Net dood

http://bashinginnieboendoes.wordpress.com/2009/05/22/janeth/

Die dood het nooit ‘n rede nie, nie vir my nie. Ek weet mense soek na ‘n rede en na troos, maar ek, ek kan nie.

Dit is maar net hoe ek is.

Boendoe het geskryf oor Janeth wat dood is. Sy het vir my geklink na ‘n besondere jong vrou, een met talent en ambisie. Iemand wat nog moes geleef het. Soos baie, baie ander.

Vir my is daar sin in die lewe. Oor die hier en die nou. In dit wat ons elke uur, elke dag en elke week doen.

Indien ‘n kind, jong mens, of middeljarige sterf, maak dit nie vir my sin om te probeer se: Maar god het ‘n plan gehad nie, of; haar werk was klaar nie, of daar is ‘n plan met alles nie. Dit is nie waar nie, hulle werk was ver van klaar en ek sien geen sin in so ‘n dood nie. Dit is bloot ‘n vermorsing van ‘n lewe.

Ek weet en verstaan wel hoekom ons dit se, om onsself te troos, om dit beter te maak. Maar dit is nie beter nie. Dis rou en seer en die slegte kant van leef.

Ek kan ook nie elke dag skugter leef omdat ek dink daar is miskien dalk net ‘n ander leef vir my nadat ek dood is nie. Want ek weet dit nie. ‘n Nou afskeep-leef, verskoon-leef in afwagting op ‘n tweede leef? Nog ‘n kans vir leef? Nee.

Dood het nie ‘n rede nie en dis bloot net k*k. Dis seer en dis finaal. Dis oor en dis verby.

Jy is net eenvoudig weg. Dit gaan alles oor hoeveel tyd jy het en wat jy daarmee maak.

Maar ek kan dit nie sagpraat of goedpraat nie.

Dood is so werklik soos lewe. Net op ‘n ander manier.


  1. Mefri

    My oorlede sussie Annatjie, sou vandag 55 geword het…. Sy was ʼn keurgraad mens gewees, maar sy het nie haar 16de verjaarsdag gesien nie.

    Rooskindjie, jy laat my diep en ver terugdink. Dit is nogal interessant dat jy juis vandag hieroor blog – ek het vandag baie hieroor getop.

  2. Ek stem. Die dood is wreed en het nie rede nie. Dis nie romanties laaste-asem-uitblaas nie. Dis sleg vir die wat gaan en die wat agterbly en om aan te hou vra hoekom is nutteloos.
    Dis beter om te lewe asof jy nie ‘n tweede kans gaan kry nie – dan is spyt bietjie minder.
    Maar nou ja, wie lewe dan nou ooit asof daar nie tweede kanse is nie?

  3. Dit is die gang van die lewe. Sterwend word ons gebore.

  4. Dood is baie wreed. Dit los die wat agterbly geskok, hartseer en selfs kwaad. Ek dink net dat ons almal weet, sodra ons verstand gekry het, dood is ‘part of the deal’. Niemand lewe vir ewig nie. Daar is ook geen waarborg dat jy jou ‘end of the deal’ sal moet nakom na ‘n lang, ryk lewe nie. Partykeer gebeur dit wanneer jy maar op die drumpel van jou lewe staan. Of in die fleur van jou lewe.

    Die dood fassineer my. Dis net nog ‘n onbekende pad wat mens moet stap. Ek dink nie dis ‘n doodloopstraat nie. Baie keer het ek sterwendes beny omdat hulle voor my die geheimenisse van die hiernamaals gaan beleef.

    Vir ons wat agterbly is die dood ‘n vyand. Ek dink nie dis noodwendig die geval met ‘n sterwende nie.

    Skuus, Rosa, ek weet hoe jy voel oor geloof/godsdiens, dis maar my mening.

  5. En ek stem ook 100% saam, ek sal nooit anders daaroor kan voel nie ongeag…

    Die dood is wreed, en ek wil nie in so tyd hoor, dit was sy tyd nie. Dit is nou net hier, waar ek in sulke tye soos ‘n boek toe slaan.
    Moet verseker ook nie vir my sê dis beter want hy is nou van sy pyn en leiding verlos nie, ek wil dit nie hoor nie!

    Dood is k*k Rosie en mens moet lewe asof daar nie ‘n môre gaan wees nie.

  6. Sigeuner

    Dood maak my nie bang nie. Soms kwaad en hartseer. Hier sit ek vandag en ek leer by 2 klein kindertjies dat dood eintlik nie seermaak of sleg is nie. Een sin uit hulle eie monde (na laasjaar toe hul oupa se boetie dood is en hy binne-hartseer-kan-nie-huil-nie hieso rondloop):

    “Aag, Oupa…moenie so hartseer wees nie, dis niks om dood te gaan nie, ons was ook al dood.”

    En EK sit hieso met my strange kinnirs, ek wat nie in sikke goed glo nie moet nou met hulle praat en maak of dit heel natuurlik vir my is. En ek leer, en ek leer…

    Boendoe, dit gaan niks help nie, maar ek wil nog steeds se; jammer oor Janeth

  7. Ai Boendoe, jy hoef NOOIT skuus te se hier nie, dit was jou inskrywing wat my weer laat dink het, en ek se vir jou dankie. Ek waardeer dat jy hier kom praat. Ek-self aanvaar die dood, dit is die wreedheid daarvan wat my hulpeloos laat. En jou mening wat jy hier gelaat het, is ook nie teenstryding met myne nie. Dit is eintlik die finaliteit wat my ontstel.

    Mefri: Ek so jammer.

    Carina: Dit is nie die hoekom wat my soseer pla nie, maar die finaliteit.

    Emil: Sterwend gebore, ja.

    Wippie: ek dink jy verstaan wat ek bedoel!

    Sigeuner: dit maak my ook nie bang nie.

  8. Andrew

    Toe ek tot die besef gekom het daar is nie ‘n lewe na die dood nie was dit ‘n helse verligting vir my. Ek was onseker van my kaanse in die Hemel voor dit. Nie omdat ek iets vreesliks aangevang het nie. My ergste oortreding was dagga rook, en na dit verkeers oortredings. Nie almal voel so nie, party mense ervaar gemoeds rus deur te glo daar is ‘n nadoodse lewe.

  9. Aaag, Rosa! Jy weet mos teen die tyd ek’s ‘n regte suutjies poeper! 😆

  10. Ja Rosa. Die finaliteit is moeilik om te begryp. Hoekoms en waaroms is makliker om te verwoord.

  11. Andrew : al hierdie dinge veroorsaak ongelooflike stres in ons lewe, dink ek.

    Boedoe: waar is daai wille vrou van so tyd gelede😉

    Carina: ek stem. ek weet.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: