‘n Bietjie oor genetika en die dinge, dit is nie moeilik nie. Hier is ‘n vinnige gids.

DNS word geberg as ’n kode wat uit vier chemiese basisse bestaan:

adenien (A), guanien (G), sitosien (C) en tiamien (T).

Die mens se DNS bestaan uit 3 miljard basispare en in die meeste mense is 99% van dié pare dieselfde. Ons is meer dieselfde as verskillend.

Die reeks, of orde, waarin die pare gerangskik is, bepaal die inligting om’n organisme te bou en in stand te hou. Net soos wat letters in die alfabet woorde en sinne vorm. Ons het net sowat 20 000 aangeskakelde (aktiewe gene)

Die basispare: A en T; G en C

Elke basispaar het ook ’n nukleotied: ’n suikermolekule en fosfaat

Die nukleotied: Vorm tweelang stringe genaamd ’n dubbele heliks.

Wat doen dit? DNS maak kopieë van die reeks. Dit is kritiek wanneer selle verdeel dat elke nuwe sel ’n presiese kopie van die DNS in die ou sel is.

Wat is ‘n mutasie? Anders as wat ’n mens in flieks sien, is ’n mutasie nie iets wat ’n “monster” sou skep nie.

Dit is veranderings in DNS wat natuurlik gebeur en is die basis van evolusie. Almal het mutasies in hul genome.

In die reeks segment hier kan ’n mutasie gesien word. G in die vyfde posisie in die eerste reeks het gemuteerna A in die tweede reeks.

CATT G GAATTACTCT

 CATT A GAATACTCT

Hoekom? Dit is byna soos ’n spelfout in die kopiëring van DNS tydens selverdeling en replikasie. DNS-polimerase (’n ensiem) maak ’n kopie van die oorspronklike DNS deurdie DNS-string as ’n sjabloon te gebruik. Soms gebeur dit verkeerd. Een nukleotied kan met ’n ander vervang word. Dit kan ook weggelaat of bygevoeg word.

Nut: Mutasies word gebruik om genetiese herkoms na te spoor. Mense wat dieselfde voorsate deel, deel dieselfde mutasies. Dit verdeel mense in haplogroepe.

Haplogroep? ’n Mens se totale genetiese samestelling is jou genoom, wat jou DNS insluit. ’n Mens kry die helfte van jou genoom van jou ma en die ander helfte van jou pa. (Een ‘n kwart van elke ouma en oupa, ‘n agste van die agter-oupas, en so kan jy aangaan tot derduisende jare gelede – ons is nie net die genetiese samestelling van ‘n ma en pa nie!)

Die genoom word geskommel – as ‘n sperm en eier byeenkom.
Daar is twee genetiese komponente (mitochondriese DNS en die Y-chromosoom) wat redelik stabiel bly in hierdie proses en net nou en dan kom mutasies daarop voor (soos ’n spelfout in die genetiese kode), wat merkers genoem word. Dít word merkers van herkoms genoem.

Wanneer ’n groep mense dieselfde genetiese merker deel, word hulle in ’n haplogroep ingedeel. Dit dui op mutasies wat plaasgevind het in ’n spesifieke tyd en plek in die geskiedenis en dui ook op oeroue patrone van migrasie. Dus, waar en hoe mense die planeet bevolk het.

Almal van ons is in ‘n haplogroep, jy weet net nog nie in watter een nie, oor die nie getoets is nie. Of is dit? Myne is al gedoen.

Vandag? Vroue se mDNS word getoets vir die bepaalde merkers van herkoms, terwyl mans se Y-chromosoom vir hierdie merkers getoets word. Hieruit word ’n mens in ’n bepaalde haplogroep (’n DNS-vingerafdruk) geplaas, en dít is die oergroep waaruit hy of sy kom.
Dit kan tans tot 100 000 jaar teruggevoer word.
Miljoene mense wat vandag leef, sal dus dieselfde haplogroep deel.

geno1

Die ontleding van Rosalind Franklin se sowat eerste 16 000- 17 000 genetiese basispare om die mitochondriese mutasie(s)  en uiteindelik die haplogroep te kry.

Noudat julle doodverveel is, ek vrek hieroor, laat weet oor enige vrae.


  1. Oom Saag

    Dankie DNS maak nou bietjie meer sin vir my.

    Het ‘n praatjie oor die radio gehoor dat dit blykbaar nie verklaar kon word hoe die vier chemiese basisse spontaan kan ontstaan nie. Maar daar is glo nou ‘n professor ek dink in Cambridge wat nou kan verduidelik hoe dit moontlik is vir twee van die basisse. Het jy dalk meer inligting hieroor?

  2. Mefri

    Rooskindjie, ek sit nou penregop en my oë skitter van pure opwinding. Ek lief hierdie onderwerp! My kennis is beperk, maar my honger is groot, want ek vind dit geweldig interessant.

    Dankie, jy verduidelik dit so mooi dat dit selfs vir ’n leek soos ek, kan sin maak.

  3. Lewies

    Ek het bietjie op die wiki gekyk (haplogroup) die verspreidings patrone is geweldig interessant, dit is dus verder ‘n bewys dat ons van Afrika kom.

    Verstaan ek korrek, die mutasies wat voortleef soos ons dit nou waarneem, slegs die enkele “oorlewende” van baie talle mutasies wat plaasgevind het maar uitgesterf het ( evolusie met ander woorde?) Soos eskimos se skrefie oe wat moontlik beter in die ys omgewing aangepas is?

    Hoe algemeen is mutasies? Bevat elke mens mutasies wat nie in sy ouers teenwoordig is nie?

  4. Oom Saag, welkom, nee ek dink iemand het gejok oppie draadloos (of dalk ‘n webtuiste). Dit is nie waar dat die vier chemiese basisse van DNS nie verklaar kan word nie. Dit kom voor in die selkerne van alle eukariote en natuurlik in mitochondria.

    Mefri: bly jy geniet dit.

    Lewies:Dit is absoluut ‘n bewys dat elke liewe een van ons van afrika af kom, oorspronklik – jy is reg.

    Die haplogroepe as mens dit eerder so stel, is die oorlewende oerstamme se nasate wat nog hier is. Dit is beteken nie daar was nie ander nie, dit wat hier is, is net die wat suksesvol was en toe nooit uitgesterf het nie. Dit beteken ook, en die is fenominaal, dat dit in honderde generasies van ma na kind na ma na kind oorleef het.
    Indien jy in haplogroep K is, beteken dit daar was nooit in jou oer-genetiese stamboek ‘n doodloopstraat nie. Hierdie het niks met families te doen nie, dis wyer, maar met groepe.

    Jy kan van haplogroep L- ‘n baie ou, eerste “swart” groep se mutasies he, en vandag wit wees. Hierdie is merkers van oerherkoms en nie van velkleur nie, velkeur word deur gene bepaal.

    Ja, ons verskil geneties van ons ouers, maar klein.

    Mutasies wat haplogroepe aandui is min, daar is nie so baie nie, daarom het iemand soos ek, maar 6 mutasies wat oor 50 000 jaar gekom het. Maar dit is net die mutasies wat met herkoms te doen het.

    Wanneer ons by siekte kom wat heeltemal iets anders is, kan een mens in een/twee generasie klomp mutasies/weglatings kry wat hom die risiko vir ‘n siekte gee, of hom selfs teen een beskerm. Mutasies is baie spesifiek.

    Onder Afrikaners is daar baie genetiese siektes wat ons spesifiek het, weens inteling, weens isolasie en die “founder effect”.
    Siektes soos porferie, skisfrenie en RP. Ander groep het weer ander probleme.

    Anyway

  5. BB

    Wow Rosie!! Ek lees baie moeilik aan die tipe info, maar jy het dit mooi basic uiteengesit… (ek sal dit weer moet lees, dalk maar moet Google en het bietjie meer prentjies nodig vir my om dit easier verteerbaar te maak…) Maar: kan ek my DNA laat toets om te kyk waar ek ‘n moontlike ‘weak spot’ in my structure het?? En kan mens dus ook ‘n voornemende ouerpaar toets om te bepaal of hulle ‘veilig’ kan voortplant aldan nie??
    Ons is meer dieselfde as verskillend… hmmmmm

  6. Yes, yes yes!!! Moenie ophou nie. Ou Rosie ek dink nie jy besef wat jy skryf as jy sê ek mag vrae vra nie!! :mrgreen:
    Jou mailbox gaan crash!! :mrgreen:

  7. Genetika was nog altyd vrek interessant gewees en dis amazing hoe dinge al oor die jare heen verander het itv tegnologie en wat mens alles kan uitvind met ietsie so klein (maar tog so groot) soos DNA.

  8. BB: ‘n Mense se totale genetiese samestelling is jou genoom, die is daardie 3 miljard basispare. Ja die eerste genoom is in 2003 ontrafel en tegnies kan dit gedoen word. Nee, tans kan elke persoon nie sy hele genoom laat ontrafel om na die ‘weak spots’ te kyk nie, want dit is te duur, selfs vir die rykstes. Die prys was eers miljoene, nou staan dit op $100 000. MAAR daar word gewerk aan “the thousand dollar genome”. Sodat almal dit sal kan doen, dit sal, ek reken binne 10 jaar daar wees. (daar is baie implikasie hierby betrokke, mbt tot versekering, mediese voordele, sielkundige trauma ect)

    Maar wil jy? Vir basiese gesonde mense, sou ek se nee. Vir mense met ‘n familie-geskiedenis van gevaarlike siektes ja. Sodat hulle voorkomend kan optree. Dit sal in die toekoms gepaard moet gaan met terapie.

    Daar is tans genetiese toetse vir onder meer ‘n baie aggressiewe borskanker, wat NET weens gene is. Maar jy behoort te weet as dit in jou familie is. Sowat 15% van borskankers is hierdie tipe. Jy kan toets daarvoor. Sodat jy elke jaar vir ‘n mammogram kan gaan, nie HR-gebruik nie ect.
    Daar is ook vir tipes kolon-kanker, sodat jy kan weet as jou familie dit het, jy elke jaar vir ‘n kolonoskopie kan gaan, indien jy die geen het.
    En dan ook vir oogsiektes ect en vele ander.

    Onthou net: in bitter min siektes is net een geen betrokke. Daar is gewoonlik talle.

    Mens kan nie ‘n voornemende egpaar eintlik toets nie. Hulle sal weet as hulle rare genetiekse siektes het/draers daarvan is. Hierdie gewoonlik chromosoom-abnormaliteite. Mens kan die baba toets dmv die vrugwater in die baarmoeder.

    Onthou ook dat die merkers waarvan ek hierbo skryf, net met herkoms te doen het nie jou niks van enige siekte sal vertel nie.

    Wippie: jy mag maar vrae vrae

    Kaalvoete: dit is voorwaar amazing.

  9. Dis nou cool! My handboekverwysing wanneer ek weer oor hierdie dinge wil gorrel. Amazing, inderdaad!

  10. Emil, dankie maar jy gorrel allermins!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: