Prag van kommunisme

Ek het ons twee  kinders:

10851_running-cute-puppies_pg-small

gesê, daar is deesdae so baie kommuniste in die regering dit is nie eens snaaks nie, al kry hulle net 276 stemme in die verkiesing (van familie lede) is hulle darem uiters suksesvol om topposte in die regering te kry.

Die kinders is nog klein en verstaan nie wat kommunisme in Afrika  beteken nie. Kyk, sê ek, as die kommuniste oorvat, beteken dit: Elke liewe vlieg kry kans om kak te vreet (nie kreef nie).

Dit sou ook beteken dat ons en die twee kinders nou ‘n nuwe huis kry wat soos al die ander mense se huise lyk: kak en so sal dit bly tot dit letterlik uitmekaar val.

Maar in Afrika is die mense kommunistiese kapitaliste. . .Hulle is van die suksesvolste kapitaliste op aarde, maar uit die mond kom die Rooi-taal. Hulle kinders se middelnaam is egter “Tender”‘ of “Scheme”.

Dit is nie soos China waar jy mense se siele beheer en daar ‘n ingebore werk-etiek is nie, nee daai is ‘n ander kommunisme.

Demokrasie, is as die grootste party wen. Dan drink ons in die strate, gooi die bottels stukkend en vir die wis en onwis PP ons ook sommer in pad. Kort daarna strike ons, gooi bottels, klippe en vullis en steek dit aan die brand. Ons brand veral ons eie kliniek af, hy brand lekkerder.

Ons kla by die einste mense oor die sleg hulle is, nadat ons kort tevore hulle gesigte op die bors gedra het.

Oh well, Moet nie eens daaraan dink om ‘n hippie of airy fairy te word nie. In die meeste gevalle is hulle nogal vuil.

Maar my kind, die realiteit is sekulêre humanisme: Jy sal moet hard werk vir die huis, en die groot hond in die lug, gaan dit nie vir jou waarborg nie. Doen jy eie ding en volg jou eie koppie. Dis jy alleen, staan op jou eie 4 pote,. . . en dis beter so.


  1. 😆 Rosa.

    Hierdie is vir my briljant!

    Ek sweer ek gaan dit nog eendag by jou leen – as ek mag?

  2. Andrew

    Dis ‘n baie mooi aksie foto. En die vloer … hoe de hel kry jy dit so blink? Jy kan tot Superdog se weerkaatsing daarin sien.

  3. Excellent! Ek dink daai twee mooi hondjies moet ‘n party stig😉

  4. BB

    ‘n Kommunis is soos ‘n krokodil – as hy sy bek oopmaak kan jy nie uitfigure of hy vir jou smile of regmaak om jou op te vreet nie😕
    Afrika met sy disrespek vir niks en niemand – nie mens, nie dier, nie natuur, nie self, nie kultuur, nie heritage, nie polution en so kan jy opnoem… is juis hoekom selfs Kommunisme sal faal in dié land😦

  5. Ek is ‘n sosialis, vasgevang in ‘n kapitalistiese stelsel. Ek stel dit egter nie gelyk aan kommunisme nie. Hierdie is sover my gunsteling stukkie realiteit tussen die gewarboel van los skroewe in my kop. Skyn my vandag is ‘n dag vir metafore.

    Die foto is uitsonderlik beeldskoon, refleksie en aksie en al. Cute hondjies.

  6. Andrew: Rosa gebruik die hondjies om die vloer te poets!

  7. Sigeuner

    Eish Rustig? Dan`s dit: I promise you anything, solank ek die vloer met jou kan mop? Solank as wat jy daarvoor tender!

  8. Sigeuner

    Ongelooflike mooi foto.

  9. Oe jinne ek moet bieg. Dis nie my honde nie ook nie my foto nie. Ook nie my vloer nie😳
    Ons honde sal nooit so oulik pose nie . . .

    Boendoe: Jy mag dit maar leen🙂

    Andrew: die skaduwee is egter baie real…

    Sonkind: Ek maak ons kinders groot vir die parlement, ek wil vroeg aftree.

    BB: Een ding van Afrika die mense recycle hoor. Hulle gebruik alles oor en oor, van waterbottels tot meelsakke. Die is die 1ste wereld wat so besoedel en mors. En hulle bewaar kultuur.

    Emil: Ek is so bly om te hoor jy is ‘n sosialis, want dan kan jy 3 van my familielede inneem en sommer saamneem op vakansie Desember.

  10. Rustig: Ek gebruik mense om die vloer mee te poets🙂

  11. Op jou eie 4 pote ja!
    Dankie tog ons hoef nie in rye te staan vir ‘n broodjie nie! En dat ons nie almal dieselfde karre hoef te ry nie… imagine hulle kies nou ‘n lelike een?

  12. BB

    😯 recycle??? Ek was Vrydag by ons company se 10de verjaarsdagviering – 10 boere, 8 ingelsmanne, 1 duitser, 1 porrugees, 2 russe, 2 indiërs en 3891 inheemses.
    Wil jy weet wat ek gesien het? Omtrent 40 leë koeldrank blikkies in die sowat 20 beskikbare groot asdromme… die res?? Op die veld – saam met die borde en eetgerei en servette en… ‘n Varkhok is ‘n understatement.
    Die oulike idee om ‘n paar plakkies uit 2 leë 2l bottels te maak – ja, ok – hy recycle. maar behalwe vir Suid-Amerika (en dis dan die mees digbevolkte stede – een stad het meer inwoners as die hele RSA!!) en sekere dele van Indië (netso digbevolk) is daar nie ‘n vuiler, meer rommelbestrooide plek as Afrika nie (spesifiek al hoe meer die RSA).
    (Bygesê dis al kultuur – ek ry daagliks agter motors waaruit daar rommel gegooi word deur wit arms en hande. Die laerskool terrein lyk na ‘n sportdag ook nie kosher nie – my kleintjie wip hom telkens as ek hom so buk-buk-optel tot by die uitgang beduie. en dan stap die volgende bierboep oompie met sy laaitie verby en skiet sy coke blik betso skuins verby die asblik👿
    Recycling??? In SA?? Nee Rosie, ons móét net ‘n ander woord daarvoor kry asb??
    en Kultuur?? let’s not go there – jy kan slegs op kultuur fokus en jou beywer daarvoor as jy ander ook hulle kultuur gun en dit respekteer… onlangs plekke van historiese waarde in SA besoek??🙄

    Maar wee’ jy wat?? Ek wil ook eerder nou oor jou vloere en jou woefies chat…😉

  13. BB: gaan travel ‘n bietjie boooo in afrika, oos, wes en sentraal. waar die mense NIKS het nie, mens sien die mees amazing goed, hangmatte gemaak uit mieliesakke, speelgoed uit waterbottels, ek sweer my lief, hulle recycle alles wat hulle het niks. Hoe hulle radio’s maak uit niks.

    Niks word sommer net weggegooi nie. Mbt tot vuil, daar is nie dienste om dit weg te neem nie. Indien jy in ag neem hoe baie mense daar is, is die vullis min.

    Daar het ek gesien hoe hulle hul kultuur celebrate, danse, beeldhouwerk, musiek, kleredrag….

    Ek praat nie van suidelike afrika waar ons eintlik “ryk” is nie. Ons in wese is met ons slegste gewoontes, 1ste wereld.
    Ek belowe jou as ons die 250 miljoen amerikanes in die middel van afrika sit wil ek nie sien hoe groot is die gat wat hulle gaan grawe om van hul gemors ontslae te raak nie. Dit sal ‘n nagmerrie van plastiek wees.

    DMI: iets oos ‘n ford cortina? LOL

  14. BB

    Ja tog Rosie – ek weet ek weet – jy praat van Noord – maar ek bly hier en ek’t gedink jy praat van hier wrt kommunisme en what not als – dus was my main gedagtegang ook ‘hier’😕 nee Rosie, ‘ons’ is nie almal ryk hier nie – daar is baaaaie armes hier – meer as ryk – is net die rykes…tja… ek stem saam oor die kultuur en trots en ryk erfenis in die Noorde – dit IS awesome en amazing om te beleef – (en daar is tog uitsonderingsook in KZN en bv. die Drakensberg meander… maar dis net as hulle seker is dat daar darem die een of ander tyd ‘n toeris sal kom belê…
    Ek was in Egipte – en daar was ek telkens verstom oor die eerlikheid o.a. (my handsak is 2keer!!! by die hotel ‘afgelewer’ voor ek nog kon begin probeer onthou waar ek hom verle het… LOL! Onthou nou net, in Egipte was ek amper verkoop!! 2 keer!!😯 – Waaaahahaha!! ek’t gesweer ek gaan nooit weer as blonde soontoe nie!!

    Ek se mos ek wil eerder oor jou poedels chat – maar toe kom Demoerin en toe val jy in met jou kwinkslag en dit onthou my van ‘n ou favorite grappie:

    ‘n Man stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
    “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.”
    Die dogtertjie hou net aan loop.
    Die man ry stadig agter haar aan. Weer sê die man:
    “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!”
    Die dogtertjie draai om en sê:
    “Pa!!! Hoeveel keer moet ek nog vir pa sê: Ek ry nie in die f*kk&n Cortina nie!!”

  15. Sosialis beteken nie ons gaan saam op vakansie nie🙂

    Maar hulle kan enigetyd in my strandhuis kom bly😉 Ja-ja, ‘n sosialis vasgevang in ‘n kapitalistiese stelsel. Maar ek deel graag.

  16. BB

    Rosie??? jy al oor die hills ge-hop-skip-en-run en ini rondte getol en gesing??? of pak julle nog??😕

  17. Zee

    En hier wil ek net rant en rave oor daardie pragtige poedeltjies. Plaas ek toe ons Purdy dood is weer so ene gekoop het😦

    Anyway, ek verstaan vandag nou nie eintlik wat jy skryf nie, my kop is maar baie vlak op die oomblik🙂

  18. Mefri

    Rooskindjie, ek stem heelhartig saam met jou, die krake het al te diep oopgebars, nie eers die blindes kan die inhoud meer miskyk nie en die kraters wat dit veroorsaak gaan monumente word wat koud en kil getuienis lewer hiervan.

  19. 😆 @ Ford Cortina… of dalk een van hierdie Amerikaanse karre wat eintlik skepe is…. of van hierdie weird Chinese goetertjies.

  20. Fok en as jy arm is, dan breek jy in, steel en vermoor, verkrag en vermink. Omdat jy niks het nie, kan jy vat.

    Soos my voormense, die arme arm mense, gemaak het. Of het ek nou die hond aan die oor beet?

    Yuk, die Rooi Taal darem. Laat jou snaaaakse goete doen.

  21. meermin

    Hallo jy ek het so lanklaas hier ingeloer, ek probeer bietjie opvang!

  22. haai julle ek is terug….ek wil net se:

    danksy die misdaad hier in SA wat jou streetwise maak, kon ek en my suster (my ma is veels te naief) in Hongarye, die skelms ‘n myl ver sien aankom…. ook maar goed so, anders was ons laaaaaaankal ons beursies kwyt. hulle het meesterlike sakkerollers.

    meer later daaroor. en hoe ons hulle plan uitgevis het, danksy ons Suid-Afrikaanse CV!

  23. Alta

    Uitstekend Rosa!

  24. Dit klink boeiend, Rosalind.

  25. Ek seg hoeka lankal dat Suid-Afrikaners die mees streetwise reisigers in die wêreld is. Laat my dink aan die gypsies daat in Italië… ek dink hulle was naderhand vir ons bang😆 Afrika is nie vir sissies nie…. Afrika-boorlinge is nie sissies nie.

  26. Nou waarom hoor ek niemand hier sê kommunisme is eintlik baie goed en nice nie, dit moet net reg toegepas word.
    As ek reg verstaan is `n kommunis nou aangestel in die plek van Mboweni? Miskien gaan hulle dit nou reg toepas hier by ons en die hele wêreld wys hoe goed dit vir die gepeupel is as “reg” toegepas word.
    Emil, eendag baie ver in die toekoms, as die mensdom baie verder ontwikkel het, sal so `n bestel dalk toegepas word. Dis tog die beskaafde ding om te doen?

  27. “‘gesê, daar is deesdae so baie kommuniste in die regering dit is nie eens snaaks nie, al kry hulle net 276 stemme in die verkiesing (van familie lede) is hulle darem uiters suksesvol om topposte in die regering te kry”…..Louwie, ek se mos, met verwysing na jou opmerking oor die Groot Bank.

    Anyway hier by ons is die kommuniste kapitalisties🙂

    Ware kommunisme is k*k…sorry, kom sopas van die voormalige oosblok af,,,NEE DANKIE.

  28. Ons weet hoe jy voel Rosie, wat ek verwag het is dat `n horde kommies jou werf armswaaiend en spoegspattend sou binneval en hulle stelsel sou kom verdedig. In die laat 70’s en 80’s sou die Pienkes jou nie laat wegkom het met hierdie inskrywing nie!

  29. Louwie,,,,ek wag in spanning!

  30. whahaha ek het nou lekker gelag!!

    Het ons nie almal probeer loer wat ons daai sterretjies weggesteek word nie😉 :mrgreen:




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: