Meneer?

Lekker sit ek die mense en kyk by die verjaardagpartytjie van die vrou wat ek van geen kant af ken nie. Ek het maar net saamgekom.

Hier kom die kelner.

“Meneer, wat wil jy en jou ma drink?”

Liewe fok. Kak se koelte! Lyk ons dan al so sleg?

Twee Tabs.  (Waar is jou gidshond?)

Luister liefie, daai meisie het nou vir my ‘n meneer genoem en vir jou my ma.

“O!”

En so gaan dit die hele aand. Sy kom haar fout flippen nooit agter nie.

En liefie-baas, my ma? Is die mense op tik?

Vanoggend se ek vir liefie-baas wat le en slaap: “Die top van my het gekrimp. Hy was al weer in die droeer. Wat vang julle aan? (ek doen nie wasgoed nie)”

Nee hy was nie.

Dus is ek vanoggend bank toe, met my borste duidelik sigbaar in die stywe top.  Hulle is gewoonlik sigbaar en my baard is altyd geskeer.

“Take a seat, sir.” Nadat ek gepraat het! Gepraat!

Wat de fokken hel?


  1. Bwhahahahahahahahahahahahahahaha!!!!!!!!!!!!!

    Arme Rosa – ‘n ‘dit’! Rosa, hulle kon jou gevra het of jy swanger is… 😆 😆 😆

  2. Dit maak glad nie aan my saak nie en dit het niks met my te doen nie, maar my nuuskierigheid is geprikkel.

    Lees ek reg tussen die lyne?

  3. Boedoe: ja daai is seker erger, “en wanneer kom jou kleintjie?” 🙂

    Adrie: daar is fokkol tussen die lyne. dalk IS ek ‘n man, dalk smokkel ek met jou kop!
    dalk spreek ek net ‘n sosiale issue aan met satire. hmmm?
    dalk is ek transgendered
    dalk maak ek ‘n standpunt.hmmm?
    dalk is ek ‘n man met borste
    dalk is ek ‘n hermafrodiet
    dalk is

    George: ditto

  4. Andrew

    Hahaha … (skop bene en alles) 🙂

    Lank terug toe ek nog ‘n student was, was daar een oggend ‘n klop aan die deur. Ek staan toe op en maak oop, handoek om die lyf. “More miesies” groet sy. Okay my hare was lank maar nog steeds. Toe ek terug kom van die kombuis met ‘n kos pakkie, los ek my handoek aspris agter. “Dankie meneer” se sy met ‘n glimlag.

    Jy weet wat om te doen …

  5. Andrew: LOL! soos jy se, “maar nog steeds”
    meneer rosalind gaan more sonder ‘n toppie (of broekie?) bank toe.

  6. Andrew

    Social intolerance to gays, “corrective” rape, polygamous relationships that benefit one sex only, oppression of women’s rights ect ect ect have one thing in common. Male dominance. You find it in societies all around the world and it is a bigger problem than many realize. You even find it in religious ideology. It is not enough to say “I support equality among the sexes”, you must live it. And every time our leaders remain silent on the issue the oppression is reinforced. So what if men have fragile egos.

  7. Andrew

    May I add that we are the only animals on the planet that have the ability to overcome our evolutionary history. Isn’t it time we tapped into our good fortune and turn it into something that benefits EVERYONE?

  8. Sigeuner

    Nee wag nou! wag nou, mense! Julle is vandag te rof vi Sigeuner!

    Moenie almal fok nie (hulle gan net lekker kry)

    Moenie sonnir panties bank toe gaan nie (hulle gaan jou spaarbussie sien!!)

    Moenie na vreemde vroue! se partytjies ganie…die dem kelners ken nie die verskil tussen `n Labrador en `n Martin(i) nie!

    You will be shaken, not stirred.

    Mar fok die bank (deur die bank), daso is baie annir.

  9. ELF

    Daar is NIKS wat dit kan justify nie.

    Is dit dalk omdat oogkontak te veel effort geword het? Is dit omdat mense bloot nie meer omgee wat hulle kwytraak nie (gelees as n blote gebrek aan respek vir die mense om jou)? Ignorance? Komaan .. puhleeeeze!

    Ek verwys nie na jou nie. Maar ek weet daar ís wel gevalle ‘where it is hard to tell’ .. maar dan hanteer jy dit anders en probeer liefs nie jou voete afvee op die mat van iemand anders se gevoelens nie.

    Ek wonder wat die reaksie op so iets is, wanneer mens begin veralgemeen (no pun intended) .. bly mense stil en begin swets wanneer hulle wegstap of korrigeer hul die ‘oortreders’ daar en dan?

  10. Bwahahahaha Rosa.

    Ek stem George – fok hulle!

    Bwahahaha Andrew – ek sien jou al.

    O bliksem – hierdie is skreeusnaaks, met alle respekte Rooskind. Hulle – daai klomp wat tik rook – kan my eerder vir die man aansien as die ma – met respekte aan jou Liefie, Rosa.

    O hel, dankie vir die lag, Rosa, ek het dit BAIE nodig gehad. Jy is my hero😆

  11. Die kleintjie ding het al met my gebeur.BAD. ‘n Vriendin wat ek lanklaas raakgeloop het in die dorp het ‘n magie(ok so 7mnd maag!). Ons raak aan die gesels en toe vra ek die vreeslike stupid vraag: Wanne is jou tyd? Nee sê sy, baba is al 5 maande oud. En sy lê soos sy lag. Ekt soos ‘n eier gevoel.

  12. maxie

    Whatever….
    Ek laaik jou nog steeds stukkend.
    Dis al.

  13. Party mense gaan met oogklappe deur die lewe…letterlik!
    Ek moet se ek lag lekker vir jou, maar ek is seker dis nie vir jou so saaks nie!

  14. Sigeuner

    Hel!- hierso het ek die boeretannie vanne apteker, en sy liefie, skattebol en skattie my voor en agter (en sy skeer nie haar dem snor nie!). Ek is NIEMAND se frikkin skattebol nie! Next time vat ek Oupa Sias se kettie en skiet `n spierverslapper in ha anus op tot in haar serebulum. Dan se ek:” ok, skattie relax nou lekker en try nou “mevrou”, toe?

    Miskien moet ek dit net los, want dis dalk veel meer kak van ha vat as wat sy my nou try gee.

  15. 🙂 Rosa…
    Ek weet dis nie vir jou snaaks nie, maar soos jy dit vertel, kan ek nie help om te giggel nie.

  16. Sigeuner, jou comments is moersnaaks!

    Rosa, hier in my eie dorp klim ek eendag uit die kar – moerse lang hare, hier by die bra-strep rond, nogal geperm (nou praat ek darem van die negentiger jare…), met ‘n heel oulike outfit van ‘n jeans en bloesie en leerbaadjie.

    Sukkel met iets en dit reen so fyn, storm ‘n bedlaar op my af: ‘meneer,meneer…’ Ek draai om, tieties daaaar uitgedruk: ‘jirresorriemiesies!’

    My lengte laat menigdes my as meneer aanspreek. Dan kyk ek hulle koel uit die hoogte aan. Hulle bloos, sommige vra om verskoning, dan se ek ‘ek het nie die fout gemaak nie.’

    Ek dink dit het nogal met OOGKONTAK te doen, want donir, as jy nie die verskil kan sien nie, is daar fout met jou oe.

    I mean!

    Ja, daar is tannies wat in die shopping centres rondstap met sulke wye arms en check hemde, wat tot vir my intimideer en uitfriek, maar steeds kan mens onderskei. Met die mincende omies raak ek ook nie deurmekaar nie. Jy moet netnie die ou as ‘Tannie Gert’ aanspreek nie, en alles is okay.

    Coke Zero smaak lekkerder as Tab, Frankie…

  17. Whahahahahahahaha……. Dalk is jy eenvoudig net Rosa…. Lekker inskrywing! Die kinders by die kleuterskool kom vra darem vir Ouboet of sy Ouma hom weer kom haal het…. 😆

  18. BB

    WAAAAAAAAAAAAAHAHAHA!! O, my jinne jel!!
    /me hol badkamer toe virre one-ply – om die maskara te loop afvee hihihihihi…. o asem!!!
    Jy willie weetie Rosie!! As ek oor ‘n foon praat word ek gereeld ge’sir’ of ‘meneer’ – hoekom dink jy loop ek met my bos hare rond?? Want de vet weet as iemand my face-to-face gaan ‘meneer’, issit nag-Nella!! (my flippen User registration by die werk – ek jok nie nou nie is hoeka Mr B B… – die arme networkcontrollers het ook nog net vroeg soggens met my stem te doene gekry, so ek vergewe (en vergeet) maar – strike my net dat wanneer ek ‘n appointment het met ‘n Direkteur of Comm en hulle staan my en inwag dat hulle actually ‘n “meneer” verwag. En dan kan ek nooit uitfigure of hulle teleurgesteld (‘n savvy blonde😕 of dalk effe verlig (hups:mrgreen: ) is, as hulle uitvind ekke IS dié meneer😛
    Môreoggend draai jy so skuins ini bed en sê vir liefie: “Maaaaaaaa??? wil ma tee hê??”😆

  19. BB

    Gepraat van: gate-crash jy Birthday parties, Rosie??😯

  20. Dis cool. Anderdag toe stap ek met my hond, toe kom daar ‘n juffrou met ‘n klomp kinders op ‘n skooluitstappie van voor af, en toe sê sy, “Stand aside children, let the lady with the dog come past.” So dit kan met enigiemand gebeur, selfs met my en ek is nogal macho.

  21. costello

    Not to worry- In die woorde van Woody Allen : “Bisexuality doubles your chances of a date on a Saturday night”

  22. Andrew: die issue oor corrective rape onder swart gay vroue is ‘n fenominale groot probleem. ja, die fragile male ego, en feit dat mense totaal onwillig is om ander te aanvaar. dit is AL waaroor daai gaan. dit lyk my ook in die zuma-era is dit besig om toe te neem weens erge patriargale denke. jy praat ongelooflik waar hier, dankie vir die bydrae.

    Sigeuner: LOL, ek is genooi na die party toe. verskoon my,,,”ek het net saamgegaan”. “my spaarbussie” LOL hy’t baie geld in – potensieel….

    Elf: when it is hard to tell, you make sure. in sulke gevalle kyk ‘n mens mooi met jou oe in jou kop, ekself het al getwyfel met mense en was nog nooit verkeerd nie: daar is so iets soos borste, heupe, ‘n stem, ‘n manier van loop, kurwes, die tekstuur van die vel, die hande. baie goed. party mense is net eenvoudig onnosel.

    Sonkind: plesier jy kan maar lag, dit is snaaks.

    Boervrou:🙂🙂

    Maxie ; hehehehe

    Kaalvoete: ja oogklappe en dan is hulle nog doof ook

    Sigeuneer: baie mense juffroutjie en meisiekind my oor die telefoon. een kollega noem my “nooi”. dit p my baie af.

    carina; dit is snaaks. jy mag regtig maar lag.

    Costello: whahaha. sowaar, nou laat jy my dink

    Skoor: ek maak oogkontak met mense, dalk maak hulle nie oogkontak met my nie🙂

    Pikkie: is darem nog nie oumagrootjie nie LOL

    BB: meneer BB ek gate-crash nie gewoonlik nie, ek was darem genooi saam met iemand anders.

    Piesang: LOL! lady and the dog . . . en jy dra nie bra nie, ek weet.

  23. Groei jou hare!

  24. Emil, het jammer maar daai is een van Plaasjuppie se breinflatus-idees….:) jammer maar regtig. ek dra eerder dan my bra bo-oor my klere.

  25. Sjoe… sukkel ek weer met die disleksia vandag.. enige raad?

  26. 😆 Rosa – Dankie vir die lag. Jy kan darem amar net ‘n dinh op ‘n manier skryf. Sonder ‘n toppie mag jy dalk net TE VEEL aandag trek!

  27. DMI: jy kan dalk vir jou ‘n remedierende juffrou kry vir die disleksie….maar dis nou te laat…julle sal net met mekaar kan speletjies speel.🙂

  28. emil

    Dan moet jy maar een van daai wonderbra goeters dra en bietjie vlees wys!

  29. Ek dare, neee, ek dubble dare jou, nee, ek dubble, dubble dare jou!!!! Dra jou bra bo-oor jou toppie!!!! ROFL!!!! 😆 😆

  30. Sigeuner

    Skoor – dankie. Dis Rosa wat die nar in my wakker maak. Om vor jouself te kan lag, vat soms guts.

    Rosa, ag trek dan maar eendag die wonderbra bo-oor aan en vertel ons die reaksie? Verkieslik met foto`s.

  31. Sjoe, ek dink ek sal dit eerder verkies om as swanger aangesien te word….

  32. Weet jy dalk van so ‘n juffrou?

  33. whahahaaaaaaaaaaaaaaaaaa dis hillarious!!

    Almal kan gaan vlieg…. Ons is wat ons is…. ek soek buitendien nog wie en wat ek is!!! Soms dink ek, ek is ‘n duif wat kan vlieg, dit hang net af wie en wat ek op ‘n spesifieke dag wil wees, dan is ek dit en bogger die res…:mrgreen:

  34. Hiehie – ek dink ook dis skreeusnaaks !😆 En vir die rekord, ek is ook Meneer Dellie op my Telkom rekening – selfs al bel ek en hulle kan hoor ek is nie ‘n meneer nie…🙄

  35. Rosa: Ek kan vir jou die “50% Discount on your next sex change” spam aanstuur as dit ‘n krisus is.

  36. H1N1

    Haal uit en wys. Alles, sommer alles.

  37. Emil: ek dra al vir jare lank wonderbra. hoe sal jy nou weet, alla. ek weet nie wat om met hierdie emil te doen nie, hy is so voor op die wa!

    Pikkie: party dae voel ek regtig ek wil so iets baie wild doen. jy weet.

    Sigeuner: die dag as ek dit doen sal ek sekerlik foto’s neem.

    Girl: nee ek sny my polse as iemand dink ek is swanger🙂

    DMI: LOL hoeveel is dit vir jou werd?

    wippie: vandag is ek ‘n pirate, die tipe wat rum drink en vloek.

    dellie: bel hulle en se jou man gaan hulle kom regsien, kyk bietjie wat is die reaksie🙂

    rustig: net 50% nee wat!🙂

    H1N1; ek is baie skaam, veral vir virusse.

  38. H1N1

    Moenie wees nie, daar is niks om voor ‘skaam’ te wees nie😉

  39. Ek lag nou lekker vir die kommentaar!

    Ai Rosa, ek stem saammet George: fok hulle almal. Die wêreld gee my deesdae ‘n pyn. Die hele mans ego veral. Toe ‘n man nou die dag vir my sê “ag pops, sit my eerder deur na jou baas toe, dan kan ons twee ouens dit bespreek” gaan ek toe maar deur die motions en sit hom deur na ‘n ander foon toe. Het toe vreeslik lekker gekry toe ek antwoord “jy praat nogsteeds met pops, ek is die baas”.

    Laat my weet as die buite-bra dag is. Ek sal deelneem.

  40. Netjane: ggrrrrr, daar is baie sulke mans, dit is hel as jy een van hulle se “baas” word. glo my.
    Buite-bra-dag. Ek laaik die naam. ek dink ons moet so iets reel, ek ken ‘n paar ander nooiens🙂 wat ook sal deelneem.

  41. Gathgogh

    Dis helemal oraait met my (en my hangende tuine van Babilon)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: