Besluit oor ‘n lewe

Ek loer so skuins na die vrou in die hospitaalbed langs myne, want sy het die hele nag so kerm-kerm gele en slaap.

Shame. Maar sy het nie pyn nie, hoor ek.

Tussen haar en die verpleegsters wat 3 uur nog soos ‘n klomp vinke gekwetter het, het ek nie eintlik geslaap nie. Is okay, ek slaap maar nou.

En soos die dae aangaan so hoor ek haar storie. Sy vertel dit aan vriende oor die telefoon en aan die baie mense wat haar besoek. Ek hoor dit alles.

Elke dag kom haar man 2 of 3 keer kuier. Hulle is al 51 jaar getroud. Ek kan hoor en sien hoe lief is hulle vir mekaar. Die man gaan dit nie maak sonder haar nie, dink ek.

Sy wag net vir haar seun uit Londen, en dan sal sy besluit oor haar lewe. Die dag toe hy daar instap en sy huilend teen hom vasklou, toe weet ek, sy moet besluit.

Hulle moet praat. Ek trek my slippers aan en loop uit om hulle privaatheid te gee. Sit vir byna ‘n uur lank buite in die snerpende koue. Kyk vir die mense.

Toe ek terugkom het hulle klaar gepraat.

Die volgende dag se sy vir ‘n vriendin sy gaan huistoe. “Ek weet dit is die einde van die pad. Ek het ‘n goeie lewe gehad”.

Hoe besluit ‘n mens oor jou lewe? Ek kan my dit nie indink nie. Glad nie.

En toe ek na vyf dae loop, se ek vir haar dankie vir die saambly en sterkte vir die pad vorentoe. Ek sal aan haar dink.

Advertisements

  1. Plaasjuppie

    My Ma het dit gedoen. Sy het tot haar begrafnisgesange, skriflesing en die kisdraers uitgesoek.
    Sy het ook elkeen van die kinders laat kom en vir ons ons opdragte en verantwoordelikhede uitgestippel.

    Dit was die braafste ding wat ek nog gesien het.

  2. boendoe

    Ja, stem saam met Plasie. Ek dink party mense weet wanneer dit tyd is om met grasie uit die stryd te tree.

  3. ELF

    En jy Rosalind .. is JY ok?

  4. Ek het al baie gewonder wat is die beste? Om voor die tyd te weet jy gaan en kans te kry om alles reg te maak of om sommer net op ‘n dag weg te wees. Daar is nie eintlik ‘n finale antwoord in my kop oor watter een van die twee ek verkies nie. Dalk eerder laasgenoemde.

  5. ELF

    Laasgenoemde is unrehearsed .. keeping it real.

    Ek dink dit is die eerlikste einde waarvoor mens kan vra. Wanneer tyd .. ekstra tyd .. skielik ‘n luxury word.

    Hmm .. en dit mens terselfdertyd as’t ware dwing om .. terwyl jy leef .. 101% te gee .. just in case. Die boodskap is soms so duidelik en ek wonder skielik .. hoekom luister ons .. maar hoor ons dikwels te laat?

  6. Mefri

    Rooskindjie, my gedagtes het nou teruggeplons in die jaar voordat my pa aan kanker gesterf het. Ek sal gewillig wees om tot op ʼn punt behandel te word, maar as die dood begin grom is daar nie ʼn manier wat ek die onvermydelike sal probeer uitstel nie.

  7. Stem nogal saam met Mefri, maar wat mens glo vir jou aan die anderkant wag maak nogal ‘n groot verskil, dink ek.

  8. Andrew

    Toe ons vir Ant Griet groet op haar sterfbed het sy ook geen vrees gehad nie. Sy het ‘n ontspanne glimlag op haar gesig gehad in haar laaste dae. Good honest life, no regrets.

  9. BB

    Dis ook hoe ek wil gaan dan… soos Andrew se Ant Griet, ja dis net hoe!
    Is mooi Rosie, dat jy die ‘saambly’ kon waardeer.

  10. Ek dink dis enige mens se wens om met dignity aan te gaan op jou eie terme. Ek wil nie so oud raak dat ek ‘n las is vir my familie nie.

  11. Dankie vir almal se insette en kommentaar.

    BAIE MIN mense op hulle eie terme en met dignity sterf. die lewe werk nie so nie.

    Baie mense wat behandeling weier, sterf ongelukkig meestal in die allervreeslikste pyn… uiteindelik.

    Persoonlik sou ek in daardie situasie na ‘n Hospice gaan waar dit baie nice en gerieflik is, omdat dit een van die wreedste dinge op aarde is om in pyn te sterf. Om by die huis te sterf wanneer jy siek is, is traumaties vir almal, mense besef dit nie altyd nie. Maar dit is net ek.

    Om in jou slaap te sterf, is seker die beste ding wat met jou kan gebeur. Jy dryf net weg, soos wanner jy aan die slaap raak/narkose kry.

    Niemand van ons kan die dood ontsnap nie, maar ons kan ook nie kies hoe ons gaan nie, al dink ons, ons kan as ons siek is.

    Soos ek myself ken, sal ek ook tot op die laaste veg vir my lewe. as daar nog behandelingsopsies is, sal ek dit neem. Nie omdat ek die dood vrees nie, maar omdat ek die lewe liefhet. Ek is hier om te leef, nie om te sterf nie.

  12. Paula

    Dit is harseer …. ek kan myself nie indink om so te groet nie!

  13. Andrew

    Hierdie inskrywing was ‘n wakeup call vir my. Indien ek nou dood het niemand “power of atorney” oor twee van my rekeninge nie en sal dit gevries word vir altyd. Gaan dit hierdie naweek regstel. Die realiteit is ons kan enige oomblik gaan en ons testamente moet op datum wees vir ons geliefdes en vriende.

  14. Sigeuner

    Rosa-wilderosie? En al wat ons vra “is jy nou oraait?”

    Ekself is tot die doodtoe moeg om vir Boerseun se lewe te baklei…verby, verby, verby moeg. Die jirreweet, as iemand diep in die nag, vir 4 ure aanmekaar net se :”ek gaan dood, ek gaan dood, ek gaan dood…ag Here ek kan nie meer nie,, vat my nou.” En dan vat hy hom nie.

    Ek dink liefde is langer as wat die dood kan wees.

  15. Mefri

    ((((Sigeuner)))))

  16. Jo-Ann

    Dit bly sad…. ek sal nooit vergeet hoe ek moed gekry het toe my ma se gewas gekrimp en sy gewig opgetel het nie. Ons het darem ‘n lekker laaste Kersfees saam gehad.

  17. BB

    Sigeuner?? Ai 😦

  18. Calliefer

    Ek het die geleentheid ervaar om te sien hoe twee van my naasbestaandes aan lewerkanker sterf. Jy sterf waarlik van honger en dors. In die een geval het die vog in die persoon se longe opbeweeg en kon jy hoor hoe die persoon verdrink. Dit is werklik nie iets moois om te aanskou nie.
    Die punt wat ek wil maak is dat jy tog beheer het oor die dood. Ek glo nie dat ek die wil het om verder te leef as daar n lewerkankerdiagnose gemaak word nie.
    Wat my betref is daar geen prognose nie. Jy is aan jouself oorgelaat om n besluit te neem. Ongeag of jy die lewe liefhet, aldan nie. Ek het nie die wil om onder die omstandighede verder te lewe en dit net vir n paar weke nie.
    n Effektiewe en pynlose manier is om 30 Panados te neem.
    NS: Sou nie graag in n christelike debat oor hierdie aangeleentheid betrokke wou raak nie.

  19. Mefri

    Calliefer, om magteloos toe te kyk as iemand wat jy liefhet so ly is erger as erg. My pa se woorde aan my was; “ag, my kind, jy moenie my kwalik neem as ek….” ja, ook hy kon die pyn nie langer verduur nie. Kort daarna het hy genadiglik genoeg voorraad van sy blinkwater (Morfien) ontvang om die pyn behoorlik te verdoof.

    Ek het persoonlik vir die spesialis gevra om die bloedoortappings te staak wat hom aan die lewe gehou het, (sy lewer en ander organe het reeds ophou funksioneer, net sy hart het sterk geklop) sodat hy op ʼn natuurlike wyse kon sterf.

    Toe die tyd aangebreek het vir sy gees om van sy liggaam te skei, was daar kosbare oomblikke van helderheid gewees wat gevul was met onbeskryflike vrede. Sy laaste woorde aan; “ my kind, jy moenie bang wees nie, die Here IS by my” …. laat mens dink nè, wat sou gebeur het indien hy wel sy lewe beëindig het, sou hy met daardie bomenslikevrede sy laaste asem kon uitblaas?

    Dit liewe Rooskindjie is hoekom ek net tot op ʼn punt die toediening van medikasie sal toelaat, want ek het eerstehands gesien dat dit net die onvermydelike pynlik uitrek.

    Ek stem saam met jou; Hospice lewer ʼn wonderlike diens, ons het ook so ervaar.

    Dankie vir hierdie inskrywing, dit het my opnuut herinner aan die teer oomblikke wat ek nie gereeld genoeg onthou nie – dankie dat jy dit weer in my wakker gemaak het. ((((((Rooskindjie))))))

  20. Sigeuner

    Calliefer, lewerkanker is dem vinnig, dem seer, en skookend vir die wat moet toekyk, maar ek dink nie darie 30 panado`s gaan pynloos wees nie. Dit gaan die lewer uit sy nate bars, en dan? Elkeen het tog `n eie besluit en daarmee stem ek met jou saam. Die hemel weet waarom moet regerings wette maak daarvoor! Dis belaglik. Veral as dit by siekte kom.

    Mefri – dankie, Mefri.

    BB – Ai, as ek net geweet het wat fout is! Maar ons wetie.

  21. Ek wonder baie of mense vooraf weet of vermoed en indien dit die geval is, is dit bewustelik of onbewustelik. Ek praat nou nie van die kankerlyer wat weet die einde is insig nie… die wat so skielik gaan… oor hulle wonder ek.

  22. Dit is baie interessant. Ek kan nou nog onthou hoe in 1992, my ouma en oupa by my tannie gebly het. My tannie het die huis verkoop, en my ouma het ‘n rukkie voor sy oorlede is al vir almal vertel sy gaan nie saamtrek nie.

    Ek was hierdie jaar weer by ‘n 30-something begrafnis as gevolg van kanker. Sy het baie gely, oor ‘n lang tydperk, maar al wat ek onthou is die dignity en glimlagte. Dit was ongelooflik!

    Ek moet net hierdie deel Rosa. In Maart toe dit baie erg begin raak, en sy begin het om te sukkel om goed vir haarself te doen agv. die pyn het haar eks man, en sy vrou Hospice gekontak. Hospice se antwoord, bel ons weer ‘n week voordat sy gaan sterf? Hoe de hel moet jy dit weet?

  23. (((Sigeuner))))
    My ouma het so gely vir ‘n jaar lank, as sy by haar positiewe was het sy in engels (sy was hollands), gesmeek en geskree dat God haar net moet kom vat. Sy het niemand van ons meer herken nie

    Ek kon nie verstaan hoekom my familie gehuil het met haar begrafnis nie.

  24. Andrew

    Dis goed dat ‘n mens een keer in ‘n skrikel jaar ‘n platvorm gegun word om te praat oor die dood. Die feit dat dit onwettig is om ‘n terminale persoon bystand te bied om pynloos en met waardigheid selfmoord te pleeg, slaan ‘n mens stom. Ons wil slegs ‘n keuse he^, ons wil dit nie afvorseer op ander nie.

  25. Andrew

    My komentaar is gerig aan die “Law Society of SA” en nie aan ‘n persoon hier nie.

    Wil ook in nadenke net noem dat huidige navorsing deur sielkundiges daarop dui dat mense wat betekenis vind in hul lewe die dood beter hanteer.

  26. `n Fantastiese film oor die onderwerp om te gaan sien is “The Barbarian Invasions” of die oorsrponklike “Les invasions Barbares”
    Ons het dit gaan kyk kort na ek met kanker gediagnoseer is. Goed getjank.
    Soos in die prent is hoe ek wil gaan as dit tyd word.
    My skoonpa is aan kanker dood. Dit was onmenslik en onwaardig. `n Groot man wat brul van die pyn. Kort voor sy dood het hy blind geword omdat die kanker daar ook toegeslaan het.
    Nie 30 Panado’s nie maar `n oordosis Heroien. Enige volunteers om dit toe te dien?

  27. Sigeuner

    Demoerin 30-something is so dem jonk, maar dood is nie kieskeurig jeens ouderdom nie. Wat van kinders wat ly? Hoe moet ouers daarmee cope? Ek wonder, en dink…ek sal niks met hospice te doen wil he as hul houding erger as die dood is nie. Sorry.

    Louwie – as dit jou wens is, sou ek graag wou help. Dalk moet ons net `n veldtog begin om dit te wettig. Ek meen, om selfmoord te pleeg, ne? Niemand gaan daarvoor tronk toe nie?

  28. Mefri

    (((((( Rooskindjie)))))) hierdie post van jou; dit is Blessed!!

  29. Haha, Sigeuner. Nee ek dink nie `n ou wat selfmoord pleeg loop die gevaar om tronk toe te gaan nie! (Hel toe dalk, sal party mense vir jou sê!)
    Die ou wat help kan dalk in die moeilikheid kom, dink ek.
    Miskien moet `n mens die moontlikheid ondersoek om bv. in Swaziland `n fasiliteit te gaan skep waar mense gehelp kan word om waardig `n einde aan alles te kan maak. Ek is seker die koning daar sal nie `n probleem daarmee hê nie, solank hy net sy cut kry!

  30. Andrew

    Ek lees vandag ‘n opskrif in ‘n koerant van ‘n bejaarde britse egpaar wat Switzerland toe is om daar selfmoord te pleeg. Albei was baie siek. Hulle het een of ander vloeistof gedrink, 3 minute later aan die slaap geraak en 10 minute later was hulle dood. Familie was saam om hulle by te staan.

    Dis baie sad maar die alternatief vir hulle was erger.

  31. Sigeuner

    Louwie! Ek hoop nie die koning is kanibalisties nie! (grap) Waarom kan ons nie maar `n veldtog begin nie? Waarom moet mens `n hele tog aanpak na `n ander land as die tog net 10 minute ver is na die regte land toe? Hel toe, ja…Loewie, party mense glo nog aan sulke dinge. Ekself is te oud om my aan snert te steur.

    Nou gaan ander my weer stenig (ek is al imuun). Weet julle dat daar alternatiewe keuses is vir spesifiek kanker? Kom ons los dit hier. Vir die wat my wil e-pos, Rosa mag my adres verskaf. Julle is welkom.

  32. Moses

    Ek voel oor die dood soos J.M Barrie “It will be a great adventure”, maar soms benodig die naasbestaandes die sterwingsbegeleiding meer as die pasient. Dood is deel van die lewe, maak vrede daarmee en verwelkom dit as dit die tyd is daarvoor.

  33. BB

    Sorry Rosietjie – ek’t jou ge-tag… 😳 ja-ja, ek kan ook ernstig wees, by tye. :mrgreen:
    http://blogbb.wordpress.com/2009/07/17/griffel-geheime/

  34. mari.

    ek het nou al vir die derde keer die post en comments gelees. ek kon nog nooit dit werklik kleinkry dat ek eendag sal sterf nie. selfs ander mense sien sterf, opgezip en begrawe word kan dit nie vir my ‘n realitiet maak nie. vreemd né?

    ek dink die vrou in jou storie is eintlik so geseënd dat sy kon besluit oor haar lewe (of altans die lewe wat sy agterlaat). meeste van ons sal onverwags die pad vat, sonder totsiens of wense.

    daar was ‘n storie oor die radio van ‘n paartjie wat albei oud en siek was en saam gif gedrink het. ek dink dis hoe dit behoort te wees. dat almal sterf op hulle eie manier, soos ons leef op ons eie manier.

  35. Hallo julle almal dankie vir die baie kommentare. Ek gaan nou eers rustig sit en dit alles lees.

    Ek was weg gewees na die karoo en sal later ietsie skryf.

  36. Maar miskien moet ek eers ‘n storie vertel, (oor die proses van dood indien jy siek is, het jy dalk beheer, maar nie oor die dood nie, nooit nie).

    Ek het in my lewe al baie, per ongeluk in vars bloed van mense getrap, oor my werk. Die dood is net so fragile, op ‘n manier soos die lewe.

    En een koue winternag, toe sien ek ‘n vreemde ding. Hoe die bloed uit ‘n man loop op die koue teerpad. En die mense het net so gestaan. En die warm bloed het sulke klein rookwolkies gemaak, soos warm wasem, uit jou mond. Van die koue op die pad en die warm lewe wat uit hom loop.

    Dit was die dood.

  37. Ek dink dit is goed om oor die dood en lewe te praat. En een tip: teminale pasiente is regtig op hoe dossie pynmiddels, soos pethidine en morfien wat ander mense verslaaf sal maak. dit maak dan nie meer saak nie. Geen teminale pasient behoort pyn te he nie. DRING daarop aan.
    Indien die dokter nie wil nie, kry ‘n ander een.

    Andrew: ek stem met jou oor saam dat mense by ‘n mediese instansie, met insae deur spesialiste wanneer daar goeie meriete is en psigiaters deel is van die span gehelp behoort te word om te sterf. elke saak met meriete en op indivuele kriteria.

    DMI; ek is jammer dit was jou ervaring van Hospice, hulle met gaan kla by die Kansa, dit is onaanvaarbaar, regtig. My ervaring van hulle is baie goed.

    Sigeuner: dankie ja ek is baie oraait. ek is jammer jy moet baklei jong.

    Louwie en Sigeuner: ek dink die idee is goed. maar mens sal baie sukkel om dokters en verpleegpersoneel te kry om daar te werk. mense wat by sulke instansies werk loop hulle lewe met diskriminasie, verwerping en hul lewe is selfs in gevaar (net soos die wat aborsies gee). die mensdom is mos alewig prejudice jeens ander, totdat hulself in die posisie is!

    Callifer: moet nooit 30 panado’s dink nie enige iemand. dit gaan nie werk nie!!!! dit gaan terrible wees, maar ek is ook nie bereid om ‘n effektiewe voorstel vir selfmoord te gee nie.
    maar ek wil graag vir jou se ek is jammer oor jou pyn, regtig.

    Girl van die Subs: ek weet nie, sal mens ooit weet?

    Mefri: dankie dat jy altyd hier is.

    Moses: welkom hier, sterwensbegeleiding is nodig vir almal wat geraak word glo ek. dankie vir die inloer.

    Mari: ek dink baie mense voel soos jy. mens sukkel om dit klein te kry. dis waar wat jy se. ons weet dit, maar berus ons? ek twyfel.

  38. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))

  39. Elize

    Ek soek groot asb raad. My man drink elke aand. Hy het soms baie seer oor sy maag. Sy stoelgang is soms bloederig en as hy opgooi is daar ook bloed in. Ek het vandag opgelet dat sy oe geel is. Hy hey party keer baie pyn. Hy wil nie dr toe gaan nie. Kan iemand my raad gee en se of dit lewerkanker is. Dankie

  40. Elize

    Ek soek groot asb raad. My man drink elke aand. Hy het soms baie seer oor sy maag. Sy stoelgang is soms bloederig en as hy opgooi is daar ook bloed in. Ek het vandag opgelet dat sy oe geel is. Hy hey party keer baie pyn. Hy wil nie dr toe gaan nie. Kan iemand my raad gee en se of dit lewerkanker is. Dankie hy drink ook baie grandpa’s want hy kry baie hoofpyne

  41. lourette

    My sussie het verlede week ‘n operasie gehad waar ‘n deel van haar dun en dikderm verwyder is..kanker in die 4e fase het na haar longe en lewer versprei. Die dreineringsakkie aan die wond se kleur is lig geel en melkerig..glad nie bloederig nie, wat beteken dit? Daar is ook ‘n onaardige reuk wat aan haar kleef al was ek haar hoe goed. Die reuk sit selfs aan my vas..Ek is so dom , help asb met inligting?




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: