Alles in my kop?

Ek wonder wat sal gebeur was ons almal besluit om ‘n op ‘n dag net te laai waai. Sonder voorbehoude te skryf wat ons regtig op die hart en in die kop het: wat ons dink, glo, weet, erken, herken, sommer net wil sê of deel.

Jy pas geen selfsensuur toe rakende jou denke nie.

Ek sluit Rosalind Franklin hierby in.

Almal gelyk. Sê nou maar net om 11:00 op die 11de van die 11de maand – wat toevallig ook die oomblik in tyd was toe die Eerste Wêreldoorlog geëindig het – probeer ons net een keer dit. Laat gaan net vir een keer.

Ek het aanvanklik ‘n blog begin om totaal en al iets anders te sê, en ongelukkig van die eerste oomblik af, was het ek suurtjies getrap. Hoekom? Want dit is nie in my aard om sensitiewe mense  se gevoelens te spaar nie. Is dit omdat mense so onverdraagsaam is?

Dit gaan ook nie oor persoonlike detail nie, dit is privaat. Dit gaan meer oor idees, konsepte, standpunte en gedagtes.

Miskien is ek bang almal sal weghol as ek werklik se wat ek dink? Dalk is almal bang.

Ek sê meestal nie wat ek wil sê nie, en ek skryf nie wat ek wil skryf nie. Meestal nie. Soms wel.

Baie keer scroll ek af in die afrikaanse WP-lys en die volgende kom in my kop op: Al weer dit!!

Die wereld is groter as net dit. Die lewe is meer. Dalk net my lewe. Ek weet nie.

Give me more! I can give more.

 

praag2

Praag – die mooiste stad op aarde


  1. Krista

    Nou give! Ons wag! Skryf wat jy wil Rosalind, laat die wat wil, lees.

  2. Ek hoor wat jy se Rosa. Go for it.

    Maar:

    “Want dit is nie in my aard om sensitiewe mense se gevoelens te spaar nie.” Die rede hoekom mens sensitiewe mense se gevoelens spaar is soms omdat hulle dan op hulle beur weer jou gevoelens sal spaar.

  3. Go for it, Rooskind! Ons kan altyd so ‘n afspraak maak – op daai dag op daai tyd se elkeen van ons dit wat ons te ordentlik is om ander tye te se😉

  4. Andrew

    Yum yum klink soos my tipe tee partytjie. Buig die reels tot hulle kraak. Maar eers die 11de maand? Nee dis te lank. Kan jy dit 09:09 volgende Woensdag maak? Dan is dit 09:09 09/09/09.

    Ons sal nie weg hol nie … ons weet hoe om te koes.🙂

  5. BB

    Rosietjie, in all honesty sou ek jou graag lees soos jy is en wat jy wil sê. In even more honesty, sal ek waarskynlik nie kommentaar lewer of in ‘n debat betrokke raak as ek nie baie deeglik oortuig daarvan sou wees, dat selfs my opinies/comments met deernis en sonder offence gehanteer sou word nie. As ek unsafe voel in ‘n environment, ‘n plek, ‘n gesprek, ‘n argument kry ek nie volstruis sindroom nie, nee – ek laat spaander soos ‘n vlakhaas.
    En Rosie, ja, die wêreld is wel vir sommige mense “groter as net dit”, maar slegs jy en jy alleen (en dus ek en ek alleen) kan bepaal of jou of my lewe ‘meer’ is – it doesn’t make another’s life any less fulfilled because we ‘think’ we know the answer to the fulness of life.
    Some people felt they had to conquer the continents and explore the oceans. Others really perceived their life’s purpose (and fulfillment maybe) was to stay ‘at home’ and sow and plough and cook jam and preserve cabbage and be content supplying those explorers and conquerors with enough food for a year…
    So, you may be the explorer and I may be the farmer – and in a way that’s so cool – your spirit wouldn’t allow you the mundane routine of the seasons and my stomach would never handle the “motion of the ocean”.:mrgreen:

  6. Mens kan nie altyd oorsensitief wil wees nie…. en vrye wil gee jou die opsie om te lees of nie, of om te debatteer of nie.

  7. Ogies

    Dis so waar wat jy sê. Vir my spesifiek sou my blog my uitlaatklep wees. Maar hoe meer ek “ontdek” is, hoe meer het ek in my dop gekruip. Ek dink ek moet ook maar net vir ‘n slag laat waai en basta met die res. “You like me, great, you don’t, tuff.”

  8. Flippie: Miskien moes ek eerder geskryf het: “sensitiewe lesers” in plaas van mense. Daarby bedoel ek ook nie om mense te beledig nie, allermins.

    Krista: jy sien dit is hier waar ek in myself teleurgesteld is.

    Sonkind: ek dink aan so ‘n afspraak….

    Andrew: dis ‘n brandewyn-party!

    BB: jy sien, die punt van so ‘n skrywery is nie om mense af te kraak nie, juis, deernis sal en mekaar verstaan is altyd deel van volwasse debat. ‘n Mense moet juis safe voel, soos jy se, dit is presies die punt wat ek maak😉

    DMI: oor vrye wil stem ek met jou saam.

    Ogies: hallo daar. ek ken die gevoel.

  9. Andrew

    Nou die dag het Louwie ten spyte van gebeurlike (potential) vrese dat sy blog stats ‘n knou kan kry as hy sy eie gedagtes oor socialism met ons deel, dit nog steeds gedoen. BRAVO Louwie, jy het jou sê gesê en ek het as gevolg van jou komentaar my eie opinies oor kapitalisme verander al het ek nie deelgeneem aan die gesprek nie. Hoe defok moet ons ‘n opinie vorm oor iets as ons nie blootgestel word aan ‘n verskeidenheid van argumente nie?

    Wat is blogging? ‘n Sosiale netwerk om vriende te maak en ‘n popularity contest te wen of is dit ‘n platform om idees met ander te wissel? Waarvoor is Twitter, MixIt en Facebook daar?

    Rosalind laat waai asseblief met jou idees … there might be casualties along the way, there always are, but why live a lie to please people you don’t even know? Don’t waste your knowledge, share it.

  10. BB

    Juis Andrew! JUIS! As ek ‘veilig’ voel, kan ek selfs my mind change oor sekere dinge – of at the very very least darem ingelig word oor ander opsies en idees. Ek wil net nie offend of offended voel omdat ek nie saamstem nie; dis juis hoekom sommige mense soos steeks donkies vassteek en weier om te ‘budge’ – omdat hulle first and foremost persoonlik te ná gekom is, in plaas daarvan om openmindedly net te aanvaar dat ons nie almal dieselfde kán of hoef te redeneer nie (nevermind persoonlikhede, agtergrond, opvoeding, experiences en al daai jazz in ag geneem nie).
    So, Rosie, gooi gerus!! I’ll duck if need be😉

  11. Andrew: ek dink mense is “bang” om idees te hoor/lees, omdat hulle dink hulle sal hul opinie oor iets verander. mmm goed en wel as ek praat van ‘n cheeseburger en jy van ‘n chickenburger, die k*k kom in my politiek, geloof en etiek en sulke dinge. Oops nou skryf ek iets oor Moses en mnr x is bang hy glo nie meer in die tien gebooie nie.

    DIT is was mense misverstaan en bedreig laat voel.

    BB: jip it is not personal, maar ongelukkig sien almal dit nie soos jy nie😉

  12. Mefri

    Rooskindjie, om gestand te doen aan die moed van jou oortuigings wat gebaseer word op ‘huidige kennis en insig’, verg voldoende selfkennis en ʼn soliede selfbeeld. Jou waarheid is JOU waarheid (punt). Om te wonder en teveel klem te lê op wat ander van jou sal dink as jy dit uitspreek is fataal. Ek aanvaar en respekteer ander se sienswyse en soms verander of verstewig dit my eie – ek vrees nie om dinge uit ʼn ander oogpunt te benader nie.

    It is not always about your point of view, but more often about your viewpoint…. Go for it!!

  13. Ek kry soms die gevoel ek wil ‘n ander mens hard en aanhoudend skud om net “wakker” te word, maar dan dink ek “hey, wie’s ek nou eintlik om dit te doen? Wat gaan dit eintlik bereik?”.

    Die ding met ‘n blog is egter juis (volgens my) om een of ander vorm van interaksie te bewerkstellig. Kan jy dit regtig doen as jy nie skryf en praat oor dit wat jy regtig wil nie? Ek lees dan ook net blogs wat “iets” vir my doen, of dit nou is om my te laat lag, te laat dink, kwaad te maak, watookal.

    In die “regte” wêreld moet mens seker bietjie meer beheersd optree, maar hier in die blogwêreld het die leser ‘n keuse om te lees, of nie, kommentaar te lewer, of nie, terug te kom na die blog, of nie. En ja, almal is verskillend en ja, ons moet meer verdraagsaam wees, maar ek kry ook al hoe meer dae waar ek eintlik net wil sê : fok dit, this is me, take it or leave it. Geen verskonings en wit vlaggies en doekies omdraai nie.

    Go for it Rosa – all guns blazing.

  14. 😆 Maar ons sal nooit nie. Ons sal eerder ons blogs toemaak en ‘n ander een oopmaak in die hoop dat ons dit DAN sal doen. Wat ook nooit gebeur nie.

    Ek kan net (vir myself, eintlik) lag.

    Good luck, Rosa. Ek kon nie. Ek dink nie ek sal ooit kan nie. 😉

  15. katjiepiering

    Praag is so mooi! Genade maar dis so mooi. Nooit geweet..

    Brandnetel ja dis waar, anders raak dit persoonlike vetes wat more al vergeet moes gewees het.

    Ja, laat waai, hou dit net onder skuilnaam em sit op ys, party mense lewe nog… en so aan .. of iets. So verander sommige goed… so iets? Ek kom darem amper al daar.. voorheen het ek op tone getrap… of erger… op gevoelens.

    Hm ek was biki reguit miskien, maar nie meer nie.

  16. Sigeuner

    `n Brandewyn-idee? Solank daar genoeg reen is vir die mix.
    Rosa, een ding kan ek jou vertel…as jy (al is dit vir een oomblik, op een dag) so ongelooflik eerlik en oop en al die ander lekker dinge gaan wees en ook sommer in die proses vir Sigeuner gaan se fokof, gaan jy so vry voel, skoon voel (al se minder mooi dinge of woorde wat mense nie graag wil hoor nie of nie saamstem nie) dis soos kos vir jou siel.

    Of jy hier op `n blog, tussen vriende, tussen familie, by die bank, met jou maat en met die lewe eerlik is of eerliker probeer wees (ook met woorde), gebeur daar wonderlike dinge in jou lewe.

    Onthou jy? Die honger baba en die ewe moedelose honger ma foto? En ek wat nie helemal teer was oor als nie (al het ek verstaan wat jy wou tuisbring…ek was net demoerin om dit vir die hoeveelste keer te sien en kwaad oor wereldregerings wat dit toelaat, ne) en weet jy? Ek kon aanvoel jy byt op jou tong en se alweer nie wat jy dink en voel nie. Ek sou dan en daar gese het…:ag seblief tog, gaan kak tog net!” of iets in die lyn.

    Ek gaan saamspeel as julle die brandewyn-partie hou en dit gaan gross wees wat ek dink en voel – dit kook al so jaar en dis tyd dat dit oorkook en klaarkry.

    Skeur als oop Rosa, ek wag en ek koes nie sommer nie.

    Universal Law, ne? Moet niks persoonliks opvat nie. Jirreweet, dis so maklik.

  17. Laat waai Rosa 😆 Niemand voel en dink dieselfde oor goed. Dis lekker om ander se standpunt te lees mens moet soms buite die boks dink!

  18. Wippie…jy weet mos ek wil op die boks sit in plaas van buite hom dink, daai is my probleem.

    Sigeuner: Ai die honger kind en nou lag ek daaroor🙂 ek lag nou so vir jou kommentaar!! ek sal jou nooit wegjaag nie ek geniet jou besoeke hier.

    Katjie: die voormalige oosblok-lande is almal pragtig, probeer hulle besoek.

    Brandnetel:🙂🙂 ek lag ook vir myself. laat hang tog jou hare so nou en dan, jy weet😉

    Jane: “Ek kry soms die gevoel ek wil ‘n ander mens hard en aanhoudend skud om net “wakker” te word, maar dan dink ek “hey, wie’s ek nou eintlik om dit te doen? Wat gaan dit eintlik bereik?”. ” JY vertel vir my…..ek kry daai gevoel nogals baie….ek doen nie nie want ek is bang my naels breek🙂🙂

    Mefri: ek dink nie ek worry soveel oor wat ander van my sal dink nie, maar dalk wat ander van hulself sal dink….

  19. Ons kan ook almal oor rooiligte jaag. Maar ons doen nie, want iets weerhou ons. Daar is ‘n essensie daarvan in wat ons oor die algemeen in ons lewens ook doen. Ons het maar almal eksistensiële angst.

  20. “Oops nou skryf ek iets oor Moses en mnr x is bang hy glo nie meer in die tien gebooie nie.” Dit strek natuurlik baie verder as dit.

    Miskien iets soos:
    “Oops nou skryf ek iets oor Moses en mnr y is bang hy moes liewer in die tien gebooie geglo het.”

    Of dit kan selfs wees:
    “Oops nou skryf ek iets oor evolusie en mnr z is bang sy konsep van evolusie as al die tyd nie reg nie.”

  21. Sigeuner

    Dis die ding – van later lag oor `n ernstige situasie. Mens moet meer lag. Dis altyd goed.

  22. Emil: angst en bewing. ek kan oor die rooilig jaag, maar ek wil nie.

    Flippie: of, oeps daar skryf ek iets oor Moses en iemand besef ‘n klomp mal fokkers het verniet deur die woestyn getrek en gedink hulle is special, terwyl dit alles skimme in die woestyn was?😎

    Of dank: Ek skryf iets oor evolusie en iemand besef…my jirre maar dit maak net soveel sin. ROFL😛

  23. Goed Rosa ek sien uit na die 9de van die 9de van die 9de of wanneer jy ook al gaan besluit om die handskoene uit te trek. Solank jy net aanvaar dat iemand dalk nie gaan saamstem nie en dit dalk gaan se^.

  24. Ai flippie jy neem dit heel te ernstig op, ek het nou net terug geskerts nadat jy vir my voorbeelde genoem het. Die tien gebooie maak vir my totaal en al sin, ek dink het op ‘n stadium wat daar nie wette as nie mense se lewe gerig, hoe anders handhaaf jy reg en orde?
    Daar moes miskien 20 gewees het, ek kan aan nog ‘n paar dink.

  25. Als reg Rosa, tog se^ die spreekwoord “many a true word was spoken in a jest.”

    “Daar moes miskien 20 gewees het …” Op die ou end is daar eintlik net twee.

  26. Andrew

    Flippie wat is hierdie twee?

  27. Sigeuner

    Rosa – ja die mal fokkers in die barre woestyn – en min dink werklik waaroor dit gaan en of dit waar is en hoe de hel dit waar KAN wees?

    20 is nog te min, maar sou darem al beter wees as 10. Van die 10 maak egter nie als sin nie. Ek laaik die ene van vra die meeste, ne? Want dit hou belofte in.

    Issit nou die 9de? Dis mos woensdag?

  28. Andrew, lees Mat 22:37-40.

  29. Andrew

    Dankie Flippie ek het dit gelees. Dis min dat ‘n Christen vir my ‘n versie gee om te lees wat ek wel dan opsoek en lees.🙂 Dit voel vir my asof “I’ve done my time” as jy verstaan wat ek bedoel.

    Ek wonder nou net of The Lord vir ons so lief het soos wat Hy wil hê ons moet vir Hom lief wees. As ‘n mens die strawwe in ag neem wat Hy vir ons oplê waneer ons ‘n fout begaan dan is dit moeilik om dit te dink.

  30. Mefri

    Hallo (((Andrew))) dit is lekker om jou hier raak te lees. Rooskindjie ek hoop dit is reg met jou, ek wil graag vir Andrew hier antwoord.

    2 KORINTIËRS 12:9
    Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

    GALASIËRS 3:22
    Maar volgens die Skrif is die hele wêreld vasgevang in die greep van die sonde; die belofte word dus vir die gelowiges vervul alleen op grond van die geloof in Jesus Christus.

  31. Mefri

    Dankie ((((((Rooskindjie))))))

  32. Andrew

    More Mefri en dankie vir jou komentaar. Nou die dag vra Piesangverkoper: “Ek wonder of die lewe nog lekker kan wees as daar nie sonde is nie.”🙂 Wie sal nou weet hoekom God sonde geskep het. Lekker Sondag.😆

  33. Andrew, “Ek wonder nou net of The Lord vir ons so lief het soos wat Hy wil hê ons moet vir Hom lief wees.” die Bybel praat baie van die liefde van God. Sy liefde word ook verder gedemonstreer deurdat hy sy seun gestuur het om vir ons te sterf. Daar staan ook geskryf dat hy juis diegene straf wat hy liefde het. Dit is dus analoog aan ‘n ouer wat ‘n kind straf ter wille van die kind se opvoeding.

    Ek waardeer dit dat jy gaan lees het wat ek na verwys het. Ek was te lui om alles in te tik.

  34. ding

    Frankie, Ding gaan waarskynlik weer slaap as Rome brand, so Ding gaan nie wag vir die geskiedkundige 0909090909 nie. Ding wil iets sê en Ding gaan dit sommer nou net hier sê:
    Hoekom is ek te fokken dom om te verstaan waaroor hierdie gesprek en die laaste klomp comments gaan???? Wil iemand my nie ook net regomdraai nie, asseblief tog!

  35. Andrew

    Ding JY hoef nie regomgedraai te word nie, jy face klaar die regte rigting deur jou sê te kan sê nes jy nou gedoen het. Net so Flippie ook.

    EK byvoorbeeld het ‘n bietjie alignment nodig om my rigting te kry want MY opinies, net as voorbeeld, is nie vreeslik populer nie en ek hou terug juis vir daardie rede. Om stroom op te swem en gevestigde idees te bevraagteken is nie maklik nie en vir goeie rede. Maar as niemand dit doen nie sou ons nou nog geglo het die aarde is plat.

  36. Andrew

    Ag hoe wonderlik, more, dis nou 090909, sal Winston die pos duif Telkom se landlyn spoed uitdaag.

    Sien Demoerin se skrywe: http://demoerin.wordpress.com/2009/09/07/winston-vs-telkom-breeband/#comment-3704

    Yeah baby, bend the rules.

  37. Mefri

    Andrew, FF het dit in ʼn neutedop vasgevat; ‘die reëls van die samelewing bly presies dieselfde’. Konstruktiewe kritiek is die antwoord, nie soos die dag toe ek na jou gehap het nie. Ek sien nou dat ek jou velle afgeskraap het en ek is regtig jammer daaroor Andrew.😦 Ek glo ons het albei iets daaruit geleer.

    My probleem is dat die dogtertjie in my soms vol streke is, sy klouter onverwags deur die tralies waar ek haar gehok hou en ongelukkig is sy partykeer vervlaks balhorig, eiewys en sy luister not ‘n dêm na wyse raad nie – sy weet hoe, wat en waarom sy sekere goed NOU WIL Hê en boeta, dan is dit nag. Dis dan wat ek nie met myself kan huishou nie.

    Rooskindjie, jy ken hierdie willewragtag-kind in my, ek glimlag nou oor die dag toe ek haar sommer wou versuip het, onthou jy dit?🙂

  38. Andrew

    Mefri moenie worry oor my vel nie en hoekom verwys jy na jouself in die derde persoon? Jy is number one, kry dit in jou kop. Jou opinie is belangrik, dis juis die punt, ons WIL dit hoor.

  39. Mefri

    Andrew, weet jy wat sien ek? Ek of jy moet nou beginne blog, ons kan nie ander se gasvryheid so misbruik nie, toe wat sê jy… You first. seblief, ek kan dit nie op hierdie stadium bedryf nie, toe seblief, ek belowe ek sal gereeld daar kuier.

    Dankie vir die mooi gedagtes ek waardeer dit.

  40. Andrew

    Ja jy is reg, Rosalind se blog is hierdie keer goed opgefok.

    Ek sal dink oor my eie blog. Dis nie regtig iets wat ek wil doen nie maar party maal het ek iets wat ek wil plaas. Op die oomblik is daar ‘n foto op my sel van eiers wat ek afgeneem het. Ek wil so graag weet wat dit is! As ek die foto hier kan “imbed” dan sou ek dit doen want Rosalind sal dit seker vinnig kan ID.

    Dis vars water, groen, rond en lyk soos geswelde ertjies.

    Wat is dit?

  41. Julle is snaaks! 😆

    Andrew, stuur jou eiertjie-foto vir my. Ek sal dit post. Het ‘n foto van 2 goggas wat ek ook graag sal wil identify, en jou foto sal dit net meer ‘body’ gee. 😉

  42. Andrew

    Ag dankie tog, ek sal dit vir jou aanstuur ……. maar wag ek weet nie eers wat jou email is nie.

  43. Eish. Comment 44, en dit het niks met arme Rosa se post te doen nie. 😳

    Ek het my e-mail adres daar by die kremetart gelos. 😆

  44. ding

    Andrew, die eiers is geswelde ertjies – jy sê dan self so:mrgreen:

  45. Andrew

    Ja ja Ding spot met my.😆

    Toe jong wikkel jou boude en help ID die ertjies, ek het dit vir Vlam gestuur.

  46. Julle fok nie my blog op nie geniet dit, sommer baie. Moenie so skuldig voor oor alles nie!!! ehhehehe, vader land.

  47. BB

    … en ekke wag in spanning vir jou om te ‘give more’…
    Nou toe nou Rosie. Dink jy nie dis nou tyd virre voorsmakie nie?? dit IS afterall vandag 09/09/09😕

  48. Mefri

    Rooskindjie, ek hoop hierdie dag hou ook die belofte van vervulde wense in; myne spesifiek! Ek hoop met verwagting nou al van 10 September 2008 af vir nog ʼn gedig uit jou pen uit. Ag, sien jy nie hoe smeek my woorde dan nie? My siel is uitgedroog soos ʼn spons wat te lank in die son bly lê het….mooi groot seblief. Ek is seker daar is iewers een wat wag om hier te kom vreugde bring.

  49. BB: hy is hier.

    Mefri: o aarde😯 mmm ek wonder

  50. Dis die dat ek so baie blogs het, en met SNLV waarskuwings. Want soms wil ek regtig lelike dinge kwytraak, maar mens het respekte vir die ouer garde wat kom gesels by jou voordeur.

    Hel, jy kan darem nie die uil oor die onderdeur uitskiet terwyl hulle op die stoep vergader nie!

  51. Verstaan jy Skoor, verstaan jy? Rosalind Franklin sit met daai probleem, wat gemaak as sy die dag wil uil-skiet? He?

  52. Mefri

    mmm ek wonder… dit klink na die antwoord wat ek graag wou hoor. Dankie mwah!!

  53. Sigeuner

    En ek het gewag vir vandag – die dag wat ek wou oorkook en eerlik my opinie (word nie gemeet aan reine waarheid, ne?) skreeu. Maar…vandag was so goed vir my. Vandag was so goed vir ander ook – ek glo so graag so.

    Vandag wil ek net se:

    Leef pragtig
    Leef voluit!
    Dis al

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld

    […] jou eiertjie daar waar hy die inligting bymekaarskraap, en wat ander daaroor te sê het. Moenie opkrop nie, dit is net ‘n resep vir ‘n helse vulkaniese uitbarsting! Die mens is nie net […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: