wat waar is, belowe

* Daar is niks wat griep genees nie, niks op hierdie aarde nie, al die pille, potions en rate wat ‘n mens hoor – is alles in die kop, of verlig simptome. Dit doen niks aan die virus nie. (Al wat griep klop is Tamiflu (oseltamivir), mits jy dit binne 48 uur neem na die eerste simptome, maar moet dit nie neem vir seisoenale griep nie, mens bou ‘n weerstand op, hou dit vir die moordenaars-griep)

* Pleisters wat mens onder jou voete (of enige ander plek) op jou liggaam plak om te detox – werk nie. Al is die pleister vuil. Dis ‘n kroekery en die pleister word “vuil” deur ‘n chemiese reaksie.  (‘n Mens kan net detox deur jou lewer en niere, nie jou vel nie, en jy kan die natuurlike proses ook nie verhaas deur op ‘n detox-ding te gaan nie. Dit gebeur soos dit gebeur en klaar. As dit nie werk nie, sal jy doodgaan.)

* Vitamien C werk nie om griep of verkoue te voorkom nie. Moenie anti-biotika drink vir verkoue nie. Dinge in ‘n oordosis maak my ongemaklik.

* Kanker is ‘n oorhoofse term vir ‘n legio van siektes. Elke tipe kanker verskil en dit verskil van mens tot mens. Dit hang af van soveel dinge as jy die diagnose kry, ook die tipe kanker. (Moet dus nie sommer net behandeling weier nie)

* Depressie, angs, en bipolere gemoedstoornis is komplekse chemiese siektes van die brein, wat behandelbaar is.

* Geen vitamien-aanvuller kan ‘n glas melk, stukkie kaas, volgraan, neute vleis, vrugte en groente vervang nie. Dis is onwaar dat melk en kaas ongesond is. Dis goed vir jou.

* ‘n Mens het vrye radikale nodig, omdat hulle die vullis uit selle verwyder. Daar is geen rede hoekom jy anti-oksidante moet drink nie. Jy kan alles wat jy nodig het in kos inkry. Daar is bewyse dat te veel anti-oksidante oor ‘n lang tydperk baie sleg vir jou kan wees. Meeste anti-oksidante is vetoplosbaar en jy skei dit dus nie uit nie, dit bly sit in jou.

* Los jou liggaam uit, hoekom wil jy die hele tyd aan hom lol met pille, kruie, lotions en potions wat jy by die health shop en die apteek koop? Drink net chroniese medisyne wat voorgeskryf is. Los die res, dit is nie klinies getoets nie en jy weet nie wat daarin is nie (regtig). Baie van die dinge bevat gevaarlike middels, veral uit die Ooste, en dit val nie onder wetgewing nie. Daar kan enige iets in wees en daar is …

* Sorg dat jou baba en kind al sy entings kry. Dit is lewensnoodsaaklik. Die nuwe mode om kinders nie te ent nie, omdat dit glo outisme veroorsaak is nonsens. Wil ons pokke en polio terughe? Kinders kan nie outisme “kry” nie, hulle word daarmee gebore, omdat dit geneties is.

* Dink mooi voor jy net mode-goed doen…soos om jou kolon byvoorbeeld “uit te spoel” omdat daar sogenaamde “plaak” in is. Los uit jou kolon. Los uit, dis ‘n sensitiewe plek daai, hy het nie plaak nie en hy werk mooi nes hy is.


  1. Baie lekker gelees. Veral die kolon-een steek by my vas. As hy spasties is, is die beste om jou dieët te verander.

    Goeie punte – daar is darem maar baie “ouvrou” stories in omloop!

  2. Andrew

    Ek sou dink dat as jou kolon uitgespoel word raak jy ontslae van al die nodige bakteria en versteur jy die balaans.

  3. Plaas ek jou ‘n e possie gegooi het oor die Tamiflu ek het by die hemelpoorte omgedraai Rosie 😯

    Rosakind kom laat Wip vir jou ietsie vertel, weet jy hoekom moet ek aanvullings drink??? Want ek is die enigste mens wat ek ken, met die meeste fiemies op aarde. Ek eet nie baie soorte kos nie! Regtig!! Groente is vir hase!!😆 Hoender en vis, word nie geëet nie!
    Ek is vol nonsens, dus ek sit altyd met ‘n tekort, soos bv yster. En om die yster bv ordentlik op te neem moet ek ekstra vit c drink of dis weer hospitaalsake.

    Rosie weet jy wat het nogal baie gehelp vir my griep. Ek het op my blog vir rate gevra:mrgreen: Ginger ale met 2 disprins en dan ‘n goeie (merk op asb *goeie*) knerts gemmer brandewyn! Teddie het sommer 2 grooooot bottels gekoop! Hierdie doepa het soos ‘n bom gewerk!! Maar ek wonder tog of ek heeltyd heeltemal “all there” was om die simptome dop te hou!! Al wat ek weet een “nugter” oggend, die nou vandag, toe voel ek sommer weer on top of the world~~ mind u miskien is dit nog die gemmerbrandewyn wat my so bo die wêreld laat rond sweef!!! 😆 Maar maak seker nie saak nie, hierdie griep moet mens maar so half besope deurgaan!!:mrgreen:

  4. Krista

    Dankie Rosalind, dis dalk net nodig dat mense weer en weer moet kennis dra hiervan!

    Ons is sommer ‘n hele gullible ou spul is ons nie?

  5. Ek dink dis great dat jy klomp goed hierso aanspreek.

    Ek hoop net nie “Depressie, angs, en bipolere gemoedstoornis is komplekse chemiese siektes van die brein, wat behandelbaar is” impliseer dat slegs pille die oplossing is nie? Soms is daar erge eksterne faktore wat mos hierdie chemiese siekte aan die gang kry. Maar ek glo darem nie dis wat jy sê nie.

  6. Dankie, dankie, dankie. Hoekom kan ek nie net my eie kop volg oor dinge nie? Ons leef in die informasie era. Maar daar is soveel snert wat versprei word as die waarheid! Go back to our roots! Dis al wat gaan help!

  7. O ja. Oor bi-polariteit. Jy word daarmee gebore. Dit steek GEWOONLIK in laat puberteit kop uit. Ja, daar is baie eksterne faktore wat dit moeiliker maak om met die siekte te cope. Maar eksterne faktore veroorsaak dit nie. Na 15 jaar van “onbehandel” wees, het ek uiteindelik die regte dr opgespoor. Behandeling is ‘n total package. Medikasie – ‘n anti deprisant en gemoeds stabiliseerder en iets vir die angs is uiters noodsaaklik. Maar jy moet sorg dat jou kop reg bly. Omring jouself met mense wat positief is en jou verstaan!
    PS – Dankie vir die kuier daar by my.

  8. BB

    Dankie Rosie – excellent oppie ehhhhmmm vrou af, vattie-k@kkie raad. Me likes!!
    net een vragie – hoe de hel weet jy binne 48 uur dat jy ‘moordenaars-griep’ onder lede het??😕

  9. Baie interessant Rosa. Ek peuter nie met my lyf nie – eerstehands gesien watse boggerop kan gebeur🙂

  10. Vrek interesant.

  11. Sjoe, dankie vir al hierdie info!😉

  12. Yip. te veel van enigiets kan nooit goed wees vir jou nie. Die naaste wat ek aan medisyne kom, is ‘n panado so af en toe vir hoofpyn. Ek het 20 jaar laas anti-biotika gehad met ‘n operasie.

  13. Freddels: Ja dit is presies wat ek bedoel, vir bipolere gemoedstoornis, major-depressie en angs is al wat help chroniese medikasie. Dit is bewys en niks anders sal jou lewe vir jou beter maak nie.
    Bipolariteit is genetiese, jy word daarmee gebore en dit niks kan dit wegneem nie, dit is soos enige ander chroniese siekte dat behandel moet word, soos asma, diabeters, hartsieke ect. ‘n Omvattende behandelingsplan wat besoeke aan ‘n psigiater en sielkunde insluit is deel hiervan.
    Jy kan die siekte saam met die pille beheer deur stres te verminder, die siekte te aanvaar, nie te drink nie, etc.

    Ogies: jy is reg eksterne faktore veroorsaak dit nie, dit dra net by tot die erns daarvan.

  14. Dankie tog! Het so tyd terug met iemand gestry oor al die ou vitamiene twak. Persoon leef van vitamien pille. ‘n Dokters vriend het my lank terug gesê alle die aanvullings is sommer net geld maak stories. Ongelooflike groot industrie. Ek eet alles wat my nie eerste eet nie.

    Wippie: Sommer weer gelag oor daai detox pleister en jou voetbadjie!😆

  15. Emil en Andrew: ja die nuutste mode is om jou kolon uit te spoel (colonic irrigation). Een of ander horrible enema. Nie net kan jy ‘n skeur opdoen en in vreeslike moeilikheid kom nie, ‘n enema word net om baie spesifike redes gegee.

    Wippie: Tamiflu is ‘n wonderlike middel maar dit moet binne 48 uur na eerste simptome geneem word. Daai konkoksie van ginger ale, asperien en drank is gevaarlik. Basies laat dit jou kunsmatig sweet, in die hoop dat die hoe tempratuur die virus sal laat sterf. Al probleem drank + asperien = gevaarlik. Dis hoekom jy so weird gevoel het.

    jy gaan pakkry oor jy nie groente eet nie🙂

    Krista: plesier daar is nog baie sulke foefies.

    Ogies: Ek glo aan gewone allopatiese medisyne. Dit werk, is getoets en ons weet dat die gevare is. Dankie vir jou inloer.

    BB: Indien daar ‘n moordenaarsgriep is, soos in 1918 en tot ‘n mindere mate in 1968 en nou potensieel met die A/H1N1 sal dit oral op die nuus wees, dit sal ‘n wereldwye pandemie wees op VLAK 6 (level 6). Mense sal om jou omkap. Glo my sy sal weet, skole sal gesluit wees, potensieel grense ook. Dit sal die volgender killer flu wees.

    Carina: verseker

    Boervrou: welkom en dankie vir die inloer

    Dellie :🙂

    Demoerin: Ek is nie teen gewone geskeduleerde medikasie nie, maar wel teen homopatie en alternatiewe middels omdat dit of niks doen nie, of in baie gevalle skade.

  16. Rustig: Presies die hele vitamien bedryf is geldmaak storie (plaas ek het daaraan gedink), Mens sal nooit deur daai pille inkry wat jy deur kos inkry nie. Boonop het toetse getoon:
    – Baie pille bevat net spoor-elemente van die aktiewe bestanddeel.
    – Baie pille se aktiewe bestanddeel is verkeerd geisoleer en kan dus nie deur die liggaam opgeneem word nie.

  17. BB

    Colonic irrigation😯 !! Kan jy dink daar’s mense wat dit vrywilliglik laat doen?? Het jy geweet Rosie dat adellike vrouens in die tyd van Louis die XIV (of hoeveelste ookal) tot 4 keer PER DAG enemas toegepas het vir ‘n beter ‘complexion’ en youthful appearance. Blykbaar het hulle dan ook sommer bietjie opium ingeneem om die spastiese kolon te laat ontspan… ek dink hulle gaan my moet laat overdose net voor die 2de scheduled sarsie virrie dag!!😆
    Laat my dink aan die dokter wat vir die ou oom ‘n setpil-voorskrif gee vir die een of anner kwaal – en toe die oom die volgende week daar instap vra die dokter of hy beter voel… seg die oom : “Nee Dokter!!! ek kon die ding netsowel in my h*l opgedruk het!!”😛
    Maar ernstig nou – hoekom werk ‘n setpil vir sekere dinge soos koors soveel beter as ‘n sluk medisyne??

  18. Nie alleen het ek iets geleer nie, ek het ook lekker gelag. Dankie.

  19. Om terug te kom by die psigiatrie, selfs al is daar ekstenere faktore soos ‘n sterfte wat depressie, wat soos “freddels se die reaksie aan die gang kry” is medikasie steeds die manier om die chemiese wanbalans weer reg te kry. As mens ‘n pil neem vir kopseer, hoekom op aarde nie ook ‘n pil vir die pyn van die lewe nie! Hoekom?
    Ek verstaan nie hoekom word daar die hele tyd vir mense met psigiatriese siektes gese hulle moenie pille drink nie, as die pille wel help nie. slaat my dronk. Mens sal nie vir iemand met asma se: haal mooi asme jong, of iemand met diabetes, dink net positief oor suiker! maar ons dit vir mense met ‘n siekte van die brein???

    BB: LOL🙂 as jy opium via ‘n enema toedien gaan jy so vinning op ‘n trip gaan dat jy die trip gaan mis. dit is ook so gevaarlik ….
    ‘n Setpil werk vinnig omdat hy vinniger in die bloedstroom opgeneem word. Die opname is ook goed mbt absorpsie.
    Dit werk ook goed vir naarheid, as jy baie opgooi sukkel jy dalk met dit binne te hou. En baie goed vir kinders, hulle stry nog en woeps, dan is dit verby🙂

    W’nb: jong ja🙂

  20. williewragtig

    Jy slaan die spyker op die kop. Op RSG is is so “adverteerder het vir die lugtyd betaal” vrou van die Karoo iewers wat altyd een of ander gesondheids produkte verkwansel wat alles genees, die “suur in die liggaam”, “reinig die liggaam” amper so snake oil . Ek wens hierdie boggtery kon op ‘n manier die nek in geslaan word. Nog iets altyd hierdie natuurlike produkte is nie skadelik nie, twak, arseen is ook natuurlik, nes sekere dwelms. Self alkohol is ‘n natuurlike ding. tabak ook.

    Ek het tot in my voete lekker gekry toe huisgenoot die detox pleister in ‘n rubriek ontbloot het.

  21. Hi williewragtig, mens kan maar weet, as iets te goed klink om waar te wees en as een produk sommer vir al wat kwaal is help dan is dit ook ‘n snake oil.
    Die liggaam is nie vuil nie, hoekom mense dit vir reinig maak my mal-mal-mal. Hy reining homself goed genoeg. Ek weet van watter karoo-vrou jy praat😉

    Ek dis waar wat jy se, die woord “natuurlik” het een of ander status gekry wat hy nie verdien nie, slanggif, die gif wat in botox gebruik word, en dagga is ook natuurlik. Boonop word sg natuurlike middels ook deur ‘n chemiese proses gesit om dit in ‘n pilvorm te kry! Wie se die aktiewe komponent is nou reg en veilig?

    Rooibostee is natuurlik, en heunig, maar sodra jy dit verwerk is dit nie meer nie.

  22. Awesome, tx vir die lys. Ek’t nog altyd gedink Vitamien C help vir verkoue – maar die kennis by my was effens vaag. Help dit wel om dit te voorkom? Of glad nie?

    (Help enigiets vir verkoue?)

  23. Sigeuner

    Rosa, Boerseun het `n allemintige probleem. Hy WIL graag groente eet, mag kan nie. Al (en ek belowe jou dis DIT!) wat hy oor sy lippe kry vir die afgelope 2 jaar is: Spinasie, beesvleis (nie verwerk), witrys, aartappel en tuisgebakte brood (met GEEN smeer of margarine), koffie (swart en sonder suiker) en suurlemoen.

    Nou het hy hierdie 1 soort koubare vit C gekry wat hom wonderlik laat voel en selfs beter en langer tye laat slaap. As hy daarsonder moet gaan, kry hy hewige hoesbuie en sinus-aanvalle wat vir tot 2 dae duur, voor hy beter voel.

    Als het begin na `n od van antibiotika vir verkoue!

    Eish, ek wetie meer wat om vir hom te se as ek al die tjoklits alenag moet opeet nie.

  24. Medikasie moet as ‘n kruk gesien word, mits ons hier oor kroniese kondisies praat. Uiteindelik, afhangende van die vorm van terapie en prognose, is medikasie nie in alle gevalle aan te bevole nie. Depressie is veral een van die areas waar pille nie sommer met kopseer vergelyk moet word nie. In baie gevalle het ons met ‘n chemiese wanbalans te doen, maar net soms is die faktore patologies. Terapeutiese behandeling is kritiek om die wortel of oorsprong as’t ware bloot te lê. In hierdie “nie-chemiese” versteuring is medikasie, oftewel die verkeerde medikasie, amper ‘n doodskoot. Liefs die diagnoses los vir proffesionele psigiators.

    Vader weet, die newe-effekte van Lithium en Prosac en Buspar en wat nog is reeds genoeg om mens twee keer te laat besin. Om enige vorm van psigiatriese medikasie sonder gemeepaardgaande berading te neem, is kortsigtig. Die inkubasieperiode, normaalweg die eerste twee weke, is kritiek.

    Sonder om ernstige geestesversteurings met kopseer te vergelyk, waag ek om te sê ek stem saam met Rosalind se aanmerking oor kopseerpille. Met die regte diagnose kan die regte pille kombinasie (medikasie) ‘n kwaliteitslewe bied.

  25. Ek is seker maar net gelukkig dat ek oor die algemeen baie gesond is. Dankie tog daarvoor. Mmmmm – wonder partykeer oor my koppie wat raas, maar darem nei te erg nie.😉

  26. Johan: Tot op hede het alle studie gewys dat vitamien c heeltamal oneffetief is teen griep en verkoue. nada, ook nie om te voorkom nie. dit blyk die placebo is hier baie sterk
    (die ding met vitamien c en al die vitamiene het begin na die erge wanvoeding uitspruitend uit die tweede wereldoorlog en het ‘n monsteragtige lewe van sy eie begin kry).

    Emil: Lithium so verouderd vir bipolar en kan amper nie meer glo dit word voorgeskryf nie want die gemoedstabiliseerders op die mark tans is fantasities. Ek glo ook nie dat ‘n PG net pille voorskryf nie, maar dat die area van spesialiste is. Psigiaters maak die diagnoses en medikasie saam met terapie is die oplossing.
    Ek is ‘n voorstander van medikasie, omdat ek nie glo in kruie, homeopatie en geloofsgesing en allerhande ander dinge vir ernstige chroniese siekte wat later op tragedie uitloop nie – dis is die punt wat ek probeer maak.

    Sigeuner: vitamiene wat jou laat slaap🙂

    DMI:🙂

  27. Rosa: Die afgelope paar weke kyk ek op een van die vele SKY kanale na ‘n persoon wat vreeslik uitvaar oor al die pille en preserveermiddels. Gisteraan was dit oor Ritelin en hoe vrylik word dit deesdae uitgedeel. Hy het geval bewys dat meeste van die “hyper” kinders “genees” kan word deur hulle dieët te verander. Nogal aan jou gedink. Hy is bietjie “over the top” soms, maar hy eindig altyd deur vir mense te sê dat hulle moet self gaan oplees en ondersoek instel en alles glo wat die media en groot maatskappye kwyt raak nie. My hare het regop gestaan toe hy verduidelik oor die negatiewe gevolge van floried. Laat mens soms wonder hoe ons dinge in ons kele afdruk sonder om dit te bevraag teken.

  28. Rustig: Floried is in tandepasta ons het dit nodig vir gesonde tande en tandvleis. Baie mense in arm lande het geen toegang tot tandepasta nie en dan word dit in die water gesit, anders kry hulle dit glad nie in nie. Tandartse se ons kan selfs effe meer floried in die water kry omdat ons water so arm is, ek is geneig om daarmee saam te stem. Maar om dit in pilvorm as aanvuller te neem, nooit, dit is ‘n mikronutrient mens moet dit in klein doserings inkry. Ons tande kry vreeslik skade met verad die sg “gesondheids en energiedrankies”.

    Oor Ritalin: Dit behoort net deur ‘n pediater of neuroloog aan kinders voorgeskryf te word, nadat ‘n volledige assesering doen is saam met die ouers en klasonderwyser. Ja, dieet kan help in sommige gevalle. “n kind met ADHG kan homself eerder “siek” eet as gesond. soos met suiker en MSG. Die probleem is, dit is hoofsaaklik geneties.

  29. Rosa: Ek gebruik op die oomblik floried vrye tandepasta. Organic ook daarby. Ek voel net ek het genoeg floried behandeling gekry tydens my eerste 20 jaar van my lewe. Gelukkig in area groot geword waar die water nie die tande bederf het nie. As ek aan floried dink herinner dit my aan daai aaklige jellie wat die tandarts in my bek gedruk het en dan kwyl jy vir die volgende 15 minute asof jy tande sny. Gelukkig is my tande nog 100% ek hoef nie vir hulle te loer in ‘n glas langs my bed nie.

  30. Rustig, mense met meer geld wat gereeld by tandartse kom is gelukkig, die floried is goed vir jou, maar daar is ongelukkig die meerderheid mense wat nooit ‘n tandarts sien nie😦 hulle moet iewers floried kry en die water is die beste opsie.
    Of jou tande loer dalk vir jou🙂

  1. 1 Bravo Rosalind Franklin! « Madcowmania’s Blog

    […] 25, 2009 Ek wens ons kon hierdie in die koerant en op die TV-nuus […]

  2. 2 Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld

    […] ons te ernstig raak is daar ‘n geskenkie vir die mans en die dames. Daar is ook ‘n paar wenke wat handig te pas sal kom (en dalk jou oë sal laat rek in ongeloof), veral as jy sien wat ouma kan […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: