Die onverwagte kind

Het ma gemaklike skoene vir oorsee? vra ek.

Ja, maar hulle lyk lelik, by die broeke wat ek vat, so ek gaan hulle nie saamneem nie, ek vat my mooi sandale.

😯 Dit gaan nie oor mooilyk nie, ons gaan nie oorsee om uit te hang nie, vat asseblief die gemaklike skoene, asseblief.

Oh, sug, my ma.

My ma het my ook plegtig meegedeel dat sy al haar pille uit hulle boksies gaan haal, en in klein sakkies gaan pak in haar tas.

😯 Nee! Hou dit in die boksies, met die apteek se plakker op, het ma geweet die mense wat die meeste dwelm-donkies is, is ou tannies? Ek picture al my ma met al haar pille en ek in die tronk.

Maar dan gaan ek twee toilet-sakkies nodig he vir al my pille? Nee ek gaan nie.

Ja, jy gaan. En die pille gaan nie in die tas nie, as hy gesteel word, sny ek my polse.Β 

(Wat ek haar nie vertel nie, as as haar tas wegraak – soos dit al 1 keer voorheen gebeur het – met of sonder pille sal ek tien kalmeerpille ‘n dagΒ  en tik nodig he. Want daai vorige keer was dit nag-nag-nag, sy het my uit-ge-fokken-mergel oor die tas – wat 2 dae later opgespoor is.Β  Teen daai tyd het ek al ‘n buite-geestelike-liggaamlike ervaring gehad, dit het gevoel of ek vier oe en iemand anders se siel het – so het sy gemoan)

En so gaan dit. Die en daai kant toe met alles.

Ma, suster en Rosalind gaan vir die eerste keer in meer as 20 jaar alleen saam met vakansie.Β  Ek sien baie uit om weer te bond en alles. En op die program is een van die wonderlikste kitch dinge: Die Sound of Music toer! Hoop ek kan ‘n T-shirt kry van Maria von Trapp.

Ek is so lief vir my ma en my suster. My ma het vreeslik baie vir ons twee opgeoffer – baie baie.

Maar sy is lankalΒ  die kind en ons die ma’s.

Advertisements

  1. Ai dit klink lekker, julle moet dit geniet, veral die “bonding”.

  2. Paula

    Julle moet dit sommer vreeslik baie geniet!

  3. Dis ‘n vreemde gevoel as mens se ma die kind word en jy die ma…

  4. boendoe

    Dit vat baie geduld om ‘n ma vir jou ma te wees, maar doen dit maar. Veral as sy eens op ‘n tyd ‘n goeie ma vir jou was. πŸ˜‰

  5. Ek weet presies hoe jy voel. Ek’s net so lief vir my ma, maar my idee van tyd en haar idee van tyd is so ver van mekaar soos die ooste van die weste. Ek travel lig, sy en my suster doen nie. Ek dink nie, met alle respek, ek sal saam met haar en my suster oorsee gaan nie – I love my sanity too much. Ek sal maar hier plaaslik moet “bond” πŸ˜†

  6. Ek neem aan jy gaan Oostenryk toe! Self daar gewoon vir vier jaar lank. Heerlik en selfs ook die toer gedoen. Mooi land met ryk geskiedenis. Geniet dit!

  7. maxie

    Ag heerlik, hoe groen is ek nou πŸ˜‰
    Hoop julle geniet jul gate uit en jy kom terug met tasse vol stories.

  8. Andrew

    Bwahaha … vier oe en β€˜n ander siel … jou chakras moet ge-realign word.

    Julle vakansie klink baie lekker … geniet dit. πŸ™‚

  9. Vandag gaan oorpluisies oop by Due South, want my ma -wat saans nie ‘n oog toegmaak nie πŸ˜† snork soos ‘n soldaat – en ek moet slaap. My suster het die enkelkamer…mmm.

    Ja wel ek ons is al vir baie lank my ma se ma, shame.

    Dit gaan ‘n anderste vakansie wees, maar uiteindelik gaan die lewe oor memories maak, niks anders nie.

  10. Geniet dit daar in Oostenryk.

  11. Mefri

    Jy is so reg Rooskindjie, dit gaan beslis oor memories maak. Myne leef en hulle verdof en vervaag nooit nie.

  12. maxie

    Hmmm… jou ma klink nou nes die Engelsman… maak nooit ‘n oog toe nie maar snork dat die wereld vergaan πŸ˜†
    Oorpluisies gaan jou 2de beste vriend word – naas kontaklense natuurlik!

  13. BB

    My ma se tas (of pille) hoef nie eens weg te raak nie, dan nodig ek teen dag 2 al pille of at least ‘n stywe dop voor 10vm!! 😯 Nee wat, ons laaste vakansie saam was nie pret nie – alhoewel sy ‘n heel ander deuntjie sing… (ek laat haar maar begaan – wil ook nou nie haar bubble bars nie); maar my ma lééf absoluut die motto: “At my age, I deserve to misbehave myself where and whenever the urge hits me”.
    And ‘the urge’ seems to be her constant companion πŸ™„
    Enjoy Rosiekind!! en vergeet die t-shirt – kyk eerder of jy vir ons ‘n foto van jou in ‘n Dirndl kan laat neem, toe?? :mrgreen:
    (my 23-year old is laaaaaaankal ‘my ma’ ook – if it weren’t for her- I would have been forced to grow up πŸ˜‰

  14. Moenie ons hier in die lug laat hang nie. Vertel bietjie waarheen julle gaan!
    Ek hoop julle geniet elke oomblik – Gemaklike skoene is die eerste ding wat jy inpak vir ‘n oorseese vakansie!

  15. BB

    Waaaaahahaha!!! Ek giggel nou so lekker!!!
    Vandat Rosie die ‘smileys’ ontdek het is hierdie een: 😯 haar favorite!!
    :mrgreen:
    (jy speel met smileys soos ek kitaar akkoorde leer – een op ‘n slag, tot ek dit onder die knie het? en dan oefen ek weer een by? πŸ˜‰
    Ek hoop nie jy’t geleer om hierdie een te gebruik teen die tyd dat jy van vakansie af terugkom nie : πŸ‘Ώ
    ROFL!!!

  16. Ek is nog nie op vakansie nie. DMI, ons gaan Duitsland, oostenryk en na van die ou Oosblok-lande toe.

    Ek is egter baie bang vir vroulike, duitse lugwaardinne en doeane-beamptes, sorry BB. Een keer het een van hulle so een van 6 voet 2 geglo ek druk by ‘n tou in, wat ek NIE gedoen het nie.

    Sy het my so aan die boob gestoot met: augtung, auch wieder sieder halt! audhreudchtiendhalt

    En toe omtrent 20 mense voor my laat loop en toe weer in die rug vorentoe gedruk.

  17. Geniet jou vakansie Rosie!!

  18. geniet dit vreeslik baie!

  19. BB

    Waaaaahahaha!!! @ Achtung! Halt!
    Jy moet weet Rosie, ek het my hele skoolloopbaan deur sulke juffers deurgeloop!! – daar’s seriously NIKS waarvoor ek meer skrik nie 😯

  20. πŸ˜† Ek het nou hierdie regte Juffrou Rottemayer prentjies in my kop… dalk een op steroids. Loop maar lig vir die Hilga’s!
    O, dit klink so lekker, ons beplan om volgende jaar die lande al om die Baltiese see te besoek!

  21. HAAAAA!!!! Ek was al op die Sound of Music-toer in Oostenryk. Wel die een-dag version. Kitsch soos die hel, maar groot pret. Maak ook tyd om op jou eie in die Alpe rond te flenter dis beautiful. Moenie net Wene kyk nie, gaan ook na Salzburg en Innsbruck. Njam njam nham.

  22. Piesang; ons gaan ook die een-dag version kry, dalk net die halfdag een. natuurlik is dit kitch, dit is die hele punt, ek glo dit gaan pret wees (en ontspannend, jy weet mos). Jy laat en gaan en sing sommer. Ons gaan na Salzburg ook ens ens.

    Dankie wipneus en Johan, ek sal πŸ™‚

    BB: ek kry jou jammer regtig.

    DMI: as die duitsie anties op die vliegtuig (hulle is NET vriendelik met hul landsgenote, ek het dit nou al ‘n paar keer ervaar) vir jou vra: “vhat doe vou vhant do thrink”… en so na staar. dan skrik jy so jy se sommer: niks dankie, maar is daar nie iets wat ek vir jou kan doen nie. πŸ™‚

    nee wat dan vat ek eerder dies sissies en die mamas van SAA….(maar mens kan nie kies nie oor die star alliance-ding_




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: