Die kerkie se venster

kerk4

Wene, Oostenryk 2009

Die klein kerkie se bankies is regop en hard. Die klassieke orrelmusiek wat die man vir ons speel behoorlik, soos ordentlike musiek hoort. En as jy in jou wese stil raak, diep tot ruste kom – kan jy dink. Want die spasie dwing mense tot stilstand.


  1. Treffend.
    Nie van jou verwag nie, Rosa? 😉

  2. Mefri

    Rooskindjie, behalwe dat hierdie pragfoto in my gunstelingplek in die wêreld geneem is, kan ek verstaan dat jy hier onder die klank van musiek in ʼn kokon van rustigheid kon verkeer. ‘Just to be’

    Hierdie oopvenster is vir my ʼn simbool van toeganklikheid en soveel meer.

    Die boom wat net gedeeltelik sigbaar is, maar die ruimte tussen die vensterrame vul, is vir my baie mooi. Dit laat my aan ‘ten dele ken’ dink… Daar is soveel meer in die lewe om te ontdek en te ervaar. Ek glo jy vestaan wat ek bedoel.

  3. Andrew

    Ek sien ‘n kontras tussen die nature, ‘n pragtige groen boom, en die bo-natuurlike, die koue Kerk. Die oop venster verteenwoordig ‘n ontsnappings roete na vryheid, verligting en warm son op my vel.

  4. skuilhoek

    Ag dis net pragtig watse gevoelens van lig en ontsnapte drome by mens opkom as mens deur sulke vensters kan staar. Baie mooi ja.

  5. BB

    Toe ek die title sien dog ek eers: “Ai Rosie, spaar my nog ‘n ‘kerk’ inskrywing/verwysing…”.
    Dankie Rosie! Dis awesome!

  6. BB

    Og! Ek wou nog sê::mrgreen:

  7. Andrew

    Ek hou al hoe meer van hierdie foto.

    Binne die Kerk is daar 3 simboliese MENS GEMAAKTE ligte(drie enige God), buite is daar ‘n Son wat al vir biljoene jare voor die mens se ontstaan brand. Dit verteenwoordig ‘n proses nie ‘n skepping nie.

  8. ELF

    Dis hoendervleis mooi en die tipe plek waar ek myself met opset kan verloor.

    Hmm, dis soos om my siel as molekule te sien, wat heeltyd deur daai venster beweeg, in en uit op die vlerke van die wind se asem, en iewers in die middel net te sweef .. te wees .. tussen twee werelde van teenoorgestelde dog uiterste skoonheid .. en jou siel te rus, op maat van hierdie solitude lullaby.

    Regtig n stilmaak-foto hierdie, baie mooi inskrywing.

  9. Beautiful! A picture is worth a 1000 words…

  10. Mefri

    Elfkindjie, jy verstaan wat ek probeer weergee het, jy het dit perfek verwoord.

  11. Baie mooi foto. Jy het die gevoel wat jy in daardie kerkie beleef het, perfek vasgevang in die foto. 😉

  12. Ek is weer mal oor die herhaling van vorm en lyn!

    Hoe lyk die kerkie van buite af?

  13. Laat my dink aan die dag in die Milan Katedraal. Die man het ook die orrel pragtig gespeel, en daar was net hierdie wonderlike, rustige gevoel….. en toe sê die vrou langs my – A cup of tea would be nice now…😆

  14. Dankie bly julle het gehou van die kiekie.

  15. Lewies

    Hallo Rosalind , ek lees nog sporadies jou blog al skryf ek maar min.

    Ek voel om jou te se jou kommentaar op een van my gedigte http://ensovoorts.wordpress.com/2008/06/20/stedelinge-yskor-vanderbijlpark/

    het my geinspireer om dit as een van 7 gedigte voor te le vir n digbundel. Wel sien hier;

    http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=73424

    Dankie, hou voort met die beste Blog in die Afrikaanse heelal.

  16. Lewies, baie, baie geluk met Nuwe Stemme. Dit is fantasies. waarlik.

  17. Lewies

    Dankie, Rosalind

  18. rosalindfranklin.
    ek het dit oor en oor gelees, en weer oor.
    dis uitstekend mooi.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: