Hail Mary!

Kinders wat in Ierse Katolieke instansies gebly het, derduisende van hulle, het blykbaar die allergruwelikste mishandeling ervaar. Emosioneel, fisies en seksueel.

Die dinge het die afgelope 60 jaar met derduisende kinders in die sorg van die Ierse katolieke kerk gebeur. Hoe lank? 60 jaar! In die verslag word gese die seksuele misbruik van seuns was so erg dit is endemies van aard.

Hail Mary, mother of god. Kyk net wat vang die mense aan! Sleep-sleep hulle rokke en kruise al weer deur jou naam, in jou naam, deur die modder.

‘n Kommissie van ondersoek het tien jaar lank die bewerings ondersoek en dit waar gevind. Meer as ‘n 1000 mense, dit is vreeslik baie mense om na vore te kom en oor sulke persoonlike dinge te praat, het getuig.

“The findings will not be used for criminal prosecutions – in part because the Christian Brothers successfully sued the commission in 2004 to keep the identities of all of its members, dead or alive, unnamed in the report.” – BBC

The Congregation of Christina Brothers wat nou verhoed het dat hulle maatjies se name uitlek, se werk word ironies as volg beskryf: “…chiefly work for the evangelisation and education of youth, but are involved in many ministries, especially with the poor.” Hel, ek sal nie een van hierdie fokkers na by ‘n kind toelaat nie.

Doen iets aan julle pedofiele, ooms in die  Vatikaan. Ek hoop al die mense dagvaar julle uit al julle geld uit. Alles.

Cardinal  Sean Brady, said he was “profoundly sorry and deeply ashamed that children suffered in such awful ways in these institutions”.

EN?

“It documents a shameful catalogue of cruelty: neglect, physical, sexual and emotional abuse, perpetrated against children,” he said

Maar vervolg die mense kardinaal. Of wag jy dat hulle hel toe gaan.

Nou die verwagte teenantwoord: “Sulke goed gebeur orals, onder alle groepe.” Dis nie die punt nie, dit punt is ‘n verslag van 5 volumes is uitgebring, die ondersoek is 10 jaar se werk. Duisende is mishandel en duisende het getuig. Dit is die punt.

En nee, ek het nie iets teen die katolieke as sulks nie, ek het probleme met mishandeling, skending van regte, die onder-die-mat-ingooi-en-hoop-dit-gaan-weg-houdings, kulture wat nie aanpas nie, mense wat nie verantwoordelikheid vat vir dade en beleid nie, en veral as jy goed preach en dit nie practice nie.

 

kato

Advertisements

  1. Dit gaan my verstand te bowe hoe seker groepe/individue met moord wegkom sonder dat daar iets aan hulle gedoen word. Wat is dan die use van al daardie mense wat na vore gekom het?

  2. boendoe

    Dat die identiteite van die mense geheim gehou word, gaan my verstand te bowe.

    SIGEUNER: Stuur my tog ‘n mail, girl! (Rosa, hierdie posbestellingdiens van jou…ek moan nie, maar jy moet ‘n ekstra blad daarvoor oopmaak.) :mrgreen:

  3. Andrew

    Hi Rosa, ek loer net in om hallo te se. Daar is twee inskrywings hier onder wat water mond lekker lyk veral Genetiese Kitsgits. Moet tog nooit jou lesers onderskat nie. Ons kan wetenskaplike terme baas raak waneer dit opgesom word soos net jy kan.

    Hierdie inskrywing van jou lig uit iets skokkend. Ek erken dat geloof soms ‘n mens se lewe positief kan beinvloed maar dan lees ek dit: http://www.news24.com/News24/World/News/0,,2-10-1462_2520024,00.html

    Mense moet vestaan hoekom ek soms ‘n vark is.

  4. Sigeuner

    Rosa, die hele spektrum van die Amen broers maak my siek! Mens doen dit nie aan kinders nie, daarom ag ek hulle laer as diere. Ondiere, die hele spul van hulle.

  5. New York wil wetgewing verander wat tans behels dat jy net 5 jaar het nadat jy 18 geword het om ‘n saak van seksuele misbruik aanhandig te maak. Raai wie weg hierteen? Die Katolieke Kerk natuurlik wat graag vir almal vertel hoe hulle hul lewens moet leef.

    Die Katolieke kerk is tot in sy diepste wese vrot.

  6. AI Rosa!! Dit is ‘n ding wat nou weer sy kop uitsteek hier. Dit is regtig hartverskerend die dinge. Om te luister na die mense se stories oor wat met hulle gedoen is as kinders en die straf wat uitgedeel het. Wat my die kwaadste maak is die houding wat die nasie het en die beeld wat hulle voorgee aan die wêreld van hoe oulik hulle is. Ek is jammer maar die hele volk dra blaam in hierdie een. Die KK is vergoed deur die staat om na die kinders te kyk. Soms het die KK ook druk op regering gesit om kinders by ouers weg te neem en redes is sommer uit duim gesuig. Soos een persoon gesê het: ” Vanaand molesteer die priester my, more preek hy in die kerk oor die liefde van God. Die KK het baie om voor aanwoording te doen.

  7. kaalvoete: ja ek stem, dit is of alles nou verniet was.

    boendoe; jammer man ek sukkel nog met die paypal-ding, veral die ene waar die geld direk in my beursie val 🙂

    andrew: lekker om jou weer te sien, het jou gemis! allermis sal ek lesers onderskat, verduidelik tog wat jy bedoel.

    sigeuner; diere doen juis nie sulke goed nie.

    george: wel daai wetgewing is weird, want weer eens word die druk op die slagoffer geplaas. ja vrot!

    onrustig: ja ek dink ook baie mense het geweet en hulle is ook skuldig. as jy stilbly is jy net so skuldig.

  8. dis vir my interessant om te kyk hoe mense van ander denominasies vingerwys na katolieke tydens sulke gesprekke.

    “ja, ons glo nie in evolusie nie, maar ten minste is ons nie SOOO erg nie – sien? ons is ook orraait! laaik ons! ONS KAN DIE KATOLIEKE SAAM HAAT!”

    ugh.

  9. johan: LOL, ons is bad, maar ons is nie so bad nie? ketter wat ek is aanvaar ek natuurlik wel volskaals die feite van evolusie, dit is natuurlik by my nie ‘n “glo” of geloofsaak nie.

    die katolieke, glo regtig aan nie evolusie nie, hulle aanvaar net mikro-evolusie, en net met betrekking op plante en ander diere – maar glad nie mbt tot die mens nie. hulle verwerp makro-evolusie en enige evolusie mbt tot die ons 🙂

    maar wie, byvoorbeeld se sulke goed, soos jy hier aanhaal?

  10. LOL, ons is bad, maar ons is nie so bad nie?

    ditsem 😉

    dis ‘n sentiment wat ek al baie opgetel het by charismatiese kerkgangers wanneer beide onderwerp in die gesprek opduik. ek onthou ‘n klasmaat in my tweedejaar wat volgehou het die pous is ‘n sekteleier. sy was in shofar.

  11. Johan, oe moenie dat ek begin praat oor Shofar nie

    juk

  12. Andrew

    Hi Rosa, ek het myself weer sleg uitgedruk. Ek se nie dat jy jou lesers onderskat nie, presies die teenoorgestelde, en dankie daarvoor. Waneer ‘n bietjie meer detail gegee word oor ‘n wetenskaplike onderwerp vind ek dat selfs mense wat nie ‘n wetenskaplike agtergrond het nie dit maklik snap. Daar is soveel verwarring oor evolusie en ek dink dit het gedeeltelik te doen met die feit dat ons wat nie kenners is nie, nie genoeg nitty gritty inligting kry nie.

  13. Mefri

    Andrew; Hallo, ek het jou ook gemis, regtig 🙂

    Rooskindjie; ek kan vuur spoeg by die aanhoor van hierdie dinge, hoe de hel gaan mens dit uitgroei kry as hulle beskerm word!

  14. Andrew, so bly jy is terug en ek hoop jy bly die keer. Ek dink een van die grootste probleme van evolusie is dat mense baie van die mites/non-science/waninligting oor dit glo as die regte feite. Hoekom weet ek nie.

    die bekendste een: as ons van ape kom, hoekom is daar nog ape (sic). soos jy weet is die stelling SO verkeerd.

    dit is so met alternatiewe geneeskunde ook. daar is meer pseudo-wetenskap daar buite as wetenskap.

  15. Hei mefri bly om jou ook weer te sien!

  16. Andrew

    Hi Mefri, ek weet jy bedoel dit, baie dankie en dis lekker om vir jou ook weer te hoor. Rosa vir jou ook omdat jy my so vriendelik verwelkom. Soos jy weet geniet ek jou blog baie. 🙂

  17. Mefri

    (((Andrew:))) 🙂

  18. Hierdie stories maak my siek! En dit gebeur nog daagliks, selfs hier waar ek nou skryf is daar die een of ander malle wat agter sy geloof nonsens aanvang!

    My moeder is nogsteeds katoliek, 😉 dus ek val nie die katolieke kerk as sulks aan nie (dit gebeur ook in ander kerke), ek veroordeel hierdie dade wat aangevang word met kerk klere aan jou bas!! 👿
    Dis “af” want soos jy sê Rosie: “practice what you preach”

    Hierdie dinge gebeur in weeshuise, koshuise, skole ens Mense wat veronderstel is om ‘n voorbeeld vir kinders te wees, jaag so aan en die kinders sit met die emosionele probleme, selfs jare daarna. Siek!!

    Hierdie mense moet bekend gemaak word en swaar strawwe opgelê word. Dis sommer nonsens dat hulle beskerm word, sulke mense verdien nie spesiale behandeling nie. Bring hulle vir ons!! :mrgreen:

    Welkom terug Andrew!! 🙂

  19. Ek stem heeltemaal saam met jou laaste paragraaf.

    Die RK kerk was darem deur die eeue verantwoordelik vir baie goeie dinge wat gebeur het ook. Jammer dat die sleg altyd die goed oorskadu – veral in mense se persepsies.

  20. Sigeuner

    He, he, he….ek se mos juis, hulle is LAER as diere. Hulle is ON-diere, monsters, siek, man siek! Die jirre-weet, as iemand `n kind se kind-wees steel en doodmaak…mag hulle almal wat dit doen, vrot en vrot en vrot en nooit ophou vrot nie. Tot in alle ewigheid. Dankie.

    Vandag is ekke te bliksims kwaad om amen te se. So gatvol vir die sonaanbitters.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: