Piggy Oikey

Om waarde vir ons geld te kry, seg my sib, moet ons sorg dat ons elke dag in die plus bly. Dit beteken ons moet genoeg eet en drink – so nie gaan ons in ‘n minus in.

Genoeg eet en drink was nog nooit vir my familie ‘n probleem nie. Ek se altyd hulle eet as volg: Drie volle etes per dag en dan drie volle snacks tussen-in. Ek is meer van ‘n Khoi-San – ek eet ‘n hele bok en dan vir twee dae nie.

Na die hotel se ontbyt, raak die spul sommer al hier teen 11:00 weer “effe dun” en “baie vaal” teen 13:00. Een 15;30 weer “knibbelrig”.

So erg dat ek al teen dag twee vir die twee se: Kyk, ek gaan nie al my geld uitvreet nie, fok. Julle maak daai sogenaamde lunch-kitty moeg. Dan ‘n roomys, dan ‘n stroedel, dan ‘n stuk koek, dan een of ander stuk jodel-knodel-met-room.

Dit is net die Piggy Oikey wat vir my en my suster ietwat van ‘n probleem was met ons onlangse reis – my ma, en al die ander mense, het gedink dit is heerlik.

Toe die eerste bord schweine voor ons land, toe ruik ons dit: Dit het tot voor my neus gekom en nie verder nie: wilde-hond-vark-ot-oubeesbal-yuk.

Ons is in ‘n minus, se my suster, terwyl ons die brood op die tafel inryg. Om ons kletter die messegoed. Ek het nog nooit sulke “stink” vleis geruik nie. Dalk is dit net ons vleis? Wag ek gaan ruik die res….loop stadig verby die ander mense en ruik: Nee hel al die vleis ruik WILD.

Drie dae later op die bootreis op die bruin-groen Danaub. “Julle moet dit vark eet, mooi gemaak, toegedraai in kool en suuroom bo-op.”

Okay.

Oe  trek daai wilde piggy oikey reuk deur die lug toe ons hom sny. Eine schweince slecghte kleine fokkir. Hy is rondgejaag in ‘n bos of iets.

Ons is in ‘n varkie-minus.

Toe sien ons later hierdie:

IMG_1333

My tipe plek!

Die grootste bargain (wat mens nooit, ooit kry nie) was ‘n kunsmuseum wat op een of ander heilige dag een Euro gekos het om in te gaan! — In die plus verseker

Die grootste kat in die noodsaaklike sak was die kleinste vuil toilet in die wereld wat ook ,een Euro gekos het om te gebruik, wat ek twee keer na mekaar moes besoek wees ‘n tegniese en anatomiese fout . .. —– In die minus verseker


  1. 😆 😆

    Daai poster se dit alles!!

    Dankie, Rosa, vir die eerste lekker lag vandag!

  2. Lekker inskrywing🙂

  3. Andrew

    */vee trane af soos ek lag

    Na paragraaf drie kon ek nie meer lees nie … hahaha … miskien is my oë besig om te gaan.😆

    hahaha … daar begin ek weer te lag … jitte dis goed.

    Wat is op die einde … morse kode of ‘n vloekwoord?🙂

    .–. .. –. .-.. . – / .. … / -.-. ..- – .

  4. Hiehie… goed geskryf, kon die vark amper ruik.

    Rooskind, ek’s eerlik ek sukkel ook met daai genoeg eet en drink ene – Ek leef ook om te eet i.p.v. net eet om te bly leef.

  5. 😆 Dit was nou ‘n lekker lees – anatomiese fout bwahahaha

  6. Ogies

    So ‘n vark van ‘n vark!

  7. Jong, ek het dit al in ons eie provinsie gekry by ‘n vark slaghuis.

    Kots, as ek vark gaarmaak, wil ek nie die stront in sy hok ruik nie!

    Kots, kots, amper sit ek wortelsap neer by die gedagte hieraan…

    Ek is met jou hier Frankie. Minus en al.

  8. Ek het gedink oor die vark, miskien is dit so onsmaaklik oordat varke genomies eintlik so na aan die mens is. Hulle is omnivore en hulle organe is baie dieselfde as ons s’n. Ons is nie veronderstel om hulle te eet nie.

  9. Mefri

    LOL Dit is kostelik!!

    Ek kuier maar min op wp deesdae, maar wanneer die geleentheid hom wel voordoen, kies ek eerste koers hierheen. Dit is sommer ʼn dubbele bonus as jy vol pret en plesier jou sêgoedjies kwytraak.

    Ek het dit baie geniet om weer ʼn brokkie eg Rooskindjie te proe. Mmm, smaak alte vrolik, gesond en propvol lekkerte!!

  10. Boendoe: Lat ons maar lag😉

    Andrew; Haai nee, maar as dit morse kode is, hoop ek, ek het iets wilds gese….ek het daai morse kode van jou probeer ontsyfer op die google maar no luck.

    Paula: ons wag vir jou annir blog🙂

    Wag’n Bietjie: goed om jou weer te sien. LOL leef om te eet, is jy nie dalk familie van my familie nie?

    DMI: daai anatomiese fout….is erg

    Ogies: varkies is eintlik cute, ons moet hulle dalk nie eet nie.

    Skoor: vark slaghuis….neeeee!

    mefri: hallo daar, bly om jou weer te sien.

  11. Dagse Rosalindfranklin

    Die enigste probleem met varkvleis is, dat jy gevaar loop om perongeluk sommige mense se familie te verorber.😯👿

    Geniet die res van jou reis.

    Groete

  12. maxie

    Genadetjie tog…😆
    Nee wat, Cohen’s klink beslis na die beter opsie!

  13. Andrew

    .–. .. –. .-.. . – / .. … / -.-. ..- – .

    Piglet is cute

  14. BB

    WAAAAAAAHAHAHAHA!!! Og Rosie, jy’s friggin’ hilarious!!
    Anyways – ek is seker die uitsondering op die rule: maar ek, proudly born and bred Deutsches Mädchen, ek wragtig nie vark nie!! Uhu!! Ek eet nie eers hond nie🙄 vir wat sal ek vark eet??:mrgreen:

  15. Ag toggie, ‘n ou varktjoppie is sooooo lekker! Eet julle nie eers bacon nie?

  16. BB

    Bacon is VET Dmi!!!😯 *YUCK*

  17. Ek self is nie ‘n vark eter nie (varktjoppie en lekker in een sin DMI? Yuck!)

    Ek wonder nou oor die tegniese badkamer fout? Ek sou terstond stage freight gekry het as ek in so ‘n varkerige badkamer moes piepie.

  18. Andrew

    Rosalind, ek het ‘n vraag so bietjie van topic af. Gister het ek begin griep simtome kry, wat doen ek? Moet ek dokter toe gaan vir bloed toetse of wag om te sien wat gebeur? Ek wil nie onodig antibiotika neem nie.

  19. 😆 BB – Probeer bietjie bacon in daai potjie van jou!

  20. Ek is egter stomgeslaan oor al die nie-varketers. Wat van lekker uitgebraaide kaiings?

  21. BB

    Het jy ‘n drang om in die modder rond te rol, Andrew??😕 Voel jy lus om daai piesang skil te eet??🙄 Snork jy dalk onbeheersd as jy lekker kry?😯 😉

  22. BB

    Grappies op ‘n stokkie: ek reken mens moet nie kanse vat nie. MAAR: een van my vriendinne is ‘byvoorbaat’ / ‘for just in case’ vir varkgriep behandel met some medicine called tamiflu??? Sy’t dit 3-4 dae gebruik toe kom die uitslag (negatief) – haar man is dik de hel in – hy sê jy drink nie medisyne wat vir ‘n ander spesifieke doel voorgeskryf word nie… 😕
    So ja, ek sal ook graag wil hoor wat seg Rosie van hierdie vark van alle varke…

  23. Andrew

    😆 BB my redinasie is dat medikasie nie ‘n griep virus kan vernietig nie so hoekom dokter toe gaan. As ek later ‘n long infeksie kry is dit ‘n ander storie, dan sal ek soos blits by die spreekamer wees om te vra vir antibiotika. Dalk is ek ‘n bietjie naïve, dis hoekom ek maar eerder vra.

    Op die oomblik medikeer ek myself met comfort food, lui lekker in die bed.🙂

  24. Sigeuner

    Dit is skreeuvark snaaks geskryf, Rosalind.

    `n Duitse buurvrou wou mos eendag so (net so stinke!) varkding vir my gee om te proe (seg sy dis varklewer) en die ding lyk of dit nog lewe! Ek`t nie gewonder of ek gaan kots nie, ek`t gewonder of ek ooit weer gaan ophou!

    Rosa – kan onmoontlik `n anatomiese fout wees!? Dink dis soms net dem ongemaklik! Anders sou jy so kurktrekker gehad het om julle wyn mee oop te maak.

  25. ding

    Ding het lanklaas ‘n stukkie porker die lippe opgelê, maar met die nuwe insig dat dit dalk net per abuis die familie van sommige mense kan wees … Ridder, jy bring Ding tot nuwe insigte!

  26. Andrew, antibiotika help nie vir griep nie. Griep is ‘n virus. antibiotika help net vir bakteriele en ander infeksies.
    Dit sal help as die infeksie versprei na jou bors en lugpype toe want dan is dit ‘n gevolg van die griep, soos jy se.

    Daar is net een ding wat help vir griep en dit is oseltamivir, die aktiewe bestanddeel van tamiflu.
    Mens moet dit binne 48 uur van die verskyn van simptome drink om 100% effektief te wees, so mens kan nie wag vir die toetse se uitslag nie
    Mens kan dit voorkomend drink as jy dink jy gaan baie blootgestel wees soos mediese werkers en die mense wat Mecca toe gaan.

    Vir die res: bedrus is al wat help met baie water drink.

  27. BB; tamiflu sal absoluut niks maak as jy dit gedrink het en jy is nie siek nie. mens kan dit as behandeling en voorkomend drink. die vriendin se man kan maar ontstpan.

    Tamiflu (oseltamivir) is ‘n fantasitese middel en as die griep (H1N1) se tweede vlaag kom en hy is baie dodelik kan ons maar die lofsange begin sing vir die mense wat die middel gemaak het, dit gaan ons redding wees. Prys die wetenskap🙂

  28. DMI: ek laaik bacon maar ek hou nie van gekookte vark nie🙂

    Signeuner: ek sal julle die detail spaar, dit was ‘n ananotiese fout….🙂

    Netjane: dit was ‘n tegniese en anatomiese fout, seg ek jou🙂🙂🙂

    Ridder: LOL

  29. Andrew

    Dankie Rosalind, ek besef vandag hoe maklik die virus kan verpsrei toe ek inkopies gaan doen het met my krediet kaart. Ek moet nommers intik op ‘n keypad, die persoon agter die toonbank hanteer my kaart nadat hy aan hoeveel note gevat het, ek gebruik ‘n pen wat hulle voorsien vir my handtekening … Fok ’n mens staan nie ’n kaans nie. Al was jy jou hande met seep vir ‘n paar sekondes, dit is nie genoeg nie, jy moet dit skrop. Anyway, die koors nagmerries is nou darem oor … ek is oor die algemeen nie te mal oor fiksie nie.😆

  30. Andrew

    Shit sorry, dis ek hierbo, my vorige komentaar was op ‘n kreasionist blog gewees.:mrgreen:

  31. Boendoe se man het my gevra om hierdie te versprei aan haar blog gesin:

    Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)

    Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.

    Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.

    Wisecrack.

    Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie.

  32. whahahaaaa uitstekend, sis vir so stikkende ding op my bord, ek sal myself verseker moet verskoon as so ietsie op my tafel beland. Erhalten, dass Schweine aus meinem Gesicht f*k verdammt! 😆 jy weet mos ek het so sensitiewe neus Rosie😉

  33. 😆 Gekookte vark????? Nee man, mens mors nie so nie!

  34. Nee… Ek stem saam Janekie… Geen varkie dankie!

    Ek hou nie van gaar vleis nie… Vark eet jy gaar… dis die enigste rede!:mrgreen:

  35. 🙂🙂🙂 andrew!!!

    DMI: hulle kook daai vrak en dit stink….!

    Eelt/Wisecrack: Ek weet nou nie wat is die verskil tussen Eelt en Wisecrack nie en wat jy hier geskryf het maak nie vir my sin nie, maar nouja.

    Wipie: hallo!! jy sou weggehol het en handy andy loop soek het.

    Girl: rou vleis, oink!

  36. 😆 Baie goeie stuk Rosa, al val ek nou ‘n paar dae later hier in. Die naaste wat ek aan ‘n vark kom is ook net die bacon. Wat die res aanbetref, bleggg!!

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop « Demoerin se Wêreld

    […] dag my theme song neurie, en uitsien na die rugby more – En ek dink sommer ek sal ‘n varktjoppie op die kole gooi. Lente is in die lug! Ek kan dit sommer ruik! En dalk is dit nou die tyd om van […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: