Vol en leeg

Die derduisende mense wat hier gesterf het, is nie meer hier nie – maar op ‘n manier is hulle. Want dit is so vreeslik leeg en verlate, dat dit vol is.

Jy soek die mense oral, maar hulle is nie te vinde, net as geeste van foltering in die geheue.

Tot oorlopens toe vol-leeg.

IMG_0909

Dachau – 6 Augustus 2009 – Paradegrond

Dis traag en vreemd om te verstaan, amper soos die heelal – net te veel. Die son brand, die klippe maak seer onder jou voete. Die winter hier moet hel wees.

Moet nie na jou godheid roep nie, want hy bestaan nie, hy het jou verlaat. Hy is nie daar nie  – Jood, gypsie, katoliek, gestremde, intellektueel, homoseksueel, liberale of politieke aktivis.

IMG_0938

SS-selle Dachau – Augustus

Dit was mense se handewerk. Mense. Die mens is nie besonders nie.

Jy hoef nie ‘n Nazi te wees om dit in jou te he nie.

 

IMG_0990

Oorspronklike elektriese grensdraad -Dachau

“Hoekom het jy nie ook teen die draad vasgehardloop nie?” vra ek die vrou. “Elk het elke dag vir die draad gekyk, maar ek het nie die guts gehad, want ek wou nie lewe nie.”

IMG_0968

Die grens tussen dood en lewe is breed of nou – hang af waar jy staan.


  1. Nou die aand kyk ek na ‘n program oor die Auschwitz Diaries – twee Nazi foto albums wat toevallig gevind is. Dit was vreeslik. Aan die een kant wys dit die Duitse offisiere flirt met meisies, wandelinge in die woud – alles so normaal. Dan die ander album – die treine vol Jode. Klein kindertjies. Die ma’s nog met ‘n ferm greep op hulle, min wetend dat hulle binnekort uitmekaar geskeur sou word, een lot vir die gaskamers, die ander om te gaan werk.

    Nee, dis erg. Die mens is NIE besonders nie. Jy is doodreg.

  2. Andrew

    Wow wat se^ ‘n mens nadat jy na sulke fotos gekyk het? Its just simply surreal.

    Baie treffend … laat die fotos die praatwerk doen.

    Welkom terug, ons het jou gemis.

  3. Sjoe Rosa, welkom terug.

  4. BB

    Dachau/Auschwitz/Birkenau verleen meteens ‘n ongelooflike hardverskeurende ‘real 20th century human voice’ aan Jesus se woorde in Matt 27:46: “Eli, Eli, lema sabachthani’ – amper 2000 jaar later het daardie woorde van Hom deur derduisende monde ge-echo.
    Sjoe Rosie – dis die mees overwhelming gevoel daardie – ek het dit netso ervaar op daardie einste Paradegrond: Onder my foto daarvan in my album het ek die volgende geskryf: “Gottverdammt oder Gottverlassen?”😦

  5. Paula

    Daar is nie woorde nie. Onverstaanbaar.

  6. Luister Lucas Maree se nuutste CD!

  7. Oor sy aankoms by Auschwitz skryf Elie Wiesel jare later, “Never shall I forget those moments which murdered my God and my soul and turned my dreams to dust.”
    Elkeen wat daai plek besoek dra so iets daar weg wat jy nooit sal vergeet nie.

  8. Verskriklik, en die mens sal dit weer doen, en weer, en weer. En daar is mense wat sê dit het nooit gebeur nie!
    Ek wonder altyd hoe kon Victor Franckl so heel daar uitstap. Hy moes `n besonderse mens gewees het

  9. Louwie, ek wil met jou verskil, die mense in die kampe wat oorleef het, was NIE besonders nie, dit was net luck. Hulle het nie ‘n besonderse wil gehad om te oorleef nie, inteendeel, die meerderheid wou eerder sterf. Toe die SS baie van die kampe verlaat het, het die mense net agtergebly en nie by die hekke uitgestorm nie. Hulle was te verslae en/of te siek. Oorlewende raak baie ontsteld as jy hulle uniek/besonders noem.
    Ek ken self iemand wat in drie van die kampe was: Auschwitz, Treblinka en Bergen-Belsen en sy se mense se wil om te lewe het gou verdwyn, inteendeel hulle het skuldig gevoel dat hulle lewe. Hulle sien hulself ook nie as besonderse mense nie, maar net besonders gelukkig. Ek stem met haar saam.

    Mense wat se dit het nooit gebeur nie, het beslis ander bose agendas, daarin twyfel ek nie.

    Piesang: Al oorleef jy dit, is jy vermoor.

    Paula: inderdaad.

    BB: die paradegrond is erg ne?

    Mykopop: sal so maak

    Koeksister: dankie

    Andrew: dankie, ek is nou nie die wereld se beste fotograaf nie, maar het probeer.

    Boendoe: daai albums is erg, gelukkig het iemand dit gevind en bewaar. ja-nee is dink mos nie die mensdom is so cool as wat die mendom dink hy is nie😉

  10. Ons het al verby Dachau gery maar ons het net nie kans gesien om in te gaan nie. Soveel mense wat daar gesterf en ook gely het.

  11. Daar is weinig dinge uit die geskiedenis wat my SO erg aangryp soos wat in hierdie kampe gebeur het. Was self ook al by Dachau en Auschwitz, en tot vandag toe is twee van die gevoelens wat bo alle ander uitgestaan het, die van ongelooflike hartseer en evil.
    Ek het al seker elke boek oor WWII gelees (die meeste dalk twee keer), dit is vir my ‘n ongelooflike interessante onderwerp wat letterlik die wêreld soos ons dit vandag ken gehelp vorm het, maar een boek wat ek net een keer kon lees was House of Dolls, oor die jodinne wat as prostitute aangehou was vir die Duitse weermag.

  12. Hallo Groot Voet, ek dink baie mense sien nie kans om in te gaan nie, dit is swaar.

    DMI: ek lees ook baie geskiedenis, WWII is eintlik onbeskryfbaar erg. ja die vroue wat aangehou is as prostitute, daar is vroue in japan ook so aangehou vir die soldate in WWII hulle is na 2000 eers onthou. vreeslik.

  13. Ek dink Victor Frankl het die mense se “luck” goed beskryf in “Man’s Search for Meaning.” Daar gebeur iets met die neurone wat ‘n dryf na oorlewing is, al wil die mens nie meer nie. Ek dink wat ons so van hierdie era fassineer, is juis die feit dat ons nie ‘n Nazi hoef te wees om so te wees nie. Daardie vonkie skuil in elkeen van ons. Daar is ‘n baie kort afstand tussen die skop van ‘n hond, en hierdie.

    Rosa, ek het hier so ‘n paar foto’s van ons besoek aan Bergen-Belsen geplaas: http://emiljung.posterous.com/shh-here-be-ghosts

    Ons het nog, maar dit is maar moeilik om die essensie van die ervaring te deel. Dit is werklik so dat jy bo die euwel ook die spoke kan aanvoel. Die geboue is eintlik leë kokonne sonder klank, maar waar ek die geskiedenis werklik ervaar het, was op die oop gronde. Visioene van duisende lewens nooit gelewe nie.

  14. Dankie vir die deel Emil. Die eerste boek wat ek hieroor gelees het was 20 jaar gelede toe my suster ‘n boekie van duitsland teruggebring het, sedertdien het ek baie hieroor gelees. Kort daarna Frankl se boek – baie mense ken die boek, maar vir my is dit nie naastenby die beste een nie, veral nie as ‘n mens eens kontak gehad het met ander oorlewendes nie.

    Die wil om te leef het vir baie verdwyn, oor dit so erg was, tesame met die skuld van oorlewing. En onthou in die Joodse tradisie is familie baie NB, om jou hele familie te verloor is erger as dubbel so erg vir Joodse mense.

    Ek se ook nie die mense wat swak nie, allermins. Ek negeer hul storie ook nie deur ‘luck’ in te bring nie- ek bedoel die sisteem was so wreed net luck was aan jou kant.

    Jou laaste paragraaf van die kommentaar is pragtig beskryf.

  15. Welkom terug Rosie.

    Hartseer en wrede stukkie geskiedenis.

    Dankie vir die foto’s!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: