Handskrif, kom raai

Hulle se daar kan baie uit jou handskrif (sogenaamde graphology) geleer word. Mmm.

Hoekom luister ons daarna, na astrologie, palmlees of enige sulke dinge? Omdat oor die belangrikste element in ons lewe gaan: Die Self.

Jy hoor goed oor jouself, ek, ek, ek hoor jy die hele tyd en dit is lekker. Selfs as negatiewe dinge gese word, op ‘n baie mooi manier danksy die slim woordkeuses knik ons en glimlag. “Ja, ek is seker kort van humeur.” Meantime is jy ‘n ou bliksem.

Dis soos hulle se, die mooiste woord in die hele heelal is jou eie naam.

Handskrif,  is ‘n oulike tag (myne kom van BB en Boervrou), want soos alles van onself kom dit uit die brein. Maar dit is aangeleer. Is dit deel van die persoonlikheid? (Die kenners in die gebied, forensiese handskrifontleding, kan natuurlik vervalsings sien, soos hulle in die kunste ook doen). Wat in die brein bepaal persoonlikheid en hoeveel daarvan is geneties? Die vraag kan boeke neem om te beantwoord en ek weet nie eens of ons sal kan nie.

tag

Hier is my voetskriffie.

Nou. Hier is ‘n paar bekende of (dalk omstrede mense) se handskrifte. Die kompetisie is, kan jy uit die handskrif en leidrade raai wie?

tag5

 

Wel hy het die brief geteken, en hy is dood (wees bly). Ekstra clue: Voornaam begin met ‘n C

 

tag2

Wiskundige modelle is die poort na baie dinge. Ekstra clue: Hy was in die vorige eeu: Man of the centuary (nou is dit ‘n give away)

 

tag6

Sy was ‘n vrou, voorloper in haar veld en sy het die Nobelprys gemis omdat sy dood is, onder meer. Besonderse mens vir my

tag3

Die geheim is in die skets. Ekstra clue: Biologie

 

tag7

Of dit regtig sy handskrif en veral geteken is, weet ek nie, want hy en die twee mense wat saam met hom is onderteken al vir jare der jare niks meer nie. Omdat mense dit wil verkoop. Ekstra clue: Wat hy gedoen het in 8 dae het sy lewe vir ewig verander.


  1. Jy’s oulik Rosa. Vreeslik. (en dit weet ek sommer, niks met die voetskrif te doen nie!)

  2. Dalk moet ons ‘n nuwe tag begin – wys ons hoe skryf elkeen met sy voet😉

  3. O krisis my voetskrif sal net ‘n gekrap wees. Rosa waar kry jy al die voorbeelde? Ek kan nie een geraai kry nie, maar dis baie interessant.

  4. maxie

    Die laaste een: van Neil Armstrong, gerig aan Joe Garino…

  5. maxie

    Nr 1 – Hitler

  6. Ek stem saam met Jane. Jy’s baie oulik! 😉

    Voetskrif-tag? Hou verby… 😯

  7. Ek gaan nog niks verklap nie. Julle moet eers nog raai, rakkers raai.

    BB waar is jy en Girl in die Subs nou. he?
    😉

  8. Flippie, dink mooi, hier is een van die mense wat jy “ken”. Jy gaan jouself skop!

  9. BB

    Ooooohhhh Rosietjie!! jy is HOLskeurend snaaks!!
    Ai!! Regtig!!! Waaaaaaaaahahahaha!!!

    Maar wee’ jy wat? Jyis sooooo reg :”Hoekom luister ons daarna, na astrologie, palmlees of enige sulke dinge? Omdat oor die belangrikste element in ons lewe gaan: Die Self.”
    Jip-jip! ‘s true!!

  10. BB! uiteindelik ek sit al die hele dag vir jou en wag.😀

    so, wat dink jy van my voetskrif. he? vertel tog.

    en raai ‘n bietjie..

  11. BB

    Is No1 nie Manson nie???

  12. BB

    2de laaste een is Ms Franklin??

  13. Jy raai mooi BB, ek hou daarvan. Ek gaan nog niks se nie, jy moet egter seers my voetskrif ontleed. Net vir die fun, belowe, ek sal jou nie terg nie. promise😀

  14. Min primate kan so goed met hulle voete skryf!

  15. BB

    A promise is a promise, Rosie!!
    en ek moet nou maak of dit handskrif is, hoor djy??
    Of moet ek dit ook virrie grap doen??
    Want dan moet ek str*nt uitdink… en ek issie goed daarmee nie 😉

  16. Eelt: primate skryf oor die algemeen nie met die voet nie, tensy hulle dit moet aanleer omdat hulle nie die gebruik van hul arms het nie😛

    BB; jy maak of dit handskrif is. of vir die grap. net soos jy verkies. se net watter eens jy kies!

  17. Plaasjuppie

    Die scary deel is dat jy mooier met jou linkervoet kan skryf as ek met my regterhand😉
    Dan weer wat is tegnologie as jy dit nie gebruik nie, wie het nodig om te skryf as microsoft dit so netjies vir jou kan doen?

  18. BB

    Daai brief bokant die skets… is beslis sy Rosalind F… sy praat daar van “the time of the “reprisals for Heidelberg” – sy was in Cambridge tydens WWII, nê? Boonop daai super uiters klein skrif, plus die haastigheid waarmee sy obviously geskryf het – kyk sy’t nou minder omgegee hoe pretty haar geskrifte was – PURE dead-giveaway scientist daai. Ja, ja jy kan vir my sê jy’t dit geweet:mrgreen:
    Sal nou-nou by jou voetskrif uitkom – is net interessant daardie brief van haar…
    “I should like a pair of the thick socks I wear under my climbing boots…” maak haar soooo real human, nê…

  19. Net vir daai moeite, kry jy die eerste tien punte. Well done. BB!!!!! Ja dit is een van die ware Rosalind Franklin se briewe (die ene waarin die onderskrif verwys na ‘n nobelprys)
    Wow, ek is beindruk dat jy haar moeilike skrif kan lees, die sogenaamde Rosalind Franklin papers is moeilik om te lees, sy het vir my ‘n moeilike handskrif gehad.

    En ja sy is na die alpe op ‘n trippie om te gaan bergklim.

    Dankie BB.

    Ek moet waai, kom check later weer.

  20. Ek wou ook raai Charles Manson… maar ek dink hy lewe nog.

  21. Bwahahahaa…. Hoe lank het jy geoefen om met jou voet te skryf? Links ook nogal….😉

  22. Andrew

    Die boompie … ai die boompie. Is lus en tatoeer dit op my rug.😆

  23. Andrew

    O ja Rosa, my beeldtjie het gekom. Ten spyte van die monsoon reens in noordwes India en die meganiese probleme op die vlugte en ‘n helse draai na Duitsland se kant toe en … was dit gister by my huis afgelewer. Ek wens ek kan dit met jou deel.🙂

  24. Andrew

    Is die “wiskundige model” Einstein s’n? Dis so klein dis moeilik om te se^. Kan dalk ‘n wiskundige reeks ook wees.

    Ek raai relatiewiteit.

  25. Ek dink die wiskunde ene regverdig ‘n clue…. net oor dit wiskunde is… ag, toe want Andrew is sterk op pad om mal te word😉

  26. Andrew

    Ek het nou so gelag vir jou komentaar ek kan skaars tik.😆 Dankie GVDS.

    Dis daai blerrie V tussen die formules wat my so nuuskurig maak. Is dit meganika of termodinamika?🙂

  27. Ekstra clues vir julle, Girl….ek sal binnekort die name gee.

    DMI: al die mense is nie dood nie

    Andrew: daai beeldjie gaan nog diep met jou praat. geluk!!
    mmmm nou gee jy my ‘n stout idee, ek is sommer lus en tattoe daai boompie op my rug!! wow.

    Sorry julle ek ken nie van kiekies oplaai so goed nie. As ek dit groter maak is dit te groot. Maar BB het wyle Roslind Franklin se brief gelees gekry. Gepraat van BB waar is sy met my voetskrif ontleding???

  28. Andrew

    Waaa … toe ek die antwoord kry toe sien ek eers jou clue. Die papier het lyntjies op en die grafiek is op logaritmiese papier geskryf.😆 De^m nou kan ek gaan slaap.

  29. Whaahahah. Ja Nee jy vat verseker die beker vir oorspronklikheid, is jy ‘n mond en voet skilder?😉 Jy is kreatief en verseker ‘n gr@pg@t. Ek moet ook sê daai lyk of dit ‘n linker hand kan wees of ‘n graad eentjie! Wahahha.

  30. LOL Andrew, ek het die benoudheid in jou stem daar by Flippie gehoor…😉

  31. 1. Charles Manson
    2. Albert Einstein
    3. Rosalind Franklin
    4. Darwin? Mendel?
    5. Neil Armstong

  32. BB

    Dis definislis Einstein…. hier en daar herkenbare duitse woorde by… sy skrif is in elk geval nogal moeilik leesbaar – (het al van sy manuskripte en speeches gelees) – maar hierdie kopie is baie dof en klein…😦

    “Raffiniert ist der Herrgott, aber boshaft ist Er nicht.” Albert Einstein

    Skuus maar ek was gistermiddag al so ‘n bietjie deurgewerk aan al die ‘ontledings’😉
    Terloops as daardie met jou linkervoet geskryf is, het jy SERIOUS afwykings😯 – die meeste mense kan nie eers so met hul linkerhand skryf nie!! En alhoewel dit soos gekrabbel lyk, is daar steeds consistencies waarvoor mens kan oplet…

    Hier’s joune dan nou – Hmmm laa’k sien:

    As ek jou soos ‘n mythical being moes picture, sou dit die Centaur wees – half horse half (wo)man…
    Jy is baie responsible en daar is nie shades of grey nie – net black ‘n white; ‘n ding is reg of verkeerd, geen ja-maars nie; jy is seker een van die eerlikste mense wat jy ken en die mense na aan jou weet dit; jy is moerse passievol (letterlik en figuurlik) – ja,ja ons het almal ons passies, maar jy’s extreme alles of niks.
    Behalwe dat jy heel goed cope met die lewe en die werklikhede rondom dit; responsibilities, besluite droom jy tog soms om (sjuuuuuut , moet tog net nie dat ander dit weet nie😉 – hel, ok daar’s baie goed wat ek seker kan sê nou wat baie ander ook al weet (dis nou die wat gereeld hier lees, so kom ek probeer verby die ooglopende kyk)…
    As jy lief is vir iemand het dit as volg gebeur: jy weet nie😕 hahaha!! jipjip!! jy weet seriously nie. Jou hart en jou kop praat nie altyd dieselfde taal nie (actually verstaan hulle mekaar gladnie). Jy het dus ‘n extra ‘sintuig’ aangeleer om tussen die twee te negotiate – jy is wat dit betref die mensdom een voor, want jy is in staat om besluite te neem TEEN dit wat either vir jou sou wou voorskryf. Self-control is hoog. Hmmm – maakit sin?? Ekke weet tog nie…
    Anyways moving on swiftly – ek check jou k’s… Daar is ‘n moerse ‘dramatiese’ amper noble sin vir honour en reputasie – meer so as by die normale mens. Weereens ekstreem…
    Jy dink ‘large scale’ oor die lewe en dinge. Dit wat jy spreek, doen en selfs wat jy eet – jy sien altyd die wyer prentjie. Jy ken jouself beter as ander mense (ek verwys weer na daardie xtra ‘sintuig’ – jy sal vrek graag in jou hart eat, drink and be merry, en dit dalk selfs soms doen, maar jou body reageer extreme op sulke goed – hy hou nie daarvan nie!!
    Jy is (of kan) nogal extremely physical wees (WAAAAHAHAHA) – Jip, jip – Rosie is HOT kwadraat as sy lus het – en stout ook – kinky kinda stout.
    Jy is moerse (sien, weer die ekstreem) restless… Jy’t ‘n tendency om rusteloos te wees, wat veroorsaak dat jy groot reserwes energie opgebruik (nie net fisies maar emotional ook – jou imuunsisteem geneig om ‘af’ te wees dalk??) – dit kan jou by tye amper ‘immobile’ maak – wat vir jou een van dié scariest dinge is om te oorweeg of om mee hoef te deal. Die blote gedagte alleen😯 jou!

    Dis dan al. Ehhhhmmm dis nie AL nie, maar as ek nou jou HANDwriting kon sien….😉

  33. 1. Charles Manson (alhoewel hy nog lewe)
    2. Albert Einstein
    3. Rosalind Franklin
    4. Charles Darwin
    5. Neil Armstrong

  34. BB

    Ek dink 3 & 4 is Rosalind😕

  35. rosalindfranklin

    BB; jy is baie oulik, regtig. Dit is net ‘n joy om met jou saam te chat op die blogs. baie dankie vir my ontleding. “As ek jou soos ‘n mythical being moes picture, sou dit die Centaur wees – half horse half (wo)man…” ek hou daarvan😉

    Kom ek wees EERLIK. Dit is obviously nie met my linkervoet geskryf nie mense!!! Ek meen…LOL. Ek is regshandig, maar is nogal bedrewe met beide hande. Ek het dit redelik vinnig met my linkerhand geskryf. Hulle se mense wat bedrewe is met beide hande is nogal dom🙂

    Julle raai baie goed.

    Maxie: jy was eerste reg met Neil Armstrong.
    BB: was eerste reg met die navorser Roslind Franklin (natuurlik sou ek haar insit)
    Andrew: Vermoed ek het gekliek watter een Darwin se belangrike stets uit sy notaboek kom.

    BB en DMI het Charles Manson reggeraai en toe later het DMI alles reggekry. en Emil het sommer amper alles reggekry!

    baie dankie vir die saamspeel, dit was nou lekker.

    Boervrou: nee ek kan nie skilder om my lewe te red nie, ek het net gekyk of iemand sou bevraagteken het of ek met my linkervoet kan skryf….. BB het.

    ps: hoor julle wat se BB: (WAAAAHAHAHA) – Jip, jip – Rosie is HOT kwadraat as sy lus het – en stout ook – kinky kinda stout.

    sien ek is moerse sexy😎😉 hehehehehe

  36. Ek het gewonder of dardie een nie dalk Einstein is nie maar ek kon nie die skrif lees nie. Wel dit was nou ‘n interessante speletjie.

  37. ek ken net darwin s’n uit, maar dis omdat ek die res van sy skets langsaan ken🙂

  38. Andrew

    ‘n Mens sien gereeld die Darwin boompie in dokumentere programme of DSTV. Ek het dit nog nooit op SABC gesien nie. Gisteraand kyk ek “Funniest animal videos” op SABC en die aanbieder se^ op ‘n stadium “The jury is still out on evolution.” Grrr.

    Rosa, as jy dit laat tattoeer op jou rug sal jy regtig die hottest, sexiest girl op die planeet wees.😆

  39. *me fluister*… Ek lewe nog, moenie worry nie, sal weer terugkom wanneer my brein ontvries het…. Goeie post! Trust jou om ‘n lesing van ‘n stukkie papier te maak! Dis hoekom ek jou so like! 😆

  40. Flippie: jammer ek sien jy het in moderate beland, weet nie hoekom nie.

    Johan; daarvoor kry jy klaar punte

    Andrew: ghmf!

    pikkie; dankie tog ek is bly jy skop nog.

  41. Hier is ons nuutste Endtime Warning aangaande die begin van Judgment Day op 21 Mei 2011

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/judgment/judgment.html

    (2Kor 2:15-16) Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes

  42. Haai johannes, long time no see!

  43. Dit was nou ‘n oulike inskrywing so linkervoet en al!!!😆




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: