Generasie O

Generasie O is amper soos onkruid, hoe vinniger jy hulle uittrek (of hoe vinniger hulle hulself uittrek) so verskyn hulle weer op die toneel.

Anders as ander generasies, is hulle nie beperk tot ‘n bepaalde dekade nie, maar hul kom sporadies en luraak onder alle groepe regoor die wereld voor.

Hulle kan opgespoor word aan die volgende ongeneeslike en onveranderbare gedrag:

– Staan en praat in ingange en deure – terwyl al die ander mense ophoop of soos muise tussen hul deur moet skuur. “Ekskuus!’ help nie.

– Mnr O kyk agtertoe, maar loop vorentoe – binne-in jou vas en kyk jou dan aan asof jy uit die lug geval het. Soos in, “Wat doen jy?”

– Loop so stadig voor jou in ‘n winkelsentrum, jou hare groei. Jy moet tango om verby hom te hom, want hy neem drie mense se spasie in. As hy ‘n trollie het, neem hy ses mense se plek op en jy kan maar solank by die Wimpy gaan eet, want jy gaan nie verby hom kom nie.

– Los om een of ander bisarre rede ” onafspoelbare turds” in openbare toilette. Jy skrik so jy wil eintlik 10111 bel en vra: “Kom help net hier asseblief, hier is ‘n dier wat dalk lewe, of iets”.

– As jy in ‘n tou staan druk hulle of in, of hulle druk-druk jou so in die rug met die hand. Pols jou die hele tyd, so asof jy ‘n masjien is wat getune kan word. Of hulle staan so naby aan jou, dit voel: “Maar die ene gaan nou op my rug klim, my fok, hier voel ek al haar borse plat teen my blaaie.!” Wat issit die?

Vra jy dan, wat gaan aan, kyk hulle jou met sulke dooie oe aan. Wat meen jy, ons staan net in die tou?

Nee, ek dink die mense van Generasie O is aliens.


  1. Lag ek nou!! 😆

    My dogtertjie (so vertel my seun my) vat nie nonsens van Generasie O siele nie. Toe hulle in die ry staan om te ‘board’, druk daar ‘n Chinees voor haar in. Sy is gelukkig heelwat langer as hy, druk hom uit die pad uit, gaan staan met die hand oppie heupie en kyk vir hom met skrefies ogies terwyl sy sis: “EXCUSE MMMHE!!!”

    Brute force, dis die antwoord! :mrgreen:

  2. Ek het gedog dis net ek wat beneuk raak as mense in ingange saamdrom en begin kuier.

    Dankie tog, nou weet ek ek is nie weird nie.

  3. Boedoe: ja mens moet hard wees met Generasie O, hulle is half-doof en half blind.

    George: NEE! dissie ons wat weird is nie, dis Generasie O.

  4. 😆 Jy is deesdae op jou stukke!!

    Ek maak mince meat van hierdie generasie O – “ET’s”)!!! Die selfsugtigste generasie onder die son. Hulle is selfgesentreerd en arrogant!! Rosie ek is jammer ek is nou een van daai wat die tipe mense op ‘n baie kil en koel manier reghelp!! Dit help ook nie jy probeer hulle gevoelens spaar nie, hulle is so arrogant hulle weet nie eers hulle neem al die plek vir hulself op nie, hulle leef in ‘n droom wêreld en dink hulle is Royalty.

    En hierdie wat vir jou ligte flits op die highway, as jy in elk geval al baie (baie) vinniger as die normale spoed ry val ook onder hierdie generasie!!! Daar is orals karre langs en om ons, waarheen wil die idioot hê moet ek pad gee?? In die gras vlaktes in!! Nee kyk ek was vandag goed opgecharge. Ek wil met ‘n wheel spanner langs my op die sitplek begin rondry!! :mrgreen:

    Ekke dink nie eers hulle sal kan deurgaan as Aliens nie, die Aliens sal hulle in die buitenste duisternis verban op ‘n flying saucer. “ET phone home, ’cause, I see crazy people”

  5. Lewies

    Hallo rosa

    Jy bly een van my gunsteling bloggers lees altyd lekker hier.

  6. Generasie O staan ook dwars in die stationery shop se gang, besig om te sms.

    En Skoor tree tot in hulle private space, se ‘ekskuus’ en Generasie O tik voort.

    Dis dan wat Skoor soos ‘n wafferse Schalk Burger die skouer inle en die liggaam verskuif.

    Ek sal maar nie vertel van die kyk wat ek dan kry nie!

  7. Krista

    Wippie, dis hoekom ek met ‘n piksteel in die bakkie rondry. Laat een van hulle net moeilikheid soek! Die maklikste om te doen as hy agter jou ry en jou “bright” – trap briek! Dan sien jy hoe ta se oge al hoe groter word terwyl hy probeer plek soek!

    Ek trap net agtertoe in die winkel – so ‘n tree – en ek is nie lig nie. Outomaties land jy dan op ‘n voet. As jy hulle eers waarsku – moenie so naby staan nie, man, gee bietjie spasie – dan is hulle te bang jy doen dit weer en staan vêr weg . . .🙄

  8. Roer

    Generasie O bring die Wolverine in my uit. Ek verpes ‘n indrukker. Veral op die pad. Wanneer jy dan vinniger vorentoe ry sodat indrukker nie kan indruk nie, is daai kyk van ‘jy’s darem ongeskik’ vir my altyd so snaaks. Die indrukker besef ‘skynbaar’ nie dat hy/sy eintlik die ongeskikte een is en nie. Ek kry hulle altyd daar op die N1 afdraai Muizenberg se kant toe. Good times.

  9. BB

    Ek willie deur Schalk ehm ek bedoel Skoortjie geskouer en verskuif word nie!!😯
    Ek wil okkie vir julle sê waffer vreesaanjaende gesig die Vriending en haar piksteel is nie!!🙄 Maar sy’s ‘n bargain om mee in ‘n winkelsentrum te gaan kuier. Sy vattie eeehhhmmm beesbollie nie – ek kan heeldag agter haar aantrippel sonner dat enigiemand my éénkeer raaktrap of in my vaswetter!:mrgreen:

  10. 😆 😈 As een van julle weer wil gaan inkopies doen, kom leen net my liefdevolle spruitjies… Hulle se mamma het vir hulle mooi geleer hoe om korte mette met Generasie O ooms en tannies te maak! Daarom dan ook dat hulle altyd gewapen met propgewere, ketties, roomys, taai toffies, en coke is… Hulle weet wanner om wie te vryf, skiet, betas of wanner om sommer net hulle ingeboude verdediging te gebruik! Hulle het goeie stemme!! 👿

  11. Roer: Daai Muizeberg-N1-afdraai, oe daai een, ek gaan soos ‘n mal vark daar te kere (beide kante). EK LAAT NIEMAND INDRUK NIE, ek boelie die indrukkers🙂

    Wippie: ja die wat so ligte vir my flits…grrrr….ek sal 200km ver ry, maar ek gee nie pad nie. ag soms ry ek sommer stadiger.

    Hi lewies, lekker om jou te sien.

    Skoor: kyk eintlik hou ek mos nie van ander mense nie, so ek wil nie aan hulle raak nie. ek gril vreeslik🙂

    Krista: piksteel, dit sal werk, want dan hoef ek nie aan hulle te vat nie. Een keer het so jong girl op Eastern Boulevard hier so op my stert gekry en toe trap ek briek, en sy het ampter haar kar omgegooi, ek het my gat afgeskrik, ek sal dit nie sommer weer doen nie.

    Pikkie: jy het ‘n lekker taakmag teen generasie O.

    BB: ek kan jou al klaar sien trippel agter krista aan🙂

  12. Enige dag wat die LiefieLyfieWyfieding die piksteel in die bakkie los as sy smiddae van die werk af kom is ‘n goeie dag vir Plasie. Sy diskrimineer nogal nie tussen Generasie X, Y, O of Hubby nie!

  13. Maak soos ek eendag…Staan ook so op my in die tou, toe vra ek of ek haar kan abba tot by die kasregister?
    As ek ‘n mandjie het, swaai ek dit woes heen en weer, sodat niemand teen my kan staan nie.

    Hier laaik hulle ook baie van indruk, veral as jy nie van hier is nie en veral die ouer mense! Fnok!!! Ek vererg my altyd so en skel hulle in Afrikaans en gee ‘n doodskyk/duifkyk en dan gaan staan hulle gewoonlik maar weer agter!

  14. 😆 Baie prettige skrywe vir iets wat my net so irriteer – veral as generasie O se asem so in my nek blaas in die banktou…

  15. Sigeuner

    O? Ja wat…sug, die O`s ne? Hulle maak my O so moeg. Hulle en skoonma`s.

  16. Ek het nou SOOO gelag vir jou Rosa, en al die kommentaar. Julle maak my aand!

    Generasie O is ook die wat heeltyd sms, met hul tone op OUTDOOR, in die fliek.

    Hier is nogal heelwat Generasie O’s in Tygervallei😆

  17. Zee

    Hoe bly is ek nou nie dat ek generasie X (ek dink) is nie….

    Dis wat vir my nou se lekker is van shopping met Zeethan en sy stootkarretjie………..

  18. maxie

    😆😆

    Swaar handsakke het baie voordele😉
    As hulle so teen jou druk terwyl jy in ‘n tou staan, draai jy effentjies en verskuif die handsak met ‘n hengse gebaar na jou ander skouer.
    Die slag laat hul retireer😈

    As hulle die gangetjies volstaan, het jy een van twee opsies:
    1. Jy staan botstil en luister baie belangstellend, met die nodige gesigsgebare. Results guaranteed.
    2. Kyk afgetrokke na die rakke terwyl jou trollie baie liggies met hul hakskene kennis maak. (Let wel, dis die laaste uitweg).

  19. Hi Rosa, ek het vir jou ‘n email gestuur.🙂

  20. Die O’s is ook die mense wat jaaaaaaaaag in onderdak parkeerterreine. Waar de moer gaan hulle heen? Ek dink hulle hou van die geluid wat hulle bande op die sement maak.

    O’s maak afsprake, kom dan ure laat en maak asof jy die poephol is.

    O’s trek in die draai baan in en draai dan woes voor die verkeer wat reguit aangaan in, sodat hulle ‘n minuut wen.

  21. Niemand se iets oor die “onafspoelbare turds” nie, is julle weer skaam? Daai is vir my heel ergste….:)
    Of is dit net ek wat afkom op dit?????

    Oja generasie O praat in die fliek – die hele tyd.

    Carina ek het nie epos gekry nie, stuur weer asb.

  22. Sigeuner

    Nee, vokkit Rosalind…ekke skaam? Soms naar, ja – maar nie skaam nie. As ek moet kies tussen op die dem “dik-koffie-ek-le-al-`n-ewigheid-hieso-dooie-krokodil-drol” afkom en `n nice plaas-longdrop…dan kies ek laasgenoemde. Of `n lekker ou boskak, dankie.

    Die volkweet, waarom daar O`s moet wees, wat nog nooit die prinsiep of tegnologie vanne lewetrie-hannil onnir die knie het nie!!!

  23. Niks skaam oor die turds nie, publieke badkamers is vir my net so grillerig. Ek staan op die lyn waar die deur is, op my tone en loer eers na wat daar te vinde is. As die toiletsitplek toe is, gaan ek na die volgende hokkie. As alles jiggie lyk knyp ek maar. Ek sal eerder in my broek piepie.

  24. hehehehe….mens moet ligloop

  25. Rosa, miskien meot jy vir ons aan ‘n Generasie O gifstof werk, dit sal soos soetkoek verkoop.

  26. DMI:🙂 hulle sal waarskynlik weerstandig raak daarteen.

  1. 1 Bewustheid « Verslanking

    […] ook dinge om te doen, en as jy glad nie ander mense in ag neem nie, is jy soos Rosalind Franklin se Generasie O -nie ‘n mooi gesig nie.    Die teenoorgestelde van Generasie O, is […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: