Die dinge op die vlakte

Dit is wat jy die week gesien het as jy doer onder gestaan het aan die voet van die groot oom: Die Suider Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT) sowat 2o kilometer buite Sutherland, daar op die plato.

boom

Maar shame ek het die bobbejane wat ek die vorige aand gesien het, wit van die sneeu so jammer gekry. Vir die mense voel ek eintlik mos nie veel nie.

Ek was al voorheen  by die teleskoop, maar ek het nog nooit so bitter koud gekry nie. Ek daai stort (daar was nie ‘n bad nie) so en dink,  nee-nee, ek gaan maar my armpits deodorise want daar is geen manier wat ek kaal gaan verkeer nie. Toe slaap ek in my nagklere en nog klomp klere.

En jy kan naby die teleskoop kom, maar nie tot by hom nie, want die sneeu le te dik. Die aand en die more.

En die tweede dag kom die son uit en smelt die sneeu tjoef.

IMG_0859

SALT

Baie sterre wat gesien kan word, bestaan lankal nie meer nie, maar die mens sien hul lig wat nou eers by die Aarde aankom.
Die rede hoekom Salt so ver kan sien, is omdat sy lensopening 10 m groot is. Hoe groter dié opening, hoe meer lig kan inkom.

Salt bestaan uit onder meer ’n ­primêre spieël met 91 seskantige segmente. Elkeen is geslyp op ’n spesifieke kromming om saam een spieël te vorm.

Hy het ‘n baie goeie instrumentlading (payload) waarvan die beste die spektograaf is.

Een van Salt se besonderse kenmerke is dat dit tot op ’n boog­sekonde twee voorwerpe kan onderskei. ’n Mens kan met die blote oog teen sowat vier boogminute twee voorwerpe onderskei.
’n Boogsekonde is ’n 60ste van ’n boogminuut. ’n Boogminuut is ’n hoek van een 60ste van ’n graad. Boogsekondes het nie te doen met tyd nie, maar met die bitter klein hoeke waarteen Salt ’n skerp beeld kan kry – met die instrument genaamd Salticam.

Die Salt is wonderlik, hy kan ver sien, sommer baie ver. Om nie eens te praat van hoe hy operate nie. Ai.

IMG_0881

Die primere spieel met sy komponente en die koepel-opening wat toe is. (deel in wit agter)

Advertisements

  1. Jinne, Rosa, hoe koud kry ek nou! 😆 SALT is ‘n mooi ding, so van buite. En ek sou nie omgegee het om net daar te LOOP nie. Lyk so mooi.

  2. Hi Rosa jyt huiswerk. Ek het jou genomineer. Maar A3 het dit begin! Gaan lees maar en jy sal verstaan.

  3. Andrew

    Dit laat ‘n mens trots voel dat ons so ‘n teleskoop in Suid Afrika het. Sonkind en haar man het so ‘n ruk terug ook daar gaan inloer en sy was baie beindruk.

    Jy het darem maar ‘n interesante lewe jong. 🙂

  4. Onlangs terwyl ek in die Kaap was het ek geleentheid gehad om met iemand te gesels wat by SALT werk. Blykbaar is daardie seskantige spieels perfek plat. Die kromming word verkry deur die verskillende spieels te verstel. Dit word gedoen met behulp van laserstrale wat vanaf die toring kom wat mens langs die koepel sien. Ek het eers gedog hulle gebruik adaptive optics om die beeld skerp te kry, maar blykbaar nie. Iewers eenmaal gelees dat, sonder adaptive optics is die beste resolusie omtrent ‘n half boogsekonde, as gevolg van turbulensie in die admosfeer. Met adaptive optics kan mens baie beter doen. SALT se ontwerp is blykbaar gebasseer op ‘n ander bestaande teleskoop in Amerika (nou vergeet watter een) wat wel adaptive optics gebruik.

  5. Andrew

    The telescope has been described as the greatest blasphemy of all time. I salute all those who dedicate there lives to optical research.

    I will not attack your doctrines nor your creeds if they accord liberty to me. If they hold thought to be dangerous – if they aver that doubt is a crime, then I attack them one and all, because they enslave the minds of men.
    -Robert Ingersoll

  6. Flippie. Die teleskoop is basies op die Hoby Eberley teleskoop in Texas, maar nie heeltemal nie. Hy is baie, baie beter.

  7. Elke spieel van Salt kan afsonderlik beheer word en saam vorm dit een groot spieel. Die uitdaging is om die lig perfek te versamel op een punt, en die “korreksie” vind in die toring plaas.

    Die teleskoop is baie mooi. As hy saans lewe kry en hy kom aan, is dit bitter mooi, dis soos ‘n monster wat lewe kry. Die geraas ….!

  8. Mefri

    Netnou toe ek van die Lughawe af huis toe gery het was daar ʼn baie interessante artikel oor spinnekoppe op RSG gewees en toe onthou ek jou post oor die eeu van die insekte.

    Dit lyk vrek koud as ek na die foto kyk, ek kan amper die sneeu wat verys het onder my voete voel kraak soos dun glas wat versplinter as mens met gum boots daarop sou trap. Ja, die arme diertjies…. Ek wens soms dat ek nie geskryfde en verbale beskrywings so visueel moet sien nie, flip dit maak mens hartseer. Ek sien die ogies en bibberende lyfie wat aan sy mamma vasklou vir ʼn bietjie liggaamshitte. Geen wonder die verhaal van Rageltjie de Beer het my altyd in trane nie.

    Ek het heeltemal verdwaal geraak in hierdie skrywe van jou, ek wens ek kon dit self ervaar, dit moet asemrowend mooi wees om die sterre en planete te so te kon ervaar. Jou beskrywing van ʼn boogsekonde is puik!

    ((((((Rooskindjie)))))).

  9. Dit is nog op my to-do-list – Om vir Salt te gaan kuier. Eendag…eendag.

  10. og, dis mooi daai sneeu.

  11. Ek dink ek maak sommer ‘n plan oor die volgende paar naweke. Ek dink nie daar sal meer sneeu wees nie.

  12. rosalindfranklin

    Onthou net as julle SALT toe wil gaan, jy moet ‘n toer vooraf boek. Gaan online by http://www.saao.ac.za

    net nou ry jy vir 4 ure en dis vol!

    En die publiek kan nie saans op na die teleskoop nie, ongelukkig, want dan werk hulle. Maar daar is by die besoekersentrum twee teleskope vir mense om te loer. wat voldoende is.

    Mefri: haai jinne ons spot toe nog so, my humor is baie swart. die aand in die bus oppad terug van die teleskoop, toe is dit baie koud en die sneeu le dik. ek se toe nog vir die mense: kom ons speel rageltjie de beer: iemand moet sy/haar klere uittrek en le ons op hom/haar (die ene is spesiaal vir jou DMI 😉

  13. Mefri

    😉 (Giggel) ((((((Rooskindjie)))))) Ek wens ek was saam op daai bus gewees, want jy is skreeusnaaks as jy op jou stukke is.

  14. 😆 Speel Rageltjie de Beer bwahahaha.

  15. mmmm is ‘n lekker game ….:)

  16. Sigeuner

    Sneeu maak my hartseer. Als lyk ver, als lyk naby, als lyk verlate, leeg, skoon, dood, onvergewingsgesind…maar so mooi, dat ek nie kan ophou kyk en kyk nie. Sutherland – as ons Kaap toe ry met die lorrie, vra ek altyd Boerseun moet afdraai, maar hy wil nie…oor die koue.

    Boerseun se pa se boetie was 8 en moes in die aand die koeie gaan haal – uit die sneeu uit. Hy kom nie terug nie en die oupa van Boerseun gaan kyk later waar bly hy so lank. Kry hy hom toe in die sneeu le – morsdood verkluim. Gooi die kind in `n ou streepsak oor sy skouer. By die huis sit hy hom saggies neer in die kombuis. Die koolstoof “ontdooi” hom toe en vandag is Oupa Sias ons buurman. Wel so effense bors oorgehou van daardie dag se verkluim.

  17. Sigeuner, glo my sutherland is mooier in die sneeu as daarsonder. dis maar ‘n stowwerige klein verlate dorpie, en dit is ver se ry na jy die afdraai kry by Matjiesfontein.

    wow! wat ‘n storie…dit is nou ontdooi!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: