Bollywoodse krieket

Die Baas kyk nou al vir 127 dae lank die Bollywoodse krieket. Die kinders, wat so lief is vir Animal Planet en National Geographic, het al vergeet daar bestaan sulke kanale.

Elke dag kom ek by die huis ingetrippel in die hoop dat die krieket uitgereent het, maar nee, die mense kry nie huis nie. Naweke spring ons tussen die King Tiger Royals se game en die Bulls. Ek ken net vir WP en lyk my daar is nie meer so iets nie.

As die Baas in die bad is gryp ek die remote en kyk vinnig Sky News en BBC Knowledge. “Sit terug oppie krieket, ek kan die score nog hoor, daar is 10 overs.”

Jinne – over en out ‘n bietjie. Wie noem hulle span die Deccan Knight Chargers? Of so iets?

Kies vir jou ‘n span dan kyk ons hoe vaar hulle?

Okay, ek kies ons span. Die Springbokke.

Daar is nie so span nie. Hulle is gemeng.

Ek weet hulle is gemeng. Dan vat ek die Shaka Zulu Kings. Ons mense.

Nee anders gemeng. Alle lande se mense in een span.

Oh, so! Mumbai Fancy Pants, klink soos iets wat in ‘n comic boek moet wees.

Die Baas: Ek hou net daarvan omdat dit 20/20 is, dit gaan gou.

Ehm, wel hulle kan dit 2/2 maak, dis so sielsdodend-knyp-my.

Daar gaan die remote weer vir die soveelste Saterdag tussen die Bollywood en die ruby. Meisies wat dans, tromme wat slaan, simbale en bekfluitjies.

Goue skutte teen die bene.

Gooi die bal (boul, mens gooi dit glo nie), koes of slaan, hol. Slaan baie ver en jy hoef nie te hol nie. Oor en oor dieselfde. Dit is soooo boring ek wil omval – selfs in die bed. Mens val gelukkig nie ver nie.


  1. Hiehie…Rosa! Jy’s snaaks! 😆
    Ek LUUUUUUUUUV krieket, maar hierdie Bollywood krieket doen dit ook nie vir my nie. 😉

  2. Yeah! Nog iemand wat my gevel oor krieket deel! Dis amper so erg as om gholf te kyk!

    Nee, hel mens kan nie so baie krieket kyk nie, maar ek ken daai stryd vir die remote en bietjie regte TV tyd😉

  3. BB

    Waaaaaahahaha!!! Die Baas hier by my kyk ook…😕 Ooooeee!!! Nog 57 lopies vir 24 balle!!!😯 en dan sit hy vasgenael en hipnotiseer met stokstywe oë daai hele span in ‘n wen in!! Ek seg: “al wat ek weet, my Lovey: die koelies gaan wen” – en dan dink Liefie nie ek’s snaaks nie…:mrgreen:

  4. Dit gaan presies so in my huisie. Ek kan sweer ou Teddie is in droomland maar die oomblik as ek daai kanaal verander is hy so wakker asof hy ‘n hele nagrus agter die blad gehad het.
    “Sit terug ek luister” Huh? kyk mans deesdae sport in hulle slaap?
    Hulle doen ek kan julle verseker.

    BB whahahaha nee ek dink nie Liefie gaan dink dis snaaks nie. :mrgreen:

  5. Krieket??? Watse krieket?? What a waste. Ek meen watter banggat staan daar homself oor en oor verdedig terwyl een of ander Ut hom herhaaldelik met so rooi of wit klip gooi?
    Be a man en stap langs die pitch af en dan donner jy daai ou wat jou so met klippe gooi met daai halwe wilgerboom in jou hande. Om dit te sien sal ek geld betaal.
    Ek het eenkeer iets gekyk van die culcatta knight riders of iets maar ek het nie een keer vir knight rider of kitt gesien nie. Praat van false advertising.

  6. Mefri

    Dis nou hier waar ekke so dankbaar is vir sport, want as die baas sport kyk kan ek in vrede blogs lees en op Woes kuier.

    LOL soms raak hy sommer net daar onder die eentonige stem van die krieketkommentator aan die slaap en dan is dit Krismis vir my

  7. Ek hou ook van krieket, maar hierdie reeks doen dit nie vir my nie. Ek boer eerder…:mrgreen:

  8. HUH????? 😯 Watse krieket…. ons is gelukkig alby sports-idiote…. :mrgreen:

  9. Klink net so vervelig soos my pa wat CNN vir 24 uur lank kyk, net ingeval daar iets gaan gebeur. Krieket kyk is soos om ertjies te tel in ‘n IJ fabriek. Sielsdoodend. Daar moet ‘n “health and safety warning” wees as krieket op tv is. “The next program may cause insanity that may lead to murder or suicide.”

  10. Zee

    Ek HAAAAAAAAAAAAAT die krieket👿

  11. Rustig: LOL! presies, hulle behoort dit tussen 2am en 5am te wys omdat dit so gevaarlik is = jou brein kan gaan staan.
    ek kap eerder klippe as om krieket te kyk.

    Sien ek is nie die enigste een wat nie krieket verstaan nie. overs!!!

  12. Sigeuner

    Ek KOU liewer klippe!Of grou in my neus of boer of bid vir reen.
    Die griekkit hou my ennie kinnirs van die annir kanale weg!

    Rosa? Weet jy iets meer van die Vigs entstof wat dr. de Bruyn gemaak het of mee besig is?

  13. Voeg gholf en rugby by dan weet jy presies hoe dit hier gaan…:) Gelukkig pla dit my nie. Nie meer nie. 22 Jaar is ‘n lang tyd vir aanvaarding.

    Maar tussen my en jou, Rosa’tjie: Die gholf is nie te bad nie. Ek geniet die hoogtepunte vreeslik baie.

  14. Ek weet nie van die Bollywood krieket nie, maar rugby is glad nie sielsdodend nie. Sorg net dat jy vir Jack en Johnny uitnooi om saam te kyk. Of kyk dit by die Paulaner op die Waterfront saam met hulle Weisbier en rugby raak fun, fun, fun.😆

  15. 😆 Ek is ook verslaaf. En dan is daar nog die rugby ook en die 20/20 World Cup om die draai en Blitsbokkies Rugby die naweek en volgende naweek, en Super 14 hierdie naweek en volgende naweek, en dan die Lions toer en dan nog die Drienasies beker en dan die Curriebeker en ander Springbok toere en dan…. is dit Februarie 2010 en die begin van Super 14. Sport kyk is harde werk!

  16. Sigeuner: Die kliniese toetse vir die miv-entstof is sover ek weet almal internasionale navorsingskonsortiums wat daarby betrokke is, dit is nie individue (en sal nooit wees nie) nie. SA se eerste een het gevou omdat daar in fase II gesien is dit is oneffektief (dit is ook protokol om in fase II dan te stop, daar is reg opgetree). Daar is nou begin met nuwe kliniese navorsing, maar daar is besluit nie ‘n entstof nie, nie naastenby nie.
    Ek weet nie van watter dr jy praat nie.

    wag’nbietjie: hallo lekker om vir jou te sien. aanvaardig !! nooit, ek sal vegtend my asem uitblaas🙂

    george; praat sag netnou vind iemand uit van daai krieket, sit die TV op 202 en sien….grrrrr

    DMI: nee-ja baie dankie vir die slegte nuus, neeeeeee! ‘n wereldbeker 20/20 en al daai ander goed. ek wonder waarheen kan ek weer gaan travel….

  17. Sigeuner

    Rosa, Boerseun het dit oppi FM gehoor en dr. de Bruyn het glo gepraat. Jy`s reg, geen ENKELE persoon kan alleen so taak behartig nie. Hy staan seker maar net aan die hoof van die span.

    Ek verslind al jarre en jarre inligting oor Hiv en Vigs. Nog laaank voor die meerderheid mense nog geweet het wat beteken T-sel of Truvada. Ek weet nog nie waarom nie, want ek ken mense wat met vigswesies werk of hulle selfs aangeneem het, maar het (sover) niks self daarmee te doen nie.

    Ek dink net hoe wonderlik dit sal wees as die mensdom `n entstof of kuur daarvoor sal kry. Hoeveel miljoene mense sal nie juig nie?

    Ps. Vra ek vir Boerseun WAT is dit wat hom voor die krieket vasgegom laat kleef aan die rusbank? Antwoord hy dis beter as rugby, want dis minder aggresief en hy hoef nie te sit en dink terwyl hy dit kyk nie. En toe glo ek laasgenoemde!

  18. Sigeuner, van vigs en daai dinge weet ek minder as niks af nie, moet erken.

  19. Sigeuner

    Wat `n jammerte, Rosa. Ek skud my kop….”nee, nee, nee, nee, ek glo dit nie. Ongelukkig is ek verplig om te glo (but I`m not a believer!). Die mensdom is gewoonlik maar so traak-my-nie-nou-nie, terwyl hulle dink dit raak hulle nie.

    Ongelukkig raak dit almal. Of julle dit wil weet of nie. Ek vra so mooi vandag. Doen die moeite (dis mos altyd moeite) en vra iemand wat weet, ten minste een feit oor die verloop van HIV of Vigs en `n mediese term of 2, sodat as jy eendag dalk teen `n outjie vasloop in jou lewe en hy is siek van onse siekte van die 3de kanker in het 21ste eeu, dat jou bekkie nie vis-vis gaap nie. Selfs miskien ne…? miskien kan jy dalk empatie ook voel.

    Vra ek te veel?

    Op hierdie stadium het ek `n oordosis empatie. Wat ek glo `n goeie ding is op sy tyd.

    Leef pragtig

  20. Ai sigeuner, jammer as ek dalk kras oorgekom het, dit is afkomstig van ‘n oordosis te doene kry met dit. Okay, laat ek eerlik wees, ek was nie lus om oor MIV/vigs te praat nie, nie alweer nie nie…

    jammer

    my empatie en simpatie is dieper as wat jy dalk mag weet

  21. Sigeuner

    Rosa, ek het allermins gedink jy`s kras. I love you stikkint! Al wat ek wens is dat die mense daaroor moet praat!!! en nie wens as ons almal saam daaroor stilbly, dat dit sommer so lekker in die niet sal verdwyn nie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: