In die nag

In die nag

moet jy daar wees

sag diep slapend

langs my hand

in die nag moet

ek jou asem kan

hoor langs my

kop jou lippe

warm vol troos

vir die dae wat ek

bang huistoe kom

maar in die nag

moet jy daar wees

vir my om te rus


  1. Alta

    Baie nice.

  2. maxie

    Sjoe, stunning..

  3. jy dig… oor die nag ..

  4. Andrew

    Dis baie mooi.

  5. Pik ek nou ‘n traan! Dit is pragtig!! Eendag moet ons gaan tee drink, ek vermoed ons is ganse van dieselfde dam.

  6. Mefri

    Rooskindjie, soms kniel my woorde eerbiedig in stille verwondering voor die intensiteit van onbeskryfbare vreugde. Verbale en geskrewetaal is onbevoeg om uitdrukking te gee aan wat woordeloos in my blom – ek het hierdie vir jou saamgebring van anderkant af, omdat dit die naaste hieraan kom.

    Partykeer

    wil ek net saggies
    met my vingerpunte
    oor jou woorde streel
    totdat die gedigteks
    my bewondering ingeasem het
    en as ʼn ruiker
    langs jou skrywers-pen neerlê

    Rooskindjie, thank you for making my wish come true.

  7. BB

    Ek kom ook soms bang huistoe… maar in die nag is sy hand altyd daar vir my om te rus.

  8. BB

    Dis stil Rosiekind. Stil en mooi. x

  9. Jinne Roos… Dit is baie mooi… Wys jou hoe dit tot ons harte spreek want diep binne elkeen van ons is daar die vrees… ons wil nie alleen wees nie. Vrees is ‘n sterk emosie en ek wonder hoekom?

  10. Sjoe Rosa! Baie mooi. So rustig.

  11. Sigeuner

    Jy maak die bangeit, eensaamheid en donkerte meer kalm met hierdie versugting. Dis al wat die meeste van ons vra.

    Jy`se digter!

  12. Dis vreeslik mooi Rosa…

  13. Sammi

    Dit vertel meer as wat dit sê
    ((((Rosa))))

  14. kyker

    Dis mooi gedoen Rosa.

  15. Baie dankie dat julle almal my gediggiekie kom lees het. en dat julle gese het julle was hier.

    BLIXER!!! (jammer julle dat en haar uitsonder, seker julle sal verstaan) maar jinne ek is bly om vir jou weer te sien, my aarde ek het ‘n paar keer daar by jou kom draai om te se hallo en ek dink aan jou. ek is voorwaar bly jy is met ons🙂
    ganse van dieselfde dam🙂




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: