ek wragtig nie nodig hΓͺ om vir 3 dae lank vuur te stook virrie koffiepot nie πŸ‘Ώ

  52. Sigeuner

    Dis heerlik, heerlik, heerlik om hierrie te lees! Als! Jy IS baie oulik Rosa-wilderosie.
    Soen jou sommer…maar ek sweer! Ek soek nie `n date nie.

    Op die blogs is Sigeuner die ligsinnigste…dom, dom, ligsinnig.

  53. Andrew

    Sheesh … dan kan jy nog opereer ook! Dra jy secret service sonbrille? 😎

  54. Haai ek het die drie vrae van Netjane vergeet:

    Hou jy van vinnig ry? — nee want ek het al dooie mense gesien nadat hulle te vinnig gekry het, nie mooi nie.

    9) Lag jy ook vir paartjies wat dieselfde klere aantrek winkelsentrum toe? — veral as hulle dan loop en roomys eet.

    10) Waar doen jy jou inkopies? — watter inkopes πŸ™‚ hang baie daarvan af

  55. BB ek wil jou nie ver weg he nie, ek gun jou ‘n vakansie op ‘n mooi plek πŸ™‚ en ook nie selfcatering nie, ‘n luukse een oorsee, ek wens dit vir jou.

    Sigeuner πŸ™‚ LOL

    Andrew: Ek hou van slag πŸ™‚ Nee, net secret service gadgets soos skere en magic markers en pruike.

  56. Maxie: jy het ‘n lekker vraag gevra oor wat my gunstelingklank is en my gunstelingreuk, ek het so bietjie daaroor gedink.

    Jong hou baie van die klank van ‘n Airbus wat opstyg na ‘n destinasie oorsee, jinne! Maar ook van my hondjies as hulle met my “praat”.
    Ek hou van die reuk van my slapende geliefde en van ‘n Transvaalse donderbui.

  57. maxie

    Dankie! Ek hou sommer baie van jou gunstelinge.

  58. Sigeuner

    Sigeuner dink, so tussen pasta en mince, ne? Als is net `n persepsie. Die vrae vertel vir my net soveel soos die antwoorde.

    Nou wil ek weet – wat`s die definissie van persepsie? Genuine…sukkel al `n week daarmee. Help die dom tjint tog uit.

  59. Sigeuner

    Pssst!!!
    More, ne? Kry hierrie Sigeuner 2 splinternuwe flagships!!
    Agh, laat my brein tog net saamwerk? Seblief tog? Ek wil net weer hoor. Dis al wat ek vra.

  60. Ding vra:
    1. Jy het ‘n magic wand – jy kan iets verander, net eenkeer net een iets. Wat sal jy verander?
    2. Die een wie in die nag daar moet wees vir jou, is nie meer daar nie. Jy word wakker en besef dit. Wat doen jy?
    3.Jy ontvang presies R4 387 958. Uit die bloute. Dit is joune om oor te beskik. Net so. Wat doen jy regtig daarmee?
    4. Jy wissel horlosies? Toon almal dieselfde tyd? En is jou horlosie-tyd gesinchroniseer met die amptelike tyd?
    5. Jy mag Ding een vraag vra – wat vra jy?

  61. Sigeuner: persepsie, ‘n subjektiewe waarneming wat ‘n mens van iemand/iets/gebeure het.

    Ding vra:
    1. Jy het β€˜n magic wand – jy kan iets verander, net eenkeer net een iets. Wat sal jy verander?
    — gee aan almal in die wereld meer insig en kennis

    2. Die een wie in die nag daar moet wees vir jou, is nie meer daar nie. Jy word wakker en besef dit. Wat doen jy?
    —hang af, of ek die een aan die dood of die lewe verloor. die rou sal net in die bepaalde stappe verskil.

    aan die dood: dan stap ek my pad alleen nadat ek getreur het. onthou die mooi.
    aan die lewe: dan leer ek maar uit my foute en uit die lewe, treur en gaan aan met my lewe.

    3.Jy ontvang presies R4 387 958. Uit die bloute. Dit is joune om oor te beskik. Net so. Wat doen jy regtig daarmee?
    — ek sal slim belΓͺ en wag en dink.
    — regtig. ek sal definitief reis. reis bou memories en ervaring en op die ou einde is dit al wat jy het.
    — ek sal baie weggee, aan die SPCA en die cart horse protection mense.(maar ek sal betrokke wees met wat hul met die geld doen) ek sal niks aan mense gee nie, ek ervaar mense as onverdienstelik, wreed en ongenaakbaar.
    — ek sal wel vir my eie ma en geliefde bederf. πŸ˜‰

    4. Jy wissel horlosies? Toon almal dieselfde tyd? En is jou horlosie-tyd gesinchroniseer met die amptelike tyd?
    —almal dieselfde tyd, ja op GMT+2

    5. Jy mag Ding een vraag vra – wat vra jy?
    — sal nie nie vra nie, maar soms wonder ek oor jou vreeslike seer, want daar is baie hoΓ« mure om jou. ek verstaan mure, hulle is daar vir ‘n rede. liewe ding. onthou jy het net die een leef-lewe πŸ˜‰ bogger die mense – dis jou lewe. ek flippen hy is fokkin precious want hy is net joune alleen.

  62. Ek sal tog een vraag vra, hoekom vermy mense iemand met ‘n emosionele wond? Ekself doen, maar geen van my antwoorde gee my werklike berusting nie.

  63. Frankie – jy is die moeite werd.
    Mense = wreed en ongenaakbaar. Hmmm…
    Mure: nogal amper soos die treinstasie in Harry Potter.
    Dankie vir jou antwoorde.

  64. Blixer: ek dink nie ek is wys genoeg vir daai antwoord nie, hy is uiters kompleks. dalk is dit omdat mense bang vir vir emosionele wonde, hulle sien hulself daarin – en dalk net as hulle uitreik gebeur dit ook met hulle en/of moet hulle betrokke raak.
    Indien ‘n mens betrokke raak, moet jy van jouself gee – dit is swaar, seer, moeite en kan uitputtend wees – aanvanklik-maar later is dit selfs rewarding. Maar mense dink nie sover nie. Hulle dink net aan die hier en nou. Mense kan uiters selfsugtig wees.
    Bang vir emosionele pyn, terwyl dit tog met ons almal gebeur.
    Miskien voel mense hulle gaan nie die pyn verstaan nie?

    Ek weet nie?

    Ding: ek hou van jy Potter-treinstasie analogie!!!

  65. Sigeuner

    Ek hoor!!!!!!

  66. Mefri

    Nee, Rooskindjie, ek het geen vrae nie, maar ek luister aandagtig en ek neem in.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: